Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Daar is geen dood
Daar is geen dood [boodskap #117181] So, 11 Mei 2008 19:56
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Daar is geen dood
Totius (1857 - 1953)

Daar is geen dood.
Wat lewe heet, is net die op en neer
as ons klein skuitjie al maar daal en klim;
en wat ons sterwe noem, is niks nie meer
as ons verdwyning op die gindse kim.

Daar is geen dood.
Ons wat van lae strand dit sien, en speur
hoedat hul vaart die die afstand steeds vergroot-
ons kan nie sien wat anderkant gebeur,
en daarom noem ons die verdwyning: dood.

Daar is geen dood.
Ons lae standpunt is te laag en ver,
en hul ontseil ons sfeer van ruimte en tyd,
daarom word eindelik ons blik versper
wanneer hul roerpen stuur in die ewigheid.
Vorige onderwerp: " Mériba " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Brecht
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 03:48:16 MGT 2024