Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Voortbestaan van Afrikaans in die buiteland
Voortbestaan van Afrikaans in die buiteland [boodskap #11533] |
Wed, 26 November 1997 00:00  |
Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
> is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met >jou
> kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. >Vra maar
> vir Gloudina.
> Cheers
> Lou
Ek stem heeltemal met jou saam Lou. Voor ons die begin van die jaar weg is
uit Suid-Afrika was dit een van die baie aspekte van weg-skeur wat ons
bespreek het. En ek het gevoel my behoefte aan veiligheid, orde en respek
vir die regeerders van die land waarin ek woon is belangriker as die
voortbestaan van my moedertaal binne ons gesin. Na 3 maande het ons 7
jarige dogter met 'n kiwi aksent begin praat wat my swaar op die oor lê.
Die afgelope maand het ons agter gekom dat sy so min Afrikaans praat dat sy
basiese woorde begin vergeet. En skielik is dit nie meer so maklik om dit
sonder hartseer te aanvaar nie. (Ek begin wonder of sy ooit eers haar
bababoek sal kan lees wat ek met soveel toewyding geskryf het!)
Riana (Ek skryf onder my man Stephanus se adres, hy gebruik weer sy doop
naam want hy was nie lus om Fęnny genoem te word nie)
|
|
|
|
|
|
Re: Re:Voortbestaan van Afrikaans is die buiteland [boodskap #11722 is 'n antwoord op boodskap #11665] |
Mon, 08 December 1997 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Riana vra:
Stephanus Schoeman wrote in message
...
> Hoe suksesvol is die kyk-en-lees metode. Ek bly neig om te probeer help
> deur op die letters se klanke te wys.
Dit lyk asof die kyk-en-leesmetode vir ongeveer 10% van alle kinders (in die
VSA) beter werk as die klankmetode (phonics). Vir die res werk dit swakker -
in baie gevalle gladnie. In die VSA is die gevolg van die gebruik van die
kyk-en-leesmetode dat ongeveer 19% van skoolverlaters funksioneel
ongeletterd is.
Die probleem is dat aanhangers van kyk-en-lees die klankmetode beskou as uit
die bose. Aanhangers van die klankmetode beskou kyk-en-lees as uit die bose.
Albei hang hul professionele reputasie aan die metode wat hulle verkies.
Nou vind jy dat onderwysers van enige van die twee skole (maar veral
aanhangers van kyk-en-lees) ouers bangpraat oor al die skade wat hulle sou
aanrig as hulle die ander metode by die huis gebruik.
Ek dink ouers moet hulle nie daaraan steur nie - die opvoeding _en_ die
onderwys van die kind is in die eerste en die laaste plek die
verantwoordelikheid van die ouer. Ander as die onderwyser, het die ouer nie
'n professionele reputasie om te beskerm nie - net maar die toekoms van sy
kind.
Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 02:09:42 UTC 2025
|