Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina....
| Gloudina.... [boodskap #114919] |
Do., 27 September 2007 13:51  |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
|
Senior Lid |
|
|
Wat HET jy gedoen om van die voordeel wat jy uit apartheid gekry het,
terug te gee and swart Suid-Afrikaners?
Met ander woorde, watter regstellende aksie doen jy?
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114928 is 'n antwoord op boodskap #114920] |
Do., 27 September 2007 18:48   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
, Hessie gil desperaat:
> Ek weier om in hierdie soort gesprek te beland.
>
> Gloudina
>
ôhôô, jy mag die leeu klap, maar jy gil in verstomming as hy terugbyt.
Die handdoek was in die kryt. Jy moes bewusteloos gespeel het.
Weer jou Google nuusleser gebreek het... enige iets vir oorlewing.
Maar jy het besluit jy gaan op die dek saam met jou skip onder.
En... sorrie antie, maar ons in die gehoor lag vir jou - ons
skaterlag:-) Jy't sonder ski's probeer waterski en kan nou nie
verstaan waarom jy sink nie.
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114938 is 'n antwoord op boodskap #114920] |
Vr., 28 September 2007 12:44   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 27 Sep 2007 14:15:03 -0000, Hessie wrote:
Ferdi. Ek het in 1973 n Kanadese burger
> geword. Ek het my hande van SA gewas.
> Ek weier om in hierdie soort gesprek te
> beland. Maar ek dink jy moet tweekeer
> dink voordat jy my aanval. Ek het, toe
> ek nog in my twintigerjare was, begin
> om sosiaal protes aan te teken teen
> die wit diktatorskap in SA. Oppas
> dat ek nie jou bostaande vraag op
> jouself draai nie.
Asseblief draai die bostaande vraag op my!!!
Ek het OOK in my twintigerjare sosiaal begin protes aanteken teen
apartheid!!
Ek betaal baie belasting op die oomblik om my geld uit te deel.
Ek betaal benewens dit 'n paar honderd rand per maand EKSTRA aan
swartmense wat ek reken probeer iets aan die gang kry of geld nodig
het. Dit is dinge dienste wat onnodig verdubbel word of mense wat
eenvoudig behoewend is.
Ek werk in 'n korporasie wat my NIE bevorder nie en ek sien met 'n
smile hoe mense verby my bevorder word bloot omdat hulle swart is.
Talle kere na die soort rykdom wat ek maar net van kan droom. Steeds
bly ek vriendelik met hulle.
OK. Daar is die antwoord. Vra nou die vraag.
Jy sê: "Ek het my hande van SA gewas." Tog skreeu en skel jy op almal
wat wit is en dit durf om krities oor ons regering te wees! Dit is mos
nie hande was nie?
Jy sien so kleur in die kwessie raak dat ek na soveel jare weer - in
die gesprekke onlangs met jou - bewus van velkleur geraak het. Jy weet
dit nie, maar jy is soms 'n greep terug na 'n ongemaklike verlede.
In die verband is my raad aan jou om nie-rassigheid te ondersoek.
Jy het 'n reeks hoogs aanvegbare stellings (gegrond op ras) gemaak oor
Suid-Afrika en oor my in die afgelope twee weke. Jy het hoogs
beledigend geraak. Jy het botweg geier om vrae te antwoord wat spruit
uit jou vreemd reaksies oor my land.
Jy het jou hande gewas???
Nee, Gloudina, jy het nie. Jy het jou hande selektief gewas. Wanneer
jy op jou high horse is, het jy nie jou hande gewas nie, dan skel en
beledig jy lekker. Dis slegs wanneer dit by die ongemaklike vrae kom,
dat jy jou hande gewas het.
Ek vra jou weer:
Wat HET jy gedoen om van die voordeel wat jy uit apartheid gekry het,
terug te gee and swart Suid-Afrikaners?
Met ander woorde, watter regstellende aksie doen jy?
Of reken jy jy is 'n spesiale geval? Andere moet dit doen, maar jy
hoef nie?
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114946 is 'n antwoord op boodskap #114938] |
Vr., 28 September 2007 16:42   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 28 Sep 2007 14:44:06 +0200, Ferdi wrote:
>
>
> Jy het jou hande gewas???
>
> Nee, Gloudina, jy het nie. Jy het jou hande selektief gewas. Wanneer
> jy op jou high horse is, het jy nie jou hande gewas nie, dan skel en
> beledig jy lekker. Dis slegs wanneer dit by die ongemaklike vrae kom,
> dat jy jou hande gewas het.
>
> Ek vra jou weer:
> Wat HET jy gedoen om van die voordeel wat jy uit apartheid gekry het,
> terug te gee and swart Suid-Afrikaners?
>
> Met ander woorde, watter regstellende aksie doen jy?
>
> Of reken jy jy is 'n spesiale geval? Andere moet dit doen, maar jy
> hoef nie?
Gloudina...! Jou ondersteuners wag in spanning om hande te klap op jou
antwoord! Maar eers moet jy antwoord natuurlik!
Ferdi Greyling is besig om vuil te speel - al jou harde werk van al
die jare met 'n rubber uitveër uit te vee. Wie dink hy wie is hy?
Vertel hom wat is die waarheid... kyk hoe wag die mense op jou
antwoord. Wil jou ondersteun, maar ten minste moet jy daar wees om
ondersteun te word - vertel die man waar en hoe hy verkeerd verstaan
het - en hou op om daai omie langs jou met die kubis-speletjie in sy
hande, om antwoorde te vra. Hy gee jou verkeerde antwoorde want hy
het ook na die soldate in die Kaspirs geluister, en steur hom nie
regtig aan jou nie. Hy sukkel met daai Kubis-game. Ek weet dis jare
gelede se game. maar jou tipe geselsskap ook.
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114947 is 'n antwoord op boodskap #114945] |
Vr., 28 September 2007 17:00   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 28 Sep 2007 15:08:35 -0000, Hessie wrote:
> Ferdi skryf
>
> maar jy is soms 'n greep terug na 'n ongemaklike verlede.
>
> Dis miskien my funksie, om n greep te wees na
> n ongemaklike verlede. Om getuie te wees van
> n tyd binne SA toe die regerende party van
> daardie tyd godslasterlike dinge gedoen het
> waarvan ek getuie was. Sodat mense nie kan
> kom en vertel hoe sleg dit nou is en hoe goed
> dit toe was nie. Van n tyd toe selfs die
> Engelse burgers van SA gesien het hoe mense
> met Afrikaanse name voor hulle teen die promosie
> leer uitklim.
>
> Gloudina
Nou antie, moet jy versigtig wees. Die Bybel, waarin jy blykbaar nie
glo nie, want anders sou jy nie daai vet mannetjie ook erens ingepas
het nie, verduidelik presies in detail wat Godlastering is.
Waar het die regerende party van daardie tyd dit gedoen?
Nou het jy my aan die worrie, antie - lig ons in asseblief.
Nou moet jy oppas. Doe moslems is onosel genoeg om selfs
spotprente oor die pedofiel mohammed as lasterlik te beskou.
Het iemand boedha cheap gemaak, of is jy ernstig?
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114948 is 'n antwoord op boodskap #114947] |
Vr., 28 September 2007 18:03   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Dave" > n tyd binne SA toe die regerende party van[/color]
>> daardie tyd godslasterlike dinge gedoen het
>> waarvan ek getuie was. Sodat mense nie kan
>> kom en vertel hoe sleg dit nou is en hoe goed
>> dit toe was nie. Van n tyd toe selfs die
>> Engelse burgers van SA gesien het hoe mense
>> met Afrikaanse name voor hulle teen die promosie
>> leer uitklim.
>> Gloudina
>
>
> Nou antie, moet jy versigtig wees. Die Bybel, waarin jy blykbaar nie
> glo nie, want anders sou jy nie daai vet mannetjie ook erens ingepas
> het nie, verduidelik presies in detail wat Godlastering is.
> Waar het die regerende party van daardie tyd dit gedoen?
1) Ek sou ook graag wou weet wat is die godslasterlike dinge wat hulle
gedoen het.
2) Jy het hulle op 'n ander plek "apartheidsvarke"genoem. In my boek
beteken dit 'n kaartjie om die nek! - veroordeling! En net onlangs nog het
jy op hierdie ng my aangevat omdat ek kwansuis Suidwester siu veroordeel en
persoonlik aangeval het!
3) Ek sê nou vir jou in geen ondubbelsinnige taal nie, my ou Tannie:
Verwoerd en Vorster mag hulle leik met apartheid besondig het, maar dat
hulle diep en opregte kinders van God was, het ek geen twyfel oor nie - of
will jy oor hulle die oordeel uitspreek? - en hulle tot die hel verdoem?
4) Adriaan Vlok met sy voetewas seremonie is 'n veel groter man as
enigiemand in die ANC - Mandela ingesluit! - as ek van God se kant daarna
kyk. Hier is iemand wat hom diep besondig het, maar hom nog dieper verneder
het in sy poging om sy skuld te bely, vergifnis en versoening te soek.
5) Jy maak nou asof die Engelse so verskriklik onder die Afrikaner-bewind
gely het, maar dis die Engelse stem wat aan Verwoerd 'n tweede-derde
meerderheid in die parlement besorg het!!!
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114950 is 'n antwoord op boodskap #114948] |
Vr., 28 September 2007 18:48   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 28 Sep 2007 20:03:12 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Dave"
> Om getuie te wees van
>>> n tyd binne SA toe die regerende party van
>>> daardie tyd godslasterlike dinge gedoen het
>>> waarvan ek getuie was. Sodat mense nie kan
>>> kom en vertel hoe sleg dit nou is en hoe goed
>>> dit toe was nie. Van n tyd toe selfs die
>>> Engelse burgers van SA gesien het hoe mense
>>> met Afrikaanse name voor hulle teen die promosie
>>> leer uitklim.
>
>>> Gloudina
>> Nou antie, moet jy versigtig wees. Die Bybel, waarin jy blykbaar nie
>> glo nie, want anders sou jy nie daai vet mannetjie ook erens ingepas
>> het nie, verduidelik presies in detail wat Godlastering is.
>> Waar het die regerende party van daardie tyd dit gedoen?
>
> 1) Ek sou ook graag wou weet wat is die godslasterlike dinge wat hulle
> gedoen het.
>
Onthou, sy sê hierdie woorde:
>>>> >Om getuie te wees van
>>>> >n tyd binne SA toe die regerende party van
>>>> >daardie tyd godslasterlike dinge gedoen het
>>>> >waarvan ek getuie was.
maw sy was getuie daarvan. Heelwaarskynlik gaan sy ons nou vertel van
dinge waarvan ons nooit geweet het nie - dinge waarvan sy getuie was.
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114952 is 'n antwoord op boodskap #114951] |
Vr., 28 September 2007 20:45   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 28 Sep 2007 19:39:02 -0000, Hessie wrote:
> "Torreke" skryf
>
>> Verwoerd en Vorster mag hulle leik met apartheid besondig het, maar dat
>> hulle diep en opregte kinders van God was, het ek geen twyfel oor nie
>
> I rest my case.
>
> Gloudina
Ook maar 'n snaakse manier om te sê
"sorry, ek het valse bewerings gemaak."
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114958 is 'n antwoord op boodskap #114954] |
Sa., 29 September 2007 18:21   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" "Torreke" skryf[/color]
>
> en sy't ook te veel na die vet Oompie geluister om Jesus nog
>> onvoorwaardelik na te volg.
>
> Torreke, jy speel politiek met jou sogenaamde
> Christelike geloof. Jy gebruik die dekmantel
> van die sogenaamde Christelike geloof om
> aggressief ander gelowe aan te val. Gaan
> terug na jou Bybel en lees wat daar staan.
My, liewe dierbare, Ta'Hessie, jy bluf niemand meer nie. Almal sien hoe jy
die ongemaklike vrae ontduik, hier een ding en daar 'n ander een gryp om te
maak of jy antwoord. Dis feitlik onmoontlik om 'n sinvolle gesprek met jou
te voer, want jy hou jou g'n stuk by die onderwerp nie.
Dis nie ek wat my Bybel weer moet lees nie, DIS JY!
Ons het jou gevra om die sg "godslasterlike" dinge wat die "apartheidsvarke"
(almal jou veroordelende woorde) wat jy beweer het jy het persoonlike
ervaring van, hier te vertel.
Het jy? Nee!!!
Het jy gesê: Ekskuus, miskien het ek my te kras uitgedruk? Nee!!!
Oor die Christenskap van Verwoerd en Vorster (ek sou nog PW ook kon byvoeg)
het jy die draadsit-opsie van die Fariseërs gekies. Toe ek jou daarop wys,
vee jy dit ook weer alles uit om net op die boonste reëltjie te reageer - en
my Christelike geloof verdag te maak! - selfs te suggereer dat Jesus nie 'n
probleem het as sy volgelinge Hom en Buddha aanhang nie. Het Jesus nie
êrens gesê: Niemand kan 2 here dien nie! - Nie God en Mammon nie! - dus ook
nie Jesus én Bhudda nie! Miskien moet jy maar vir my sê watter teks ek
misgelees het oor die vet Oompie?
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114963 is 'n antwoord op boodskap #114961] |
So., 30 September 2007 15:17   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
selfs te suggereer dat Jesus nie 'n
> probleem het as sy volgelinge Hom en Buddha aanhang nie. Het Jesus nie
> êrens gesê: Niemand kan 2 here dien nie! - Nie God en Mammon nie! - dus
> ook
> nie Jesus én Bhudda nie!
Dis aan jou ( en my) wat Christus daardie
waarskuwing rig - dat niemand twee here
kan dien nie. Jy, Torreke, verklaar dat jy
die gebooie van Christus volg, maar al die
tyd sit en speel jy politiek met jou sogenaamde
Christelike weg en kryt almal uit wat nie presies
soos jy dink nie.
Gewoon nie waar nie. Riaan, Dave en Ferdi dink nie een presies soos ek nie.
Ek het al dikwels met hulle verskil, maar van 'uitkryt' was daar geen sprake
nie. Trouens, as jy mooi gelees het, sou jy gesien het dat ek en Ferdi
besig was met 'n gesprek oor Calvyn en dat Ferdi 'n nuwe lyn begin het met
"Hei, Torreke...", dat ons oor baie verskil, maar ook oor baie saamgestem
het... Toe bars jy daarin en verander die lyn van die gesprek na 'n stryery
oor politiek!!
Ek dink jy moet weer lees
wat Christus vir jou vertel.
Ek sien ook dat die Dalai Lama vir die mense
vertel om nie hulle eie kulturele godsdienste
op te gee nie, maar binne hulle eie geestelike
rigtings die advies van Gautama Buddha te
volg. Ek sien Tutu en die Dalai Lama op
dieselfde verhoog en hulle hou hande en
sit en lag vir die dom vrae wat die koerantmanne
aan hulle vra.
Sien jy dalk Jesus ook op dieselfde verhoog sit en hande hou met die Dalai
Lama? Dieselfde Jesus wat Herodus "'n jakkals" genoem het, die Fariseërs
"wit geverfde grafte" - die Jesus wat vir die vyeboom gesê het "laat daar in
der ewigheid nooit weer vrugte aan jou kom nie" en wat die duiweverkopers en
geldwisselaars met 'n sweep uit die tempel gejaag het - dieselfde Jesus wat
gesê het: Dink julle Ek het gekom om vrede op die aarde te bring? Nee, sê Ek
vir julle, eerder die swaard!!! Van nou af sal hulle binne-in dieselfde
huis teen mekaar verdeeld was. Wie vader, of moeder of kind bo My liefhet,
is my nie werd nie!
Desmond Tutu is nie my voorbeeld van hoe 'n Christen moet lyk nie. Ek
herinner jou daaraan dat ek 'n tyd gelede op hierdie ng gevra het waarom die
ANCYL en COSATU Tutu gechallenge het oor sy sekslewe toe hy dit oor Zuma s'n
gehad het. Die Anglikaanse kerk met sy biskoplike kerkregeringstelsel lyk
nie soos die kerk wat Christus op aarde ingestel het nie.
Maar jy, Torreke, sit daar op jou
godsdienstige troontjie en sit en spoeg jou opinies
teen almal wat nie met jou saamstem nie uit
asof jy alleen die wysheid in pag het.
As jy mooi gelees het, sou jy gesien het dat ek vir Ferdi by 'n paar
geleenthede gesê het ek bly hom 'n antwoord skuldig. Ferdi voer 'n gesprek
op 'n baie hoë noot. Hy is skerp en krities, maar hy is konsekwent in die
toepassing van sy beginsels. Daarin is ek en hy dit hartlik met mekaar
eens. Ek was jou held solank ek die regse ouens op hierdie ng aangepak het
oor apartheid en rassisme, maar toe ek dieselfde beginsels op die ANC en
hulle "struggle" en rassisme toepas, toe verander ek skielik in jou oë tot
iemenad wat op 'n hoë troontjie sit.
As jy mooi gelees het, sou jy gesien het, ek is die enigste een op hierdie
ng wat tot dusver die moed aan die dag gelê het om te erken as hy verkeerd
is - om selfs Suidwester om vergifnis te vra.
Jy was verkeerd toe jy die Anglo-Boere Oorlog en die "struggle" tot
soortgelyke vryheidstryde verklaar het.
Jy was verkeerd toe jy die apartheidsleiers van "godslasterlike" beskuldig
en hulle "apartheidsvarke" genoem het - Waar's jou handjies hou nou?
Maar dit erken en toegee? Nooit!!! Daarvoor is jy te trots!
Jy kon
hierdie forum gebruik het om werklik n getuie
vir Christus te wees, en selfs Suidwester
sou na jou geluister het.
As jy mooi gelees het, sou jy gesien het dat ek en Suidwester vrede gemaak
het sonder om dit aan die groot klok op te hang!
Maar jy gebruik
hierdie forum om ander mense uit te kryt
met jou sogenaamde godsdiens,
Ek nooi jou vriendelik uit, Ta'Hessie, haal uit en wys: Waar het ek ooit
iemand uitgekryt?
en doen
meer kwaad as goed as sendeling van
die boodskap van Christus. Gaan lees
weer jou Bybel.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114967 is 'n antwoord op boodskap #114961] |
So., 30 September 2007 17:08   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 30 Sep 2007 11:56:11 -0000, Hessie wrote:
> Maar jy, Torreke, sit daar op jou
> godsdienstige troontjie en sit en spoeg jou opinies
> teen almal wat nie met jou saamstem nie uit
> asof jy alleen die wysheid in pag het. Jy kon
> hierdie forum gebruik het om werklik n getuie
> vir Christus te wees, en selfs Suidwester
> sou na jou geluister het. Maar jy gebruik
> hierdie forum om ander mense uit te kryt
> met jou sogenaamde godsdiens, en doen
> meer kwaad as goed as sendeling van
> die boodskap van Christus. Gaan lees
> weer jou Bybel.
>
> Gloudina
>
Hierdie skrywe van jou neig om na histerie te klink.
'n Geskreeu sonder enige logika daarin bloot omdat dit nie die
waarheid is nie. Wie anders op die nuusgroep sou jy sê, het 'n
probleem met hom?
Dit verbaas my dat Torreke sê dat hy, Riaan en ek dikwels verskil het.
Die werklike verskil was meer tussen hom en Ferdi, en jy kan gerus
jou manier van debatering(?) met die van Ferdi vergelyk.
Die enigste verskil wat ek met sy siening het (en ek wil dink dat dit
vir Riaan ook geld alhoewel ek nie vir hom wil praat nie) is sy
siening mbt uitverkiesing. Weliswaar is dit nie iets klein nie, maar
ons het nie toegelaat dat dit in 'n stryery ontaard nie. Ons het
toegegee dat ons verskil en gesels oor dit waaroor ons saamstem.
Maar soos Torreke sê, verander jy gereeld die hoek van aanval
en omseil daarmee antwoorde.
Toe ek kritiserend van die Moslem geloof praat, het jy met verdediging
vir Osama Bin Ladin geantwoord. Wanneer Riaan van die regring praat,
praat jy van Mbeki. As Torreke van die Christelike geloof praat,
praat jy van Tutu. Hierdie gaan meer as oor enkelinge.
Op die 26ste September om 3:37nm sê jy vir Ferdi hierdie woorde
(Hoe sal Kanada...)
> In alle geval, dit is seker nie gesond as mens
> begin persoonlik raak nie. En ek kan nie oordeel
> oor SA uit die verte nie. Ek kan alleen maar gaan
> op wat ek hoor van ons familie in SA. Hulle ry
> nog orals rond,
Lees weer jou eerste sin. Waarom mag Ferdi nie met jou
persoonlik raak nie maar jy mag dit met Torreke doen?
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114969 is 'n antwoord op boodskap #114968] |
So., 30 September 2007 21:10   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 30 Sep 2007 19:10:57 -0000, Hessie wrote:
> Dave skryf
>
>> Toe ek kritiserend van die Moslem geloof praat
> ......
> As Torreke van die Christelike geloof praat,
>> praat jy van Tutu....
>
> Nee, as ek oor die Christelike geloof praat,
> dan sit en oordeel Torreke vir Tutu.
>
> En jy kan ook maar ophou met jou
> skynheiligheid. Ek skaam my dood
> vir die gemors wat jy op die nuusgroep
> oor Moslems skryf.
Jy klink nog heel lewendig
Hoe lyk dit met 'n verwysing na die 'gemors'
wat ek oor die moslems skryf?
Haal bietjie aan asseblief.
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114970 is 'n antwoord op boodskap #114969] |
So., 30 September 2007 23:17   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 30 Sep 2007 23:10:49 +0200, Dave wrote:
> On Sun, 30 Sep 2007 19:10:57 -0000, Hessie wrote:
>
>> Dave skryf
>>> Toe ek kritiserend van die Moslem geloof praat
>> ......
>> As Torreke van die Christelike geloof praat,
>>> praat jy van Tutu....
>> Nee, as ek oor die Christelike geloof praat,
>> dan sit en oordeel Torreke vir Tutu.
>> En jy kan ook maar ophou met jou
>> skynheiligheid. Ek skaam my dood
>> vir die gemors wat jy op die nuusgroep
>> oor Moslems skryf.
>
>
> Jy klink nog heel lewendig
>
> Hoe lyk dit met 'n verwysing na die 'gemors'
> wat ek oor die moslems skryf?
> Haal bietjie aan asseblief.
>
>
Wel dit is nou meer as 2 ure later
en jy gaan beslis nie na die 'gemors'
wat ek geskryf het aanhaal nie.
Soveel vir jou stellings né!
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114973 is 'n antwoord op boodskap #114966] |
Ma., 01 Oktober 2007 06:35   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
>
> Die Anglikaanse kerk met sy biskoplike kerkregeringstelsel lyk
>> nie soos die kerk wat Christus op aarde ingestel het nie.
>
> Sien, Torreke, hier wys jy jouself in dieselfde
> kamp as die Fariseers. Hulle wat verklaar het
> dat Christus en sy dissipels nie lyk asof hulle
> inpas by die tradisionele vorm van religie wat
> hulle gepredik het nie. Nou jy is welkom om
> in jou klein aparte hokkie te sit waar alleen
> mense wat soos jy dink, verwelkom word.
> Maar jy is in die minderheid in jou hokkie.
> Jou hokkie is vreeslik klein.
1) Die fariseërs het die godsdiens veruitwendig tot blote gebod-op-gebod en
reël op reël.
2) Jesus neem die godsdiens terug na die hart en kern daarvan - die
innerlike gesindheid - liefde vir God en liefde vir jou medemens! Hy sê vir
die Samaritaanse vrou dat daar 'n tyd kom wat die ware aanbidders nie meer
op daardie berg of in Jerusalem sal aanbid nie, maar dat die ware aanbidders
sal aanbid in Gees en in waarheid - dus 'n godsdiens van die hart, nie van
plekke en tempels en beelde nie.
3) Die Roomse Kerk het die christelike kerk teruggesleep na die
OTestamentiese UITWENDIGE godsdiens, priesters, beelde, altare, offerandes,
seremonies! en 'n hierargiese kerkregeringstelsel ingestel wat vreemd is aan
die Skrif.
4) Die Anglikaanse Kerk het dogmaties met die Roomse Kerk gebreek, maar nie
liturgies en kerkregtelik nie. Dit het gewoon die Roomse biskoplike
kerkregeringstelsel oorgeneem en in plaas van die Pous die Briste koning tot
hoof van die kerk verklaar.
5) Geen ernstige student van die Bybel kan ooit dink dat Jesus sy hoofskap
oor sy kerk aan enige mens, hetsy die pous of die Britse koningshuis
oorgedra het nie.
6) Geen ernstige student van die Bybel kan ooit dink dat Christus wat ons
vrygemaak het van die slawerny van die wet, 'n kerk wil hê so vol moets en
moenies, seremonies en tradisies - wat alles die leringe van mense is.
7) My felste kritiek teen my eie kerk (sowel as ander tradisionele kerke,
d.w.s. die NG, NH, Presbiteriaans, Luthers, noem maar op) is dat die kerke
verval het in veruitwendiging van die godsdiens!!! Dis waarom meer en meer
mense wegloop van die tradisionele kerke na die charistmatiese kerke waar
die liefde en meelewing baie sterk beklemtoon word.
My hokkie is nie so klein soos wat jy dink nie.
In ieder geval, ek is gewoond om in die minderheid te wees, trouens, meesal
alleen te staan! Ek skrik nie daarvoor nie, Gloudina, want die waarheid is
meer dikwels by die minderheid as die meerderheid. Ek het nog nooit in my
lewe my deur die stroom van meerderheidsopinie laat meesleep nie.
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114974 is 'n antwoord op boodskap #114966] |
Ma., 01 Oktober 2007 06:43   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 30 Sep 2007 17:01:57 -0000, Hessie wrote:
> "Torreke" skryf
>
> Die Anglikaanse kerk met sy biskoplike kerkregeringstelsel lyk
>> nie soos die kerk wat Christus op aarde ingestel het nie.
>
> Sien, Torreke, hier wys jy jouself in dieselfde
> kamp as die Fariseers. Hulle wat verklaar het
> dat Christus en sy dissipels nie lyk asof hulle
> inpas by die tradisionele vorm van religie wat
> hulle gepredik het nie.
***********************
***********************
> Nou jy is welkom om
> in jou klein aparte hokkie te sit waar alleen
> mense wat soos jy dink, verwelkom word.
> Maar jy is in die minderheid in jou hokkie.
> Jou hokkie is vreeslik klein.
>
> Gloudina
Nie dat hierdie hokkietjie waarin ons veg
veel groter is as 4 of 5 besette sitplekke
nie. Nie juis arena grootte nie né.
En, dit lyk nie juis vir my asof jy
selfs een aanhanger in die hokkietjie het nie.
Wat het jy gesê van 'die minderheid'?
Ek het gisteraand vir die eerste keer gaan kyk
hoe FaceBook lyk, en vinniger daar gee pad
as wat ek daar aangeland het. Eintlik toevallig
daarop afgekom want ek het na 'n forum oor
'n spesifieke onderwerp gesoek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gloudina.... [boodskap #114988 is 'n antwoord op boodskap #114985] |
Ma., 01 Oktober 2007 13:18   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
> Jy kan nie Christus en Bhudda volg nie! Jy kan gewoon
>> nie op twee godsdienstige stoele sit nie!!!
>
> Jy verstaan blootgewoon nie waaroor dit in
> Buddhisme gaan nie. Buddhisme is nie n
> godsdiens nie. Niemand dien Buddha nie.
Nou wie dien hulle?
> Daar is duisende Buddhas. Gautama
> Buddha was doodgewoon n wyse man
> wat deur die sogenaamde vier edele
> waarhede advies gegee het wat Christus
> vyf honderd jaar daarna ook gepredik
> het - dat die ego eers moet doodgaan
> en dan is die ewige lewe te bereik.
Soos daar duisende Christene is - mense wat na die Naam genoem word van die
Een Wie hulle volg, nl. Christus.
"vier edele waarhede wat Christus ook gepredik het" Laat ons hoor?????
"dat die ego eers moet doodgaan en dan is die ewige lewe bereik" Dit mag
soos die Bybel se leer oor die wedergeboorte klink - maar dit is verre
daarvandaan!
Jou verwysing na 500jr wat Christus na Bhudda sou geleef het, impliseer dat
Hy by die "wyse man" kers opgesteek het. Jy vergeet net: Die Bybel is baie
ouer! - die laaste profeet van die Ou Testament, Maleagi, het 400 vC
opgetree. En of jy dit nou wil weet of nie, Ou Testament en Nuwe Testament
verkondig een en dieselfde heilsboodskap!
> En volgens my opinie, praktiseer mense
> soos jy nie suiwer wat Christus gepredik
> het nie, maar volg julle n hibriede vorm
> van religie na wat amper op die van die
> Fariseers geskool is - julle glo in n set
> van reels en almal in die wereld wat nie
> presies soos julle dink nie, is gedoem.
Soos jy sê, dis jou opinie!!! Maar, soos wat jy die ongemaklike vrae
ontduik, hoeveel waarde kan aan jou opinie geheg word?
Dis nie ek wat met 'n "hibriede vorm van religie" werk nie, DIS JY!!! - wat
op twee stoele probeer sit!
Jou stelling oor die stel reëls en almal wat nie so dink nie, "is gedoem",
is van alle waarheid ontbloot. Ek nooi jou uit: Haal enigiets wat ek op
hierdie ng gesê het, of enigiets wat my kerk gesê het, aan om bogenoemde
stelling te bewys?
Jy kan nie!!! Want dit bestaan nie!!!
My kerk is op rekord dat hulle almal wat die drie-enige God bely as
mede-gelowiges / christene beskou. Ons erken die doop van enige kerk/sekte
of wat jy dit ookal wil noem, mits (1) dit in die Naam van die Vader, die
Seun en die Heilige Gees, gedoen is, (2) met water gedoen is, en (3) deur 'n
bevoegde ampsdraer van daardie kerk/sekte gedoen is.
Wys my hoeveel ander kerke/sektes doen dit?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 03:28:06 UTC 2026
|