Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » WB rugby
WB rugby [boodskap #114714] Sa, 15 September 2007 06:13
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Geluk aan die Bokke wat die Souties so gelooi het en 'n standbeeld vir
Fourie du Preez. Hulle laat mens kortasem raak oor die WB moontlikhede om
dalk die eindstryd te haal en nog te wen ook! Die belangrikste bydraende
faktor is die afwesigheid van Jean de Villiers het gemaak dat daar nou
senters is wat die lyn kan sny in 'n aanval. Francois Steyn is nog
onbederf en nie soos De Villiers en De Wet Barry se koors om vas te klou aan
elke bal en daarmee grond toe te gaan nie. Daar die era is genadiglik nou
verby. Nou moet net Jean Smith nog aanleer om 'n bal aan te gee en niemand
stop die Bokke nie.
Vorige onderwerp: Rugby WB
Volgende onderwerp: Rugby WB
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:14:27 MGT 2024