Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN
" Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #116627] Vr, 14 Maart 2008 01:33
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kieselguhr-kleim
George Weideman

Troppe jare terug, in die stil oertyd,
het die see tot teen Rooilepel gespeel
Vandag haal ek my kieselguhr uit
waar die sand oor Gariep kom sifkaneel

Die swaarkry van die jare wat ons maar van lees
maak plooie aan die kante van my kleim
Maar dié stuk geskiedenis is lankal gewees
en ek het net oë vir die môres uit my myn

Vér oor die duine ry die trokke vragte
weg na Modderfontein en Somerset-Wes
Of bly daar soms van die kieselguhr agter,
sodat ek dit self kan sif en meng?

Miskien - dan brou ek snags onbewus
aan my droom se eie dinamiet;
begin om al singende stukke geskiedenis
uit gister se groeityd los te skiet.
Vorige onderwerp: " Wat die hart van vol is " deur PETER BLUM
Volgende onderwerp: " Dave " en die sterwe van Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 00:25:58 MGT 2024