Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leendert se day job
Leendert se day job [boodskap #11372] |
Sun, 16 November 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
tyd nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Leendert se day job [boodskap #11431 is 'n antwoord op boodskap #11372] |
Wed, 19 November 1997 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 19 Nov 97 05:06:15 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
maar van enige besigheid. >>[/color]
Kan dit onthou, ja.
Het jy al ooit n gesprek op n satelliet-telefoon probeer voer?
luister, pleks van sommer almal op een slag praat, en niemand luister nie.>>[/color]
Nee. Omdat die klank so lank vat on via satelliet te trek, kan jy bov
nie "..um.." of "...ja..." of "...wag nou!.." of so ite se as die
ander mense praat nie.
Jy praat rerig soos op n walkie talkie. Soos: "Vira, dis Ferdi hier.
Ek wil net se dat die gesprek nie twee kante toe kan gaan nie, so
luister gou klaar. Die weer is vandag warmer hier. Hoe is dit daar?
---- oor/Ok/praatmaar/of watter indikasie jy ook al gee dat jy klaar
is"
Dan wag en dat jy klaar luister en jou deel praat.
Dan wag jy dak ek klaar luister en weer my deel praat ens.
Dis nie n grap nie. Dis rerig so.
As n plaaslyn konnekteer, kan jy at least Antie Vira in die rede val
en haar keer as jy jou verkeerd verstaan het.
om met 'n ou ossewa werk toe te ry, plaas van 'n nuwe BMW.[/color]
> Of om vir sy vrou 'n miershoop te bring en sê dis beter as die AEG oond wat sy
> eintlik wou gehad het.>>>
Vira. Moenie my glo nie. Gaan praat op n satelliet-foon en vind self
uit.
Dit het te doen met die afstand wat die sein moet trek om deur die
satelliet te gaan draai en al sulke goed, is ek vertel.
|
|
|
Re: Leendert se day job [boodskap #11432 is 'n antwoord op boodskap #11372] |
Wed, 19 November 1997 00:00  |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 11/18/97 12:07PM, in message , Ferdi
wrote:
>
> Dis natuurlik interresant dat die ou plaas-telefone actually beter en
> dus intelligenter kommunikasie gebied het as vandag se
> satelliet-telefone wanneer dit by n gesprek kom.
Hallo ... hallo ... HALLO! ... haaallloooo.... hallo Koos?
Nie jy nie oom, ek soek Koos!
Koos is jy daar?
Ek kan nie hoor nie ... praat harder
Ja tannie, ek sal later vir tannie ko-operasie toe gaan, maar dis nou eers ses
uur die oggend, en ek probeer met Koos praat!
Koos???? Is jy OK?
Bel my terug.
- -- -- - -- -- - -- -- (telefoon lui- 'n korte en twee langes)
Hallo, Hi Koos!
Hallo, is dit 411? Nee meneer, dis vir my, 412!
Hoe gaan dit, Koos?
Voel jy nog intelligent?
Ek begin heeltemaal frustreerd voel.
"Hoes�?"
"Môre oom Jaap, gaan sit oom se gehoorstuk in."
"Hoe nou?"
[skreeu harder] "Dis vir my oom!"
"Nee wat, ek kan nie hoor nie".
Is jy nog daar, Koos?
In verband met ... wag eers
"Kan julle asseblief sagter asemhaal, ek kan myself nie hoor praat nie!"
*click* *click* *click*
Daar's ons nou van die stommes ontslae. Waar was ons weer...
"Hallo. Is julle nou klaar? ek wil 'n oproep maak. Julle sit al heel oggend op
die telefoon!".
Koos, ek skryf vir jou 'n brief.
Het jy al ooit 'n personlike gesprek probeer hou op 'n plaastelefoon? Vergeet
maar van enige besigheid.
>
> Op die ou plaaslyne (soos vandag se draad-konneksies) kan twee mense
> gelyk praat.
of meer
> Jy hoor die ander een so te se onmiddelik en n tweesydige
> gesprek is moontlik.
of onmoontlik
> Jy kan selfs konferensie-oproepe bedryf waar meer
> as twee mense saam gesels.
Is _dit_ wat dit toe al die tyd was?
>
> Satelliet-konneksies van vandag is meer vertraag. Dit vat die klank
> van die een mens se woorde omtrent n sekonde om by die anderkant uit
> te kom.
Anderkant die wêreld, never mind die plaas langs aan.
> n Mens praat dus so half simpleks-wyse. Soos mense oor n
> walkie talkie. Jy praat jou storie klaar en wag dat dit anderkant
> uitkom en dat die ander kant luister en antwoord. Dan luister jy weer
> klaar en antwoord.
Is dit nie hoe mens gewoonlik praat nie? As daar iemand is wat wel na jou
luister, pleks van sommer almal op een slag praat, en niemand luister nie.
> Dit is n goedkoper manier om gesprekke oor ver
> afstande te herlei,
yep
> Ou plaas-telefone praat baie beter. Dit lewer flinker denke en
> gesprekke met baie meer fasette.
>
_Baie_ fasette, inderdaad. Jy kom net nooit by die eintlike punt uit nie.
Flinker denke?
Koos, vir wie probeer jy flous? Miskien kan jy een van die ouens hier oorreed
om met 'n ou ossewa werk toe te ry, plaas van 'n nuwe BMW.
Of om vir sy vrou 'n miershoop te bring en sê dis beter as die AEG oond wat sy
eintlik wou gehad het.
Dass ich nicht lache!
V.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:50:53 UTC 2025
|