Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tydbestek (Was Herfs en Halloween)
Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11478] |
Mon, 24 November 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf:
> Maar ek aanvaar dat mense wat vir dagblaaie werk se tydhorison beperk is tot
> die 24 uur tussen die vorige saktyd en die volgende.
En al die tyd het ek gedink dat dit maar net ek is
wat so vergeetagtig is.
Dis seker hoekom die dagblaaie elkeen soos 'n
weerhaan optree. Die een dag ky hulle oos, die
volgende dag weer noord-wes. Waar is die goeie
ou dae (vyftig jaar en vroeer) toe eer en trou die
twee voete van koerantmanne was.
Ek het lank terug 'n boek van 'n filosoof gelees
wat van mening was dat elke mens se tydbestek
(tydhorison, tydverloop wat vir daardie mens
werklik is) 'n groot invloed op sy/haar denke het.
'n Mens met 'n tydbestek van 30 dae sal met dinge
tot 30 dae in die verlede of 30 dae in die toekoms
werk. As iemand met iets tot 300 dae in die verlede
of net 30 dae in die toekoms werk, is daardie mens
se tydbestek die kleinste van die twee, naamlik 30
dae.
Hy het beskryf hoe mense optree wat 'n tydbestek
van 24 uur of minder het, 1 tot 2 dae, 3 tot 7 dae,
8 tot 30 dae, 31 tot 365 dae, 1 tot 3 jaar, 4 tot 20
jaar, 21 tot 100 jaar, 100 tot 2000 jaar en langer
as 2000 jaar. Sy waarnemings het my laat hoender
vleis kry. Hoe korter die tydbestek, hoe meer
wisselvallig tree die persoon op. Hoe langer die
tydbestek, hoe meer kreatied tree die persoon op.
Ek wonder hoeveel mense in Suid Afrika se tydbestek
is langer as 1 jaar?
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
|
Re: Tydbestek (Was Herfs en Halloween) [boodskap #11512 is 'n antwoord op boodskap #11478] |
Tue, 25 November 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf:
> >
>>> Maar ek aanvaar dat mense wat vir dagblaaie werk se tydhorison beperk is
>>> tot die 24 uur tussen die vorige saktyd en die volgende.
>>
>> En al die tyd het ek gedink dat dit maar net ek is
>> wat so vergeetagtig is.
>>
>> Dis seker hoekom die dagblaaie elkeen soos 'n
>> weerhaan optree. >>>
>
> Klein puntjie hier: Dele van dagblaaie werk beslis nie nie in n 24
> tydsbestek nie.
Koos,
Dalk is jy reg. Jy gee geen omskrywing van die
dele nie. Daarom is ek genoodsaak om my eie
afleidings te maak. Dit is seker die stukkies wat
nie as nuus of kommentaar kan deurgaan nie.
> > tydbestek, hoe meer kreatied tree die persoon op.>>>
>
> Wat beteken sekere gedigte wat in baie kort tydsbestekke geskryf is,
> is glad nie kreatied nie. Terwyl gedigte waaraan laaank gewerk is per
> definisie meer kreatied is.
> Van Gogh se skilderye wat hy op sy toppunt glo een n dag gemaak het,
> is meer kreatied as Trechikoff s'n waaraan hy gewoonlik vir baie lank
> gewerk het.
> Weird.
Vreemd? Nee, glad nie. Daar is 'n voorbereidingtydperk
betrokke. Gaan lees wat Eugene Marais self te se gehad
het oor sy gedig Dans van die Reen. Hierdie wonderlike
gedig is in 'n paar uur na aandete geskryf. Maar die
geestelike voorbereiding het jare geneem.
Pasteur stel dit herhaaldelik dat 'n verreikende ontdekking
'n diepgaande voorbereiding nodig het. Einstein beklemtoon
dat dit 90% perspirasie (harde werk) en 10% inspirasie behels.
Bohr skryf dat die geniale deurbraak kom nadat 'n mens al die
moontlike foute gemaak het in 'n korter tyd as enige ander
mens.
Dit is so dat prulwerk dikwels lank neem. Maar gemorswerk
word altyd in a japtrap afgehandel - daar is nie sprake van
vakmeesterskap nie. Dit gaan met die joernaliste soos met
die bouers of werktuigkundiges. Na 'n paar dae se opleiding
kan hulle die ding glo goed doen.
Dis seker maar 'n kwaal van die ouderdom. As ek iets gedoen
wil laat he, soek ek na 'n outydse vakman: skrynwerk, bouwerk,
staalwerk, motorwerk, instrumentwerk, kookwerk, bakwerk. Die
slagvrou by wie ons ons vleis koop, het 5 jaar vakleerlingskap
deurgewerk. Sy weet van perfekte vleisbewerking. My kinders
begin hulle pa navolg. "Weet pa nog van 'n vakmaan iewers
wat dit of dat kan doen.". "Wat gaan van ons word as daar nie
meer oumense is wat die dinge nog goed kan doen nie."
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
|
|
|
Re: tyd [boodskap #15278 is 'n antwoord op boodskap #11478] |
Thu, 28 May 1998 00:00  |
Jennifer L. Logan
Boodskappe: 27 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dit sal om 'n naby 19:00 in die aand wees.
Jennifer
ekke wrote:
> hallo almal
>
> hoe gaan dit vandag??
>
> kan een van julle buitelanders my asseblief sê hoe laat is 1pm edt in suid
> afrikaanse tyd
>
> baie dankie
> ekke
> :)
--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail daemon to
Choke & Puke.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:59:50 UTC 2025
|