Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:Voortbestaan van Afrikaans...
Re:Voortbestaan van Afrikaans... [boodskap #11704] Ma, 08 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Riana vra:

Stephanus Schoeman wrote in message
...
> Hoe suksesvol is die kyk-en-lees metode. Ek bly neig om te probeer help
> deur op die letters se klanke te wys.

Dit lyk asof die kyk-en-leesmetode vir ongeveer 10% van alle kinders (in die
VSA) beter werk as die klankmetode (phonics). Vir die res werk dit swakker -
in baie gevalle gladnie. In die VSA is die gevolg van die gebruik van die
kyk-en-leesmetode dat ongeveer 19% van skoolverlaters funksioneel
ongeletterd is.

Die probleem is dat aanhangers van kyk-en-lees die klankmetode beskou as uit
die bose. Aanhangers van die klankmetode beskou kyk-en-lees as uit die bose.
Albei hang hul professionele reputasie aan die metode wat hulle verkies.

Nou vind jy dat onderwysers van enige van die twee skole (maar veral
aanhangers van kyk-en-lees) ouers bangpraat oor al die skade wat hulle sou
aanrig as hulle die ander metode by die huis gebruik.

Ek dink ouers moet hulle nie daaraan steur nie - die opvoeding _en_ die
onderwys van die kind is in die eerste en die laaste plek die
verantwoordelikheid van die ouer. Ander as die onderwyser, het die ouer nie
'n professionele reputasie om te beskerm nie - net maar die toekoms van sy
kind.

Leendert

Dankie Leendert

Ek het gehoop jy antwoord want ek het vermoed jy sal heelwat van die
onderwerp weet. Wat jy sê, maak baie sin.

Riana
Re: Re:Voortbestaan van Afrikaans... [boodskap #11734 is 'n antwoord op boodskap #11704] Di, 09 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
RR  is tans af-lyn  RR
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die kyk en leesmetode werk baie goed as dit as basis gebruik word, maar
later aangevul word met klank. Kinders leer tog bv. "dit is 'n hond." -
suiwer op sigwaarde - nie omdat dit aan hulle verduidelik word hoe hy blaf
ens. ens nie. Maar later kan jy hom leer dat honde sulke gewoontes het
esm. Om 'n woord dus te herken en dus te "lees" is baie dieselfde as om
ander items te herken.
As nagedagte - werk klank enigsins vir nie/minder - fonetiese tale?

--
ru...@iafrica.com
Re: Re:Voortbestaan van Afrikaans... [boodskap #11768 is 'n antwoord op boodskap #11704] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
RR wrote in message ...

> Die kyk en leesmetode werk baie goed as dit as basis gebruik word, maar
> later aangevul word met klank.

Miskiens. Mits jy nie daarop aandring dat die kind eers bepaalde vlakke van
vaardigheid met "kyk-en-lees" bereik voor jy klank inbring nie, en mits
"later" nie veel later is nie.

> Kinders leer tog bv. "dit is 'n hond." -
> suiwer op sigwaarde - nie omdat dit aan hulle verduidelik word hoe hy blaf
> ens. ens nie. Maar later kan jy hom leer dat honde sulke gewoontes het
> esm.

Onwaar. Die kind leer nie "dit is 'n hond" suiwer op sigwaarde nie. Hy leer
die hond ken aan al sy kenmerke - voorkoms, reuk, gevoel, ens, maar veral
die blaf, wat waarskynlik die eerste ding is wat die kind se aandag op die
hond vestig. Om die waarheid te sê, baie kinders (meeste?) praat van 'n
"woef" lank voor hulle sê "dit is 'n hond".

> Om 'n woord dus te herken en dus te "lees" is baie dieselfde as om
> ander items te herken.

Nie heeltemal nie - dis heelwat meer kompleks.

> As nagedagte - werk klank enigsins vir nie/minder - fonetiese tale?

Dis juis 'n belangrike verskil. In tale soos Japanees, verteenwoordig een
simbool een begrip. "kyk-en-lees" is dus die aangewese manier om daardie
tale te leer lees.

Tale soos Afrikaans gebruik simbole, nie om begrippe weer te gee nie, maar
klanke. Dit geld vir _alle_ tale wat 'n klankgebaseerde alfabet soos die
Latynse, Griekse en Arabiese gebruik. Ook vir tale soos Frans en Engels.
Hoewel die ooreenkoms tussen die simbool en die klank in daardie tale veel
meer kompleks is as in Afrikaans en Grieks, byvoorbeeld, met vele
uitsonderings, is die geskrewe taal steeds 'n weergawe van die _klank_ van
die taal, en nie van die begrippe wat verbeeld word nie.

Die saak is, natuurlik, meer kompleks, maar 'n mens moet kennis neem daarvan
dat "kyk-en-lees" 'n uiters beroerde reputasie vir sukses het waar dit
gebruik word om 'n hele populasie te leer lees. Kalifornië, die staat met
die grootste bevolking in die VSA, het onlangs na etlike dekades besluit om
af te sien van "kyk-en-lees". Die ongeletterdheidsvlak onder skoolverlaters
in die VSA is vandag vyfmaal hoër as 'n eeu gelede, toe slegs die
klankmetode gebruik is (en mense die skool verlaat het na veel minder jare
as nou).

Wat wel waar is van die klankmetode, is dat dit baie belangrik is om skryf
en lees saam te leer - of selfs om skryf te leer voor lees. Montessori se
metodes lees kinders "skryf" voordat hulle begin lees - met groot sukses.

My kind van 3 leer haarself lees en skryf (sy gebruik, so ver ek kan
agterkom, nie Montessori nie :-). Dit is opmerklik dat sy veel meer dinge
kan skryf as wat sy kan lees.

Ek dink die "kyk-en-lees" -puriste maak die afleiding dat "kyk-en-lees" 'n
noodsaaklike element is van heeltaalmetodes. Lg. is wel 'n geldige
benadering (die enigste geldige, wat my betref :-). Om egter vol te hou dat
kyk-en-lees noodwendig met heeltaalmetodes saamgaan mag na elegante logika
lyk, maar dit is foutiewe logika.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re:Gloudina, Leendert, Lou
Volgende onderwerp: julle is almal katterig en vevelig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 01:49:41 MGT 2024