Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Ferdie
Vir Ferdie [boodskap #116489] Ma, 03 Maart 2008 16:43 na volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Hi Ferdie,

'n Mens sien maar van tyd tot tyd dat koerante vir 'n storie betaal. Nou as
dit die geboorte van een of ander celebrity se kleintjie is, dan hang dit
seker af hoe gewild sy is en wie met die beste aanbod kom. Speel die media
teen mekaar af?

Maar as dit nou Eugene de Kock se storie is? Of die sg Skêr-moordenares?
Hoe bepaal die koerant wat dit werd is? - watter invloed it op
sirkulasie-syfers sal hê?

Vir wat se stories is die koerante bereid om te betaal en wat nie? Sal
hulle byvoorbeeld betaal vir 'n politieke inside-storie?

Vertel ons asseblief? Bloot nuuskierig, maar ek dink ander op die ng sal
ook graag wil weet.
Re: Vir Ferdie [boodskap #116501 is 'n antwoord op boodskap #116489] Di, 04 Maart 2008 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 3 Mar 2008 18:43:22 +0200, "Torreke" wrote:

> Hi Ferdie,
>
> 'n Mens sien maar van tyd tot tyd dat koerante vir 'n storie betaal. Nou as
> dit die geboorte van een of ander celebrity se kleintjie is, dan hang dit
> seker af hoe gewild sy is en wie met die beste aanbod kom. Speel die media
> teen mekaar af?
>
> Maar as dit nou Eugene de Kock se storie is? Of die sg Skêr-moordenares?
> Hoe bepaal die koerant wat dit werd is? - watter invloed it op
> sirkulasie-syfers sal hê?
>
> Vir wat se stories is die koerante bereid om te betaal en wat nie? Sal
> hulle byvoorbeeld betaal vir 'n politieke inside-storie?
>
> Vertel ons asseblief? Bloot nuuskierig, maar ek dink ander op die ng sal
> ook graag wil weet.

Dis oorgrlaat aan elke koerant, maar die patroon is maar dat
Huisgenoot en Sondag-koerante vir stories betaal. En dan hoofsaaklik
van die skinder-variasie.

By dagblaaie word daar - sover ek weet - nie betaal vir stories nie.
By my koerant is daar 'n beleid om nie te betaal nie, behalwe vir
uitsonderlike gevalle wat hul eie konteks skep. Bv - Sê nou maar Neil
Armstrong bied aan om teen betaling te skryf hoe dit was om op die
maan te loop.
Maar dan word dit gewoonlik in rubrieke opgevang omdat rubrieke
persoonlike menings is.

Maar vir inligting word daar nie betaal nie - onder meer omdat dit 'n
omgewing van onbetroubaarheid skep en omdat data wat erg omstrede is,
gewoonlik met iemand anders ook uitgecheck word. Die basiese reel is
twee betroubare bronne.

Weereens - alles het natuurlik 'n konteks en uitsonderings.
Re: Vir Ferdie [boodskap #116506 is 'n antwoord op boodskap #116501] Di, 04 Maart 2008 10:19 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" <
>
> Dis oorgrlaat aan elke koerant, maar die patroon is maar dat
> Huisgenoot en Sondag-koerante vir stories betaal. En dan hoofsaaklik
> van die skinder-variasie.
>
> By dagblaaie word daar - sover ek weet - nie betaal vir stories nie.
> By my koerant is daar 'n beleid om nie te betaal nie, behalwe vir
> uitsonderlike gevalle wat hul eie konteks skep. Bv - Sê nou maar Neil
> Armstrong bied aan om teen betaling te skryf hoe dit was om op die
> maan te loop.
> Maar dan word dit gewoonlik in rubrieke opgevang omdat rubrieke
> persoonlike menings is.
>
> Maar vir inligting word daar nie betaal nie - onder meer omdat dit 'n
> omgewing van onbetroubaarheid skep en omdat data wat erg omstrede is,
> gewoonlik met iemand anders ook uitgecheck word. Die basiese reel is
> twee betroubare bronne.
>
> Weereens - alles het natuurlik 'n konteks en uitsonderings.
>

Dankie :)
Vorige onderwerp: Suidwester - Torreke
Volgende onderwerp: Kleurspel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 09:17:35 MGT 2024