Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Justin Nurse se nuwe boek
Justin Nurse se nuwe boek [boodskap #113047] Ma, 19 Februarie 2007 08:54 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Iemand van julle die artikel daaroor gister in Rapport gesien?
Hy spot blykbaar daarin met al wat geloof is, en wil sy eie kerk stig, iets
te doen met humorisme:))
Re: Justin Nurse se nuwe boek [boodskap #113069 is 'n antwoord op boodskap #113047] Di, 20 Februarie 2007 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Iemand van julle die artikel daaroor gister in Rapport gesien?
> Hy spot blykbaar daarin met al wat geloof is, en wil sy eie kerk stig, iets
> te doen met humorisme:))

Ek dink ek verstaan sy dryfredes, want sommige van die oortuigings,
die rites en optredes van gelowe en hulle volgeling roep absoluut om
kommentaar.

Dit is ook so dat daardie einste oortuigings vir mense baie naby aan
die hart lê en hulle sal nie onderskei tussen goedhartige geterg, erge
kritiek of laster nie. Die kuns is, lyk my, om jou kommentaar so te
verwoord dat dit nie kwes nie - iets wat amper onmoontlik is. Kyk maar
hoe was die taamlik onskuldige "Imagine" van John Lennon ontvang.
Oukei, Rushdie en die spotprente wat in Denemarke oor die Islam
verskyn hetwas dalk kras, maar dit smaak my enige kommentaar is bra
onwelkom.
Re: Justin Nurse se nuwe boek [boodskap #113071 is 'n antwoord op boodskap #113047] Di, 20 Februarie 2007 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" < wrote
> Iemand van julle die artikel daaroor gister in Rapport gesien?

Ek het.

> Hy spot blykbaar daarin met al wat geloof is, en wil sy eie kerk stig,
> iets te doen met humorisme:))

Galgehumor, miskien, ja!

Of mens in God glo of nie glo nie, om op dié wyse te spot te dryf met iets
wat so 'n diep emosionele saak vir mense is, is onsensitief en verkeerd!
Dis g'n vryheid van spraak nie, dis misbruik van spraak.

Die wyse waarop hy met Hinduisme die spot dryf en mense sg. uitnooi om
daarby aan te sluit, tas die beginsel van godsdiens vryheid in sy hart aan.
Soos jy weet, glo ek gewoon nie dat alle godsdienste saligmakende godsdiens
is nie, maar dit beteken nie dat ek as Christen nie respek hoef te betoon
vir hoe ander daaroor voel nie.
Re: Justin Nurse se nuwe boek [boodskap #113072 is 'n antwoord op boodskap #113047] Di, 20 Februarie 2007 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dat die kerkmense hom sal wil moer, is logies. Die spot dryf met
geloofsake is 'n groot moeilikheidsoek. Wonder of hy die slae sal kan vat
wat hy uitdeel?

"Annette" skryf in boodskap news:1171875210.786745@vasbyt.isdsl.net...
> Iemand van julle die artikel daaroor gister in Rapport gesien?
> Hy spot blykbaar daarin met al wat geloof is, en wil sy eie kerk stig,
> iets te doen met humorisme:))
>
Re: Justin Nurse se nuwe boek [boodskap #113082 is 'n antwoord op boodskap #113069] Di, 20 Februarie 2007 13:18 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee Koot - hoog tyd dat daardie oorsensitiewe gene gedefinieer, geskei, en
behandel word.

Ek wonder ook so bietjie oor die SA drukkers wat glo nie die boek wou druk
nie...
Annette

"Koot" wrote in message
news:1171959679.146547.326980@v45g2000cwv.googlegroups.com.. .

Annette wrote:
> Iemand van julle die artikel daaroor gister in Rapport gesien?
> Hy spot blykbaar daarin met al wat geloof is, en wil sy eie kerk stig,
> iets
> te doen met humorisme:))

Ek dink ek verstaan sy dryfredes, want sommige van die oortuigings,
die rites en optredes van gelowe en hulle volgeling roep absoluut om
kommentaar.

Dit is ook so dat daardie einste oortuigings vir mense baie naby aan
die hart lê en hulle sal nie onderskei tussen goedhartige geterg, erge
kritiek of laster nie. Die kuns is, lyk my, om jou kommentaar so te
verwoord dat dit nie kwes nie - iets wat amper onmoontlik is. Kyk maar
hoe was die taamlik onskuldige "Imagine" van John Lennon ontvang.
Oukei, Rushdie en die spotprente wat in Denemarke oor die Islam
verskyn hetwas dalk kras, maar dit smaak my enige kommentaar is bra
onwelkom.
Vorige onderwerp: Ou Boek gesoek
Volgende onderwerp: Die Beeld , alweer?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:34:00 MGT 2024