Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is die volgende een?
Wie is die volgende een? [boodskap #116383] Sa, 23 Februarie 2008 00:03 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Australiese regering het nie baie lank gelede
oorgegaan om verskoning te vra oor die leed wat
die kolonialiste aan die inheemse bevolking gedoen
het. Kanada het dit al lankal gedoen. Wie is die
volgende?
Die ironie is natuurlik dat die nageslagte van
die oorspronklike kolonialiste nog styf in die saal
sit en beide Australië en Kanada. Gelukkig is dit
nie meer die geval in Suid-Afrika nie.

Gloudina
Re: Wie is die volgende een? [boodskap #116387 is 'n antwoord op boodskap #116383] Sa, 23 Februarie 2008 04:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 22 Feb 2008 16:03:59 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Die Australiese regering het nie baie lank gelede
> oorgegaan om verskoning te vra oor die leed wat
> die kolonialiste aan die inheemse bevolking gedoen
> het. Kanada het dit al lankal gedoen. Wie is die
> volgende?
> Die ironie is natuurlik dat die nageslagte van
> die oorspronklike kolonialiste nog styf in die saal
> sit en beide Australië en Kanada. Gelukkig is dit
> nie meer die geval in Suid-Afrika nie.
>
> Gloudina

Ja Kloudina, ons het gedink dat jy teen die tyd al vir die kinders sou
gaan kuier het, maar jy klou so verbete aan Mbeki se broekspype vas,
dat jy jouself nie eens volgens jou standaard manier uit die
verleentheid probeer help nie. Jou klouerigheid sal een van die dae
aan Zuma moet wees, onthou. So jy kan maar begin oefen.
Re: Wie is die volgende een? [boodskap #116388 is 'n antwoord op boodskap #116383] Sa, 23 Februarie 2008 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Die Australiese regering het nie baie lank gelede
oorgegaan om verskoning te vra oor die leed wat
die kolonialiste aan die inheemse bevolking gedoen
het. Kanada het dit al lankal gedoen. Wie is die
volgende?
Die ironie is natuurlik dat die nageslagte van
die oorspronklike kolonialiste nog styf in die saal
sit en beide Australië en Kanada. Gelukkig is dit
nie meer die geval in Suid-Afrika nie.

Lippediens!!! - dis al wat dit is.

Soos jy sê: Hulle sit stewig in die saal, en hulle het geen planne om selfs
te begin om reg te maak wat hulle verbrou het nie.

Om verskoning vra is een ding, om vergifnis vra iets anders.
Om vergifnis te soek, moet mens opreg berou hê.
En opregte berou beteken dat mens regmaak wat jy verbrou het.

Die vraag is: Hoe kan hulle regmaak wat hulle verbrou het?

Met geld? Kan geld betaal vir die bloed wat vergiet is en die grond wat
gesteel is?
Met 'n ommekeer van demokrasie? Minderheidsbewinde deur die inheemse volke?
Belaglik!!!
Is jy bereid om 'n politieke bedeling te aanvaar waar die inheemse volke
meer sê het as die koloniale besetters? - van wie jy een is!!!
Of 'n program van grondhervorming waarin betekenisvolle gebiede oorgedra
word na die nageslagte van die oorspronklike inwoners?

Op die ou end is daar net een praktiese antwoord: Onafhanklikheid vir die
inheemse volke in eie gebiede wat betekenisvolle oppervlak beslaan.

Maar dis Verwoerd se apartheidsidee!!! Niemand sal daarin inkoop nie!!!!
Dus: Die inheemse volke gaan vir altyd die underdogs in hulle eie land bly
wat met baie bloed van hulle gesteel is.

Toe ek jou vantevore hierdie goed gesê het, het jy vir jou dogter loop
kuier. Gaan jy nou weer weghardloop?
Re: Wie is die volgende een? [boodskap #116390 is 'n antwoord op boodskap #116388] Sa, 23 Februarie 2008 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> En opregte berou beteken dat mens regmaak wat jy verbrou het.
>
> Die vraag is: Hoe kan hulle regmaak wat hulle verbrou het?
> Op die ou end is daar net een praktiese antwoord: Onafhanklikheid vir die
> inheemse volke in eie gebiede wat betekenisvolle oppervlak beslaan.
>
> Maar dis Verwoerd se apartheidsidee!!!  

> Toe ek jou vantevore hierdie goed gesê het, het jy vir jou dogter loop
> kuier.  Gaan jy nou weer weghardloop?

Verag jy jouself nie as jy so sit en kekkel nie. Jy
beoefen bloot lippediens as jy sê "hulle moet
regmaak wat hulle verbrou het." Want in dieselfde
asem stel jy dit dat die "bantustans" en "apartheid"
die manier was "om reg te maak wat verbrou is."
Verwoerd het blykbaar die sleutel in die hande
gehou.
Ek sê nie dat Kanada die sleutel in die hande
het nie. Maar daar word met Eerste Nasies onderhandel,
en waar daar wetlike grond is dat onreg gepleeg was,
word dit reggestel. Ek dink in Australië is sekere
Aboriginal stamme alreeds mede-eienaars van een
area ( Northern Queensland of New South Wales."

Gloudina
Re: Wie is die volgende een? [boodskap #116392 is 'n antwoord op boodskap #116390] Sa, 23 Februarie 2008 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Verag jy jouself nie as jy so sit en kekkel nie. Jy
beoefen bloot lippediens as jy sê "hulle moet
regmaak wat hulle verbrou het." Want in dieselfde
asem stel jy dit dat die "bantustans" en "apartheid"
die manier was "om reg te maak wat verbrou is."
Verwoerd het blykbaar die sleutel in die hande
gehou.

Waarom moet ek myself verag oor 'n objektiewe, gebalanseerde en realistiese
opinie wat ek uitspreek? - en wat jy nou "'n gekekkel" noem, omdat jy nie 'n
antwoord het nie. Jy lees maar weer in my woorde in wat jy graag daar wil
inlees.

Ek het jou lankal gesê met die gedagte van aparte tuislande vir aparte
volke, kan ek nie foutvind nie, dan is die bestaan van Lesotho en Swaziland,
die bestaan van elke onafhanklike Europese volkstaat, 'n misdaad teen die
mensdom. Trouens, dan is daar net een opsie: Een enkele wêreldstaat en een
enkele wêreldregering! Dis nie die tuislandgedagte wat van apartheid die
"drek" gemaak het wat dit is nie, maar die paternalistiese en
meerderwaardige wyse waarop dit op almal afgedwing en toegepas is om dit te
probeer maak werk.

As julle die onreg wil regstel, is daar 3 moontlikhede:
1) Oorhandig die mag oor die hele land aan die nasate van die oorspronklike
inwoners van wie dit met bloedvergieting gesteel is!!!! - soos wat in Afrika
gebeur het met dekolonisasie. Daarvoor moet grootskeepse repatriasie van
die nasate van die kolonialiste plaasvind - ingesluit jy!!! Dis nie
realisties haalbaar nie!
2) Omskep die demokrasie sodat die nasate van die oorspronklike inwoners -
nou 'n onbeduidende minderheid! - die mag oor die meerderheid "indringers"
verkry. Ook nie realisties haalbaar nie!!!
3) Gee aan die inheemse mense betekenisvolle gedeeltes van hulle land terug
waar hulle nie net "mede-eienaars" is nie, maar alleen-eienaars en
alleen-regeerders!!! - waar dit weer hulle land is net hulle land en
niemand anders s'n nie. Dis realisties en haalbaar!!!

Maar soos ek gesê het: Dis Verwoerd se tuisland-opsie! Julle sal eerder
met die misdaad teen die inheemse inwoners volhou en oor hulle bly heers as
om daaraan te dink om een enkele duim grond as onafhanklike staat aan hulle
af te staan!!!

Ek sê nie dat Kanada die sleutel in die hande
het nie. Maar daar word met Eerste Nasies onderhandel,
en waar daar wetlike grond is dat onreg gepleeg was,
word dit reggestel.

Hoe? Dit kan net reggestel word as julle die grond teruggee en teruggaan
waar julle vandaan gekom het!!!

Ek dink in Australië is sekere
Aboriginal stamme alreeds mede-eienaars van een
area ( Northern Queensland of New South Wales."

"Mede-eienaars" oor hulle eie grond!

Betekenisvolle regstelling?

Nee, pateties!!! - gewetenssus!!
Re: Wie is die volgende een? [boodskap #116402 is 'n antwoord op boodskap #116383] So, 24 Februarie 2008 17:13 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Feb 2008 16:03:59 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Die Australiese regering het nie baie lank gelede
> oorgegaan om verskoning te vra oor die leed wat
> die kolonialiste aan die inheemse bevolking gedoen
> het. Kanada het dit al lankal gedoen. Wie is die
> volgende?
> Die ironie is natuurlik dat die nageslagte van
> die oorspronklike kolonialiste nog styf in die saal
> sit en beide Australië en Kanada. Gelukkig is dit
> nie meer die geval in Suid-Afrika nie.
>
> Gloudina

Verskoning vra is zat. Gee die grond terug.
Vorige onderwerp: Tref my nou die dag...
Volgende onderwerp: Re: Meer oor Chancellor House
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 12:48:33 MGT 2024