Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Jan
Jan [boodskap #115046] |
Vr., 05 Oktober 2007 16:54  |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 5 Oct 2007 21:41:41 +0800, "Daniel le Roux" wrote:
> Dankie Dave vir jou advies! En dankie vir jou aanbod om meer te verduidelik
> indien ek nie verstaan waarvan jy praat nie, maar ek is oppie dieselfde
> golflengte! Ek maak ook gebruik van Ghost as 'n backup.
>
> Die laaste paar dae het ek iets heeltemaal anders gedoen ten opsigte van
> sp*m emails, met 'n merkwaardige reaksie! Soos reeds genoem gebruik ek
> Sp*mBully, en het tot twee dae gelede maar bloot die sp*m emails gecheck en
> dan ignoreer. Maar sedert Dinsdag maak ek gebruik van die 'Fight Back"
> funksie onder Sp*mBully. In my vorige pos het ek genoem dat ek sowat 80 tot
> 100 sp*m emails per dag ontvang - sedert Dinsdag kry ek sowat 15 tot 20 per
> dag. Ek het dit nie vantevore gedoen nie aangesien ek glo dat bloot die
> 'terugfight' teen sp*m emails bloot dien as bevestiging van 'n werkende
> emailadres. Maar ek was so gatvol vir al die emails dat ek toe besluit het
> om van die 'Fight Back' opsie gebruik te maak om te kyk wat gebeur.
>
> Ek sal laat weet of hierdie positiewe aksie aanhou!
>
> Goebaai vanaf Perth.
>
> Jan van Perth
Met verstaanbare rede het ek die titel verander:-)
Dankie Jan, vir jou advies oor Spam.
Ek het, toe ek van dial-up gebruik gemaak het gebruik gemaak van
Telkom se abusemail fasiliteit, en ek belowe jou dit het gewerk.
Op stadiums het ek moerig geword en vir Telkom gesê dat hulle niks
doen nie, en later opgemerk dat die spamming nie weer van dieselfde
adresse af kom nie. En dat dit minder geword het.
En toe kry ek lokale spamming - iemand met 'n computershop in
Pretoria. Baie handig, daar was tot 'n selfoonnommer by:-)
Behalwe dat ek hulle by Telkom se abusemail gerapporteer het,
het ek so paar keer teen een uur in die oggende SMSse gestuur
dat hulle moet ophou om my te spam.
Die ou storie van kliek hier om te unsubscribe was natuurlik daar,
maar ek unsubscribe nie van iets waarvoor ek nie gesubscribe het nie.
En dit het ek hulle ook sommer so na 1uur in die oggend vertel.
Hulle het onmiddelik my adres van hul spamlys afgehaal.
Toe kry ek breëband en nou,
hou ek my e-posadres in 'n kluis. 6 of 7 mense ken dit, en ek het 'n
ander een wat ek gebruik wanneer ek pos moet terugkry vir bevestiging
van iets of in dier voege.
Maar laat weet wat jy regkry met die 'Fight Back' opsie.
Omdat ek spammers gereeld gerapporteer het, het ek eenkeer
'n briefbom gekry. Dit was 'n paar jaar gelede. En dit was weer
waar ek Ghost waardeer het:-)
|
|
|
|
|
|
|
Re: Jan [boodskap #115068 is 'n antwoord op boodskap #115067] |
Ma., 08 Oktober 2007 16:50  |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 8 Oct 2007 22:16:53 +0800, "Daniel le Roux"
wrote:
> Hello Dave,
>
> Ek is net op een nuusgroep ingeteken, en dit is hierdie een. Maar ek is 'n
> moerse web-surfer! Ek geniet dit om op 'n saait af te kom deur watter manier
> ookal, en dan volg ek graag al die links wat daar genoem word - 'n tipiese
> 'webjunkie' is ek! Ek surf graag vir ure...
>
> My geaartheid is een van nuuskierigheid. Dus krap en draai ek orals waar ek
> kan. Maar ek doen dit met verantwoordelikheid. Dink ek. Ek gebruik McAfee se
> "Site Advisor" wat vir my 'n onmiddelike aanduiding gee van die aard van die
> site waarna ek kyk.
>
> Ongelukkig moet ek noem dat my spam emails vandag weer tot 11 verhoog het!
>
> Ek wil nie 'n gratis pluimpie uitdeel nie, maar as die "Fight Back" funksie
> van SpamBully doen wat dit vir my doen, dan is dit 'n wafferse opsie!
>
> Groete van Jan van Perth.
>
>> Wat doen jy op rekenaar anders as nuusgroepe?
>
Ek surf eintlik min, weet jy:-) Ek het my spesifieke belangstellings
en die icons word sommer op die desktop (skerm) gelaai. En links
wat ek opvolg is van daar af. Daar is so 4 of 5 programme wat
'n moet is en dis waar ek meeste van die tyd spandeer.
My rekenaar is so te sê permanent op Internet maar ek spandeer
ure met programme wat op my hardeskyf is. MAW sonder om te
surf en dit terwyl ek op Internet is:-)
En wanneer ek nou heel verveeld raak surf ek soos jy tot ek
dik word daarvoor, en dit neem gewoonlik nie baie tyd om
genoeg daarvan te kry nie, tensy dit iets is waarin ek regtig
belangstel. Dan kan ek ure daar spandeer:-O
En dan is daar 'n forum of twee waar ek saam gesels, somtyds
ander mense help met Tutorials of borsels (wat ek self gebou het)
ens.
Hier is ure se werk waarvoor ek nie Internet nodig het nie:-)
http://dave.photos.gb.net/c1247464.html
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 21:52:09 UTC 2025
|