Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Joernaliste, koerante en so aan...
Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11562] |
Thu, 27 November 1997 00:00  |
Nico Snyman
Boodskappe: 13 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek dink dit wat oor joernaliste en redigering op hierdie nuusgroep geskryf
is, laat een baie belankrike punt buite rekening:
Joernalisme is, uit die aard van die beroep, subjektief. Die hele idee van
'n koerant/tydskrif ens. uit bring is om gebeure in die samelewing uit te
beeld op die manier waarop die joernalis, en uiteindelik die redakteur, dit
sien. Die nuusredakteur het die baie belankrike werk om te sorg dat berigte
wat in sy koerant gepubliseer word in lyn is met sy koerant se oortuigings.
Mense wil nie koerante lees wat nie met hul standpunte saam stem nie,
publiseerders wil ook nie sulke koerante probeer verkoop nie.
Ek dink die voorafgaande maak dit duidelik dat dit futiel is om met
joernaliste te stry oor objektiewe joernalisme. Die media is 'n politieke
wapen en sal altyd of die een of die ander ondersteun. Vir iemand wat in die
beroep staan is dit moeilik om te onderskei tussen dit wat werklik gebeur en
dit wat hulle WIL sien. Joernaliste word net soos die gewone man op straat
beinvloed deur sy omgewing, en om waar te neem, verander ook die waarnemer.
Laastens, daar word dikwels gesê 'n joernalis is 'n politikus wat gefaal
het, en ook 'n politikus is 'n joernalis wat gefaal het. Daar is dalk meer
waarheid in hierdie woorde as wat mens besef?
Nico
BTW die enigste koerant in Suid-Afrika wat my ooit laat dink het hul wend
darem 'n poging tot objektiwiteit aan, was die Vrye Weekblad. En nou gaan
almal seker dink ek is 'n radikaal.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Joernaliste, koerante en so aan... [boodskap #11670 is 'n antwoord op boodskap #11562] |
Fri, 05 December 1997 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
>
>>
>> > hoogtepunt van
>>> die oorlog as wat sy in SA is.>>>
>
>
> Dis nou een van die tipiese "gesegdes"
> wat die rondte doen in SA in die mond
> van mense wat weet dat hulle lieg terwyl
> hulle lieg, maar hulle het 'n agenda.
> Ek het twee susters en 'n seun in Suid-
> Afrika, en hulle lewe nie so nie.
> Wat my kwaad maak, is dat hulle die lyding
> van die mense van Sarajevo hiermee
> verkleineer. Sies!
Beweer jy dat die bron lieg, Gloudina?
Ek is seker Chris Louw, die programaanbieder sal besonder ge-interesseerd
wees in so 'n bewering. Hy kies dan so versigtig om net poefters en paaiers
op die lug te laat kom!
Jy sien, die bewering was net werd om hier genoem te word _omdat_ dit op 'n
program soos Monitor gemaak is - deur iemand wat die afgelope twee jaar in
Sarajevo gewoon het, en met een van die burgers van die stad getroud is.
Dit beteken natuurlik nie dat sy nie lieg nie, so jou inside knowledge van
die verslaggewer se persoonlike ervaring sal sekerlik nuuswaardig wees.
Of was dit maar nog een van jou knee-jerk reaksies?
Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:29 UTC 2025
|