Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » INTERNET VERKEERD OPGESOM????
INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11051] |
Fri, 17 October 1997 00:00  |
Danie
Boodskappe: 83 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Liewe Internet vriende,
Ek wil vandag 'n paragraaf of twee skryf oor iets wat ek lankal op die hart
het.
Ek is gaande oor kommunikasie. Dit fasineer my geweldig, enige soort ding
waarmee jy met iemand ander kan kommunikeer is ek gaande oor.
So 'n klompie jare gelede was ons vir 'n ruk lank in die era van Burgerband
radio's. Ons het baie nonsies gepraat, maar ons was 'n lekker klomp
bymekaar. Wanneer jy op reis was dan het jy langs die pad sommer met enige
ou gesels, oor enige onderwerp. Dit was lekker al het ons baie twak
gepraat.
Toe ek begin bewus raak van so 'n ding soos die Internet het ek gedink dat
hier nou 'n medium is waar ons éérs lekker gaan gesels, al praat ons dan
ook maar nonsies met mekaar. Ek was blykbaar totaal verkeerd. Dit lyk my
ons doen op die Net wat ons by ons huise doen. Rondom die erf is 'n
tweemeter hoë muur. By die ingang is daar 'n staalhek wat met 'n geweldige
slot gesluit kan word. Wat buite of by my buurman gebeur, gaan my nie aan
nie. As daar 'n groot vragmotor by sy huis stilhou en sy meubels begin
inlaai, terwyl hy en sy vrou by die werk is, sal ek liewers nie hulp
ontbied nie, want ek wil tog net nie betrokke raak nie. Lyk my ons het die
grootste kommunikasie medium wat die mensdom nog beleef het, maar ons wil
tog net nie betrokke raak nie.
Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
instaat was.
99% het nie van hulle laat hoor nie
.1% het terug geskryf en die ander
.9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?
Jy kan aan my persoonlik skryf of jy kan jou eerlik mening op die
nuusgroepe skryf. Ek sal enige kommentaar vat soos 'n man.
Soos 'n ou vriend altyd gesê het: Laat jy nou net lekker wees,
mooi bly,
Danie Martins
dm...@global.co.za
http://www.global.co.za/~pretblad
|
|
|
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11058 is 'n antwoord op boodskap #11051] |
Sat, 18 October 1997 00:00   |
Herma
Boodskappe: 17 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Haai Danie,
As jy na nuwe vriende en lekker CB-tipe geselskap soek, is email aan vreemde
mense nie die regte benadering nie. Probeer gerus IRC (internet relay chat),
ek dink dit is meer wat jy in gedagte het. Die maklikste manier om te begin
IRC is met die Microsoft Comic Chat program, wat jou outomaties sal connect
met die irc.msn.com chat server. Wees voorbereid om vir 'n week of wat deur
'n klomp simpel chatrooms te surf totdat jy een vind waar die mense "jou
taal praat", en selfs daar het jy geduld nodig tot die mense jou leer ken
voordat hulle lekker met jou sal gesels. Dit help nie om vir 10 minute te
lurk in 'n groep en dan te sê "bogger julle, julle wil dan nie met my praat
nie".
Ek het meer as 'n jaar gelede begin "chat" en was gelukkig om binne die
eerste week 'n groep te vind waar ek heeltemal tuis voel. In die afgelope
jaar het ek vriendskappe gevorm met mense van Australië en die VSA, en ons
gesels omtrent elke dag met mekaar, stuur vir mekaar pakkies deur slakkepos,
ens.
Daar is ook niks wat jou verhoed om 'n Afrikaanse chatroom te begin nie,
daar is party dae een op die comic chat server, maar om 'n ander taal in 'n
Engelse groep te gebruik, word natuurlik as baie ongeskik beskou.
Danie Martins wrote in article ...
> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
> instaat was.
>
> 99% het nie van hulle laat hoor nie
|
|
|
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11059 is 'n antwoord op boodskap #11051] |

Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11449 is 'n antwoord op boodskap #11051] |
Thu, 20 November 1997 00:00  |
Lomaxx
Boodskappe: 2 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ja
dewald wrote in message ...
> Ek het na so 'n jaar enkele "vriende" op die internet gemaak en seker
> ook al 'n duisend vyande. Mens moet maar die kat goed uit dit die boom
> kyk. Groetnis en voorspoed. Terloops, ons is nog nie "vriende" nie.
>
> dewald
>
> On 17 Oct 1997 06:58:29 GMT, "Danie Martins"
> wrote:
>>
>> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
>> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
>> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
>> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
>> instaat was.
>>
>> 99% het nie van hulle laat hoor nie
>> .1% het terug geskryf en die ander
>> .9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
>>
>> Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?
>>
>
>> Danie Martins
>> dm...@global.co.za
>> http://www.global.co.za/~pretblad
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:31 UTC 2025
|