Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Evolusie
Evolusie [boodskap #114412] Di, 28 Augustus 2007 13:18 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf
Die wêreld is beslis nie net 6ooo jaar oud nie,
en as jou oer oupagrootjie 'n bobbejaan was,
geld dit beslis steeds nie vir my voorgeslagte nie.

As jy vir my sou sê dat die mens oor 1000 jaar gebore sal word sonder
kleintoontjies omdat dit nie gebruik word nie, is ek bereid om dit te
debateer, maar as jy sou sê dat stuitjies vroeër sterte was. onttrek
ek my uit die geselsskap.

'n Tyd gelede het ek hier verduidelik hoe ek dink dinge gebeur het
na die skepping van die aarde, en dit waarop ek dit grond, is nie op
bespiegelinge nie.

Ook het ek toegegee dat selfs slim mense soos ek somtyds hier en daar
'n foutjie kan maak en dus nie noodwendig reg is met alles wat ons sê
nie.

Die enigste een wat daarop gereageer het was Torreke wat gesê het
dat ons basies dieselfde redeneer. Gesê dat ons dit later sou
analiseer, wat ons nooit gedoen het nie. Hy was in 'n te heftige debat
gewikkel daarvoor, wat sy oponente laat vlug het totdat hulle seker
was hy is weg, voor hulle terug gekom het.

Dit wat ek gesê het het geen ander reaksie uitgelok nie, wat beteken
dat daar geen belangstelling vir 'n tema van die aard hier is nie. Oor
die jare het dit 'n slegte smaak gelaat toe dit duidelik geword het
dat in die groep meer ateïste is as wat geraai sou word.

Het ek gesê dat daar geen belangstelling in die groep is vir 'n tema
soos genoem nie...? Van watter groep het ek gepraat? Asof daar
belangstelling vir enige tema hier is:-(

************

Ek glo God het die mens uit die "stof van die aarde" gemaak. "Stof van die
aarde" beteken gewoon die beskikbare voorhande materiaal - genetiese
materiaal!
God gebruik taal wat vir die mense van daardie tyd sin sou maak.

Dat ons 95% van ons DNA met die Sjimpansee's deel, is 'n feit!
Het jy geweet, Dave, dat ons aan albei kante van ons liggame bors-kliere
het - op dieslefde lyne as die honde, katte en ander soogdiere. Ek ken 'n
vrou wat twee kleiner tepels onderkant die normaal-ontwikkelde borste het.
Om dié feite te ontken, is om volstruis-politiek te speel, d.i. kop in die
sand te steek.

Maar ek glo gewoon nie in die storie dat ons stelselmatig uit die diere
ontwikkel het en dat niemand nou presies kan sê waar die oorgang tussen dier
en mens is nie. Ek glo daar was 'n historiese eerste mensepaar, Adam en
Eva, van wie almal wat nou leef afstam. DNA-mapping bevestig hierdie
geloof - nl. dat alle mense van een moeder afstam wat sowat 110K jaar gelede
geleef het.
Re: Evolusie [boodskap #114415 is 'n antwoord op boodskap #114412] Di, 28 Augustus 2007 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Ek kom so pas uit 'n vergadering, het jou skrywe gesien en toe my
Engelse naslaan Bybel en Afrikaanse 1957 vertaling uitgehaal.
En toe sien ek dat dit op pad is na 10 uur en ek dink daaraan dat ek
baie verwysings geplaas het toe ek dit die eerste keer verduidelik
het. Dit was baie naslaanwerk en het heelwat tyd in beslag geneem.
Daar was hoegenaamd geen ooglopende waardering daarvoor nie,
en toe bêre ek die Bybels weer en besluit om om net in 'n paar woorde
te sê hoe ek glo.

"Torreke" wrote:

> Ek glo daar was 'n historiese eerste mensepaar, Adam en
> Eva,

Dit is al wat ek aanhaal, Torreke, want dit is al waar ek met jou
verskil. Maar die verskil tussen wat jy en ek in hierdie opsig glo,
maak absoluut geen verskil aan die totaliteit van wat ons mee
saamstem nie. En geen verskil hoegenaamd aan die basis van dit
wat ons aan glo nie.

Selfs dat ons gesamentlik van Adam en Eva afstam stem ek saam
maar net nie dat hulle die eerste mense op aarde was nie.

Vers 1 sê:
In die begin het God die Hemel en Aarde geskape.

Vers 2 sê:
En die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed,
en die Gees van God het gesweef op die waters.

Vers 3 sê:
En God het gesê 'Laat daar lig wees!' En daar was lig.

Later -
In die stad Nod het Kain 'n vrou gekry.

Tussen verse 1, 2 & 3 kon daar miljoene en selfs biljoene jare gewees
het. Wat God skep is nie in chaos nie maar in vers 2 was die aarde
woes en leeg en donker.

Voor dit was daar 'n tyd waarin Dinasourusse en dit waarvan steeds
fosiele gevind word, die aarde bewoon het. Op 'n later stadium het
Mev Ples en haar gesin hulle ook tuis gemaak.

En Lucifer was 'n Gerub met status. In beheer van 'n skare engele
gewees waarvan sommige hom later probeer help het om 'n staatsgreep
op die aarde uit te voer; wat totaal misluk het, en toe uit die Tuin
van Eden gedryf is.

Dit is waarom folsiele en ander bewyse van pre-historiese diere gevind
word maar daar nie in die Bybel van vertel word nie. En dit is die tyd
waarvan ander Bybel Boeke vertel, waar Lucifer nog 'n dienaar van God
was.

Dit was tussen verse 1 & 2, want Genesis begin vertel van Lucifer na
sy val. Op 'n stadium het God alles vernietig op die aarde en selfs
die son se lig geblus. En op die 3rde dag weer toegelaat om te skyn.
En die water en die droë land geskei. Die water en die droë land
geskei - selfs in hierdie woorde lei ek af dat die land droog was toe
dit geskep is.

10:10 nm - miskien moes ek hierdie skrywe vir môreoggend gelaat het;
maar ek was lus om dit nou te doen. Tot later...
Re: Evolusie [boodskap #114416 is 'n antwoord op boodskap #114415] Di, 28 Augustus 2007 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
In die begin was daar niks en god het gesê Laat daar lig wees en daar was lig.
Maar toe was daar nog steeds niks, maar nou kon almal dit sien.

Aartsbiskop van Kantelberg.

>
> Vers 1 sê:
> In die begin het God die Hemel en Aarde geskape.
>
> Vers 2 sê:
> En die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed,
> en die Gees van God het gesweef op die waters.
>
> Vers 3 sê:
> En God het gesê 'Laat daar lig wees!' En daar was lig.
>
Re: Evolusie [boodskap #114425 is 'n antwoord op boodskap #114412] Wo, 29 Augustus 2007 07:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaan besoek die museum by Sterkfontein.

Annette

">
> Ek glo God het die mens uit die "stof van die aarde" gemaak. "Stof van
> die aarde" beteken gewoon die beskikbare voorhande materiaal - genetiese
> materiaal!
> God gebruik taal wat vir die mense van daardie tyd sin sou maak.
>
> Dat ons 95% van ons DNA met die Sjimpansee's deel, is 'n feit!
> Het jy geweet, Dave, dat ons aan albei kante van ons liggame bors-kliere
> het - op dieslefde lyne as die honde, katte en ander soogdiere. Ek ken 'n
> vrou wat twee kleiner tepels onderkant die normaal-ontwikkelde borste het.
> Om dié feite te ontken, is om volstruis-politiek te speel, d.i. kop in die
> sand te steek.
>
> Maar ek glo gewoon nie in die storie dat ons stelselmatig uit die diere
> ontwikkel het en dat niemand nou presies kan sê waar die oorgang tussen
> dier en mens is nie. Ek glo daar was 'n historiese eerste mensepaar, Adam
> en Eva, van wie almal wat nou leef afstam. DNA-mapping bevestig hierdie
> geloof - nl. dat alle mense van een moeder afstam wat sowat 110K jaar
> gelede geleef het.
>
Re: Evolusie [boodskap #114428 is 'n antwoord op boodskap #114412] Wo, 29 Augustus 2007 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Aug 2007 15:18:14 +0200, "Torreke" wrote:

> Maar ek glo gewoon nie in die storie dat ons stelselmatig uit die diere
> ontwikkel het en dat niemand nou presies kan sê waar die oorgang tussen dier
> en mens is nie.

So, wat beskou jy as 'n "dier" ? Hoe verskil 'n "dier" van 'n "mens"
?

Ek glo daar was 'n historiese eerste mensepaar, Adam en
> Eva, van wie almal wat nou leef afstam. DNA-mapping bevestig hierdie
> geloof - nl. dat alle mense van een moeder afstam wat sowat 110K jaar gelede
> geleef het.

En wie was hulle ma en pa?
Re: Evolusie [boodskap #114447 is 'n antwoord op boodskap #114425] Do, 30 Augustus 2007 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Glad nie nodig nie. Lees aandagtig wat ek gesê het.

Maar indien ek dit nie duidelik genoeg is nie, kom ek probeer weer. Die
Bybel sê God het die mens uit die "stof van die aarde" gemaak. God gebruik
taal wat vir die primitiewe mense verstaanbaar was. Moderne mense wat
daaruit aflei dat Hy 'n kleipop gemaak het wat in 'n lewende mens verander
het, vergeet dat ditr duisende jare gelede vir voorwetenskaplike mense
geskrywe is. "Stof van die aarde" verstaan ek as die voorhande genetiese
materiaal. M.a.w. ons is genetiese verwant aan die primate waaruit daardie
eerste mensepaar geskep is. Trounens, ek is op rekord in hierdie
nuusgroep - gaan lees maar die argiewe! - dat ek gesê het dat Kain se woorde
"elkeen wat my kry sal my doodslaan" daarop dui dat daar meer mense was.
Katryn het destyds gevra of ek nie met my siening 'n deur open vir Jim Again
se dwaling nie.

"Annette" skryf in boodskap news:1188372916.741163@vasbyt.isdsl.net...
> Gaan besoek die museum by Sterkfontein.
>
> Annette
>
> ">
>> Ek glo God het die mens uit die "stof van die aarde" gemaak. "Stof van
>> die aarde" beteken gewoon die beskikbare voorhande materiaal - genetiese
>> materiaal!
>> God gebruik taal wat vir die mense van daardie tyd sin sou maak.

>> Dat ons 95% van ons DNA met die Sjimpansee's deel, is 'n feit!
>> Het jy geweet, Dave, dat ons aan albei kante van ons liggame bors-kliere
>> het - op dieslefde lyne as die honde, katte en ander soogdiere. Ek ken
>> 'n vrou wat twee kleiner tepels onderkant die normaal-ontwikkelde borste
>> het.
>> Om dié feite te ontken, is om volstruis-politiek te speel, d.i. kop in
>> die sand te steek.

>> Maar ek glo gewoon nie in die storie dat ons stelselmatig uit die diere
>> ontwikkel het en dat niemand nou presies kan sê waar die oorgang tussen
>> dier en mens is nie. Ek glo daar was 'n historiese eerste mensepaar,
>> Adam en Eva, van wie almal wat nou leef afstam. DNA-mapping bevestig
>> hierdie geloof - nl. dat alle mense van een moeder afstam wat sowat 110K
>> jaar gelede geleef het.

>
Re: Evolusie [boodskap #114448 is 'n antwoord op boodskap #114428] Do, 30 Augustus 2007 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" [/color]
> diere
>> ontwikkel het en dat niemand nou presies kan sê waar die oorgang tussen
>> dier
>> en mens is nie.
>
> So, wat beskou jy as 'n "dier" ? Hoe verskil 'n "dier" van 'n "mens"

Die mens is na die "beeld van God" geskape, d.i. in "ware, geregtigheid en
heiligheid". Ek gaan jou nie vermoei met die teologiese interpretasie van
die woorde nie, behalwe om te sê dat die mens God se verteenwoordiger is wat
oor die skepping aangestel is, om dit te bewerk en te bewaak - om die
kreatiewe werk voort te sit.

Dit kan nie van 'n dier gesê word nie.

> ?
>
[color=blue]>
Re: Evolusie [boodskap #114463 is 'n antwoord op boodskap #114448] Vr, 31 Augustus 2007 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 30 Aug 2007 17:50:45 +0200, "Torreke" wrote:

> Die mens is na die "beeld van God" geskape, d.i. in "ware, geregtigheid en
> heiligheid".

Wie het dit gesê? 'n Mens dalk?

Persoonlik glo ek dat God die
> voorhande genetiese materiaal geneem en deur 'n persoonlike daad die eerste
> mense "Adam" geskep het en uit Adam se genetiese materiaal ("ribbebeen" -
> taal wat primitiewe mense sou kon verstaan) sy vrou "Eva".

Interessante frase daai "Persoonlik glo ek". Het jy enige bevestiging
van God daarvoor gekry?
Re: Evolusie [boodskap #114466 is 'n antwoord op boodskap #114463] Vr, 31 Augustus 2007 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:h17gd39vcidba69i2m5aek2715m33r6f01@4ax.com...
> On Thu, 30 Aug 2007 17:50:45 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>
> Wie het dit gesê? 'n Mens dalk? ---Hoe kan 'n mens dit ooit ookal sê? Niemand het God nog gesien nie!
>
> > voorhande genetiese materiaal geneem en deur 'n persoonlike daad die
>> eerste
>> mense "Adam" geskep het en uit Adam se genetiese materiaal ("ribbebeen" -
>> taal wat primitiewe mense sou kon verstaan) sy vrou "Eva".
>
> Interessante frase daai "Persoonlik glo ek". Het jy enige bevestiging
> van God daarvoor gekry? --Hehe.
>
Re: Evolusie [boodskap #114497 is 'n antwoord op boodskap #114463] Vr, 07 September 2007 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:h17gd39vcidba69i2m5aek2715m33r6f01@4ax.com...
> On Thu, 30 Aug 2007 17:50:45 +0200, "Torreke"
> wrote:
>
>
> Wie het dit gesê? 'n Mens dalk?

Aanhalings uit die Bybel!

>
> > voorhande genetiese materiaal geneem en deur 'n persoonlike daad die
>> eerste
>> mense "Adam" geskep het en uit Adam se genetiese materiaal ("ribbebeen" -
>> taal wat primitiewe mense sou kon verstaan) sy vrou "Eva".
>
> Interessante frase daai "Persoonlik glo ek". Het jy enige bevestiging
> van God daarvoor gekry?

Indien jy daarmee bedoel het God 'n persoonlike briefie uit die hemel
gestuur, is die antwoord: Nee.

Die skeppingsverhale van Genesis 1 en 2, asook ander verwysings in die
Bybel, maak dit duidelik:
1. Alles voor die mens het God geskape deur slegs 'n bevel te gee dat dit
moet gebeur
2. Die mens het Hy egter geskape deur persoonlike betrokkenheid
3. 'n Mens kan die woorde "stof van die aarde" en "ribbebeen" letterlik
probeer neem, soos meeste kreasioniste doen. Dis 'n belaglike manier van
teksinterpretasie - om gewoon buite rekening te laat dat die Bybel (1) nie
'n wetenskaphandboek is nie, en (2) vir primitiewe mense geskryf is wat
primitiewe taal gebruik het.
4. Of mens kan na die ander uiterste toe oorslaan om dit gewoon mites en
sages te noem wat sg. onmitologiseer moet word om die verskuilde boodskap te
vind.
5. As mens Gen 1 en 2 verantwoordelik eksegetiseer, aanvaar dat jy nie met
mitologie te doen het nie (aan die een kant), en ook nie met 'n
wetenskaplike verslag nie (aan die ander kant), maar met historiese waarheid
wat in taal ingeklee is wat vir die tyd waarin dit geskryf is, verstaanbaar
is, dan word 'n standpunt soos myne uiteindelik die mees houdbare.
Re: Evolusie [boodskap #114503 is 'n antwoord op boodskap #114497] Sa, 08 September 2007 05:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:LuydnQJbCvI-sXzbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...

>> Wie het dit gesê? 'n Mens dalk?
>
> Aanhalings uit die Bybel! ----Wat geskryf is deur mense!
>

>> >> voorhande genetiese materiaal geneem en deur 'n persoonlike daad die
>>> eerste
>>> mense "Adam" geskep het en uit Adam se genetiese materiaal ("ribbebeen" -
>>> taal wat primitiewe mense sou kon verstaan) sy vrou "Eva".

>> Interessante frase daai "Persoonlik glo ek". Het jy enige bevestiging
>> van God daarvoor gekry?
>
> Indien jy daarmee bedoel het God 'n persoonlike briefie uit die hemel
> gestuur, is die antwoord: Nee.
>
> Die skeppingsverhale van Genesis 1 en 2, asook ander verwysings in die
> Bybel, maak dit duidelik:
> 1. Alles voor die mens het God geskape deur slegs 'n bevel te gee dat dit
> moet gebeur
> 2. Die mens het Hy egter geskape deur persoonlike betrokkenheid
> 3. 'n Mens kan die woorde "stof van die aarde" en "ribbebeen" letterlik
> probeer neem, soos meeste kreasioniste doen. Dis 'n belaglike manier van
> teksinterpretasie - om gewoon buite rekening te laat dat die Bybel (1) nie
> 'n wetenskaphandboek is nie, en (2) vir primitiewe mense geskryf is wat
> primitiewe taal gebruik het.
> 4. Of mens kan na die ander uiterste toe oorslaan om dit gewoon mites en
> sages te noem wat sg. onmitologiseer moet word om die verskuilde boodskap
> te vind.
> 5. As mens Gen 1 en 2 verantwoordelik eksegetiseer, aanvaar dat jy nie met
> mitologie te doen het nie (aan die een kant), en ook nie met 'n
> wetenskaplike verslag nie (aan die ander kant), maar met historiese
> waarheid wat in taal ingeklee is wat vir die tyd waarin dit geskryf is,
> verstaanbaar is, dan word 'n standpunt soos myne uiteindelik die mees
> houdbare.
>
Re: Evolusie [boodskap #114513 is 'n antwoord op boodskap #114503] Sa, 08 September 2007 23:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
new2usa[3]  is tans af-lyn  new2usa[3]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 2007
Karma: 0
Junior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:RbqdnZToDPHIpX_bnZ2dnUVZ8vydnZ2d@saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:LuydnQJbCvI-sXzbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
>>> Wie het dit gesê? 'n Mens dalk?

>> Aanhalings uit die Bybel!
> ----Wat geskryf is deur mense!

Juis Suidwester! En waarskynlik nie eers 'n Jood nie, maar meer waarskynlik
'n Griek, waarskynlik dronk, anders sou dit meer sin gemaak het.

Alhoewel hulle (Dave et al) die definisie van geloof tydens hulle katkisasie
uit hulle koppe geleerken het, verwar hulle dit steeds met kennis. Hier in
die bybelbelt vertel elke kerk (meeste is franchises) sy eie storie oor wat
god sê.

Dit was deur die eeue so.... Ek onthou in my grootwordjare in SA het die
kanselkleed gelees "SO SPREEK DIE HERE"

ja swaer

Gloudina. Ek weet jy ken George Orwell se Animal Farm. Dink jy die manne sal
dit lees? verstaan?
Re: Evolusie [boodskap #114522 is 'n antwoord op boodskap #114513] So, 09 September 2007 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" skryf

> Gloudina. Ek weet jy ken George Orwell se Animal Farm. Dink jy die manne sal
> dit lees? verstaan?

Ek neem aan baie van die manne het dit al
gelees en verstaan. Die vraag is net, verstaan
ek en jy al die implikasies.

Gloudina
Re: Evolusie [boodskap #114533 is 'n antwoord op boodskap #114513] Di, 11 September 2007 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" >> Aanhalings uit die Bybel![/color]
>> ----Wat geskryf is deur mense!

'On the origens of species" is beslis die breinkind van slegs een persoon.

Mense geinspireer deur die Heilige Gees! Die Bybel is 'n biblioteek van 66
boeke, geskryf oor 'n tydperk van sowat 2000 jaar. Dit dra 'n gelykluidende
boodskap. Dis onmoontlik dat soveel mense oor soveel eeue so eenders kon
getuig behalwe as daar 'n eksterne skrywer is.

Al enigiets gelees oor die "Bible Code", Suidwester. Die eerste boek
daaroor is deur 'n ateis - let wel! - gepubliseer. Ek bou nie my geloof op
dié soort getuienis nie, maar dié soort getuienis bevestig my geloof oor 'n
skrywer wat die mense gebruik het.

>
> Juis Suidwester! En waarskynlik nie eers 'n Jood nie, maar meer
> waarskynlik 'n Griek, waarskynlik dronk, anders sou dit meer sin gemaak
> het.

Ek nooi jou vriendelik uit om aan te toon wat NIE SIN maak nie!

>
> Alhoewel hulle (Dave et al) die definisie van geloof tydens hulle
> katkisasie uit hulle koppe geleerken het, verwar hulle dit steeds met
> kennis. Hier in die bybelbelt vertel elke kerk (meeste is franchises) sy
> eie storie oor wat god sê.

Ja, inderdaad! Paulus skryf aan Timotheus dat daar in die laaste dae mense
sal kom wat die geloof sal kommersialiseer en daaruit geld maak (1 Tim.
6:3-5)

>
> Dit was deur die eeue so.... Ek onthou in my grootwordjare in SA het die
> kanselkleed gelees "SO SPREEK DIE HERE"
>

Ja, 'n mooi belydenis, maar dikwels was die boodskap wat gebring is, nie die
Woord van die Here nie.
Die mislukkings van die kerk en sy mense, bevestig die waarheid van die
Woord!!!!! - dat ons redding nodig het.
Re: Evolusie [boodskap #114537 is 'n antwoord op boodskap #114416] Di, 11 September 2007 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Om nie te glo nie is één ding, om met God te spot iets anders!!!
Jy is nie eens die grote van 'n stoffie in die heelal nie...
Jy het nie 'n greintjie bewys dat die Een met Wie jy die spot dryf nie
bestaan en nie met jou sal afreken nie...

Maar jy waag dit nogtans!

"Johannes" < wrote
> In die begin was daar niks en god het gesê Laat daar lig wees en daar was
> lig. Maar toe was daar nog steeds niks, maar nou kon almal dit sien.
>
> Aartsbiskop van Kantelberg.
>
>

>> Vers 1 sê:
>> In die begin het God die Hemel en Aarde geskape.

>> Vers 2 sê:
>> En die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed,
>> en die Gees van God het gesweef op die waters.

>> Vers 3 sê:
>> En God het gesê 'Laat daar lig wees!' En daar was lig.

>
Re: Evolusie [boodskap #114544 is 'n antwoord op boodskap #114537] Di, 11 September 2007 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:rrWdnSmbTcu7yXvbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Om nie te glo nie is één ding, om met God te spot iets anders!!!
> Jy is nie eens die grote van 'n stoffie in die heelal nie...
> Jy het nie 'n greintjie bewys dat die Een met Wie jy die spot dryf nie
> bestaan en nie met jou sal afreken nie...
>
> Maar jy waag dit nogtans!
----Dit presies antwoord die vraag hierbo van wat oortree jy? Jy sê die ou
mag nie die spot dryf en dan doen jy dit self met hom en sy standpunt ook.
Jy GLO dat 'n mens nie met God spot dryf nie, maar wat maak JY? Wat van
respek vir jou opponent se standpunt? Of werk dit in jou
verwysingsraamwerk nie so nie. As 'n ander persoon nie glo nie, is hy kak
en klaar? Weet jy wat maak dit jou?
Re: Evolusie [boodskap #114545 is 'n antwoord op boodskap #114537] Di, 11 September 2007 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit al voorheen op 'n ander onderwerp genoem, en sê dit weer...

Jislaaik Torreke, pasop dat jy nie van jou troontjie neerbliksem nie, ek het
lanklaas so 'n selfaanmatigende houding en opinie gelees. Dit is mense soos
jy wat vir my 'n probleem skep met godsdiens.

Jan van Perth.

"Torreke" skryf in boodskap news:rrWdnSmbTcu7yXvbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Om nie te glo nie is één ding, om met God te spot iets anders!!!
> Jy is nie eens die grote van 'n stoffie in die heelal nie...
> Jy het nie 'n greintjie bewys dat die Een met Wie jy die spot dryf nie
> bestaan en nie met jou sal afreken nie...
>
> Maar jy waag dit nogtans!
>
Re: Evolusie [boodskap #114552 is 'n antwoord op boodskap #114497] Di, 11 September 2007 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Sep 2007 12:50:07 +0200, "Torreke" wrote:

> "Ferdi" wrote in message
> news:h17gd39vcidba69i2m5aek2715m33r6f01@4ax.com...
>> On Thu, 30 Aug 2007 17:50:45 +0200, "Torreke"
>> wrote:

>> > Wie het dit gesê? 'n Mens dalk?
>
> Aanhalings uit die Bybel!

Wat geskryf is deur? Wat vertaal is deur? Wat bestaan uit segmente
gekies deur?

Mense!!

>> Interessante frase daai "Persoonlik glo ek". Het jy enige bevestiging
>> van God daarvoor gekry?
>
> Indien jy daarmee bedoel het God 'n persoonlike briefie uit die hemel
> gestuur, is die antwoord: Nee.

So, jy het jou persoonlike geloof aangebied as dit God se denke sou
wees.
Juis my probleem met priesters - amateur en professioneel.
Re: Evolusie [boodskap #114568 is 'n antwoord op boodskap #114544] Wo, 12 September 2007 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

>> Om nie te glo nie is één ding, om met God te spot iets anders!!!
>> Jy is nie eens die grote van 'n stoffie in die heelal nie...
>> Jy het nie 'n greintjie bewys dat die Een met Wie jy die spot dryf nie
>> bestaan en nie met jou sal afreken nie...

>> Maar jy waag dit nogtans!

> ----Dit presies antwoord die vraag hierbo van wat oortree jy? Jy sê die
> ou mag nie die spot dryf en dan doen jy dit self met hom en sy standpunt
> ook.

Hy glo blykbaar nie in God nie - nou reken hy dit gee hom die reg om met God
die spot te dryf.
Waar het ek met sy standpunt die spot gedryf?

> Jy GLO dat 'n mens nie met God spot dryf nie, maar wat maak JY? Wat van
> respek vir jou opponent se standpunt? Of werk dit in jou
> verwysingsraamwerk nie so nie. As 'n ander persoon nie glo nie, is hy
> kak en klaar? Weet jy wat maak dit jou?

Waar het ek met jou standpunt die spot gedryf?
Waar het ek gesê jy's "kak" omdat jy nie glo nie?

Moenie my herinner aan die kru taal wat ons mekaar oor- en weer toegeslinger
het nie; dit pot kan die ketel nie verwyt nie. Punt is dat ek by verskeie
kere erken het dis verkeerd, jy't nog nooit erken dat enigiets wat jy
kwytgeraak het dalkies, net dalkies, verkeerd kan wees nie.

As ek regtig gedink het jy's "kak" sou ek my nie verwerdig het om met jou
oor die geloof te stry nie.
Re: Evolusie [boodskap #114569 is 'n antwoord op boodskap #114545] Wo, 12 September 2007 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
En ek het al vir jou vantevore gevra om jou stellings oor my te motiveer.

Wat is aanmatigend daaraan as ek vir iemand wat geen greintjie bewys het dat
dié God wat in Genesis 1 aan ons voorgestel word as die Skepper van hemel en
aarde, die Almagtige wat mense tot verantwoording sal roep oor elke woord
wat hulle gesê het, die spot dryf?

Hierdie persoon het geen greintjie bewys dat dit waarmee hy die spot dryf,
nie die waarheid is nie!!!! Tog matig hy hom die reg aan om daarmee die
spot te dryf!

En as ek hom daaroor aanvat, dan sê jy ek is aanmatigend!

Nou nooi ek hom en jou uit: Wys vir my enigiets in Genesis 1 oor die
skepping van lig, ligte, skeiding van droe grond en water, skepping van lewe
in sy verskillende vorme, wat die wetenskap verkeerd kan bewys!!!

"Daniel le Roux" wrote in message
news:46e66763$0$14122$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
> Ek het dit al voorheen op 'n ander onderwerp genoem, en sê dit weer...
>
> Jislaaik Torreke, pasop dat jy nie van jou troontjie neerbliksem nie, ek
> het lanklaas so 'n selfaanmatigende houding en opinie gelees. Dit is mense
> soos jy wat vir my 'n probleem skep met godsdiens.
>
> Jan van Perth.
>
> "Torreke" wrote in message
> news:rrWdnSmbTcu7yXvbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>> Om nie te glo nie is één ding, om met God te spot iets anders!!!
>> Jy is nie eens die grote van 'n stoffie in die heelal nie...
>> Jy het nie 'n greintjie bewys dat die Een met Wie jy die spot dryf nie
>> bestaan en nie met jou sal afreken nie...

>> Maar jy waag dit nogtans!

>
Re: Evolusie [boodskap #114572 is 'n antwoord op boodskap #114552] Wo, 12 September 2007 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" < wrote in message

>> Aanhalings uit die Bybel!
>
>
> Wat geskryf is deur? Wat vertaal is deur? Wat bestaan uit segmente
> gekies deur?
>
> Mense!!

Ja, seker.

Maar voordat ons hierdie gesprek verder neem, sal ek dit waardeer as jy vir
my ronduit sê waar staan jy m.b.t. geloof in God.

Glo jy in God of nie?
Indien jy wel in Hom glo, glo jy Hy kommunikeer met mense of nie?
En indien Hy wel met ons kommunikeer, hoe doen Hy dit?

>
> Interessante frase daai "Persoonlik glo ek". Het jy enige
> bevestiging
>>> van God daarvoor gekry?

>> Indien jy daarmee bedoel het God 'n persoonlike briefie uit die hemel
>> gestuur, is die antwoord: Nee.
>
>
> So, jy het jou persoonlike geloof aangebied as dit God se denke sou
> wees.
> Juis my probleem met priesters - amateur en professioneel.

Nee, ek het nie, en jy sal dit ook nie uit my plasing kan aantoon dat ek my
gedagtes as God se gedagtes probeer aanbied het - of selfs probeer sê het
die wyse waarop ek dit verstaan is die enigste moontlike verklaring nie.

Dis juis omdat ek versigtig is vir kategoriese stellings maak oor iets
waaroor ons nie klinklare antwoorde het nie, wat ek die woorde gebruik het
"persoonlik glo ek".
Re: Evolusie [boodskap #114579 is 'n antwoord op boodskap #114568] Wo, 12 September 2007 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:mcidncflZL1YWnrbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>
>>> Om nie te glo nie is één ding, om met God te spot iets anders!!!
>>> Jy is nie eens die grote van 'n stoffie in die heelal nie...
>>> Jy het nie 'n greintjie bewys dat die Een met Wie jy die spot dryf nie
>>> bestaan en nie met jou sal afreken nie...
>
>>> Maar jy waag dit nogtans!
>
>> ----Dit presies antwoord die vraag hierbo van wat oortree jy? Jy sê die
>> ou mag nie die spot dryf en dan doen jy dit self met hom en sy standpunt
>> ook.
>
> Hy glo blykbaar nie in God nie - nou reken hy dit gee hom die reg om met
> God die spot te dryf.
> Waar het ek met sy standpunt die spot gedryf?
>
>> Jy GLO dat 'n mens nie met God spot dryf nie, maar wat maak JY? Wat van
>> respek vir jou opponent se standpunt? Of werk dit in jou
>> verwysingsraamwerk nie so nie. As 'n ander persoon nie glo nie, is hy
>> kak en klaar? Weet jy wat maak dit jou?
>
> Waar het ek met jou standpunt die spot gedryf?
> Waar het ek gesê jy's "kak" omdat jy nie glo nie?
>
> Moenie my herinner aan die kru taal wat ons mekaar oor- en weer
> toegeslinger het nie; dit pot kan die ketel nie verwyt nie. Punt is dat
> ek by verskeie kere erken het dis verkeerd, jy't nog nooit erken dat
> enigiets wat jy kwytgeraak het dalkies, net dalkies, verkeerd kan wees
> nie.
>
> As ek regtig gedink het jy's "kak" sou ek my nie verwerdig het om met jou
> oor die geloof te stry nie. ----Hare kloof=Torreke.
>
Re: Evolusie [boodskap #114582 is 'n antwoord op boodskap #114572] Wo, 12 September 2007 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Sep 2007 13:23:08 +0200, "Torreke" wrote:

> Maar voordat ons hierdie gesprek verder neem, sal ek dit waardeer as jy vir
> my ronduit sê waar staan jy m.b.t. geloof in God.

Watter God?
Christen? Muslim, Hindoe, Joods.....?

> Glo jy in God of nie?
> Indien jy wel in Hom glo, glo jy Hy kommunikeer met mense of nie?

As ek jou antwoord (soos ek hier doen), dan weet jy ek het jou
geantwoord. Verwys na die letters van die skrywe ens.

Maar as ek aan jou sou sê ek is oortuig dat jy my gisteraand
geantwoord het en jy het dit of dat gesê maar dit was nie in die groep
of e-pos of wat ookal nie. Ek het skielik in my tuin die wete gekry
dat jy dit of dat wil sê, dan gaan iemand anders aan my sê dit is nie
kommunikasie waarop ons 'n gesprek kan bou nie, want al wat daar is,
is dat ek sê "glo my, ek WEET dits wat hy wil sê."
Dis my oortuiging. Ek voel 'n diepe sekerheid in my binneste op die
ooblik (wat het ek geet?!)

Ongelukkig is dit dieselfde met goddelike boodskappe wat mense ontvang
of dink hulle ontvang het. Dan kom jy by die ironie uit dat 'n tiener
aan die Oos-Rand GLO dat Moeder Maria met haar gepraat het en dat die
katolieke kerk sê "moet haar nie sommer glo nie, ons soek meer bewyse
as dit".

As daar 'n God op die Christelike lyne is - 'n almagtige individu wat
alles gemaak het en alles beheer, dan kan hy/sy/dit seker duidelik
kommunikeer? Volgens die Bybel het hy dit aan Moses gedoen. Ek bedoel,
'n brandende bos kan verkeerd geïnterpreteer word, maar seker nie
klippe waarop geskryf is nie.

Dus: as daar so 'n God is en hy praat NIE duidelik nie, is dit seker
logies om af te lei dat hy NIKS SÊ nie?

Daar was al baie mense wat sê hulle weet wat God bedoel. Selfs mense
wat sê Hy het met hulle gepraat en dis wat hy sê. En gewoonlik
weerspreek hulle mekaar. Bin Ladin en Bush sê dit albei!

En indien Hy wel met ons kommunikeer, hoe doen Hy dit?

Laat my toe om met 'n teenvraag te antwoord. Dis nie wegskuif nie, die
teenvraag is aan die essensie van my antwoord: Hoe onderskei jy
tussen iemand met wie God gepraat het van iemand van verkeerdelik glo
dat God met hom gepraat het en van iemand wat sommer net bullshit en
sê God het met hom gepraat (kollekte agter in die tent asb!)?

> Nee, ek het nie, en jy sal dit ook nie uit my plasing kan aantoon dat ek my
> gedagtes as God se gedagtes probeer aanbied het - of selfs probeer sê het
> die wyse waarop ek dit verstaan is die enigste moontlike verklaring nie.

So jy twyfel dan mos of dit inderdaad God se wil/boodskap is?

Dis juis omdat ek versigtig is vir kategoriese stellings maak oor
iets
> waaroor ons nie klinklare antwoorde het nie, wat ek die woorde gebruik het
> "persoonlik glo ek".

So jy "committ" jouself dan mos op die hoogste vlak tot iets wat jy sê
jy kan nie weet of dit waar is of nie?
Re: Evolusie [boodskap #114605 is 'n antwoord op boodskap #114569] Do, 13 September 2007 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Torreke, ek lees nie die bybel nie en kan dus nie op jou vraag reageer nie.
Ek het as jong seun reeds 'n meer aanvaarbare 'lig' gesien, en vind die
bybel 'n redelike vervelige sprokiesverhaal. Bloot die feit dat jy kies om
verklarings en argumente met ander aan te durf met die bybel as grondslag,
dui weer vir my op jou aanmatigende houding!

Jan van Perth.

"Torreke" skryf in boodskap news:mcidncblZL1VWnrbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> En ek het al vir jou vantevore gevra om jou stellings oor my te motiveer.
>
>
> Nou nooi ek hom en jou uit: Wys vir my enigiets in Genesis 1 oor die
> skepping van lig, ligte, skeiding van droe grond en water, skepping van
> lewe in sy verskillende vorme, wat die wetenskap verkeerd kan bewys!!!
>
Re: Evolusie [boodskap #114613 is 'n antwoord op boodskap #114605] Do, 13 September 2007 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ag, kom nou, Jan van Perth, jy loop nou jakkalsdraaie!
- want jy kan nie Genesis 1 weerlê nie!!!
- nie jy en ook nie die ganse ateistiese wetenskapleër nie!!

Genesis 1 bestaan uit een enkele bladsy. Jy hoef nie eers 'n Bybel te koop
om dit te lees nie, jy kan dit sommer in 'n boekwinekl van die rak af haal
en binne tien minute in die winkel deurlees.

Jy sê dis 'n "sprokiesverhaal"!

Nou hier's jou kans: Bewys dit wat daar in Genesis 1 staan as 'n
sprokiesverhaal!

Maar as jy nie die uitnodiging aanvaar nie, sê ek vir jou ronduit: Dis nie
ek wat aanmatigend is nie, dis JY!!!
Dis jy wat jou aanmatig om iets 'n "sprokiesverhaal" te noem wat jy nie eens
die moeite gedoen het om te lees! en wat jy nog minder in staat is om te
weerlê!

"Daniel le Roux" wrote in message
news:46e9259e$0$14173$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
> Torreke, ek lees nie die bybel nie en kan dus nie op jou vraag reageer
> nie. Ek het as jong seun reeds 'n meer aanvaarbare 'lig' gesien, en vind
> die bybel 'n redelike vervelige sprokiesverhaal. Bloot die feit dat jy
> kies om verklarings en argumente met ander aan te durf met die bybel as
> grondslag, dui weer vir my op jou aanmatigende houding!
>
> Jan van Perth.
>
> "Torreke" wrote in message
> news:mcidncblZL1VWnrbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>> En ek het al vir jou vantevore gevra om jou stellings oor my te motiveer.


>> Nou nooi ek hom en jou uit: Wys vir my enigiets in Genesis 1 oor die
>> skepping van lig, ligte, skeiding van droe grond en water, skepping van
>> lewe in sy verskillende vorme, wat die wetenskap verkeerd kan bewys!!!

>
Re: Evolusie [boodskap #114622 is 'n antwoord op boodskap #114605] Do, 13 September 2007 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Boerewors  is tans af-lyn  Boerewors
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2007
Karma: 0
Junior Lid
On 13 sep, 13:58, "Daniel le Roux" wrote:
> Torreke, ek lees nie die bybel nie en kan dus nie op jou vraag reageer nie.
> Ek het as jong seun reeds 'n meer aanvaarbare 'lig' gesien, en vind die
> bybel 'n redelike vervelige sprokiesverhaal. Bloot die feit dat jy kies om
> verklarings en argumente met ander aan te durf met die bybel as grondslag,
> dui weer vir my op jou aanmatigende houding!
>
> Jan van Perth.
>
> "Torreke" wrote in message
>
> news:mcidncblZL1VWnrbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
>
>
>> En ek het al vir jou vantevore gevra om jou stellings oor my te motiveer.
>
>> Nou nooi ek hom en jou uit: Wys vir my enigiets in Genesis 1 oor die
>> skepping van lig, ligte, skeiding van droe grond en water, skepping van
>> lewe in sy verskillende vorme, wat die wetenskap verkeerd kan bewys!!!- Tekst uit oorspronkelijk bericht niet weergeven -
>
> - Tekst uit oorspronkelijk bericht weergeven -

Die skeppingsverhale is in die Babeloniese era geskryf, toe Israel in
Balingskap was. Die verhale het gedien as 'n verklaring vir die Jode
wat na die Babeloniese skeppingsverhale moes luister oor hoe die
wereld ontstaan het. Interressant is dat daar egter 2 skeppingsverhale
is wat in wese baie van mekaar verskil. Die boodskap bly egter
dieselfde, God het die aarde, en alles daarop geskape. Die 7 elemente
kan nie afgebreek word nie, waar kom dit vandaan?

So jammer Jan dat jy nie die Bybel lees nie. Jy mis uit op wonderlike
verhale, gedigte en vele meer wat die Bybel as literere stuk ons bied.
In die boek Hooglied word God nerens genoem nie, dis
liefdesverklarings tussen man en vrou. Lees die gedigte vir jou vrou
en sien hoe haar hart week word. So Hooglied aandjie kan so 'n
romantiese ervaring wees, wat jou huwelik erg kan versterk. Die boek
Job is weer 'n verhaal wat vertel van 'n man wat alles verloor en geen
antwoorde by God kry nie, maar tog standvastig in sy geloof staan en
aan die einde beter daaraan toe is as aan die begin. Die woorde van
Job sal jou laat herriner aan hoe jy gevoel het toe dit dalk nie met
jou goed gegaan het nie. Die boek Spreuke gee universele wyshede en
riglyne wat deur die eeue heen as waar bewys is. Mense soos Depak
Chopra verwys graag na die spreuke en bevestig dit as waar.

So kan mens aangaan oor waarhede in die Bybel. 'n Filosofie wat my
baie goed te pas gekom het in die lewe is: 'n bietjie meer tyd, 'n
bietjie meer moeite, baie beter resultate. Ek het dit op my studie van
die Bybel toegepas en siedaar, ek het 'n boek van onskatbare waarde
gevind en terselfdertyd 'n baie beter begrip van God.

Sterkte en ek hoop van harte jy kan ook dit ervaar.
Re: Evolusie [boodskap #114626 is 'n antwoord op boodskap #114613] Do, 13 September 2007 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Fokkit Torreke, maar jy raak lekker driftig daar vanaf jou troontjie!

Om jou standpunt te bewys, daag jy my nou uit om Genesis te lees. Iets wat
ek reeds vir jou genoem het ek geen behoefte het om te doen nie. Ek het
absoluut geen behoefte om jou aan te neem hieroor nie, aangesien jy
regverdiging soek vir jou standpunt deur my te forseer om iets te lees
waarin JY glo.

En wie het vir jou vertel dat ek nog nooit Genesis gelees het nie? (maybe
het JOU god met jou gepraat onder 'n bloekomboom en jou vertel?). Of die
bybel for that matter? En dan het jy die vermetelheid om te sê dat as ek nie
die uitdaging aanvaar nie, dan is ek die een wat aanmatigend is. Hoe op dese
aarde kom jy by so 'n besluit uit? >Maar as jy nie die uitnodiging aanvaar
nie, sê ek vir jou ronduit: Dis nie ek wat aanmatigend is nie, dis JY!!! <
Dit maak vir my absoluut geen sin uit nie, daar is geen verband hier nie.

Ek het wel voorheen genoem dat ek die bybel as 'n sprokiesverhaal ervaar. Ek
het gladnie genoem dat ek dit nog nooit gelees het nie. As deel van die
masse jong Suid-Afrikaander kinders met Calvinieste skool opvoeding, is ek
ook deur die meule van katkisasie en al daai stront. Maar ek was jonk en het
maar die massa gevolg (as tienderjarige in die 60's).

En in watter koerant het jy gelees dat ek niks hiervan weet nie?

Quite frankly, my dear, I couldn't give a damn!

Jan van Perth.

"Torreke" skryf in boodskap news:P5udnaU12LreoHTbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Ag, kom nou, Jan van Perth, jy loop nou jakkalsdraaie!
> - want jy kan nie Genesis 1 weerlê nie!!!
> - nie jy en ook nie die ganse ateistiese wetenskaple�r nie!!
>
> Genesis 1 bestaan uit een enkele bladsy. Jy hoef nie eers 'n Bybel te
> koop om dit te lees nie, jy kan dit sommer in 'n boekwinekl van die rak af
> haal en binne tien minute in die winkel deurlees.
>
> Jy sê dis 'n "sprokiesverhaal"!
>
> Nou hier's jou kans: Bewys dit wat daar in Genesis 1 staan as 'n
> sprokiesverhaal!
>
> Maar as jy nie die uitnodiging aanvaar nie, sê ek vir jou ronduit: Dis nie
> ek wat aanmatigend is nie, dis JY!!!
> Dis jy wat jou aanmatig om iets 'n "sprokiesverhaal" te noem wat jy nie
> eens die moeite gedoen het om te lees! en wat jy nog minder in staat is om
> te weerlê!
>
Re: Evolusie [boodskap #114633 is 'n antwoord op boodskap #114626] Do, 13 September 2007 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy verstaan baie goed wat ek sê, verloopte Dopper! Jy maak net of jy nie
verstaan nie!

Jy maak twee stellings: 1) Ek is aanmatigend, en 2) Die Bybel is
sprokiesverhale.

My antwoord was en is duidelik: Jy kan nie bewys dat Genesis 1 'n
sprokiesverhaal is nie. Alles wat daar staan: (a) Van die aanvanklike
duisternis na die skepping van hemel en aarde, (b) die skepping van lig, (c)
die volgorde waarin die verskillende lewensvorme tot stand gekom het, is
wetenskaplik verantwoord. Gaan lees gerus die nuutste wat oor die big bang
en daarna gesê word: Na die big bang was daar aanvanklik totale duisternis,
voordat die lig gekom het. Die volgorde waarin Genesis 1 sê lewe tot stand
gekom het, eers in die see {visse}, dan voëls, dan landdiere en laastens
die mens, is presies dieselfde volgorde wat die evolusie-teorie poneer.

Ek probeer nie my standpunt bewys nie - ek het nie nodig nie! - want dit
stem ooreen met wat die wetenskap ons leer!

Ek daag jou uit om jou standpunt te bewys dat dit 'n sprokie is. Waar's die
sprokie? Wys dit uit?

As jy dit nie kan wys nie, dan sê ek: Jy is nie net aanmatigend nie, jy's
gewoon domastrant!

"Daniel le Roux" wrote in message
news:46e946f9$0$14168$5a62ac22@per-qv1-newsreader-01.iinet.n et.au...
> Fokkit Torreke, maar jy raak lekker driftig daar vanaf jou troontjie!
>
> Om jou standpunt te bewys, daag jy my nou uit om Genesis te lees. Iets wat
> ek reeds vir jou genoem het ek geen behoefte het om te doen nie. Ek het
> absoluut geen behoefte om jou aan te neem hieroor nie, aangesien jy
> regverdiging soek vir jou standpunt deur my te forseer om iets te lees
> waarin JY glo.
>
> En wie het vir jou vertel dat ek nog nooit Genesis gelees het nie? (maybe
> het JOU god met jou gepraat onder 'n bloekomboom en jou vertel?). Of die
> bybel for that matter? En dan het jy die vermetelheid om te sê dat as ek
> nie die uitdaging aanvaar nie, dan is ek die een wat aanmatigend is. Hoe
> op dese aarde kom jy by so 'n besluit uit? >Maar as jy nie die uitnodiging
> aanvaar nie, sê ek vir jou ronduit: Dis nie ek wat aanmatigend is nie, dis
> JY!!! < Dit maak vir my absoluut geen sin uit nie, daar is geen verband
> hier nie.
>
> Ek het wel voorheen genoem dat ek die bybel as 'n sprokiesverhaal ervaar.
> Ek het gladnie genoem dat ek dit nog nooit gelees het nie. As deel van die
> masse jong Suid-Afrikaander kinders met Calvinieste skool opvoeding, is ek
> ook deur die meule van katkisasie en al daai stront. Maar ek was jonk en
> het maar die massa gevolg (as tienderjarige in die 60's).
>
> En in watter koerant het jy gelees wetenskapleër nie > dat ek niks hiervan weet nie?
>
> Quite frankly, my dear, I couldn't give a damn!
>
> Jan van Perth.
>
> "Torreke" wrote in message
> news:P5udnaU12LreoHTbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>> Ag, kom nou, Jan van Perth, jy loop nou jakkalsdraaie!
>> - want jy kan nie Genesis 1 weerlê nie!!!
>> - nie jy en ook nie die ganse ateistiese wetenskapleër nie!!

>> Genesis 1 bestaan uit een enkele bladsy. Jy hoef nie eers 'n Bybel te
>> koop om dit te lees nie, jy kan dit sommer in 'n boekwinekl van die rak
>> af haal en binne tien minute in die winkel deurlees.

>> Jy sê dis 'n "sprokiesverhaal"!

>> Nou hier's jou kans: Bewys dit wat daar in Genesis 1 staan as 'n
>> sprokiesverhaal!

>> Maar as jy nie die uitnodiging aanvaar nie, sê ek vir jou ronduit: Dis
>> nie ek wat aanmatigend is nie, dis JY!!!
>> Dis jy wat jou aanmatig om iets 'n "sprokiesverhaal" te noem wat jy nie
>> eens die moeite gedoen het om te lees! en wat jy nog minder in staat is
>> om te weerlê!


>
Re: Evolusie [boodskap #114638 is 'n antwoord op boodskap #114582] Do, 13 September 2007 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 12 sep, 15:20, Ferdi wrote:
> Watter God?
> Christen? Muslim, Hindoe, Joods.....?
>
Die Flying Spaghetti Monster natuurlik (http://www.venganza.org/about/
open-letter/)
Re: Evolusie [boodskap #114644 is 'n antwoord op boodskap #114638] Vr, 14 September 2007 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Soos al die ander ateiste hier rond, klim jy in om te spot en te beledig,
maar jy kan geen enkele argument beantwoord nie.

"Jottie" wrote in message
news:1189718722.730176.80190@y42g2000hsy.googlegroups.com...
> On 12 sep, 15:20, Ferdi wrote:
>> Watter God?
>> Christen? Muslim, Hindoe, Joods.....?

> Die Flying Spaghetti Monster natuurlik (http://www.venganza.org/about/
> open-letter/)
>
Re: Evolusie [boodskap #114652 is 'n antwoord op boodskap #114613] Vr, 14 September 2007 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 Sep 2007 15:29:51 +0200, "Torreke" wrote:

> Ag, kom nou, Jan van Perth, jy loop nou jakkalsdraaie!
> - want jy kan nie Genesis 1 weerlê nie!!!
> - nie jy en ook nie die ganse ateistiese wetenskapleër nie!!
>
> Genesis 1 bestaan uit een enkele bladsy. Jy hoef nie eers 'n Bybel te koop
> om dit te lees nie, jy kan dit sommer in 'n boekwinekl van die rak af haal
> en binne tien minute in die winkel deurlees.
>
> Jy sê dis 'n "sprokiesverhaal"!
>
> Nou hier's jou kans: Bewys dit wat daar in Genesis 1 staan as 'n
> sprokiesverhaal!

7 Dae????

Van big bang tot mense wat skryf, sewe dae????????
Re: Evolusie [boodskap #114658 is 'n antwoord op boodskap #114652] Vr, 14 September 2007 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" 7 Dae????[/color]
>
> Van big bang tot mense wat skryf, sewe dae????????
>

Ontwikkelingsgeskiedenis van miljoene jare wat deur en vir mense van swoat
2400 jaar gelede (finale redaksie waarskynlik tydens die ballingskap)
geskryf is. As jy nou in 'n tydmasjien kon terugkeer soheentoe en vir die
mense van daardie tyd wat primitiewe kalenders en primitiewe begrip van die
ouderdom van die aarde gehad het, die geskiedenis van miljoene jare probeer
opsom, hoe sou jy dit gedoen het?

Genugtig, Ferdi, met al ons moderne kennis en die bewyse voorhande van
hoeveel miljoene jare daar werklik sprake is - die mens se geskiedenis is
maar gelyk aan sowat die laaste 5 minute, as mens die geskiedenis van die
aarde as een jaar sou neem! - is dit steeds "mind boggeling!" Soos jy vir
Dave in jou gesprek met hom gesê het.

Om dit as 7 dae op te som is om dit verstaanbaar vir sulke primitiewe mense
te maak!

Of sou jy beter kon doen?
Re: Evolusie [boodskap #114660 is 'n antwoord op boodskap #114644] Vr, 14 September 2007 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:eaidnR4XE95iq3fbnZ2dnUVZ8tGqnZ2d@saix.net...
> Soos al die ander ateiste hier rond, klim jy in om te spot en te beledig,
> maar jy kan geen enkele argument beantwoord nie.
----Hoekom sien jy enige teenstand vir jou geloof as bespotting? Mense wat
so reageer is gewoonlik nie baie seker oor hul eie saak nie!
Re: Evolusie [boodskap #114661 is 'n antwoord op boodskap #114658] Vr, 14 September 2007 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:a8qdnR0ojdGe1XfbnZ2dnUVZ8tmhnZ2d@saix.net...
>
> "Ferdi"
>> 7 Dae????

>> Van big bang tot mense wat skryf, sewe dae????????

>
> Ontwikkelingsgeskiedenis van miljoene jare wat deur en vir mense van swoat
> 2400 jaar gelede (finale redaksie waarskynlik tydens die ballingskap)
> geskryf is. As jy nou in 'n tydmasjien kon terugkeer soheentoe en vir die
> mense van daardie tyd wat primitiewe kalenders en primitiewe begrip van
> die ouderdom van die aarde gehad het, die geskiedenis van miljoene jare
> probeer opsom, hoe sou jy dit gedoen het?
>
> Genugtig, Ferdi, met al ons moderne kennis en die bewyse voorhande van
> hoeveel miljoene jare daar werklik sprake is - die mens se geskiedenis is
> maar gelyk aan sowat die laaste 5 minute, as mens die geskiedenis van die
> aarde as een jaar sou neem! - is dit steeds "mind boggeling!" Soos jy
> vir Dave in jou gesprek met hom gesê het.
>
> Om dit as 7 dae op te som is om dit verstaanbaar vir sulke primitiewe
> mense te maak!
>
> Of sou jy beter kon doen?

En, o ja, my Prof in Ou Testamentiese Openbaringsgeskiedenis het daarop
gewys dat daar niks in daardie hoofstuk staan waaruit 'n kategoriese
stelling gemaak kan word dat daardie nie ander dae tussenin was nie. Sy
interpretasie is gewoon dat ons met 7 dae te doen het - van 24 uur! - waarop
God die gang van die evolusie doelbewus in 'n nuwe rigting gestuur. Maar
tussen-in kan miljoene jare lê.

Wat die 7e dag betref is daar in elk geval in Ou en Nuwe Testament genoeg
getuienis dat dit na 'n tydperk verwys - dié van die mens se geskiedenis op
aarde!
>
Re: Evolusie [boodskap #114664 is 'n antwoord op boodskap #114622] Vr, 14 September 2007 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Boerewors" Die skeppingsverhale is in die Babeloniese era geskryf, toe Israel in[/color]
> Balingskap was.

Daar is geen bewys hiervoor nie. Verantwoordelike teoloë stem saam dat die
verhale waarskynlik uit veel ouer bronne oorgeneem is. Die eindredaksie
dateer waarskynlik uit die tyd van die ballingskap.

> Die verhale het gedien as 'n verklaring vir die Jode
> wat na die Babeloniese skeppingsverhale moes luister oor hoe die
> wereld ontstaan het. Interressant is dat daar egter 2 skeppingsverhale
> is wat in wese baie van mekaar verskil.
> Die boodskap bly egter
> dieselfde, God het die aarde, en alles daarop geskape. Die 7 elemente
> kan nie afgebreek word nie, waar kom dit vandaan?

Gaan lees gerus weer die sg. "twee skeppingsverhale" en let op die
belangrikste verskil: Hoofstuk 1 verwys na die Skepper bloot as "God" en
hoofstuk 2 verwys na Hom as "HERE God". Dis die sleutel om die verskille te
verstaan.

Hoofstuk 1 is die eintlike skeppingsverhaal - stel God as die Almagtige voor
wat slegs 'n woord sê en dit gebeur! - dit beklemtoon die ontsaglike
"afstand" tussen God en sy skepping!
Hoofstuk 2 waar sy verbondsnaam "Jahwe" ("HERE") voor "God" geplaas word,
beklemtoon sy "nabyheid". Al is Hy die Almagtige wat net 'n woord sê, Hy is
deurentyd persoonlik by sy skepping betrokke. Dis ook die kern wat mens
moet raaksien in die skepping van die man uit "stof van die aarde"en sy vrou
uit 'n "ribbebeen". Die doel is nie eerstens om te sê presies hoe God man
en vrou gemaak het nie, maar dat Hy persoonlik daarby betrokke was; dit het
nie sommer vanself gebeur nie!

God sê nie net 'n woord en staan en kyk wat gebeur nie (hoofstuk 1), Hy is
ook die Verbondsgod, Jahwê, wat persoonlik en op 'n liefdevolle wyse
betrokke is (hoofstuk2)

> So jammer Jan dat jy nie die Bybel lees nie. Jy mis uit op wonderlike
> verhale, gedigte en vele meer wat die Bybel as literere stuk ons bied.
> In die boek Hooglied word God nerens genoem nie, dis
> liefdesverklarings tussen man en vrou. Lees die gedigte vir jou vrou
> en sien hoe haar hart week word. So Hooglied aandjie kan so 'n
> romantiese ervaring wees, wat jou huwelik erg kan versterk. Die boek
> Job is weer 'n verhaal wat vertel van 'n man wat alles verloor en geen
> antwoorde by God kry nie, maar tog standvastig in sy geloof staan en
> aan die einde beter daaraan toe is as aan die begin. Die woorde van
> Job sal jou laat herriner aan hoe jy gevoel het toe dit dalk nie met
> jou goed gegaan het nie. Die boek Spreuke gee universele wyshede en
> riglyne wat deur die eeue heen as waar bewys is. Mense soos Depak
> Chopra verwys graag na die spreuke en bevestig dit as waar.
>
> So kan mens aangaan oor waarhede in die Bybel. 'n Filosofie wat my
> baie goed te pas gekom het in die lewe is: 'n bietjie meer tyd, 'n
> bietjie meer moeite, baie beter resultate. Ek het dit op my studie van
> die Bybel toegepas en siedaar, ek het 'n boek van onskatbare waarde
> gevind en terselfdertyd 'n baie beter begrip van God.
>
> Sterkte en ek hoop van harte jy kan ook dit ervaar.
>
Re: Evolusie [boodskap #114670 is 'n antwoord op boodskap #114660] Vr, 14 September 2007 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het jy die webplek besoek wat hierdie persoon verskaf?

"Suidwester" skryf in boodskap news:A8ednePgGtMl1XfbnZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:eaidnR4XE95iq3fbnZ2dnUVZ8tGqnZ2d@saix.net...
>> Soos al die ander ateiste hier rond, klim jy in om te spot en te beledig,
>> maar jy kan geen enkele argument beantwoord nie.
> ----Hoekom sien jy enige teenstand vir jou geloof as bespotting? Mense
> wat so reageer is gewoonlik nie baie seker oor hul eie saak nie!
>
Re: Evolusie [boodskap #114671 is 'n antwoord op boodskap #114661] Vr, 14 September 2007 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:yPydnU6x64DK1HfbRVnytwA@saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:a8qdnR0ojdGe1XfbnZ2dnUVZ8tmhnZ2d@saix.net...

>> "Ferdi" >> 7 Dae????
>
>>> Van big bang tot mense wat skryf, sewe dae????????
>

>> Ontwikkelingsgeskiedenis van miljoene jare wat deur en vir mense van
>> swoat 2400 jaar gelede (finale redaksie waarskynlik tydens die
>> ballingskap) geskryf is. As jy nou in 'n tydmasjien kon terugkeer
>> soheentoe en vir die mense van daardie tyd wat primitiewe kalenders en
>> primitiewe begrip van die ouderdom van die aarde gehad het, die
>> geskiedenis van miljoene jare probeer opsom, hoe sou jy dit gedoen het?

>> Genugtig, Ferdi, met al ons moderne kennis en die bewyse voorhande van
>> hoeveel miljoene jare daar werklik sprake is - die mens se geskiedenis is
>> maar gelyk aan sowat die laaste 5 minute, as mens die geskiedenis van die
>> aarde as een jaar sou neem! - is dit steeds "mind boggeling!" Soos jy
>> vir Dave in jou gesprek met hom gesê het.

>> Om dit as 7 dae op te som is om dit verstaanbaar vir sulke primitiewe
>> mense te maak!

>> Of sou jy beter kon doen?
>
> En, o ja, my Prof in Ou Testamentiese Openbaringsgeskiedenis het daarop
> gewys dat daar niks in daardie hoofstuk staan waaruit 'n kategoriese
> stelling gemaak kan word dat daardie nie ander dae tussenin was nie. Sy
> interpretasie is gewoon dat ons met 7 dae te doen het - van 24 uur! -
> waarop God die gang van die evolusie doelbewus in 'n nuwe rigting gestuur.
> Maar tussen-in kan miljoene jare lê.
>
> Wat die 7e dag betref is daar in elk geval in Ou en Nuwe Testament genoeg
> getuienis dat dit na 'n tydperk verwys - dié van die mens se geskiedenis
> op aarde!
---Hehe! Jy stel my teleur. Selfs ek sou kon uitkom met 'n storie dat
elke 'dag' 'n miljoen jaar lank kon gewees het? Dan verduidelik jy dalk
die evolusie binne godsdiensterme sodat albei voorlopig tevrede kan wees,
maar jy bly hang aan die 'wonderwerk'-teorie.

>
Re: Evolusie [boodskap #114672 is 'n antwoord op boodskap #114671] Vr, 14 September 2007 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
>
> "Torreke" wrote in message
> news:yPydnU6x64DK1HfbRVnytwA@saix.net...

>> "Torreke" wrote in message
>> news:a8qdnR0ojdGe1XfbnZ2dnUVZ8tmhnZ2d@saix.net...
>
>>> "Ferdi"
>>>> 7 Dae????
>>
>>>> Van big bang tot mense wat skryf, sewe dae????????
>>
>
>>> Ontwikkelingsgeskiedenis van miljoene jare wat deur en vir mense van
>>> swoat 2400 jaar gelede (finale redaksie waarskynlik tydens die
>>> ballingskap) geskryf is. As jy nou in 'n tydmasjien kon terugkeer
>>> soheentoe en vir die mense van daardie tyd wat primitiewe kalenders en
>>> primitiewe begrip van die ouderdom van die aarde gehad het, die
>>> geskiedenis van miljoene jare probeer opsom, hoe sou jy dit gedoen het?
>
>>> Genugtig, Ferdi, met al ons moderne kennis en die bewyse voorhande van
>>> hoeveel miljoene jare daar werklik sprake is - die mens se geskiedenis
>>> is maar gelyk aan sowat die laaste 5 minute, as mens die geskiedenis van
>>> die aarde as een jaar sou neem! - is dit steeds "mind boggeling!" Soos
>>> jy vir Dave in jou gesprek met hom gesê het.
>
>>> Om dit as 7 dae op te som is om dit verstaanbaar vir sulke primitiewe
>>> mense te maak!
>
>>> Of sou jy beter kon doen?

>> En, o ja, my Prof in Ou Testamentiese Openbaringsgeskiedenis het daarop
>> gewys dat daar niks in daardie hoofstuk staan waaruit 'n kategoriese
>> stelling gemaak kan word dat daardie nie ander dae tussenin was nie. Sy
>> interpretasie is gewoon dat ons met 7 dae te doen het - van 24 uur! -
>> waarop God die gang van die evolusie doelbewus in 'n nuwe rigting
>> gestuur. Maar tussen-in kan miljoene jare lê.

>> Wat die 7e dag betref is daar in elk geval in Ou en Nuwe Testament genoeg
>> getuienis dat dit na 'n tydperk verwys - dié van die mens se geskiedenis
>> op aarde!
> ---Hehe! Jy stel my teleur. Selfs ek sou kon uitkom met 'n storie dat
> elke 'dag' 'n miljoen jaar lank kon gewees het? Dan verduidelik jy dalk
> die evolusie binne godsdiensterme sodat albei voorlopig tevrede kan wees,
> maar jy bly hang aan die 'wonderwerk'-teorie.

Waar het ek gesê dat elke dag 'n miljoen jaar kon gewees het?
Wat is die sg "wonderwerk"-teorie wat ek aanhang?
Re: Evolusie [boodskap #114676 is 'n antwoord op boodskap #114670] Vr, 14 September 2007 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 14 sep, 11:38, "Torreke" wrote:
> Het jy die webplek besoek wat hierdie persoon verskaf?

Torreke, ek dink nie daar steek enige waarheid in die Flying Spaghetti
Monster nie maar kan jy wetenskaplik bewys dat hulle weergawe van die
skepping verkeerd is? Ek meen, alles wat volgens die FSM weergawe
geskape is bestaan vandag so dan moet dit mos waar wees. Iemand wat
werklik in FSM glo kan jou met jou eie argumente uitdaag self al dink
jy dit is 'n sprokiesverhaal!!!
Re: Evolusie [boodskap #114677 is 'n antwoord op boodskap #114676] Vr, 14 September 2007 11:26 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" On 14 sep, 11:38, "Torreke" wrote:[/color]
>> Het jy die webplek besoek wat hierdie persoon verskaf?
>
> Torreke, ek dink nie daar steek enige waarheid in die Flying Spaghetti
> Monster nie maar kan jy wetenskaplik bewys dat hulle weergawe van die
> skepping verkeerd is? Ek meen, alles wat volgens die FSM weergawe
> geskape is bestaan vandag so dan moet dit mos waar wees. Iemand wat
> werklik in FSM glo kan jou met jou eie argumente uitdaag self al dink
> jy dit is 'n sprokiesverhaal!!!
>

Die FSM is duidelik 'n spottery met die skeppingsteorie! - en die teorie van
intelligente ontwerp!

Is hulle weergawe in lyn met wat ons vanuit die natuurwetenskappe weet oor
die ontstaan van alle dinge? Dit lyk nie vir my so nie!

Maar dit wat die Bybel leer oor God en oor sy skepping is inderdaad in lyn
met alles wat ons weet!!! - selfs met die wette van die fisika!!!

Ek sal jou een voorbeeld gee van wat ek bedoel. Daar is 'n fisikawet wat sê
dat ALLES 'n teenhanger het om dit te balanseer! 'n Positief het 'n
negatief, 'n noordpool 'n suidpool, 'n aksie 'n gelyktydige reaksie.

Op grond hiervan het wetenskaplikes reeds dekades gelede gepostuleer dat
daar anti-materie moet wees, die presies teenoorgestelde van materie! - wat
dit balanseer! - en inderdaad getuienis daarvan gekry.

Pas dit verder toe: Vir elke ding wat tydelik is, moet daar 'n teenhanger
wees wat nie-tydelik is nie, dus ewig is!!!
Teenoor tydelike lewe moet daar dus ewige lewe
wees!
Teenoor entiteite wat ruimtelik 'n begin en
einde het, moet daar 'n entiteit wees wat ruimtelik geen begin en geen einde
het nie.
Teenoor enteite wat uit onderdele saamgestel
is, moet daar 'n entiteit wat geen samestellende dele het nie.
Teenoor entiteite wat sintuiglik waarneembaar
is, moet daar entiteit/entiteite wees wat nie sintuiglik waarneembaar is
nie!
Teenoor stoflik, moet daar nie-stoflik wees! -
dus geestelik.

Ek het hierbo maar net na 'n paar dinge verwys wat die Bybel as eienskappe
van God noem.

Ewige lewe (dus lewe sonder begin of einde) moet logies VOOR tydelike lewe
wees - tydelike lewe moet daaruit voortgekom het!
Ruimtelik beperkte enteite moet logies uit die ruimtelik onbeperkte entiteit
gekom het - dit kan nie andersom wees nie.

Genoeg om my prentjie te kry.

Kan dit van FSM gesê word?
Vorige onderwerp: Spesifiek vir Suidwester, maar almal is welkom om hulle eirtjie te lê
Volgende onderwerp: MeterKonyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 06:49:36 MGT 2024