Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die reuk van vrot blare
Die reuk van vrot blare [boodskap #11606] Ma, 01 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Wes Australie is nes die Weskus in die Kaap,
dis sanderig, en nuwe huise word gebou nadat
die lieflike natuurlike bosse met stootskrapers
weggeskraap is. Dan bou hul huise
en plant gemors in die plek daarvan. Plante wat geen
aanklank het met plaaslike voels, insekte, diere, die weer
ens het nie, en sleg lyk ook. (Dis nou die land wat gedurig
dweep oor die omgewing en windgat is oor hul olimpiese spele
die "groenste" olimpiese spele in die geskiedenis is).

In elk geval, so met die gesels oor my toekomstige tuin
het almal raad, en die een enkele ding wat uitstaan is
dat almal my waarsku en afraai om bome te plant wat blare
verloor. Dis dan nou kamma soveel moeite om dit op te vee, dit
val in die swembad ens. En dalk kan jou buurman jou hof toe
sleep want dit waai in sy agterplaas en in sy geute....
(Die wereld volg amerika - almal sleep almal hof toe oor alles)
En om op te maak vir blare wat vrot en kompos, word chemikalie
gedurig gestrooi.

Ek het in Sydney ook 'n huis gehad: 'n munisipale regulasie het
goddank ontwikkelaars verplig om darem 'n paar van die pragtige
bloekombome op nuwe erwe te laat staan.
Dit was todat al die nuwe eienaars begin bou het:
Deur die bank het almal die laaste bome afgesaag. Kamma bang vir wortels
wat die huis sou "oplig" en takke wat op die huis sal val...en blare.
Binne 'n paar maande was al die bome en voels en sonbesies weg.

Ek verstom my dat mense so kan wees ! Is jy ook so ?
Ek hou van blare wat val !
Veral as dit mooi hersfkleure kry.
Ek hou van blare wat rondwaai. Ek hou van blare wat 'n tapyt op die
grond le. Ek hou van die reuk van blare wat vrot, so muwwerige
geur - die geur van paddastoele. Ek kan nie 'n swembad bekostig
nie, en buitendien, ons is by die see. Ek hoop 'n boom val in
party mense se swembad.

Dit laat my dink aan 'n toeristiese eiland aan Australie se ooskus.
Daar het hulle swembaddens ens gebou, en 'n traliewerk plankvloer
vir mense om op te loop. (sodat pieperige toeriste nie op
die grond/blare loop en sand tussen hulle tone kry nie). Alle dooie
blare en takke word onmiddelik verwyder. Japanese toeriste loop
tot waar die planke ophou, dan draai hul om waar die sandpaadjie
begin. Hul swem in die swembad maar nie in die lieflike skoon,
warm tropiese see nie.

Is dit die wereld wat mense deesdae wil he ?
Wil mense in 'n wereld van plastiekplante leef,
Waar alles altyd mooi lyk en nooit vrot nie ?
Waar die gekwetter van voels van 'n opname af kom,
en mens elektroniese sonbesies kan "aanskakel" ?
Ag nee wat !

Vriendelike groete
Re: Die reuk van vrot blare [boodskap #11650 is 'n antwoord op boodskap #11606] Do, 04 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem saam dat die beskadiging van die duine en die natuur hier in
Perth hartseer is. Maarr.....elke ou wil maar net vir sy gesin 'n
huisie op 'n standplaas gee. Miskien is daar teveel mense op die
aarde? (Ek het nie kans gekry om Sondag met jou te praat nie)
Baie groete Reuben , Perth , Wes Australie"

"Galjoen!" wrote:

> Wes Australie is nes die Weskus in die Kaap,
> dis sanderig, en nuwe huise word gebou nadat
> die lieflike natuurlike bosse met stootskrapers
> weggeskraap is. Dan bou hul huise
> en plant gemors in die plek daarvan.
Vorige onderwerp: Re: Tolerance and Respect
Volgende onderwerp: Joernaliste, koerante en so aan...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 23:29:33 MGT 2024