Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » slange en die Taal
slange en die Taal [boodskap #11360 is 'n antwoord op boodskap #11361] Sa, 15 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Leendert!

Hier's 'n goeie een vir jou. Marieta Roos skryf in haar artikel "Slang!
Marteldood van die stekende naalde" in die Huisgenoot van 13 November die
volgende:

"Dit bleik Paul was in der waarheid allergies vir die slang se gif. Sy
liggaam het in 'n toestand van anafalaktiese skok ingegaan onmiddelik na
die byt."

En weer later: "Daarom moet 'n pasiënt eers met antihistamien ingespuit
word om hom daarvoor te desensiteer." OK, my peabrain kan desensiteer
uitwerk, hoe ongewoon dit ookal mag wees, maar anafalaktiese is een te
veel. My 1976 weergawe van Kritzinger is nie veel wyser nie.

Maar het iemand (ek meen dit was At de Lange) nie eenkeer genoem dat die
Huisgenoot op vlak vier Afrikaans geskryf word nie? Sou hierdie tipe taal
aan daardie standaard voldoen?

Alwyn
Re: slange en die Taal [boodskap #11361 is 'n antwoord op boodskap #11360] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Alwyn,

Alwyn Nel heeft geschreven in bericht
...
> Leendert!
>
> Hier's 'n goeie een vir jou. Marieta Roos skryf in haar artikel "Slang!
> Marteldood van die stekende naalde" in die Huisgenoot van 13 November die
> volgende:
>
> "Dit bleik Paul was in der waarheid allergies vir die slang se gif. Sy
> liggaam het in 'n toestand van anafalaktiese skok ingegaan onmiddelik na
> die byt."
>
> En weer later: "Daarom moet 'n pasiënt eers met antihistamien ingespuit
> word om hom daarvoor te desensiteer." OK, my peabrain kan desensiteer
> uitwerk, hoe ongewoon dit ookal mag wees, maar anafalaktiese is een te
> veel. My 1976 weergawe van Kritzinger is nie veel wyser nie.
>
> Maar het iemand (ek meen dit was At de Lange) nie eenkeer genoem dat die
> Huisgenoot op vlak vier Afrikaans geskryf word nie? Sou hierdie tipe taal
> aan daardie standaard voldoen?

Natuurlik!

Die lesers is nie veronderstel om "anafalakties" te verstaan nie, hulle is
veronderstel om be-indruk te wees met die mediese kompleksiteit daarvan.
(Marita is eintlik heel goed, hoor!)

En moenie sleg voel nie, jy sal die woord ook nie in die HAT, Oxford, of
VanDale kry nie :-)

Groete, Leendert
Re: slange en die Taal [boodskap #11396 is 'n antwoord op boodskap #11361] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
...
> Dit suggereer dat die woord "anafilaktiese" moet wees, en nie
> "anafalaktiese" nie. "Anafilakties" sou Alwyn waarskynlik wel in sy
> woordeboek gekry het. Dit lyk dus asof Huisgenoot (of Alwyn) opgeslip
het.

Huisgenoot, Leendert, Huisgenoot. Of liewer Marieta Roos (en haar
redakteur)
En nee, die "i" doen nie die trick sover dit Kritzinger betref nie.
(Miskien moet ek tog maar 'n HAT aanskaf!)
>
> "Anafilakties" is natuurlik die teenoorgestelde van "profilakties" -
> "voorbehoedend". Die woord "voorbehoedmiddel" het egter 'n baie spesifieke
> betekenis gekry. Ek vra dus liewer profilaktiese middels vir malaria as vir
> voorbehoedmiddels :-)

Miskien moet jy net eers seker maak dat jy en die apteker dieselfde begrip
van die hoge woord het. Hy mag jou dalk eenkant toe neem en jou 'n paar
latex modelle wys!

Alwyn
Re: slange en die Taal [boodskap #11397 is 'n antwoord op boodskap #11361] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article ...

> Die woord "anafalaktiese" is 'n verklassing. Die woord in Engels
> is "anaphylactic". Dit is saamgestel uit [Gr: "ana"=sonder +
> "phylasso"=wagstaan].

Dit suggereer dat die woord "anafilaktiese" moet wees, en nie
"anafalaktiese" nie. "Anafilakties" sou Alwyn waarskynlik wel in sy
woordeboek gekry het. Dit lyk dus asof Huisgenoot (of Alwyn) opgeslip het.

"Anafilakties" is natuurlik die teenoorgestelde van "profilakties" -
"voorbehoedend". Die woord "voorbehoedmiddel" het egter 'n baie spesifieke
betekenis gekry. Ek vra dus liewer profilaktiese middels vir malaria as vir
voorbehoedmiddels :-)

In daardie opsig vind ek die gebruik van "profilakties" in Afrikaans
natuurlik nuttig.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Patetiese nuusgroepgebruikers
Volgende onderwerp: Gloutina Ot : spore van waansin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 06:31:36 MGT 2024