Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:Ode to the queen of Africa
Re:Ode to the queen of Africa [boodskap #11620] |
Mon, 01 December 1997 00:00  |
Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ai, ewe naief nog ek Anoniem maak 'n grap! Wys jou net hoe skeef my
persepsie hier in die vreemde kan raak.
Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?
Groetnis
Riana
|
|
|
|
|
Re: Re:Ode to the queen of Africa [boodskap #11634 is 'n antwoord op boodskap #11620] |
Tue, 02 December 1997 00:00  |
Nico Snyman
Boodskappe: 13 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
AM de Lange wrote in message ...
> Stephanus Schoeman wrote in article
> ...
>
>> Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?
>
> Liewe Riana,
>
> Volgens my opinie, is haar aanhang nog baie
> groot by die voetvolk ("rassroots"). Dit is omdat
> sy 'n toonbeeld ("icon") is van 'n verdrukte
> ("underdog"). Eers was dit die NP wat haar
> verdruk het, en nou is dit die ANC.
Dit maak mens nogal bang om te sien hoe Winnie se mag haar beskerm. Baie
(meeste) van die misdade wat sy gepleeg het het niks te make gehad met die
struggle nie, maar nogtans is sy so populer by die arm bevolking van SA dat
sy amper onaantasbaar is.
Die huidige sitting van die WVK mag dalk iets omtrent hierdie saak doen,
maar ek wonder of die ANC bestuur werklik kan bekostig om haar te vervreem?
Dit lyk of dit is wat hulle nou gaan doen, maar dit gaan hulle verseker 'n
klomp stemme in die volgende verkiesing kos, tensy sy natuurlik genoeg steun
binne die ANC kan kry om self op die top-bestuur te kan kom.
Indien nie, mag sy net sowel besluit om haar by iemand soos die Holomeyer
alliansie te skaar, wat werklik sal sorg vir 'n baie interessante era in die
SA party-politiek. Die vraag is hoeveel mag sy saam met haar kan swaai in
die een rigting of die ander.
En het Tutu en sy makkers werklik die 'balls' om haar te verneder?
Nico Snyman
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 02:12:10 UTC 2025
|