Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Stonehenge
Oor Stonehenge [boodskap #11265] |
Mon, 10 November 1997 00:00  |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Colin het geskryf:
> Ek het ook so 'n storie gehoor van die lyne wat deur die plek loop,
> het iemand ook verder kennis hieroor?
Colin,
ek weet nie of daar geologiese waarheid hierin is of nie, maar die storie van
die lyne gaan so ...
Die Druide het beweer daar is magnetiese lyne, wat kruis en dwars onder die
aarde loop. Hulle het dit "Dragon lines" (of ley lines) genoem, om redes wat
ek bietjie later gaan verduidelik.
Volgens hulle, is die energie deur die aarde self genereer(huh?)/ "generate",
en op sekere heilige plekke kom dit na die oppervlak (surface of the Earth).
Een voorbeeld hiervan is Jerusalem, maar kom ons bly vir eers in Brittanje.
Baie van hierdie krag was in die ou dae te vinde in plekke soos Isle of Wight,
Glastonbury Tor, ens. Hierdie plekke was toe gemerk deur staande stene, soos
Stongehenge.
Die aarde as geheel was gesien as die lyf van die draak. Die rotse is sy
skelet in bene, die grond sy vlees. Die plekke waar die energie opgekom het,
uit die aarde uit, is gemerk deur rotse, want die "bene" het so te sê daar
uitgesteek. (Die oertydse draak het ook baie ooreengekom met die slang as
simbool).
Die magnetiese krag in sulke plekke soos Stonehenge, het hulle in staat gestel
om spirituele werk van 'n baie hoër vlak te doen. Die blou steen is toe
waardevol gewees vir die absorberende kwaliteite daarvan, en is daaroor al die
pad van Wallis geschlepp.
Die stene is opgerig as 'n Trilithon (=3, 2 uprights and a lintel) omdat dit
soos 'n deur (a Gateway) gekenmerk is, in 'n heilige gebied in. Let op hoeveel
aandag word vandag nog aan deure van kerke bestee.
Daar word in ou verhale gesê dat as mens in die nag geloop het, in sulke plekke
waar die 'ley lines' naby die oppervlak van die aarde lê, kon jy 'n mis naby
die grond sien . Dit was die "Dragon's Breath" genoem. As wens ek het geweet
of daar 'n geologiese rede voor is. Die grond was daar ook donkerder, die gras
groener as op ander plekke, soms met kolle wat amper rooi-gebrand gelyk het.
So het hulle gesê.
Ek het op 'n stadium 'n kopie gemaak, maar nie die boek aangeteken waaruit dit
gekom het nie. Hier staan .. "This escarpment is none other that the spine of a
Dragon Line which runs under the sea to shore ...through Salisbury ... through
Cadbury, Glastonbury, Bath and clear unto the northern-most reaches of the
Kingdom. But here on Dragon's Isle the line either begins or ends, and no man
knows which."
Ek wonder of daar in Suid Afrika ook sulke magnetiese lyne van krag is, en waar
hulle sou wees? Kan enig iemand dalk raai? Hulle loop seker nie tussen
Pretoria en Kaapstad nie!
Om terug te kom na die storie toe, ek wonder of hierdie nie dalk die oorsprong
is van die Loch Ness monster nie. Lees bietjie 'n gedig wat ek hier het:
"Why lies the mighty Dragon here
Let him who knoweth tell,
With its head to the land, and its huge tail near
The shore of the fair Loch Nell?
And here the mighty god was known
In Europe's early morn
And worship knew, on Celtic ground,
With harp and drum and horn.
So here the serpent lies in pride
Such hoary tales confess,
But rears his mighty head no more
By the shores of fair Loch Ness."
[Ophiolateria].
Story-time is klaar. Gaan slaap nou maar ;)
Beste groete,
Vira.
|
|
|
Re: Oor Stonehenge [boodskap #11266 is 'n antwoord op boodskap #11265] |
Mon, 10 November 1997 00:00   |
Colin[2]
Boodskappe: 22 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Mon, 10 Nov 97 09:24:26 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
> Daar word in ou verhale gesê dat as mens in die nag geloop het, in sulke plekke
> waar die 'ley lines' naby die oppervlak van die aarde lê, kon jy 'n mis naby
> die grond sien .
Hi Vira
Die hele donderse land het mis op, die tyd van die jaar. As dit waar
was (van die lyne) het die lyne saam met die M40 London toe gegaan.
Elke oggend is daar mis op die pad en die 20 myl werk toe, naby
Heathrow, vat my meer as 'n uur. :-)
Daar is baie plekke hier, wat my so 'n gevoel gee soos jy beskryf het
voorheen. Die ander was Beaumaris kasteel in Anglesey, Noord Wallis
wat in 1285 gebou was. Ek weet nie of dit net die ou gebou was nie,
maar daar is 'n sin van mystery in die plek. Conway kasteel redelik
naby is net so oud, maar die gevoel is nie daar nie. Is die een dan op
'n lyn en die ander nie? Of is dit nou net ek?
Suid Afrika se lyne : Miskien 'n plek soos Makapansgat, en die
Zimbabwe ruins, Sterkfontein en so aan. Die plekke is mos almal
verbind of hoe. Ek weet hulle is almal archaelogical plekke, maar is
daar 'n ander verbintenis? Enige ander idees van so 'n lyn in SA?
Groete
Colin
|
|
|
|
|
|
Re: Oor Stonehenge [boodskap #11317 is 'n antwoord op boodskap #11265] |
Thu, 13 November 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 11/11/97 1:37PM, in message , Koos
wrote:
>
> Nie magnetiese lyne nie, maar die nuwe draak se "spine" - optiese
> vesel.
>
> snip ...
> En raai waar is die gebou?
> In Alexandria.
> En raai waar in Alexandria?
> Op die rui"nes wat volgens die Egiptenare die rui"nes van die antieke
> biblioteek van Alexandria is.
>
Hallo Koos
Dis baie interessant. Weet jy dat as optiese vesel 'compress' word, en dalk
ook deur 'n verhandingsproses gaan (ek is nie doodseker nie), kan dit in baie
oulike stene gesluip word, vir jewele. Dit het 'n tieroog (cat's eye) effek
soos dit in die lug beweeg, waarvolgens dit blyk of a ligter streep
daardeurloop, en so te sê 'n verandering van kleur plaasvind.
Die bekendste steen, wêreldwyd, vir kleurverandering kom ook van Alexandria af,
nl. die "Alexandrine" , waarvan mens deesdae hoofsaaklik net namaaksels kry.
Jou storie het my aan die korrelasie laat dink.
Beste groete,
Vira.
|
|
|
Re: Oor Stonehenge [boodskap #11318 is 'n antwoord op boodskap #11265] |
Thu, 13 November 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 11/11/97 1:37PM, in message , Koos
wrote:
>
> Nie magnetiese lyne nie, maar die nuwe draak se "spine" - optiese
> vesel.
>
> snip ...
> En raai waar is die gebou?
> In Alexandria.
> En raai waar in Alexandria?
> Op die rui"nes wat volgens die Egiptenare die rui"nes van die antieke
> biblioteek van Alexandria is.
>
Hallo Koos
Dis baie interessant. Weet jy dat as optiese vesel 'compress' word, en dalk
ook deur 'n verhandingsproses gaan (ek is nie doodseker nie), kan dit in baie
oulike stene gesluip word, vir jewele. Dit het 'n tieroog (cat's eye) effek
soos dit in die lug beweeg, waarvolgens dit blyk of a ligter streep
daardeurloop, en so te sê 'n verandering van kleur plaasvind.
Die bekendste steen, wêreldwyd, vir kleurverandering kom ook van Alexandria af,
nl. die "Alexandrine" , waarvan mens deesdae hoofsaaklik net namaaksels kry.
Jou storie het my aan die korrelasie laat dink.
Beste groete,
Vira.
|
|
|
Re: Oor Stonehenge [boodskap #11319 is 'n antwoord op boodskap #11265] |
Thu, 13 November 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 11/11/97 10:57PM, in message , Colin
wrote:
> On Tue, 11 Nov 1997 15:53:12 +0200, "Joubert Nel"
> wrote:
>
>
> Lyk my die hele idee
> van die Henge is 'n oud Engelse ding dit word nerens anders gekry soos
> wat ek lees.
>
> Groete
>
> Colin
Hi Colin , Joubert
Hier wys ek nou my onkunde in geskiedenis, maar ek het êrens gelees die "Celts"
was eintlik Duitsers gewees, wat noordwaards getrek het van die huidige
Duitsland, en van hulle het uiteindelik in Skotland geeindig - of so iets.
Ek het nie my huiswerk gedoen
in hierdie verband nie, maar sou nogal belangstel as iemand iets verder hieroor
kan inlig.
Ek het wel agtergekom, toe ek "Olde English" geleer het, dat baie woorde soort
van Duitserig geklink het. Ek dink miskien sou At ons iets van die geskiedenis
kan vertel.
Vira.
|
|
|
Re: Oor Stonehenge [boodskap #11342 is 'n antwoord op boodskap #11265] |
Fri, 14 November 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
V skryf:
> Hier wys ek nou my onkunde in geskiedenis, maar ek het êrens gelees die "Celts"
> was eintlik Duitsers gewees, wat noordwaards getrek het van die huidige
> Duitsland, en van hulle het uiteindelik in Skotland geeindig - of so
iets.
Die Kelte was mense wat in Europa noord van die Alpe,
maar suid van die "laaglande", gewoon het. Hierdie
"middellande" is min ofmeer die middelste gedeelte van
Frankryk en Duitsland. Die laaglande is die vlakte langs
die see, ongeveer 200km breed, noord van Parys ooswaarts
tot noord van Berlyn. Terwyl die Kelte tot sowat 300vC in die
"middellande" gewoon het, het die Hunne in die "laaglande"
gewoon.
Dis moelik om die genetiese verwantskap van die Kelte en
veral die Hunne vas te stel. Die Kelte was naaste verwant aan die
Italiaanse Romeine sodat ons hulle herkoms as Romaans kan
beskryf. Oor die Hunne is daar geen sekerheid nie omdat niks oor
hulle geskryf is nie. Hulle was waarskynlik van Slawiese herkoms.
Toe het die Germaanse (eers Skite, toe later Gote) stamme vanaf
die Kaukasiese berge in Oos Europa weswaarts oor die noorde van
Europa begin trek. Die Hunne wat nie ondertrou het nie, het
noord-ooswaarts langs Denemarke en Finland weg beweeg terug na
hulle Slawiese bodem. Die Kelte wat nie ondertrou het nie, het
weswaarts weg begin beweeg. Party is oor die Pirenee Spanje
(Iberiee) toe waar hulle die Baske begekom het, en ander is oor die
see na Engeland en Ierland toe waar hulle die Druide begekom het.
Hulle kon nie te hoog optrek nie want hulle het hulle vas geloop teen
die Skotte, die voorste germaanse stam wat weswaarts en toe
sommer oor die see getrek het.
Teen Ceasar se tyd het die Wesgote ('n Frankiese stam van die
Germane) reeds tot teen die Alpe in Galiiee (Frankryk) gevorder.
Ceasar het nogal uniek teenoor hulle opgetree. Hy het beveel dat
daar nie van hulle slawe gemaak sal word nie, dat hulle nie belastings
aan die keiser sou betaal nie, en dat die Romeine hulle sou help om
hulle eie wette te verbeter. ('n Geweldige eienaardig optrede vir
Ceasar spesifiek en Romeine in die algemeen. Hulle optrede was
eerder soos in Palestina.
Gevolglik het die Franke (Wesgote) heel gou hulle eie taal afgesterf
en 'n eiesoortige baster Latyn begin praat, naamlik Oufrans. (As ons
onthou dat die franke en die Frankone naverwant was en dat
Nederlands uit Frankonies ontwikkel het, dan stem dit mens tot
nadenke.) So is die Romaanse taalgroep oorgeplant op die Germaanse
taalgroep.
Intussen het dialekte in die germaanse taal ontrafel in 'n paar duidelike
tale soos byvoorbeeld Juties (Oudeens), Anglies, Nedersaksies, Frisies
en Frankonies (Ounederlands) in die laaglande. 'n Klomp Saksers, 'n
klomp Jutte en messet van die Angle trek toe stap vir stap oor die see
na die suide van Engeland toe. Daar het hulle, in samehang met die
Skotte uit die noorde, die Kelte al hoe meer na Ierland verdryf. Uit hulle
het ook die taal Oudengels ontstaan.
Die res is meer bekende geskiedenis - eers die Noormanne en toe
die Franse. Die rol van die Franse was geweldig belangrik. Hulle was
van Frankiese herkoms en alhoewel hulle hul taal vir Latyn verruil het,
het hulle die Latyn so verander (met frans as resultaat) dat dit by hulle
geaardheid aangepas het. Die gevolg was dat waar suiwer Latyn miskien
nooit 'n indruk op Oudengels sou maak nie, het Oudfrans 'n geweldige
invloed gehad. Uit hierdie invloed is Engels gebore met 'n woordeskat
wat baie groter was as Oudengels.
> Ek het nie my huiswerk gedoen
> in hierdie verband nie, maar sou nogal belangstel as iemand iets verder hieroor
> kan inlig.
Ek het ook nie my huiswerk gedoen nie. Ek skryf maar soos ek
dit vaagweg onthou.
> Ek het wel agtergekom, toe ek "Olde English" geleer het, dat baie woorde soort
> van Duitserig geklink het. Ek dink miskien sou At ons iets van die geskiedenis
> kan vertel.
Beslis Ja. Oudengels was 'n germaanse taal sonder Romaanse
(Latyne en Engels) botone. Die Frisies van vandag stem die meeste
met Oudengels ooreen. 'n Mens sou verwag het dat Nedersaksies
(Nederduits) meer met Oudengels moes ooreenstem omdat Oudengels
uit Saksies, Anglies en Jutties gevorm is.
Maar hieraan is 'n tragiese stuk geskiedenis verbonde. Laat ek dit
sommer ook vertel. Hier van die twaalfhonderds tot die vyftienhonderds
was daar 'n sterk ekonomiese opbloei in die laaglande gewees in
samehang met die seevaart. (Dit was voor die val van Konstantinopel
en dus voordat seevaart weg van Europa begin het.) Die laaglanders
het hulleself georganiseer in wat die Hansa verdrag bekend gestaan het.
Die voertaal (lingua franca) in die Hansa was Nedersaksies.
Toe word die boekdrukkuns ontdek, Konstantinopel val en die Bybel
word weer oopgemaak. Drie dinge waarmee die lekkerkry Hansas
nie meer rekening gehou het nie - geld was mos die hoogste maatstaf.
Daarna word die Bybel eers in Schwabies (Hoogduits) en toe in
Frankonies (Hooghollands) vertaal. Polities word die Hansa in twee
opgekap, die Hollandse Stateryk in die weste en die Duitse Ryk in
die ooste.
En wat van die gewone mense wat Nederskasies gepraat het? Die
Bybel is nie in Nedersaksies vertaal nie en hulle was onderwerp
aan regerings wat hulle as plat of agterlik beskou het. Hulle taal
Nedersaksies het in Nederland geleidelik vernederlands tot dialekte
wat vandag as Stellingwerfs, Twents en Gronings bekend staan.
is. Meeste Nederlanders beskou hierdie dialelkte as swak of plat
Nederlands terwyl hulle glad nie Nederlands is nie. Netso het hulle
taal in Duitsland verduits tot verskeie dialekte wat Duitsers as
swak of plat Duits beskou. Hierdie dialekte is net so min Duits.
Dis maar eers sedert 1990 wat die Nedersaksers begin het om
hulle kop op te tel. In Nederland word hierdie "dialekte" nou
as volwaardige tale beskou waarin plaaslike wette en kennis=
gewings gemaak kan word en wat as voertaal in onderwys
gebruik kan word. Die nederlanders was nog altyd meer liberaal
as die Duitsers sodat in Duitsland hierdie regte nog gebore moet
word. Die kraampyne is alreeds daar.
Die les wat ons kan leer is dat die Nedersaksers 500 jaar van
agteruitgang en vernedering op hulself gebring het deur agter
ekonomiese vooruitgang aan te hardloop in plaas van op te let
na veranderinge op 'n ho'er orde wat rondom hulle gebeur. Hoekom?
"n Mens moet nie vergeet hoe die Hansa ontstaan het nie. Die
laaste kruisvaart is deur die Nedersaksers gemaak. Die vaart
self was 'n mislukking. Maar hulle het iets geleer, naamlik hoe
belangrik dit is om iets meer as net van joue eie wereld te leer.
Met hulle terugkeer het hulle vroeg in die dertien honderds skole
en universitite begin bou wat deur die gemmenskap onderhou en
bestuur is. Hulle het het die onderwys gesosialiseer 500 jaar
voordat die Engelse die sosialisering weer uitgevind het!
Vir amper 200 jaar het dit goed gehou. Maar soos in enige
sosialisering proses is daar 'n geweldige groot gevaar, naamlik
dat gehalte vir getalle ingeboet word. Ek wens ek kan sommer
hier julle op 'n geskiedenisreis dwars oor die wereld, oor duisende
jare en oor tientalle onderwerpe van spontane self-organisasie
neem om te wys hoe maklik en tragies kwaliteit vir kwantiteit
ingeboet word. Toe die tyderk van Verligting vir die res van
noord Europa aangebreek het, was hierde mense verdonker
in hulle sug na gemak en geld.
Dit laat 'n mens dink n^e?
Alles van die beste.
At de Lange
|
|
|
|
Re: Oor Stonehenge [boodskap #11416 is 'n antwoord op boodskap #11265] |
Tue, 18 November 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vira skryf:
> Baie dankie vir hierdie interessante inligting, en vir die moeite wat jy gedoen
> het om dit te skryf. Vir iemand wat nie huiswerk gedoen het nie het jy darem
> baie kennis hieroor! Dit word baie waardeer.
Liewe Vira,
Toe ek geskryf het dat ek nie my huiswerk gedoen het
nie, het ek bedoel dat dat ek nie weer in die boeke gaan
naslaan het of my bewerings nog feitlik is nie.
My kennis oor die geskiedenis van Europa het geweldig
baie te doen met my liefde vir Afrikaans. As kind en
jongmens het ek vas geglo, soos aan my vertel is, dat
Afrikaans 'n dogtertaal van Nederlands is. Totdat ek in
1968 Wolfgang von Eschenbach se Niebulingenlied in
die oorspronklike Nedersaksies gelees het. Soos Koos
skryf, iets het in my gesnap. Ek het al hoe meer oor
Europa se vroee geskiedenis gelees om meer uit te vind
oor die mense en hulle tale waaruit Afrikaans ontwikkel
het.
Hier om en by 1972 het John Voster 'n ding gesê wat
baie mense moerig gemaak het en ander maar net gelate
aanvaar het - die Engelse was alreeds beskaafde mense
toe ons voorouers nog in gate gebly het. Snaaks, ek was
nie moerig nie. Ek was net baie bly dat ek geleentheid
gehad het om meer te kon uitvind..
Alees van die beste
At de Lange
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:40 UTC 2025
|