| Verskoning vra [boodskap #113976] |
Sa., 05 Mei 2007 14:11  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die Koningin van Engeland is nou op besoek in die
suidelike VSA vir die vierhonderd-jaar viering van
die ontstaan van Jamestown, die eerste Engelse
kolonisering van die Noord-Amerikaanse vasteland.
Daar is mense wat vra dat sy verskoning moet
maak vir die invoer en gebruik van slawe in
Jamestown, maar alhoewel sy baie waarhede kwyt
geraak het, het sy nie formeel apologie aangeteken
nie. Seker te bang dat Engeland dan oor die hele
wêreld sal moet begin verskoning maak. Insluitend
SA.
Mens het as gevolg van die viering allerhande
stukke in die koerante gelees in verband met die
Engelse kolonisasie in dié tyd. Wat my die meeste
geskok het, was die volgende. Aanvanklik is die
slawe uit Afrika, wat in Jamestown ingevoer was,
nogal goed behandel, en kon hulle hul vryheid koop.
Voordat die slawe daar aangeland het, was die
lande bewerk deur "indentured labour" wat van
Engeland ingevoer is. Hierdie Engelse werkers
en die slawe het ondertrou en goed met mekaar
saamgeleef. Dit het die groot landeienaars bang
gemaak dat daar opstand sou kom van hierdie
werkers, en toe het hulle begin om sake so te
bewerk dat die wit werkers beter behandel is en
superieur begin voel het teenoor die swart werkers.
Dit is die begin van die gevoel van rasse-superioriteit
wat daar uiteindelik so intens in die suidelike VSA
posgevat het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Verskoning vra [boodskap #113991 is 'n antwoord op boodskap #113989] |
Ma., 07 Mei 2007 21:16  |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
|
Senior Lid |
|
|
On 7 May 2007 11:03:50 -0700, Hessie wrote:
> Ferdi skryf
>> Wat van die Pous kom vra my om verskoning oor die Katolieke die
>> Protestante so doodgemaak het. Dis een van die redes hoekom my mense
>> na SA toe gekom het.
>
> Moet hy om verskoning vra omdat hy hulle
> doodgemaak het, of omdat hulle uit vrees
> vir hom na Suid-Afrika gegaan het, wat nie
> so 'n goeie destinasie was nie. Hulle het ander
> opsies gehad. Daar is baie Hugenote-afstammelinge
> in die oostelike dele van Noord-Amerika.
>
> Gloudina
My sarkasme was gerig op die doodmaak. So 100 000 in een week met al
die doodslaners wat n jaar later volle amnestie kry - volgens die
ensiklopedie.
Actually kan ek nie omgee nie. Dis geskiedenis en die geskiedenis van
mense n lang vervelige relaas van wie vir wie wanneer waar in groot
getalle doodgemaak het. Op die einde het almal mekaar die een of ander
tyd uitgemoor en kan ons vandag nie met enige sekerheid se van watter
agtergrond ons kom nie. Ons is verwant aan almal. So dis ons wat
mekaar so doodmaak. En die verleentheid van ons tyd is dat ons toelaat
dat sekere politieke korrekte faksies dit vandag uitbuit vir goedkoop
politieke gewin - asof hulle nie self ewe hard doodgemaak het nie.
|
|
|
|