Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Grensbeheer en so meer
Grensbeheer en so meer [boodskap #116902] Di, 22 April 2008 10:15
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Grens 'te erg vir polisie'
Apr 21 2008 10:30:56:167PM - (SA)

Buks Viljoen

Bring die weermag terug grens toe. Die polisie is nie gereed om die
land se grense te beveilig nie.

Mnr. Fish Mahlalela, Mpumalanga se LUR vir veiligheid en sekuriteit,
het dié noodkreet gister aan die nasionale regering gerig.

Die polisie het die patrollering van die grenslyn tussen Suid-Afrika
en Mosambiek, asook die grenslyn tussen die Republiek en Swaziland, op
1 April by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag oorgeneem.

"Die polisie kan nie dié taak suksesvol verrig nie en die weermag moet
die verantwoordelikheid terugvat totdat ons al die nodige hulpmiddels
het om dit self te doen."

Hy gaan dié week nog 'n dringende beroep op mnr. Mosiuoa Lekota,
minister van verdediging, doen om die weermag weer op die grens te
ontplooi.

Mahlalela sê hy het ná 'n onlangse toer van die grenslyn van twee weke
besef dat dit 'n bykans onbegonne taak vir die polisie is om die grens
te beskerm. "Die heining self lyk soos 'n sif. Op plekke bestaan daar
nie eens drade nie," sê hy.

Die grensdraad tussen Suid-Afrika en Mosambiek, voorheen beter bekend
as die Kaftan-kaplyn, was eens 'n bykans ondeurdringbare heining wat
onder meer geëlektrifiseer en met 'n gesofistikeerde alarmstelsel
toegerus was.

"Die onwettige paaie wat oor die grens tussen die republiek en ons
twee buurlande loop, is op plekke besiger as die N4-hoofweg!"

Misdaad gedy weens die toestande op die grense, sê Mahlalela.

Volgens hom het die polisie eenvoudig nie genoeg mannekrag om die
heining doeltreffend te patrolleer nie.

"Ons moet raap en skraap om lede van polisiestasies te kry om die werk
te doen."

Volgens hom is daar nie eens een polisieman wat die grensdraad tussen
Mbuzini, die mees noordelike grenspos tussen SA en Swaziland, en
Oshoek in die suide, patrolleer nie.

Daar is ook nie genoeg voertuie of ander noodsaaklike toerusting, soos
radio's, beskikbaar nie.

Die weermag, wat nog al die jare vir grensbeveiliging verantwoordelik
was en hoofsaaklik by die Sandrivier-basis in die Krugerwildtuin en
die Makadamia-basis naby Komatipoort gestasioneer was, het aan die
einde van Maart onttrek. Die regering het reeds in 2004 besluit dat
grenspolisiëring die polisie se verantwoordelikheid moet word en dat
dit oor vyf jaar ingefaseer moes word.

Mahlalela sê een van die probleme wat die polisie ondervind, is dat
die pad langs die grenslyn so onbegaanbaar is dat hulle nie betyds op
plekke kan uitkom wanneer grenskruipers wel opgespoor word nie.

Volgens Mahlalela het hy self gestaan en kyk hoe Swaziland-burgers
doodluiters naby die Mbuzini-grenspos heen en weer oor die grens stap
om onder meer inkopies in Suid-Afrika te kom doen, klinieke te besoek
en selfs hul kinders hier na skole toe te bring.

"Dit is business as usual," sê die LUR.

"Die probleem wat 'n Suid-Afrikaanse polisieman het om teen
misdadigers uit Mosambiek op te tree, is dat daar nie 'n
uitruilooreenkoms tussen dié twee lande is nie. Hy kan vir die
polisieman staan en lag en die Suid-Afrikaanse polisieman kan niks
doen nie."

Mahlalela sê misdrywe soos gewapende aanvalle, huisbraak en diefstal
en deesdae ook al hoe meer veediefstal, ruk hand uit in die
Onderberg-gebied.
Vorige onderwerp: Kamp Raad
Volgende onderwerp: Boskamp vir Jong mense.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:11:55 MGT 2024