Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Drie eenheid is valse godsdiens
Drie eenheid is valse godsdiens [boodskap #114474] Sa, 01 September 2007 19:02
shiloluna...  is tans af-lyn  shiloluna...
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 2007
Karma: 0
Junior Lid
DIE TWEE VADERS Jesus vs Satan.

Handelinge 7:42 "Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die
leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die
profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring
gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?"

Johannes 8:44 "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van
julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af
en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is
nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n
leuenaar is en die vader daarvan."

As daar twee sade op die aarde is, dan moet daar ook twee vaders wees
wat daardie sade voortbring. Eerstens moet ons ook verstaan dat die
mens (Adamiet) die enigste wese is wat deur God geskape is om 'n keuse
uit te oefen wie hy wil dien. As hy Christus wil dien wat hom geskape
het, sal hy die eienskappe van Christus voortbring. As die Adamiet die
satan wil dien, sal hy die satan se eienskappe uitleef. Die saad van
satan sal in elk geval die eienskappe van sy vader uitleef. Die geheim
is dat die uitverkorenes Christus se eienskappe sal uitleef en hulle
sal nie van stryk gebring word nie. Mat.24:24 "Want daar sal valse
christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en
wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te
mislei." Die Vader se uitverkorenes sal nie mislei word nie. Daarom
is hulle uitverkies. Al het die uitverkorenes gesondig, sal hulle
vergeef word. Dit is ook hoekom hulle Vader mens geword het en vir
hulle verlossing bewerkstellig het. Almal het gesondig. Almal is
skuldig onder die wet. Psalm 106:4 - 6 "Dink aan my, o HERE, na die
welbehae in u volk, besoek my met u heil,5 dat ek kan aanskou die
geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u
volk, my kan beroem met u erfdeel.6 Ons het gesondig, saam met ons
vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel."

Christus se uitverkorenes is dan ook die enigste wat gered sal word.
Jesaja 65:9 "En Ek sal 'n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda
die erfbesitter van my berge; en my uitverkorenes sal dit erflik in
besit neem en my knegte daar woon." Wanneer die einde kom sal Christus
Sy uitverkorenes laat bymekaar kom terwyl Hy Sy teenstanders
vernietig. Mat. 24:31 "En Hy sal sy engele uitstuur met harde
trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier
windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde
daarvan." Mark. 13:20 "En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou
geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy
uitverkies het, het Hy dié dae verkort."

Net die uitverkorenes se gebede word deur Christus verhoor. Luk. 18:7
"Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom
roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?" As die
uitverkorenes dan ook sondig is, kan hulle dan deur die satan geslag
beskuldig word van sonde? Rom. 8:33 sê nee! "Wie sal beskuldiging
inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig
maak."

Romeine 11:7 bewys dat al is die kinders van Israel soveel soos die
sand van die see, sal net die uitverkorenes gered word. "Wat dan? Wat
Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit
verkry en die ander is verhard.8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee
'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor
nie, tot vandag toe." U sien liewe leser; Groepe soos Israel visie,
kerke en allerhande sektes kan bid of byeenkomste reël soveel as wat
hulle wil. Dit is alles tevergeefs as hulle nie Christus het as hulle
werklike Vader nie. Hulle moes van Sy saad gewees het om saam met Hom
te wandel en Sy kinders genoem te word.

Die kenmerke van die uitverkorenes vind ons in Kol. 3:12-24. "Beklee
julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met
innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid,
lankmoedigheid.13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die
ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook
doen.14 En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van
die volmaaktheid is.15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in
een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.16 Laat
die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en
vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing
in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.17 En wat julle
ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here
Jesus en dank God die Vader deur Hom.18 VROUE, wees julle mans
onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.19 Manne, julle moet jul
vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.20 Kinders, julle
moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here
welbehaaglik.21 Vaders, moenie julle kinders terg nie? sodat hulle nie
moedeloos word nie.22 Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in
alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in
eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.23 En wat julle ook al
doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,24
omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal
ontvang, want julle dien die Here Christus."

Met hierdie kort bewys van wie die saad van Christus is, moet ons net
die volgende stelling maak. Almal wat hulle as Christene vandag beskou
is nie KINDERS VAN CHRISTUS nie. Almal wil as kinders geken word.
Indien hulle egter die bewyse hierin vervat bestudeer, sal hulle dit
as bog afmaak. Daar is egter 'n goeie toets om skeiding te maak wat
die werklike kind van God sal skei van die satan se geslag.

Christus is die Skepper en enigste God. Hy is die Alfa en Omega. Hy is
die Eerste en die Laaste. Daar is baie vorme van aanbidding en wie
eintlik die ware Skepper is. In hierdie studie sal u ontdek dat
Christus die ware God is van Abraham, Isak en Jakob. Dit was Hy wat
die vloed gestuur het en dit was ook Hy wat die satan uit die Paradys
gegooi het. Ons gaan ook sien dat die drie - eenheid godsdiens 'n
heidense oorsprong het en dat die Allah wat die Moslems aanbid nie die
Skepper is nie, maar in der waarheid 'n hoof afgod van omtrent 360
verskillende gode. As u enige ander een dien buiten Christus, dien u
eintlik die ou satan sonder dat u dit weet. Hierdie studie sal dit vir
die uitverkorenes van Christus maklik maak om hom te laat vind deur
die regte Vader en om Hom alleen te aanbid.

DIE 1 JOH. 5:7-8 KWESSIE:

Die groot vraag word gevra of 1 Johannes 5:7 in die Bybel moet wees?
Oor die vers word 'n geweldige bohaai gemaak, maar oor die ander verse
wat weggelaat of bygevoeg is, is daar nie so 'n groot polemiek nie. 1
Joh. 5:7 word egter deur die katoliek gesinde liberaliste uitgesonder
en hulle probeer alles in hul vermoë om die teks in die Bybel te
verdedig. Metzger beskryf dit so: "Thismanuscript (manuscript 61) of
the entire New Testament, dating from the late fifteenth or early
sixteenth century, now at Trinity College, Dublin, has more importance
history than intrinsically. It is the first Gr. Manuscript discovered
which contains the passage relating to the Heavenly Witnesses (1 John
5:7-8). It was on the basis of single witness that Erasmus was
compelled to insert this certainly spurious passage into the text of 1
John. The manuscript, which is remarkably fresh and clean throughout
except for the two pages containing 1 John, which are soiled from
repeated examination of the passage, gives every appearance of having
been produced expressly for the purpose of confuting Erasmus." (Sien:
The Text of the New Testament, p. 62, B. M. Metzger).

So kan ons dan die volgende waarneem uit Metzger se waarneming: "Want
daar is drie wat getuig IN DIE HEMEL: DIE VADER DIE WOORD EN DIE
HEILIGE GEES , EN DIE DRIE IS EEN; EN DAAR IS DRIE WAT GETUIG OP DIE
AARDE : die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
Die woorde in hoofletters word as die "Johanimum comma" beskryf.
Hierdie vers is seker een van die mees uitstaande verse in die Nuwe
Testament wat verdedig word. Daar word natuurlik 'n aanslag deur die
Anti - eenheid sektes soos die kerke wat die Godheid van Jesus en Sy
Heilige Gees verwerp, geloods. Ongelukkig volg die hedendaagse kritici
die bewerings van die sekte slaafs na en verklaar dat 1 Joh. 5:7 in
die Nuwe Testament hoort.

HOE HET 1 JOH. 5:7 IN DIE Textus Receptus GEKOM ?

Die kerkvader Erasmus het nie die "Johanimum comma" geplaas in sy
eerste uitgawe van 1516 nie, omdat dit nie in die manuskripte
voorgekom het nie. Nadat sommige vriende van horn daarteen
geprotesteer het, het hy die dele in sy derde uitgawe geplaas. Dit is
moontlik dat die dele in die manuskrip 61, 'n 15de of 16de eeuse
manuskrip, verskyn het soos self deur Erasmus in sy notas genoem word.
Die versgedeelte kom egter in manuskripte voor wat oorgeskryf is of
van die Vulgata vertaal is, nl. 61,88 mg, 429 mg, 629, 638 mg, en 918.
D. A. White noem selfs 14 manuskripte waarin die gedeeltes voorkom.
Tom Strause verwys na 634 mg, omega 110, 221 en 2318. Dan was daar
lesings en vier Vaders - Tertullianus (die skepper van die drie-
eenheid leerstelling), Cyprianus, Augustinus, en Jerome wat ook
hierdie A manuskripte aangehaal het en o.a. die "Johanimum comma"
noem. Ek noem alle bewyse vir die leser ten gunste van die waarheid
onder kritiek.

Voordat Erasmus die vers in sy Nuwe Testament geplaas het, was daar
skynbaar geen merkbare twis in die Kerkgeskiedenis nie behalwe die
protes van sy katolieke vriende. Nadat Erasmus dit ingeplaas het, het
twis ontstaan. Dit is egter duidelik dat die woorde aangehaal is voor
die Afrikaanse twispunt oor Jesus se Godheid. Hoe sou Kerkvaders dit
kon aanhaal as dit nie eens in hul Bybels gevind is nie? Die
paganistiese drie-eenheid leerstelling van Tertullianus moes met
mening beskerm word. Die volgende woorde is deur Cyprianus, navolger
van Tertullianus neergepen in die 3de eeu toe hy sy verhandeling oor
die Kerk se eenheid geskryf het.: "de Heere zegt : Ik en de Vader zijn
een, en wederom is geschreven, van den Vader, den Zoon en den Heilige
Geest: deze drie zijn een."

Vir verdere bewyse van Cyprianus se paganistiese aanhaling van 1 Joh.
5:7, sien (Vol. V., 418, 423, Ante - Nicene Fathers). Vigilius van
Thapsus kwoteer die vers ook in die vyfde, eeu. Volgens Wesley en
Bengelius is die vers ook deur Kerkvaders vanaf Tertullianus tot
Konstantyn aangehaal. ( Sien : Wesley Works Vol. p. 199 ).

Dr. Nolan, wat 'n outoriteit op Grieks en Latyn was, en wat navorsing
in Egipties gedoen het, was 'n dosent van formaat. Hy het agt en
twintig jaar bestee om die Textus Receptus na die Apostels terug te
spoor. Hy sê: "In the search to which these consederations have led
the author, for his fondest expectations have been fully realized. It
has furnished him with abundant proof that point to which the
unequivocal testimony of truly apostolic branch (Verwysende na die
Waldense Christene) of the primitive church, that the celebrated text
of the heavenly witnesses (1 John 5:7) was adopted in the version
which prevailed in the Latin Catholic Church, previously to the
introduction of the modern Vulgate. (Sien: Integrity of the Greek
Vulgate p. 17,18; F. Nolan) Daar is nog bewyse dat die vers in die
vroeëre Christene se Bybels in vertaal was uit die Vulgate.

Die eerste duidelike aanhalings uit 1 Joh. 5:7-8 is ook deur
Priscillian en Clarus - twee Spaanse Biskoppe in die vierde eeu
gemaak. In die vyfde eeu is dit deur 'n hele paar Ortodokse Afrika
vaders teen sektes met 'n Ariaanse invloed (439 - 534) aangehaal. Dit
is ook deur Cassfoflrus van Italic in 480 - 570 gekwoteer. Dit kom ook
voor in die "Speculum" wat dele van die ou Latynse teks bevat.

Ons kan nog baie logiese bewyse lewer i.v.m. 1 Joh. 5:7-8, maar die
Heilige Gees self bevestig die teendeel in die Profete al word kritiek
daarteen gelewer. Gelukkig verskyn die Skrifgedeeltes soos die
"Johanimum comma" nie in die oorspronklike Textus Receptus nie, omdat
Bybel samestellers hulle kommentaar op die kritiese stroom manuskripte
gebaseer het. Alhoewel sommige kommentaarskrywers van die Bybel die
Johanimum comma tog verwerp, beskryf hul tog die gedeelte eksegeties
omdat hulle onseker oor vervolging was uit katolieke kringe.

HOE HET 1 JOH. 5:7 "VERLORE" GERAAK ?

Daar is meer vrae as antwoorde m.b.t. die "Johanimum comma." Alhoewel
ons met sekerheid kan verklaar hoe die vers in die Vulgata en ander
manuskripte ingekom het.

Dit is natuurlik uit die humanitêre oogpunt moontlik dat die
"Johanimum comma" per ongeluk in geskryf is. Die soort fout word
"homoioteleuton" genoem. (dieselfde einde). Die kopieerder kon onder
steurende omstandighede opgekyk het en die woorde "daar is drie wat
getuig" van die Alef manuskripte afgeskryf het wat hy mee besig was om
met die Textus Receptus te vergelyk. Toe hy weer afkyk, val sy oog op
dieselfde woorde in vers agt. Dit is dus moontlik dat hy deur so 'n
fout die vers kon inlaat. Talle manuskripte kan van so 'n manuskrip
met dieselfde fout gekopieer word. Dit is een moontlikheid. Ons is
egter dankbaar dat daar aantekeninge van Kerkvaders bestaan wat bewys
lewer 1 Joh. 5:7-8. nie in die oorspronklike tekste voor gekom het
nie.
'n Tweede moontlikheid, volgens Hamack, is dat daar 'n kontroversie
tussen Katolieke en Sabellianisme bestaan het. Die eerste Christene
het die Vader, Seun en Heilige Gees as een identiese wese beskou.
Hulle is die Patripassiane genoem, (Vader Fyers.) Hulle het geglo dat
aangesien God en Christus dieselfde Persoon is, God se liggaam dus op
Golgota gely het. Erasmus het dus 'n fout gemaak met 1 Joh. 5:7-8 en
daarom maar die gedeelte in sy derde uitgawe ingesluit onder die
groepsdruk van sy katolieke vriende.

DIE GODHEID NAAM (Deel 1)

Inleiding:

As ons van 'n naam praat, praat ons van iets wat baie persoonlik is en
heeltemal anders as 'n nommer of titel, bewys hiervoor is dat wanneer
'n naam verkeerd geskryf of gebruik word, die draer van die naam altyd
seer kry, want aan daardie naam is sy eer gekoppel, sy waarde en sy
persoonlikheid verbind. Vroeër was die verband tussen naam en draer
nog baie sterker as nou. Nou is baie name net betekenislose klanke,
maar toe was dit 'n verklaring of openbaring van die karakter van die
persoon wat dit ontvang het.

Volgens skrif is daar vir die gelowige 'n goddelike familie naam;
Paulus noem vir ons hierdie familie naam in Efésiërs 3:14 en 15, waar
hy sê hierdie woorde, "Van wie elke geslag in die hemele en op die
aarde sy naam ontvang.":14 gee vir ons die familie naam, daarom wil ek
graag weet, wat beteken voorafgaande skrif? Dit beteken dat God se
Naam in die hemele en op die aarde 'Een en dieselfde naam is.' Mat.
2:19 bevestig bogenoemde skrif, want dit praat van die doop in die
familie naam (enkelvoud) van die Godheid. Terwyl die Messias op die
aarde was het Hy vir sy dissipels die Godheid Naam geopenbaar, dit
word bevestig in Johannes 17:26 waar Hy sê: "En Ek het u Naam aan
hulle (dissipels) bekend gemaak..." Die skrif sê ook vir ons in Johannes
5:43. - "Ek het gekom in die Naam van my Vader." Die vraag is: Wat is
die Naam van die Vader; Wat is die Naam van die Seun, en wat is die
Naam van die Heilige Gees? Een ding is seker, en dit is dat die woord
bekend as 'HERE' nie die Vader se Naam is nie, want die Vader sê aan
Moses. "En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God,
die Almagtige, maar met die Naam HERE het Ek nie aan hulle bekend
gemaak nie." Ek stem saam met hierdie skrif, want Israel het weens
die valse profete, Sy ware Naam vergeet vir die naam van Baäl. Sien
Jeremia 23:25 tot 27; en Jeremia 44:26.

Graag wil ek vir u illustreer hoe werk die naam storie; 'n pas gebore
babatjie ontvang dieselfde naam van sy biologiese pa; daarom kon die
Messias hierdie verklaring maak toe Hy van Sy Vader gepraat het. "Ek
het U Naam geopenbaar aan die mense wat U my uit die wêreld gegee
het..." (Joh.17:6,12,26). Ek wil net hier beklemtoon dat die Vader se
Naam nie 'n aardse Naam is nie, want Sy Naam was en is 'n ewige
hemelse Naam (Jes.63:16). Sien ook vir Efesiërs 3:14 en 15. Jesaja
9:5. sê vir ons, "Want 'n kind is gebore 'n Seun is aan ons gegee; en
die heerskappy is op sy skouer en Hy word genoem: Wonderbaar,
Raadsman, Sterke God, Ewige Vader Vredevors." Daar is net Een Naam en
nie verskillende Name nie (Sag. 14:9). "En die HERE sal Koning wees
oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een."

Mat. 1:25 verwys na hierdie kind en sê: "En Hy het hom Jesus genoem".
Lees asseblief:21. En die engel sê vir haar; "Moenie vrees nie, Maria,
want jy het genade by God gevind." "En kyk, jy sal swanger word en 'n
Seun baar (Jes.9:5), en jy moet hom Jesus noem." Sien ook vir Lukas
2:21 en Lukas 19:38. Fil.2:9, 10. "Daarom het God Hom ook uitermate
verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, vers 10 sodat in die
Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat
op die aarde en die wat onder die aarde is,"

DIE GODHEID NAAM

Graag wil ek die leser die volgende feite in verband met die skrifte
onder die aandag bring.
1. Voor die "Seun" van God se geboorte was Sy Naam reeds deur 'n engel
aan sy aardse ouers bekend gemaak.

2. In Heb. 1:14. Lees ons dat die Seun van God Sy Naam geërf het.
Filippense 2:9. verklaar dat dit die Naam is wat die Seun geërf het,
'n Naam bo alle ander name en dat voor hierdie verhoogde Naam alle
knieë sal buig. In Handelinge 4:12 sê dit dat daar ook geen ander Naam
(buiten die Naam wat Hy geërf het, dit sluit alle ander vertaalde
Hebreeuse name) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur
ons gered moet word nie.

3. Ons lees ook die volgende merkwaardige woorde wat die Christus self
gebesig het, in Heb. 2:12; Joh. 17:6,26. dat Hy (Christus) die Naam
van God bekend gemaak, verkondig en verheerlik en geopenbaar het.

4. Wat was God se Naam gewees? As ons praat van die Naam van God dan
bedoel ons nie verskillende titels wat aan God behoort nie. Ons dink
aan die vraag wat Manoag gestel het in Rigters 13:17 en 18. - "Wat is
U Naam? Antwoord: Waarom vra u na My Naam, terwyl dit Wonderlik
is." (vergelyk hiermee Jes. 9:5. Die Wonderbaar Raadsman). In Exodus
3:13 vind ons dat Moses wou weet wat die Naam van God was, maar
hiervoor was die tyd nie ryp nie, want die Seun wat gebore sou word
uit die skoot van Maria sou hierdie Naam openbaar. Jakob vra ook
dieselfde vraag in Genesis 32:29. "Daarop vra Jakob en sê: "Maak tog u
Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het
hom daar geseën."

DIE VERBORGENHEID VAN GOD

"Waarlik U is 'n God wat U verborge hou." Om die verborgenheid van God
beter te kan verstaan moet ons eers begin by die volgende skrift. GAAN
NA - Jes. 45:15. "Waarlik, U is 'n God wat U verborge hou, die God van
Israel, die Heiland."

God het Homself verborge gehou, sodat Hy geopenbaar kon word deur Sy
Seun (Liggaam), wie die Beeld van die onsienlike God was, want soos
die skrif vir ons verduidelik en sê "En onteenseglik, die
verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die
vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is
verkondig aan die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in
heerlikheid." 1 Tim. 3:16. Om die verborgenheid van God beter te kan
verstaan moet ons die volgende skrifte lees.

Rom. 16:25."Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my
evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die
openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is, (26) maar
nou geopenbaar is en deur die profetiese skrifte bekend gemaak is..."
Rom. 11:25. "Want ek wil nie hê broeders dat julle hierdie
verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie:
dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid
van die heidene ingegaan het; (26) en so sal die hele Israel gered
word, soos geskrywe is; Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die
goddeloosheid van Jakob afwend." Die geheim van Israel se toekoms is
opgesluit in Goddelike verborgenhede: 'n Saak wat alleen deur
openbaring te wete kan kom. Aangaande die toekoms van Israel het
Paulus 'n openbaring om bekend te maak. So 'n verborgenheid was ook
die toetrede van die heidene ( Israel wat heidene geword het ). Kyk
asseblief na die volgende skrifte - Efes. 3:3,5,6,9; Kol. 1:26; Ander
verborgenhede is te vinde in Mat.13:11 en 1 Kor. 15:51.

DIE ALMAGTIGE

Kom ons kyk wat sê die skrif aangaande die Almagtige volgens Genesis
17:1. - asook Genesis 53:11. "Toe Abram negen-en-negentig jaar oud
was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die
Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees." Verder sê
God in Genesis 35:11 "...Ek is God, die Almagtige..." Wanneer ons kyk na
bogenoemde skrif dan besef ons dat Hy nie alleen die Almagtige is nie,
maar ook volgens skrif die "Alleen - Ewige God" van die hemel en die
aarde, want Hy het geen begin of einde nie (Eks. 3:15; Deut. 33:27).
Verder; Die Almagtige dra kennis van alles (Spreuke 5:21) want Hy is
alomteenwoordig. Wat baie belangrik aangaande die Almagtige sien ons
in Openbaring 1:8 waar Hy sê: -"Ek is die Alfa en die Omega, die begin
en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom die
Almagtige." Baie belangrik is om te weet dat die Alfa en Omega van:8
niemand anders is as die kind van Jesaja 9:5 wat sê - "Want 'n kind is
vir ons gebore, 'n Seun (Jesus) is aan ons gegee; en die heerskappy is
op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God.
Ewige Vader, Vredevors." Mat.28:18. verklaar vir ons dat Jesus
Christus alle mag is aan hom gegee in die hemel en op die aarde.

Mat. 11:27. "Alles is aan My oorgegee deur die Vader, en niemand ken
die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie;
behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar."

En ons weet dat die Seun (Liggaam) van God gekom het en ons verstand
gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige,
Jesus Christus. Hy is die "Waaragtige God" en die ewige lewe." 1 Joh.
5:20. Kom ons gaan kyk wat sê die skrifte aangaande die Almagtige. "
U is die Waaragtige o Here, om te ontvang die heerlikheid die eer en
die krag, want U het alles geskape en deur U wil bestaan hulle en is
hulle geskape." (Joh. 1:3 - Alle dinge het deur Hom ontstaan,) Opb.
4:11. Mat. 28:18. "En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en
gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde."

DIE REGTERHAND VAN GOD

"En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot:
God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het
verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die
wêreld, is opgeneem in heerlikheid." (1Tim. 3:16). Wat beten bo
genoemde skrif, dit beteken dat die Almagtige Homself ontbloot
(geboorte van Christus) het met Sy verskyning in die vlees as die "Arm
van God." Jesaja gee meer duidelikheid omtrent die "Arm van God " toe
hy sê: "Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die Arm
van die HERE geopenbaar.": Psalm 98:1. "Sing tot eer van die HERE 'n
nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm
het Hom gehelp."

Kom ons begin by Mat.26:64. dan sal ons beter kan verstaan aangaande
die "Arm van God." Maar Ek sê vir u almal: van nou af sal u die Seun
van die mens sien sit aan die "Regterhand van die krag van God."
Romeine 15 en 19 noem dit die krag van die Gees van God. Die liggaam
(arm van God) van Christus is ook die Beeld van die onsienlike God
waardeur die krag van God werk. 1 Kor. 1:24. Volgens Hebreërs 1:3 is
Hy die afdruksel van Sy wese. Dit is nou baie duidelik dat hierdie
afdruksel niks anders as die Beeld van die onsienlike God (Fil. 1:15
en 2:9).

1 Korintiërs 15: vanaf :25 tot 28; "Want Hy moet as Koning heers
totdat Hy Sy vyande onder Sy voete gestel het. Die laaste vyand wat
vernietig word, is die dood, want Hy (Christus) het alles onder Sy
voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit
duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. En
wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self hom
onderwerp aan die een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God kan
wees alles in almal."En ons weet dat die Seun (wat ook die Regterhand
van God is) van God gekom het en ons verstand gegee het om die
'Waaragtige' te ken; en ons is in die 'Waaragtige,' in Jesus Christus,
Hy is die 'Waaragtige God' en die ewige lewe. 1 Joh. 5:20.
Mat.hoofstuk 25:31,33. "En wanneer die Seun van die mens kom in Sy
heerlikheid en al die heilige engele saam met Hom, dan sal al die
nasie bymekaar gebring word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos
die skaap wagter die skape van die bokke afskei; En Hy sal die skape
aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand sit."

Arm. (Heb. - Zeroa) beteken vlees of liggaam; sien ook Heb. 10:20.
Die voorhangsel, dit is die liggaam van vlees. Die vraag is, wie is
die 'Regterhand' van God?; Is dit nie Hy wat genoem word, die Seun van
die mens nie? Is dit nie ook Hy wat vlees aangeneem het volgens 1 Tim.
3:16 nie?; Is dit nie Hy wat die Beeld van die onsienlike God is nie?
Want in Hom woon die volheid van die Godheid liggaamlik (Kol.1:15).
Is dit nie hierdie Seun van die mens wat Jesaja 9:5 noem: "Want 'n
kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is
op Sy skouer, en Hy word genoem Wonderbaar, Raadsman, Sterke God,
Ewige Vader, Vredevors." Het ons nie almal 'Een Vader' nie? Het 'Een
God' ons nie geskape? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur
die verbond van ons vaders te ontheilig. Mal. 2:10.

DIE SKEPPER

Graag wil ek weet of die skrif die waarheid praat? Kan die skrif
homself weerspreek? U as gelowige sal sekerlik antwoord en sê "Nee".
Dan wil ek weet hoekom is daar 'n verskil tussen Nehemia 9:6 en
Openbaring 10:6. omtrent die skeppingswerk. Volgens Nehemia is dit
baie duidelik dat God in Sy hoedanigheid as Vader alles geskape het;
nou kom ons tot die groot vraag! Hoekom sê dan Openbaring 4:11. vir
ons dat die Messias (Christus) alles geskape het? Nou wie het dan die
skeppingswerk gedoen? Was dit die Vader of was dit Jesus? Die antwoord
vir hierdie vraag lê nie by die Vader of Jesus nie, maar wel by
Johannes hoofstuk 1:1 tot 10 in die vorm van "Die Woord van God." -
"In die begin was die Woord en die Woord was by God, en die Woord was
God." (3) "Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een
ding ontstaan wat ontstaan het nie." :10. sê vir ons "Hy was in die
wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie
geken nie." Hoe waar is hierdie woorde nie en steeds ken hulle Hom nog
nie.

Ons het nou by 'n driehoek punt gekom, naamlik" Die Vader, die Seun,
en die Woord. Hier kom 'n ander vraag; Watter Een van hierdie drie
het wel die hemel en aarde gemaak? Hoekom ek hierdie vraag vra, is
omdat die skrif vir ons in Openbaring 14:7 sê. "....en aanbid Hom (nie
hulle) wat die hemel en die aarde en die see en die waterfontein
gemaak het....." Wie is dan die Woord? Is Hy deel van die Godheid? Het
Hy van die begin af bestaan? Kom ons kyk wat sê die skrif in verband
met die Woord van God. Hy is die volmaakte uitdrukking van God se wil,
gedagtes, en krag van liefde. Dit was Sy wil wat gesê het, "Laat daar
lig wees." Dis Hy wat ook die bron van die lewe is. Sonder Hom het nie
een ding ontstaan wat ontstaan het nie." - John 1:3.

Hy was voor alle dinge, saam met God, Hy was ook die manifestasie van
God wat Homself geopenbaar het as mededeler tussen God en Sy
skeppingswerk; Hy is nie net die Skepper van die mens of diere en
voëltjies nie, maar ook die heelal. Hy is ook die Skepper van lig en
waarheid; Wie is hierdie geheimsinnige Ewige Persoon van God oftewel
die Godheid? Kom ons kyk wat sê Johannes 1:14. "En die Woord het vlees
geword en het onder ons gewoon - en ons het Sy heerlikheid aanskou, 'n
heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom, vol van
genade en waarheid."

Lank voor Sy skeppingswerk, voordat enigiets bestaan het, het God die
'Ruimte oorspan', sonder enige sigbare vorm! Toe het die onsigbare God
Sy krag bymekaar gebring, en Hy maak vir Homself 'n vorm, en Hy noem
dit 'Die Gees van God.' In die Septuagint noem hulle dit die
'Engelbeeld'.....hierdie Gees was ook bekend as die "Woord van God" wat
nog onsigbaar was. Paulus gee ook vir ons in Efesiërs hoofstuk 4 'n
goeie insig tot die waarheid omtrent die skeppingswerk van die Godheid
van die Vader en die Liggaam. Hy noem vir ons dat daar in die Godheid
familie net 'Een' Liggaam en Gees is. Verder sê dit dat daar net 'Een
Almagtige God' is, wat ook die Vader is, van almal, wat oor almal en
deur almal en in julle almal is. Wie is dan God? God is Hy wat Homself
geopenbaar het in "Twee en nie drie verskillende manifestasies. (Nie
as Persone nie). Naamlik:

· Vader: In Sy hoedanigheid as die Woord van God, met Sy
skeppingswerk; Die Vader is ook die Heilige Gees wat ook "een en
dieselfde Gees van die Vader is," wat nou in ons woon in Gees en in
Waarheid.

· Seun: Die Woord wat vlees aangeneem het om Sy Reddingswerk te kom
doen.

Ek wil net hier beklemtoon aangaande die Seun. Voordat Hy vlees
aangeneem het, was Hy wel die 'Ewige Vader' en die Almagtige God
volgens Jesaja 9:5.

DIE ERFGENAAM

Die Seun is die volledige openbaring van God, dieselfde God wat Hom
geopenbaar het in die ou tyd, d.w.s. onder die verbond; Hy het
Homself geopenbaar deur die profete van die Ou Testament en op baie
ander maniere, soos in 'n hoorbare woord, drome, en gesigte, asook
sinnebeeldige handelinge. Die openbaring van God aan die vaders van
die Ou Testamentiese voorgeslagte was dus stuksgewys en opeenvolgend
en onvolledig. Maar aan die einde van hierdie 'dae' (d.i. - die
Messias tydperk - Hand. 2:17; 1 Pet.1:20-21) het God Hom volledig en
afdoende geopenbaar as "Jesus Christus." (Kol.1:15; Kol.2:9). Want die
Seun is erfgenaam van die Vader; Christus is die volledige openbaarder
van God, omdat Hy met God ondeelbaar verbonde is soos die afskynsel
met die glansheerlikheid en die afdruksel met die oorspronklike
stempel, in hierdie geval die wese van God. (Joh. 12:45; Joh. 14:7 )
en Hy is ook die "Erfgenaam van alles.

JESUS IS ERFGENAAM VAN ALLES.

Mat.11:27. "Alles is aan My oorgegee deur die Vader."
Luk. 10:22. "Alles is aan My oorgegee deur My Vader en niemand weet
wie die Seun is nie."
Joh. 16:15. "Alles wat die Vader het, is Myne; daarom het ek gesê dat
Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig....omdat
Ek na my Vader gaan."
Joh. 13:3. "....het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in Sy hande
gegee het en dat Hy van God uitgaan het en na God heen-gaan." (Let op
dat Jesus uit - [nie van nie] - God gegaan het, maar dat Hy ook weer
in God terug gegaan het.)
Joh.3:35. "Die Vader het die Seun lief en het alles in Sy hande
gegee."
Opb.5:12. "En met 'n groot stem het hulle gesê Die Lam wat geslag is,
is waardig om te ontvang die krag, en rykdom en wysheid en sterkte en
eer en heerlikheid en lof."

JESUS IS DIE ERFGENAAM VAN AL DIE MAG.

Mat. 28:18. "En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê:
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde." Vergelyk ook
hiermee - "En Hy het hulle geleer as maghebbende: oor die See, Wind,
Bose Geeste, Siekte en selfs dood."

JESUS IS ERFGENAAM VAN DIE GANSE HEERSKAPPY

Jes. 9:5. "...en die heerskappy is op Sy skouers."
1 Tim. 6: "...tot op die verskyning van onse Here Jesus die salige
en..."
14 en 15 " enigste heerser."
Opb. 6:10. "....Hoe lank, O Heilige en Waaragtige Heerser."

JESUS IS ERFGENAAM VAN DIE HELE OORDEEL

2 Tim. 4:1. ".....Here Jesus Christus wat die lewende en dode sal
oordeel by Sy verskyning en Sy koninkryk."
Joh. 5:22. "Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele
oordeel aan die Seun gegee."

JESUS IS ERFGENAAM VAN DIE AANBIDDING

Fil. 2:10. "In die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in
die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is."
Heb.1:6. "....en al die engele van God moet Hom aanbid."
Opb. 15:4. "Want al die nasies sal kom en voor U aanbid."

JESUS IS ERFGENAAM VAN AL DIE VOLHEID

2 Joh. 5:20. "Hy is die Waaragtige God en die ewige lewe."
Kol. 2:9. "Want in Hom woon al die volheid van die Godheid
liggaamlik."

As hierdie onnaspeurlike rykdom (wat Efes. 3:8 van praat en wat ons
hier uiteengesit het, alles aan die Christus behoort en as God met Sy
volheid in die Seun kom woning maak het, sodat Christus kan wees,
alles in almal (Kol.13:11); Wie kan Hy anders wees as die Waaragtige
God en die ewige lewe. Sien ook 1Joh. 5:20.

ERFGENAAM VAN DIE KONINKRYK Opb. 17:14
ERFGENAAM VAN DIE HEERSKAPPY Hand. 2:36.
ERFGENAAM VAN DIE TROON Heb. 1:8.
ERFGENAAM VAN DIE MENSE Joh. 17:6.
ERFGENAAM VAN HEERLIKHEID Joh. 17:24.
ERFGENAAM VAN RYKDOM Opb. 5:12.
ERFGENAAM VAN ALLES VAN DIE VADER Joh. 16:15.
ERFGENAAM VAN EN OOR AL DIE VLEES Joh. 17:2.

DIE ROTS

Volgens die Hebreeuse word - "Tsur" beteken dit "'n skerp rots of
krans" en verwys na die Almagtige God asook Jesus Christus as
beskermer, ook verwys dit na Deuteronomium 32:4. "Die Rots - volkome
is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder
onreg; regverdig en reg is Hy." Ook is Hy volgens Psalm 95:1 - bekend
as die 'Rots' van ons heil. Hierdie Rots was, is, en sal altyd wees 'n
toevlug en 'n skuilplek van beskerming, vir hulle wat Hom liefhet.

Al die skrifte in verband met die 'Rots' stel dit baie duidelik voor
dat daar net 'Een Rots' kan wees; Die Rots van die Ou Testament asook
die Rots van die Nuwe Testament is in werklikheid "Een en dieselfde
Rots" waaruit lewende waters stroom. God, in Sy hoedanigheid as die
'Rots' van die Ou Testament het 'n toevlug of skuilplek vir vleeslike
Israel geword; In die Nuwe Testament het God in Sy vleeswording ook 'n
toevlug of skuilplek geword vir geestelike Israel. Dit is hulle uit
Israel wat weer gebore word uit Gees en water (die doop) en Hom
aangeneem het as hulle Saligmaker en Redder. Deut. 32:4. "Die Rots -
volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en
sonder onreg; regverdig en reg is Hy."

DIE EERSTE EN DIE LAASTE

Ons lees in die skrif van die 'Eerste en die Laaste.' Die vraag is, is
dit onbybels om te glo dat die God van die Ou Testament en die God van
die Nuwe Testament een en dieselfde God kan wees; kan 'n mens dit
aanvaar dat daar maar net 'Een' - "Eerste en Laaste" kan wees? As daar
net 'Een Eerste en Laaste' kan wees (lees asseblief Efes. 4:4-6), waar
kom dan die 'Drie-Eenheid leerstelling van die Vader, die Seun, en die
Heilige Gees in die Bybel vandaan, want nêrens in die skrifte daar
drie-persone in die Godheid genoem nie, maar daar is wel bewyse van 'n
karakterbeskrywing van die Godheid in die vorm van 'n Vader, 'n Seun
en Heilige Gees. Om die Leerstelling van die Eerste en die Laaste moet
ons begin by die Boek Jesaja 41:4. "Wie het dit gedoen en tot stand
gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die
Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde." Volgens Efesiers 4:6. is
daar net 'Een God.' As daar dan net Een God is, dan beteken dit dat
daar maar net Een - Eerste en Laaste kan wees

DIE "EK IS"

Die Boek Jesaja 48:17. sê vir ons met betrekking tot die Heilige van
Israel, 'EK IS' die Almagtige jou God en Jou Verlosser. "En buiten My
is daar geen God nie." - Jes. 45:5.Om alles te bekragtig kom ons gaan
na Jesaja 43:10 en 11. "Julle is My getuies spreek die Almagtige, en
my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en
insien dat dit EK IS - voor My is 'Geen God' geformeer nie, en na My
sal daar Geen - Een wees nie." (11) "Ek is die Almagtige en daar is
Geen - Heiland buiten My nie."

Met betrekking tot die tweede Persoon in die Godheid volgens die 'Drie-
Eenheid' leerstelling en na alles wat ons klaar gelees het; hoe
verklaar ons dan Lukus 2:11 en Johannes 4:42 wat sê "....dat Hy (die
Messias) waarlik die Christus, die Saligmaker van die Wêreld is."?
Geliefde, ek vra u, kan daar meer as Een Heiland (Verlosser) of
Saligmaker in die Godheid wees? Het God self gekom (Jes. 40: 3,10,11)
of het iemand anders in sy eie naam gekom vir die Reddings werk? Want
toe Jesus met die Jode gepraat het, "Hy sê vir hulle: Julle is van
benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit
hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes
sal sterwe; want as julle nie glo dat dit 'EK IS' nie, sal julle in
jul sondes sterwe." Wat Sê U? GAAN NA: Exod. 3:14. "En God sê vir
Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel
antwoord: EK IS het my na julle gestuur."

DIE KONING

Ek dink dat u as gelowige sal saam stem dat God, volgens die skrif
Koning oor die hele aarde gaan wees, en dat Hy 'n Ewige Koning is. As
Hy 'n Ewige Koning is, wat doen ons dan met 1 Timotheüs 6:15 en
Openbaring 19:16. wat vir ons sê dat die Messias die "Koning van die
Konings" is? Wie is dan werklik die Koning wat oor die hele aarde gaan
regeer. Nêrens te wêreld kry ons twee konings wat gelyktydig oor Een
koningryk regeer, en dit volgens skrif, vir die ewigheid nie. Die
Psalms bevestig hierdie verklaring, waar dit sê: "Die HERE is Koning
vir ewig en altyd..." Glo u as gelowige dat daar meer as Een koning
gaan wees, of glo u dat daar maar net Een koning is? As u glo dat daar
net Een is, dan moet u saamstem dat daar maar net 'Een God' in die
Godheid is, wat Homself openbaar in meer as drie-verskillende
manifestasies, en nie as drie-verskillende persone nie; dit wil sê -
Vader, Seun, en Heilige Gees. Sien ook 1 Tim. 3:16; Kol. 1:15; en Kol.
2:9. Psalm. 44:4. "Want hulle het die land nie deur hul swaard in
besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n
welbehae in hulle gehad het". vers 5 "U self is my Koning, o God!
Gebied die oorwinninge van Jakob."

DIE HERDER

Volgens die Boek van Psalm 23:1 - vind ons hierdie woorde; "Die HERE
is my herder; niks sal my ontbreek nie." Hierdie Herder is niemand
anders as die God van Israel - volgens Psalm 80 nie. - "Hy sal sy
kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader
en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei." - Jesaja
40:11.

Die skrif noem ook vir ons dat daar ook 'n goeie Herder is; Die goeie
Herder is niemand anders Jesus die Christus nie, en Hy sê vir ons in
Johannes 10 vanaf:11. - "Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê
sy lewe af vir die skape." "Maar die huurling en hy wat nie 'n herder
is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en
laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape
uitmekaar." (14) "Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word
deur my eie geken." (15) "Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die
Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape." (16) "Ek het nog ander
skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en
hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herde"r.
Hierdie goeie herder word ook genoem die volgende.

*Die Son van Geregtigheid. Mal. 4: 2.
*Die Onderwyser. Mat. 26:18.
*Die waaragtige lig. Joh. 1:9.
*Die ware wynstok. Joh. 15:1.
*Die Weg. Joh. 14:6.
*Die waarheid. Joh. 14:6.
*Die wynstok. Joh. 15:1,5.
*Die getroue getuie. Opb. 1:5.
*Die wonderbaar raadsman. Jes. 9: 5.
*Die Woord. Joh. 1:1.
* Die Woord van God. Opb. 19:13.
* Die Woord van die lewe. I Joh. 1:1.


DIE GEBOORTE VAN JESUS (Reeds behandel)

Kom ons kyk wat sê Jesaja 9:5. "Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n
Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word
genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors."

SY GODDELIKHEID EN SY ONTWIKKELING

Mat. 1:18. Die geboorte van Jesus was dan so: "Kyk die Maagd sal
swanger word en 'n Seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem." Dit is
as dit vertaal word "God met ons." Miga hoofstuk 5 verklaar vir ons: "
Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat 'n barende gebaar
het...." (vergelyk hiermee Jes. 9:5; en Gal. 4:4). "Maar toe die volheid
van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou
onder die wet." "Daarom sal die Here self aan hulle 'n teken gee:
Kyk, die Maagd sal swanger word en 'n Seun baar en Hom Emmanuel noem."
Jes. 7:14. Lukas verwys ook na die geboorte van die Seun wat gebore
word in hoofstuk 2:11 en 12. - "....dat vir julle van dag in die stad
van Dawid gebore is die verlosser wat Christus die HERE is. En dit is
vir julle die teken...."

Psalm 89:27 en 28. - "Hy is dit wat my sal noem: U is my Vader, my God
en die Rots van my heil! Ja, ek sal hom 'n eersgeborene maak, die
hoogste onder die konings van die aarde." Verder lees ons in Joel
2::27 en 28. - "En julle sal weet dat Ek in die middle van Israel is,
en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders is nie;....en daarna
sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees." U is My Seun, sê Hebreërs 5:5.
- vandag het Ek U gegenereer (verwek)....en wanneer Hy weer die
Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: "En al die engele van God
moet Hom aanbid." (vir verdere verduideliking lees asseblief Mat. 2:
2,4; en Luk. 2: 7,9,13,16.

DIE GEES

Wanneer 'n ware gelowige praat van 'God die Vader' dan praat hy nie
van die 'Derde Persoon' van die Godheid nie, maar wel van die 'Gees
van God' wat volgens skrif alomteenwoordig is, sien 2 Kron. 20: 14;
Mat. 3: 16; Joh. 14: 16-17; Joh. 15: 26; Joh. 16: 7-11. In die Boek
van Psalms 99:9. - en 1 Korintiërs 3:17 sien ons dat God heilig is;
dit beteken dat as God heilig is, en dat daar net 'Een Gees' is
volgens Efesiers 4:5 en 6; dan is die Gees van God en die Heilige Gees
- Een en dieselfde Gees. Dit is van die uiterste belang om vanuit die
standpunt van geestelike aanbidding uit te klaar of die Heilige Gees
'n Goddelike wese of wesens is, wat goddelike eienskappe het in die
sin van goddelikheid. Goddelikheid impliseer dat die Heilige Gees
waarlik God is, soos gesien kan word in Efesiers hoofstuk 5:4 tot 6
wat verklaar dat die Godheid bestaan uit slegs "Een Liggaam en Een
Gees." Sien Kol. 1: 15 en Kol. 2: 9. 'n Volledige bestudering van die
Godheid sal aan ons openbaar dat die Gees van God en die Heilige Gees
- Een en dieselfde Gees is, wat Homself openbaar met dieselfde
eienskappe en verhouding tot die leerstelling van die Vader en die
Seun. God as Gees kan nie drie in - een wees nie, en in dieselfde
begrip kan dieselfde Gees nie apart van die Vader wees nie. Die Vader
is dus die Heilige Gees. Jesus is ook die Gees wat sou neerdaal. Kom
ons kyk in die volgende Skrifte:-

· Nuwe Vertaling - Jesaja 31 : 4 - 5 "So het die Here vir my gesê:
Soos 'n leeu, 'n maanhaar, by sy prooi lê en grom en hom nie laat
afskrik deur die harde geskreeu van veewagters wat teen hom saamgeroep
is nie, en hom nie steur aan hulle lawaai nie, so sal die Here die
Almagtige, wanneer Hy neerdaal, sy oorlog veg op Sionsberg, op die
heuwel waar Sion lê. 5 Soos voëls beskermend oor hulle neste sweef, so
sal die Here die Almagtige die skild oor Jerusalem wees; Hy sal
beskermend verbykom en so sal Hy red en bevry."

· Ou Vertaling - Jesaja 31 : 4 - 5 "Want so het die HERE vir my gesê:
Soos 'n leeu en 'n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal
herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle
stem of ingee vir hulle geraas - só sal die HERE van die leërskare
neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy
heuwel.5 Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare
Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry."

· Die mees bekendste teks in die Skrif is seker Mat. 3:16 waarop die
drie - eenheid geloof homself beroep. Ons sal ook gou sien dat dit
Jesus self was wat neergedaal het sodat net die uitverkorenes dit sou
verstaan. "En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water
opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees
van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom."

· Joh. 1:32 "En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n
duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.33 En ek het
Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy
het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit
is Hy wat met die Heilige Gees doop."

· Joh. 6:33 "Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal
en aan die wêreld die lewe gee.34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons
altyd hierdie brood.35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die
lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo,
sal nooit dors36 Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het,
en tog glo julle nie."

· Joh. 6:50 "Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat
iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.51 Ek is die lewende brood
wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal
hy lewe tot in ewigheid."

· 1 Thes. 4:16 "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n
geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin
van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan."

· Miga 1:3 "Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal
neer en betree die hoogtes van die aarde."

Hiermee kom ons by die einde van die studie oor die Twee Vaders. Daar
is baie meer om te ondersoek, maar dit word aan die leser nagelaat om
verder ondersoek in te stel. Hierdie studie is net 'n riglyn en baie
meer kan nog ontdek word. As iemand u 'n ander God as Jesus Christus
verkondig, moet dit nie glo nie. Hy alleen is heilig en is alleen God.

Wat was die gode se naam wat die Israeliete in die woestyn aanbid het
se naam? Ekso 32:4 "En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met
die beitel bewerk en daar 'n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle:
Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het."
Vers 5 "Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor 'n altaar gebou. En Aäron
het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE."
Hierdie woord Here is as Yahweh in die Yahovah Bybels vertaal. Dus was
die goue kalf YHWH genoem Neh. 9:18 "Selfs toe hulle 'n gegote kalf
vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat
optrek het! -en hulle groot, afskuwelike dinge gedoen het, vers 19
het U in u grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn
nie; die wolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad
te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir hulle die pad te
verlig waar hulle langs moes trek nie."

Psalm 106:19 "Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak en gebuig voor 'n
gegote beeld. Vers 20 En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die
afbeelding van 'n bees wat gras eet. Vers 21 Hulle het God vergeet,
hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte, Vers 22
wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee."

Hos. 8:5 "Jou kalf, o Samaría, is afskuwelik; my toorn is teen hulle
ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees? Vers 6 Want
dit is ook uit Israel: 'n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie;
maar tot splinters sal dit word-die kalf van Samaría."

Stefanus het die volk ook hiermee gekonfronteer net voordat hulle hom
oor die ware Evangelie gestenig het.

Hand. 7:37 "Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het:
Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers
net soos ek is; na Hom moet julle luister. Vers 38 Dit is hy wat in
die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op
die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die
lewende woorde ontvang om aan ons te gee. Vers 39 Na hom wou ons
vaders nie luister nie, maar hulle het hom verstoot en met hulle harte
na Egipte teruggekeer Vers 40 toe hulle vir Aäron gesê het: Maak vir
ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses wat ons uit
Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie. Vers
41 En hulle het in daardie dae 'n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld
'n offer gebring en hulle in die werke van hulle hande verbly. Vers
42 Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die
hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het
tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in
die woestyn nie, o huis van Israel? Vers 43 Ja, julle het die tent
van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat
julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon
wegvoer."

DIE EEN WAT KOM EN WIE IS HY?

Johannes 14:7-9. "As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken
het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.8 Filippus sê
vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.9 Jesus sê
vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie,
Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy:
Toon ons die Vader?" Die EEN wat sou kom. Wie is Hy? Hy is volgens
skrif die "WONDERBAAR RAADSMAN, STERKE GOD, EWIGE VADER, EN VREDEVORS.
Hy wat gekom het is niemand anders as die Almagtige onse God vir wie
daar 'n pad in die wildernis gelyk gemaak moes word deur Johannes die
Doper. Dit is Hy van wie Jesaja sê: "Kyk, julle God kom met wraak, met
goddelike vergelding; Hy "Self sal kom" en julle verlos..." Dit is Hy
onse God wat sal kom as 'n 'Sterke' en Sy 'Arm' sal heers. Dit is Hy,
wat Jesus genoem moet word, omdat Hy sy volk van hulle sondes sou
verlos (Mat.1:21-23); "En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word,
die Woord wat die Almagtige deur die profeet gespreek het." "Kyk, die
Maagd sal swanger word en 'n Seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel
noem, dit is as dit vertaal word, "God met ons."

En die Een wat kom? Wie is Hy en waarom word Hy dan "Die Seun van God"
genoem. Gaan na Lukas 1:35. "En die engel antwoord en sê vir haar: Die
Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou
oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God
genoem word."

Terwyl Hy as mens die aarde bewandel het, het die ewige Gees nogtans
hemel en aarde gevul, en kon Hy sy stem op verskillende plekke
terselfdertyd laat hoor. God het naas Homself nooit 'n Seun gehad voor
die geboorte van Sy Seun Jesus die Messias nie. Johannes hoofstuk
3:16 lui dan ook: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy
eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore
mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."

Hierdie Jesus het dan ook nooit gesê of ontken dat Hy God self was
nie, omdat Hy in die vlees was, want die vlees was genoem "Die Seun
van die mens," maar Hy het Hom dikwels aan God gelyk gestel en
verklaar dat Hy en die Vader Een is; dat Hy in die Vader en die Vader
in Hom is. Joh. 10:30. By die geleentheid van Sy laaste onderwys aan
Sy dissipels, het die Almagtige homself ten volle aan hulle
geopenbaar, terwyl Hy dit baie duidelik gestel het dat Hy die Vader en
die Vader in Hom was, het Filippus nog gevra dat die Almagtige aan
hulle tog net die Vader moes toon. Ons lees van die wonderlike
openbaring in Johannes hoofstuk 14 vanaf:7 tot 11.

By afsluiting van hierdie gedeelte wil ek weereens beklemtoon wat u
moet glo deur die herhaling van die volgende belangrike
skrifgedeeltes:

Deut. 6:14. "Hoor Israel die Almagtige onse God is 'n Enige
Almagtige."
Jes. 9:5. "Die kind word genoem 'Wonderbaar, Raadsman, Sterke GOD,
EwigeVader."
Jes. 35:4. "Julle God sal kom en julle verlos. Dan sal die oë van
die blindes geopen..."
Jes. 40:10. "...Hier is julle God, Sy loon is by Hom en Sy beloning is
voor Sy aangesig."
Mat. 1:23. "Hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is as dit vertaal
word: God met ons."
Joh. 20:28. "Thomas antwoord en sê vir Hom: My Almagtige en my
God."
Ope. 22:12. "En kyk, Ek kom gou, en My loon is by my, om elkeen te
vergeld soos sy werk sal wees."

WIE IS JESUS CHRISTUS?

Jesus is niemand anders as die "Kind" van Jesaja hoofstuk 9:5. "Want
'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy
is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God,
Ewige Vader, Vredevors."Hierdie Wonderbaar Raadsman en Sterke God is
niemand anders as die "Eerste en die Laaste" van Opb. 1:17-18; asook
Openb. 22:13. Ons lees in die skrif van die "Eerste en die Laaste:"
Die vraag is - is dit onbybels om te glo dat die God van die Ou
Testament, en die God van die Nuwe Testament een en dieselfde God kan
wees? Lees asb. Efes. 4: 4-6. Waar kom dan die "Drie-eenheid
leerstelling van die Vader, die Seun, en die Heilige Gees in die
Godheid vandaan. Ek vra hierdie vraag, want volgens Jesaja 41:4 sê dit
vir ons; "Ek die HERE, die Eerste, en by die Laaste (Jesus) is Ek
dieselfde." Volgens 1 Tim. 3:16 is Hy niemand anders as die God wat
vlees aangeneem en tussen ons kom woon. Kol. 1:15 sê vir ons dat Hy
die "Beeld van die onsienlike God is." Kol. 2:9 gaan verder en sê dat
in Hom woon die volheid van die Godheid liggaamlik.

DIE EEN WAT KOM (Wie is Hy?), lees asb. Joh. 14:7-9. - "As julle My
geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle
Hom en het julle Hom gesien.8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die
Vader, en dit is vir ons genoeg.9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by
julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het
die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?10 Glo jy nie dat
Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle
spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy
doen die werke.11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My;
of anders, glo My ter wille van die werke self.12 Voorwaar, voorwaar
Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook
doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.13
En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die
Vader in die Seun verheerlik kan word.14 As julle iets in my Naam vra,
sal Ek dit doen.15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie."

Wat sê die voorafgaande Bybelverse aangaande die "Een wat sou kom." ?
Hy is die "Wonderbaar, Raadsman, Sterke God Ewige Vader en die
Vredevors. Hy is die "Almagtige onse God" vir wie daar 'n pad in die
wildernis gelyk gemaak moes word? "'n Stem van een wat roep: Berei in
die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n
grootpad vir onse God!"

Dit is Hy van wie Jesaja sê: "Kyk julle God kom met wraak, met
Goddelike vergelding; Hyself sal kom as 'n Sterke en Sy Arm (liggaam)
sal heers." Dit is Hy wat Jesus genoem moet word, omdat Hy Sy volk van
hulle sondes sou verlos. Mat.1:21-23. "En dit het alles gebeur sodat
vervul sou word, die Woord wat die Almagtige deur die profeet gespreek
het: "Kyk die Maagd sal swanger word en 'n Seun baar, en hulle sal Hom
Emmanuel noem, dit is as dit vertaal word "God met ons."

Let op!. Die Messias van die Ou Testament is ook een en dieselfde
Messias van die Nuwe Testament wat Homself geopenbaar het in die
vlees. Die vraag is: Waarom word Hy dan "Seun van God" genoem? Is dit
nie duidelik genoeg dat daar 'n Messias is na die vlees en 'n Messias
na die Gees is nie? Die Messias na die vlees is die Seun wat gebore is
uit die maagd en verwek is deur die Gees toe die krag van die
Allerhoogste die vrou oorskadu het. Die Skrif sê vir ons dat die
Heilige Gees van Israel is jou Verlosser en Hy sal die God van die
hele aarde genoem word. Om die versoeningswerk te kon volbring, het
die grote Almagtige God 'n Liggaam nodig gehad. Hy moes as mens,
natuurlike mens - gebore word. Die Liggaam was ook genoem, die Tempel
van die Almagtige. Mal. 3:1."Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg
voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy Tempel (Liggaam oftewel
die Arm van God - Jes. 40:10) kom die Almagtige na wie julle soek."
Later het Jesus dan ook gesê dat die Jode die tempel sal kan afbreek,
maar dat Hy dit in drie dae sal oprig; dis toe Hy van die tempel van
Sy Liggaam gespreek het.
Daardie liggaam was verwek deur die Heilige Gees wat nog maar God self
is; daarom sê die profeet in Jes. 54:5. Aan die vrou; "Jou Maker is
jou man." God is die mens se Maker, dus het Hy self die Man van die
maagd geword, en deur Sy Gees wat ook die Heilige Gees is, het
Hy die Kindjie in haar verwek. Die Seun het nie 'n aardse vader gehad
nie. God wat Gees is was self die Vader van die Seun wat gebore was,
daarom word Hy genoem die Seun van God. Omdat Hy wel 'n aardse moeder
gehad het, word Hy ook genoem die "Seun van die mens;" dit is na die
vlees. Na die Gees is Hy bekend as God self. Lees asseblief die
volgende Skrifte en oordeel self.

· Jes. 7:14 "Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die
maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.";
· Jes. 9:5 "Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee;
en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar,
Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors";
· Jes. 35:4-6 "Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees
nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike
vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.5 Dan sal die oë van die
blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.6 Dan sal die
lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel;
want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.";
· Jes. 40:3 "'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg
van die HERE; maak
Vorige onderwerp: Die Theosophical "Christene"...
Volgende onderwerp: wie gaan hemel toe en wie hel toe?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:24:34 MGT 2024