Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ope brief aan At en Gloudina
Ope brief aan At en Gloudina [boodskap #11463] |
Sat, 22 November 1997 00:00  |
Owen Barrow
Boodskappe: 1 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek weet nie hoe goed dit met Roelf en Bantu gaan nie maar die storie van
die week was Roelf se besoek aan die Groot Krokodil. Het die man rerig g'n
idee van die politiek nie? Is hy so hard-up dat hy met sulke mense moet
gaan praat? Sy slegte tydsberekening is bewys toe die WVK ondersoekspan 'n
rukkie later daar by die krokodilpan opdaag met 'n dagvaarding vir die
antediluvian akkedis met die hele wereld se TV en koerant joernaliste.
Aikona. Die man is of baie dof of polities naief of het absoluut geen
scruples nie. Ek dink hy wou die bietjie persbelangstelling in die
verlowing tussen die Wildernis kruipende dier en die Karoomeisie 'n bietjie
gaan uitbyt maar die ding was soos altyd vir arme Roelfie 'n totale
mislukking. Dis eintlik 'n jammerte want die politiek in SA is te steriel
en gepolariseerd. Die probleem is egter dat mense soos Bantu, Roelf, Winnie
en PW nie in een party kan saamleef nie en dis hoog tyd dat Roelfie dit
besef.
Groete
Saturated van Simonstad
|
|
|
|
|
|
Re: Ope brief aan At en Gloudina [boodskap #11493 is 'n antwoord op boodskap #11463] |
Mon, 24 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in article ...
> On Mon, 24 Nov 1997 08:47:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> wil hê - 'n behoorlike regsproses, en nie 'n skinderforum nie.>>
>
> Soos ek dit verstaan weier PW eenvoudig om die verlede te bespreek of
> om enige verantwoordelikheid te aanvaar vir enige besluit uit die
> verlede.
>
> So eenvoudig soos dit.
Nah.....
Nou dat ek daaraan dink. As ek hy was, sou ek dalk ook traag wees om 'n
tweede ring in die sirkus te gaan open in presies dieselfde week dat nimlike
Winnie in die kalklig is. Sal dalk die media se aandag verdeel, sou ek reken
as ek hy was, sodat Winnielief se doentetjies en latetjies nie soveel aandag
kry as wat dit verdien nie.
Soos die dagvaarding op hom dalk bedoel was, sou ek reken as ek hy was.
Paradeer vir PW in die ring, dan kyk almal nie vir Winnieding nie.
(Snaaks - hy het nogal genoem, as ek reg onthou, dat hy dit vreemd vind dat
daar nou so 'n skielike haas is dat hy juis in _hierdie_ tyd moet verskyn,
voordat die agbare kommissie nog die antwoorde ontvang het op die
skriftelike vrae wat hulle aan hom gestel het.)
Ag nee wat. Ek stem saam met PW. Dis veel groter sports as ons hulle een vir
een aan die skandpaal hang.
Per slot van rekening, almal van ons _wil_ tog DIE WAARHEID weet, nie waar
nie?
En dalk is dit agter alles nie so eenvoudig as dit nie.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Ope brief aan At en Gloudina [boodskap #11557 is 'n antwoord op boodskap #11463] |
Thu, 27 November 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Owen Barrow skryf:
...
> Ek weet nie hoe goed dit met Roelf en Bantu gaan nie maar die storie van
> die week was Roelf se besoek aan die Groot Krokodil. Het die man rerig g'n
> idee van die politiek nie? Is hy so hard-up dat hy met sulke mense moet
> gaan praat? Sy slegte tydsberekening is bewys toe die WVK ondersoekspan 'n
> rukkie later daar by die krokodilpan opdaag met 'n dagvaarding vir die
> antediluvian akkedis met die hele wereld se TV en koerant joernaliste.
Volgens Roelf het hy reeds twee maande vantevore
die afspraak gemaak.
Miskien is dit eerder omgekeerd. Miskien wou die WVK
twee voels met een klip tref.
In ieder geval, sy besoek en die WVK-agent se besoek
was 'n ongelukkige sameloop. Roelf kon dit probeer
vermy het.
> Die probleem is egter dat mense soos Bantu, Roelf, Winnie
> en PW nie in een party kan saamleef nie en dis hoog tyd dat Roelfie dit
> besef.
Bantu en Roelf werk skynbaar goed saam. Dis PW en
Winnie wat nie inpas nie. Ek dink nie B&R soek PW of
Winnie se gewig agter hulle nie.
Daar is ten minste een les te leer uit Bantu en Roelf se
samewerking, 'n les wat ook te leer is uit die ANC, COSATU
en SAKP se samewerking. Samewerking is moontlik.
As 'n mens dink aan al die ander huidige "suiwer" partye
(NP, DP, KP, VF, HNP), dan wonder 'n mens hoekom
hulle nie 'n les kan leer nie. Die probleem is dat hulle te
veel suiwerheid inbou. Die een sal net saamwerk as alles
van A, B, C, D, E, ..... aanvaar word terwyl die ander een
net sal saamwerk as alles van K, L, M, N, O, .... aanvaar
word. Natuurlik sal daar bitter min gemeenskaplike punte
van aanvaarding wees.
Daar is veral twee redes waarom elkeen so 'n ellelange lys
van voorwaardes het. Die een rede is politieke opportunisme.
As vyf partye saamsmelt, gaan net een uit elke vyf die
soustrein "eendag" kan ry. Ongelukkig is die "eendag" 'n
waandag. Die ander rede is dat die partye nog nie hulle
voorwaardes in volgorde van belangrikheid uitgestippel
het nie. Ek beskou dit as politieke onvolwassenheid.
Dit is lankal reeds in die bestuurswese bekend dat 'n
maatskappy wat duisende werknemers het wat tientalle
verskillende beroeprigtings verteenwoordig, uitnemende
samewerking tussen al die werknemers kan bewerkstellig.
Al wat hulle moet doen, is om een gemeenskaplike,
minimum organisasie (struktuur en proses) na te streef.
Die struktuur word 'n visie en die proses 'n missie genoem.
Hier is 'n voorbeeld.
Visie - Suid Afrikaners wat daagliks rugby aanskou.
Missie - Om honderde wedstryde vir elke dag te reel
sodat almal rugby sal kan aanskou.
Hoe dink julle. Wat is die visie en missie wat die party
van julle keuse moet he?
Hier is myne vir die politiek:
Visie - Suid Afrikaners wat in liefdevolle harmonie met
mekaar, die natuur en die Skepper saamleef.
Missie - Ondersteun en bevorder elke Suid Afrikaner
se kreatiwiteit tenvolle terwyl niemand anders
se kreatiwiteit daardeur benadeel word nie.
Ongelukkig is dit glo nie praktiese politiek nie. Natuurlik
is dit nie prakties as ons eerder 'n hatige kakafonie
voorstaan en mekaar om elke hoe en draai wil inloop nie.
Beste wense
At de Lange
|
|
|
|
Re: Ope brief aan At en Gloudina [boodskap #11559 is 'n antwoord op boodskap #11463] |
Thu, 27 November 1997 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in article ...
> On Mon, 24 Nov 1997 15:46:19 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> Maar hy vergeet dalk dat hy dan sy periode van getoetsde getuienis wel
> onder n moordaanklag of wat kan deurgaan
Volgens berigte (dis mos hoe die verslaggewers dit altyd stel, nie waar
nie?) het hy verklaar dat hy dit sou verkies bo die sirkus van die WVK.
En nee, Koos. Ek sal self kies wie in my heldegallery staan - PW is nog nie
daar nie. As hy voortgaan om die biskoplike sirkus op die neus te laat kyk
staan hy egter 'n goeie kans.
Groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:50:51 UTC 2025
|