Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ferdi en Griet: NP/laertrek/buitelanders...ens
Ferdi en Griet: NP/laertrek/buitelanders...ens [boodskap #11506] Di, 25 November 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Liewe Griet, (Ferdi: sien onderaan)

Ek waardeer dit baie dat jy so opgestaan het vir verandering,
en ek het simpatie vir al die twak wat jy moes opvreet daaroor.
Ek sal my sanna volgende keer meer na regs mik, dis eintlik daar waar
ek wil skiet. So ek hoop ek het jou nie te sleg gekwes nie.

Maar wat die NP betref sit jy die pot mis. Daar was nog altyd
(destyds en nou) goeie en naiwe mense wat gedink het hul sal dinge
kan verander deur die NP. Daar was ook mense wat te lafhartig was
om buite die (NP)laer te staan, en hul het dus altyd die opsie van
verandering binne die laer bepleit.

Die NP en sy beleid van Apartheid het SA stiksienig en meedoeloos
oor jare lank in sy moer in gestuur. Die NP kom uit 'n donker,
slegte verlede, dit het geen geloofwaardigheid meer nie, veral nie
onder swartes nie. Dat mense soos jy nog steeds aan die NP klou na
al die liegstories en kak wat hul aangevang het, gaan my verstand te
bowe. Moenie eers probeer verduidelik nie! En moet jou asb nie skaar
agter 'n klein groepie "goeies" of nuwelinge in die NP nie.
Die NP is die NP, nie een of ander klein groepie binne die NP
wat miskien goed is of was of wou wees of sal wees nie.

AAN Ferdi:
----------
Ek kom terug, een of ander tyd, ek kom terug. Ek is nie 'n Aussie nie
en ek sal oor my dooie liggaam nooit 'n aussie wees nie, selfs al het
ek so 'n paspoort. Liewer 'n banneling. (ek het niks teen australiers
nie, al is hul 'n klomp kultuurlose heidene - hier is wonderlike mense
ook, en dis 'n mooi land).
Maar SA bly my vaderland, willens en wetens. En ek bly 'n afrikaner,
al maak sommige van julle dom drolle gedurig die Afrikaner
se naam GAT. Goddank het julle sulke goeie ambassadeurs soos ek hier :-)
En ek cheer vir die Proteas en die bokke - as julle dalk gewonder het.
Terloops, ek kom Desembermaand kuier in SA.

Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: Re: Geluk Bokke
Volgende onderwerp: Aan GRIET, en eendersdenkendes, met liefde............
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:48:25 MGT 2024