Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die penarie van die Dalai Lama
Die penarie van die Dalai Lama [boodskap #116735] Wo, 19 Maart 2008 21:13 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
In vandag se koerante word daar berig dat die
Dalai Lama verklaar dat, as die Tibetane nie
vreedsaam agiteer in Tibet nie, hy as Dalai Lama
sal moet bedank. Hy is totaal gebonde aan die
beginsel van vreedsame protes, en sal nie kan
toelaat dat Tibetaanse Buddhiste geweldadig
agiteer en nogtans hom as die Dalai Lama sien
nie.
Dit is natuurlik 'n amper aardskokkende
uitspraak, komende van die Dalai Lama. Hy is
in sy funksie as Dalai Lama beide hoof van die
regering- van- Tibet -in- die- vreemde en ook hoof
van die Gelug Buddhiste. Die implikasies van
so 'n besluit sal intense implikasies hê, nie net
in die wêreldpolitiek nie, maar ook in die geledere
van Buddhisme self.
Die naaste voorbeeld van so 'n situasie
is natuurlik die voorbeeld van die monargie in
Engeland, waar die verteenwoordiger beide
hoof van die staat en van die kerk is.
Dit bring natuurlik ook die onderwerp
van "passive resistance" op, soos deur Ghandi
bepleit. Wanneer is geweld geregverdig of is
geweld nooit geregverdig nie?

Gloudina
Re: Die penarie van die Dalai Lama [boodskap #116742 is 'n antwoord op boodskap #116735] Di, 25 Maart 2008 11:04 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" <wrote
> Die naaste voorbeeld van so 'n situasie
>is natuurlik die voorbeeld van die monargie in
>Engeland, waar die verteenwoordiger beide
>hoof van die staat en van die kerk is.

Nee, 'n nader voorbeeld in die Christelike wêreld is die Pous wat hoof van
die Roomse Kerk is en as sulks ook hoof van die Vatikaan Staat.
Vorige onderwerp: Praktiese toets
Volgende onderwerp: Doods stilte...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:26:32 MGT 2024