Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kleinmond
|
|
|
|
Re: Kleinmond [boodskap #11601 is 'n antwoord op boodskap #11573] |
Sat, 29 November 1997 00:00  |
rana
Boodskappe: 25 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> in April het ek 'n pragtige
> erf in Betties Baai gekoop, al die Rooikrans laat uitkap, en more gaan
> ek soontoe met 'n graaf om 'n klomp Wit Melkhout bome te plant. Ek hou
> baie van die oop ruimte, die groen berg, die mere, strand, ens en ek
> gaan my droom huis eendag daar bou tussen die melkhout bome.
Ons was in April laas by ons Kleinmond huis in 3de Laan.. dis met groot
verlange wat mens veral hierdie tyd van die jaar terugdink aan vorige
jare se Desember vakansies in Kleinmond. Op die oomblik is dit A-level
eksamens, GCSE's en voluit skoolgaan vir ons kinders hier in Engeland.
Kyk gerus na ons Kleinmond, Betties Baai, en Skiereiland fotos by
http:\\www.sale.demon.co.uk ... pikkewyne, bobbejane by die Kleinmond
vullisgate, en bo-op Sir Lowrey's Pas, die natuurtuin by Betties Baai...
Houtbaai se 'skuide' en robbe, sonsondergang by die V&A Waterfront,
ensovoorts.
Groete, en geniet julle seevakansie, die wat so gelukkig is om daar te
kan wees hierdie Desember!
Rana
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 20:49:15 UTC 2025
|