Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Herfs en Halloween
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11240 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Sun, 09 November 1997 00:00   |
Colin[2]
Boodskappe: 22 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Sun, 09 Nov 97 01:56:22 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
>> Al die simboliek van Kersfees ens. en meeste van die
>> simbole van die heidige "Christen" kerke het oorsprong in mysticism
>> wat die kerk eers teen was.
>
> O, daar sê jy dit nou - as ek jou reg verstaan. Maar ek raak verwarrd. Sien jy
> "mysticism" en "heidene" as dieselfde of hoe? Dit is nie vir my heeltemaal
> klar nie.
Ja, vir my is die betekenis naastenby dieselfde, alhoewel mysticism
vir my 'n sagter terme is. Miskien dink jy anders, ek sal dit waardeur
om 'n ander mening te hoor.
>
>
> Of die kerk moet eerlik wees oor die oorsprong van dinge. Toekenning gee aan
> hulle "source". Maar om mag vir hulself te eien moes kerke die oorsprong
> vernietig. En hulle mense goed indoktrineer.
En hulle market verloor? Ek dink die pad op wat ons nou is, is te
winsgewig om te verander. Dit sal natuurlik die eerlike ding wees om
te doen, maar wanneer het dit saak gemaak.
> Jy was seker al daar? Ek dink daar's 'n gevoel aan die plek, 'n geheue binne
> die rotse, wat ons twintigste eeu mense herinner dat ons nie so almagtig is
> soos ons soms dink nie. Die grandeur en die eeue wat verbygegaan het. Ons is
> maar klein en onkonsekwent vergelyk daarmee. 'n Les in nederigheid, indien
> niks anders nie.
>
Stonehenge vir my was nie so 'n roerende ondervinding nie. Miskien het
dit te doen met die A53 se verkeer wat pla. Ek verstaan van die rotse
is van Wales afkomstig, nogal 'n ver end sonder 'n John Deere of 'n
ding. Die booste vlak van die rotse is ook heeltemal op level ten
spyte dat die hele ding op 'n skynste le. Weet iemand hoekom?
Ek het ook so 'n storie gehoor van die lyne wat deur die plek loop,
het iemand ook verder kennis hieroor?
Hulle maak deesdae die plek toe oor midsummer sodat die hordes nie reg
by die plek kan kom nie. Hulle hou in elkgeval 'n groot makitie in die
omgewing. Dis nou 'n lekker tyd hier. Die son gaan sak so na tien uur
en kom vroeg in die oggend op. En dit is warm, meer soos die Durban se
hitte, vogtig en onplesierig. Vir so 'n tyd wens ek my kar
lugverkoeling het, soos in SA, maar die gevoel gaan weer gou verby.
Groete
Colin
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11256 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 10 November 1997 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"AM de Lange" writes:
Die jonste geval was laasweek toe
> 'n matriekvraestel weer uitgelek het. Dit was glo
> apartheid se skuld. Die liegery het selfs verder
> gegaan. Daar is beweer dat die uitlek van vraestelle
> gedurende die apartheid algemene praktyk was.
>
> Beste wense
> At de Lange
>
Toe ek Standerd 8 eksamen geskryf het,was een
van die onderwysers die moderator van die Biologie
vraestel, en het dus vooraf kennis van die
vrae gehad. Ons Biologie-onderwyser skool ons
toe met 'n hele paar vrae, vertel ons dat ons
dit goed moet memoriseer, en siedaar, die dag
van die eksamen toe staan daardie vrae daar,
en dit was duidelik vir al ons kinders dat
ons onderwyser inside information gehad het,
duidelik van die moderator. So, hierdie dinge
het in die ou dae gebeur, het gedurende die
apartheidsdae gebeur, en gebeur tot vandag
toe nog. So what is new?
Al wat ek weet is dat dit te maklik vir julle
wit ouens is om alles en nog wat te kritiseer.
Julle het geen besef van wat julle donker broers
vir eeue moes deurmaak nie. Hulle struikel en
hul val, maar hulle is nog nie van die misgrype
skuldig wat in die apartheidsjare gedoen is nie.
Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke
papgeslaan is, net omdat hulle iets kritiseer,
sal ek begin opgewonde raak. Ons het sopas 'n
besoekster van Suid-Afrika hier gehad, 'n
Afrikaner. Sy is nie so negatief oor Suid-Afrika
soos sommige van julle nie. Wie moet ek nou glo?
Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11257 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 10 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
V wrote in article ...
> On 11/9/97 8:56PM, in message , "Leendert van
> Oostrum" wrote:
>
>
>> V heeft geschreven in bericht ...
>
> Dagsê Leendert,
>
> Wat gaan nou aan met die "heeft geschreven ..." ens? Het ek iets gemis? Julle
> het in my afwesigheid darm baie f�ncy geword huh?
Ek het net Internet Explorer 4 se Nederlandse weergawe ge-instaleer.
Nou is my skerm veeltalig (van al die leenwoorde wat die Nederlanders
gebruik :-)
Maar daar is ook 'n ander motief - dit suggereer dalk vir partymense dat
Engels nie die enigste taal op die internet is nie - veral op die
Engelstalige poslyste :-)
>
>>
>> Wel, soos enige kommunikasiemedium kry jy 'n geweldige verskeidenheid - ook
>> wat die estetiese betref. In party kerke hoor jy Gregorian chants, Bach en
>> Handel - in ander hoor jy die soetsappigste "gospel" denkbaar. Selle met
>> traktaatjies.
>>
> Dankie vir die verduideliking. Dit versag die skok :)
>
> Eintlik sou ek baie graag een of twee van die beteres wil sien, om die konsep
> beter te verstaan. Het jy daarvan? Laat weet as jy bereid is om te stuur, en
> ek sal my posadres privaat aan jou mail.
Hm.... Self was ek nog nooit into traktaatjies uitdeel nie, so ek het nie in
voorraad nie. As ek dit begin nodig kry vir Halloween sal ek 'n paar
smaakvolles gaan soek!
Intussen behoort mens by Christelike uitgewers te kan kry - uitgewers wat
goeie gehalte boeke uitgee sal vermoedelik ook goeie gehalte traktaatjies
uitgee :-)
Ek dink nou aan 'n ding: Ek het nog nooit gehoor van iemand wat traktaatjies
versamel nie - dit kan 'n nuutjie wees as mens 'n versameldrang het :-)
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11258 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 10 November 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 11/9/97 8:59PM, in message , Colin
wrote:
> On Sun, 09 Nov 97 01:56:22 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
>
>>> Al die simboliek van Kersfees ens. en meeste van die
>>> simbole van die heidige "Christen" kerke het oorsprong in mysticism
>>> wat die kerk eers teen was.
>>
>> O, daar sê jy dit nou - as ek jou reg verstaan. Maar ek raak verwarrd. Sien
> jy
>> "mysticism" en "heidene" as dieselfde of hoe? Dit is nie vir my heeltemaal
>> klar nie.
>
> Ja, vir my is die betekenis naastenby dieselfde, alhoewel mysticism
> vir my 'n sagter terme is. Miskien dink jy anders, ek sal dit waardeur
> om 'n ander mening te hoor.
>
Hi Colin
Ek het net so bietjie deurmekaar geraak omdat jy eers gesê het die heidene het
die Christene se dinge ge-hijack, en dan later genoem het dat Kersfees ens, sy
oorsprong in mistiek het. Ek dink dit was maar 'n tikfout gewees.
Hier is hoe ek die verskil tussen die twee verstaan: (daar is baie
oorvleueling, maar daar is 'n definitiewe aldan fyn en delikate verskil.)
"Mysticism" is 'n innerlike proses, maar "Paganism" manifesteer in die wêreld
om die praktiseerder. Buite die Self. Die essensies van laasgenoemde is
sosiaal, en van eersgenoemde privaat. Die "Yogi" en die "Magus" is mystics.
"Wiccans" en "Pagans" is heidene. Een is meer aktief, die ander passief - maar
nie uitsluitlik nie. Dit is bietjie verwarrend-aktief is gewoonlik meer manlik
van aard, en die vroulike meer passief. Maar, snaaks genoeg, vind mens oor die
algemeen meer vrouens in Wicca byv., en meer manlike 'mystics'. Nietemin, is
daar orals albei geslagte. Die werk van die "Magus" is meer
serebraal-sensitief, "Paganism" meer hart en gevoelens.
Om die sosiaale verskille beter te verduidelik ... heidene hou "rites" of
sametrekkings amper soos dienste, wat in die natuur gehou word, tydens
spesifieke tye van die jaar [solar or lunar]. "Yogis" mediteer alleen, en
probeer die begrensings van die menslike ligaam te oorskry, om nader aan God te
kom.
Of 'n persoon hom/haarself 'n mistiek of 'n heiden noem, maak nie saak nie - in
die oë van onnadenkende Christene is hulle almal "Sataniste". Al is hulle lief
vir God en Jesus, en hulle medemens. Alles wat hulle doen word sonder meer as
"die duiwel se dinge" bestempel. The grootste verskil tussen hulle en Christene
is dat hulle ook glo in 'n godin "the Great Earth Mother" - die vroulike
element, wat verskillende name kan aanneem. Hulle aanbid nie Satan nie.
Sataniste doen dit - nie heidene, ens. nie.
Al gebruik sommige Christene die term "heiden" amper as 'n vloekwoord, word dit
nie as sulks gesien deur "Pagans" nie.
Groete,
V.
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11262 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 10 November 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net ...skryf:
>> As jy wil weet hoe dit gaan wanneer moord en laster
>> ongehinderd groei, kom gerus terug Suid Afrika toe en
>> bly 'n ruk hier. Die toestand hier is nie "pateties" nie, maar
>> afskuwelik.
>
> Hoe klink dit vir my nou of daar verklaar
> word dat Suid-Afrika nou so sleg is, so
> afskuwelik, dat 'n mens moet TERUGKOM om
> dit te ervaar.
Liewe Gloudina,
Ek stel dit reguit dat niks kan kers vashou by ervaring nie,
veral nie die liegstories wat hedendaags versprei word om
mening te probeer vorm nie.
> Onthou 'n hele klomp van
> ons het Suid-Afrika verlaat omdat die toestand
> so afskuwelik was dat ons nie meer daar kon
> bly nie. Dis nou natuurlik ons wat maar
> gehardloop het, en nie die wat gebly het en
> geveg het nie. En moenie vir my beskuldig
> dat ek dink die huidige regering doen alles
> reg nie. Hulle struikel en tas mis, soos
> baie regerings doen. Maar niks, niks kan
> kom by wat daar gedoen is, koelbloedig
> gedoen is, deur sommige van my eie landgenote
> gedurende die dae van apartheid nie.
Nee, moord bly moord en laster bly laster, maak
nie saak wie dit doen en om watter rede dit gedoen
is nie. Eers nadat ons daaroor saamgestem het, kan
ons begin om versagting (of verharding) van die vonnis
te pleit.
Jy pleit graag vir 'n versagte uitspraak vir die huidige
regering en 'n verharde uitspraak vir die vorige een.
Ek sal nogal graag wil weet hoekom jy so verskillend
pleit vir die twee.
Terloops, net voordat jy begin dink dat ek simpatie
met die vorige regering het. Nee, ek het sedert 1968
nie meer simpatie vir hulle nie. Maar ek het ook nie
simpatie met die huidige regering nie - om dieselfde
rede. My rede is dat enig persoon wat simpatie met
enige regering het sy/haar kop moet laat lees. Om
simpatie met 'n regering te he, is om hulle te verskoon
vir die werk (vrotsig of selfs misdadig) wat hulle moet
doen.
Die ergste is wanneer 'n regering self simpatie en
verskoning begin soek. Die vorige regering het
kommunisme as die sondebok voorgehou. Die huidige
regering hou week na week apartheid meer en meer
as sondebok. Die jonste geval was laasweek toe
'n matriekvraestel weer uitgelek het. Dit was glo
apartheid se skuld. Die liegery het selfs verder
gegaan. Daar is beweer dat die uitlek van vraestelle
gedurende die apartheid algemene praktyk was.
Beste wense
At de Lange
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11264 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 10 November 1997 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"AM de Lange" writes: >
As jy wil weet hoe dit gaan wanneer moord en laster
> ongehinderd groei, kom gerus terug Suid Afrika toe en
> bly 'n ruk hier. Die toestand hier is nie "pateties" nie, maar
> afskuwelik.
>
>> Al wat ek graag sou sien is dat mense nie hulle oortuigings op ander sal
>> afdwing nie (ek dink ons stem daar saam) maar bereid sal wees om daaroor
> te
>> gesels.
Hoe klink dit vir my nou of daar verklaar
word dat Suid-Afrika nou so sleg is, so
afskuwelik, dat 'n mens moet TERUGKOM om
dit te ervaar. Onthou 'n hele klomp van
ons het Suid-Afrika verlaat omdat die toestand
so afskuwelik was dat ons nie meer daar kon
bly nie. Dis nou natuurlik ons wat maar
gehardloop het, en nie die wat gebly het en
geveg het nie. En moenie vir my beskuldig
dat ek dink die huidige regering doen alles
reg nie. Hulle struikel en tas mis, soos
baie regerings doen. Maar niks, niks kan
kom by wat daar gedoen is, koelbloedig
gedoen is, deur sommige van my eie landgenote
gedurende die dae van apartheid nie.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11282 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Tue, 11 November 1997 00:00   |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Koos wrote:
> Wel dit HET oor al die jare gebeur...
>
Weet nie self hiervan nie, dus gaan ek nie stry nie.
> En by the way, dit hang seker af hoe n mens die nuus lees, maar hier
> in Johannesburg het dit vir my net oorgekom dat Mary Metcalf (Gauteng
> se min van onderwys) duidelik laat blyk het dat mense wat gevang word
> dat hulle vraestelle laat uitlek en probeer verkoop seriously in die
> poefies gaan wees.
Sal defnitief 'n stappie in die regte rigting wees. Het jully dalkies die
ads op bv. za.ads.misc gesien, waar een of ander spruit vraestelle
adverteer ? Die advertensies stink egter na lokval, want die persoon wou
onder andere die koper se naam en adres gehad het. EK sal nie verbaas wees
as daar wel sotte is wat daarvoor val nie :-). The mind boggles...
> En dan was daar ook mos nou die dag mense in hegtenis geneem daaroor,
> nie waar nie?
Het so iets gehoor, ja.
> Ek het werklik nie die "dis apartheid se skuld" opgetel nie.
>
Dis 'n uitlating deur Cheryl Carolus, en sy't wragtig impliseer dat dit
apartheid se skuld is dat daar vandag mense is wat die vraestelle laat
lek. Al konneksie wat ek myself moontlik kan indink is dat daar êrens in
'n kamertjie 'n staatsamptenaar (of iemand wat toegang het tot die
vraestelle) is wat 'n grudge teen die regering het. Die lelike persoon
laat dus die vraestelle lek en bedonner die matriekuitslae. Hmmm. EK sien
nog nie eintlik 'n direkte koneksie met apartheid nie...
> Miskien het iemand dalk verwys na die massiewe gemors wat oor die jare
> deur die ou onderwysdepartemente geskep is en na die nuwe bedeling
> oorgedra is?
Swak resultate is miskien nog 'n uitkoms van die swak onderwys wat kinders
in laer standerds gekry het, maar dink so daaraan: teoreties was die
kinders wat nou matriek is, in standard 7 toe die nuwe regering in 1994
oorgeneem het. Ek dink dis 'n redelike tyd, maar ek gee toe dat 7 jaar van
swak onderwys nie in drie jaar opgevang kan word nie.
Enige voorspellings wat die matriek slaagsyfer sal wees ? Ek hoop dit raak
aan 60 %, maar ek verwag 55% of selfs minder.
> Dis geen rede vir nuwe foute nie, maar hel, dit impak mos in die
> werlike lewe wel op die hede...?
Ek wonder hoe lank dit gaan neem voordat apartheid nie meer 'n
verskoning is nie. Ek stem saam met jou, die verlede impak wel op die
hede, maar wanneer hou dit op ?
H-J
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11289 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Wed, 12 November 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote:
>
> On 10 Nov 1997 12:37:15 GMT, "AM de Lange"
> wrote:
>
> > gegaan. Daar is beweer dat die uitlek van vraestelle
>> gedurende die apartheid algemene praktyk was.>>
>
> Wel dit HET oor al die jare gebeur...
O ja, dem ek kon ook onderskeidings gekry het, het seker nie die regte
mense geken nie.
>
> En by the way, dit hang seker af hoe n mens die nuus lees, maar hier
> in Johannesburg het dit vir my net oorgekom dat Mary Metcalf (Gauteng
> se min van onderwys) duidelik laat blyk het dat mense wat gevang word
> dat hulle vraestelle laat uitlek en probeer verkoop seriously in die
> poefies gaan wees.
Miesies Metcalfe het lasas jaar ook so gesê.
>
> En dan was daar ook mos nou die dag mense in hegtenis geneem daaroor,
> nie waar nie?
Dis duidelik nie die mense nie dis die donderse proses, en niks het
blykbaar verander van laas jaar nie. As jy vir mense die gap los gaat
hulel hom vat - so maak seker proses is sekuur.
>
> Ek het werklik nie die "dis apartheid se skuld" opgetel nie.
Cheryl Karolus, waarnemende sekretaris generaal van die ANC en ons
aangewese ambasadeur in die VK, het dit net so, sonder om te blik of te
bloos op apartheid geblameer. Op SABC TV nogal. So miskien moet die nuus
wat jy lees hulle job beter doen koos :)
>
> Miskien het iemand dalk verwys na die massiewe gemors wat oor die jare
> deur die ou onderwysdepartemente geskep is en na die nuwe bedeling
> oorgedra is?
>
> Dis geen rede vir nuwe foute nie, maar hel, dit impak mos in die
> werlike lewe wel op die hede...?
verskonings, verskonings, verskonings... soos dat die Wiskunde vraestel
in die Oos Kaap ook gelek is, en dat sommige kinders die verkeerd
vraestelle gekry het, en dat ander sin glad nie opgedaag het nie?
Bleddie apartheid .... sulke bliksems ne'!
Lou.
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11292 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Wed, 12 November 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> "AM de Lange" writes:
>
>
>
> Die jonste geval was laasweek toe
>> 'n matriekvraestel weer uitgelek het. Dit was glo
>> apartheid se skuld. Die liegery het selfs verder
>> gegaan. Daar is beweer dat die uitlek van vraestelle
>> gedurende die apartheid algemene praktyk was.
>>
>> Beste wense
>> At de Lange
>>
>
> Toe ek Standerd 8 eksamen geskryf het,was een
> van die onderwysers die moderator van die Biologie
> vraestel, en het dus vooraf kennis van die
> vrae gehad. Ons Biologie-onderwyser skool ons
> toe met 'n hele paar vrae, vertel ons dat ons
> dit goed moet memoriseer, en siedaar, die dag
> van die eksamen toe staan daardie vrae daar,
> en dit was duidelik vir al ons kinders dat
> ons onderwyser inside information gehad het,
> duidelik van die moderator. So, hierdie dinge
> het in die ou dae gebeur, het gedurende die
> apartheidsdae gebeur, en gebeur tot vandag
> toe nog. So what is new?
Miskine in jou dae Glouina - beslis nie in myne nie. Die hele rassisme
ding raak nou bietjie dik - as iets verkeerd gaan is dit apartheid se
skuld - toegegee - baie is maar dit is nou tyd vir ons leiers om die
skuld te neem vir hulel foute. Ons president het vanoggend op CNN die
wereld veroordeling van sy besoeke aan Gaddafi en Libie afgemaak as
Rassime aan die wereld se kant. Wel, as jy daarmee saamstem ... . Jy
weet natuurlik dat die SA matriek en grade by sommige Universiteite
oorsee nie meer erken word nie? So what is new?
> Al wat ek weet is dat dit te maklik vir julle
> wit ouens is om alles en nog wat te kritiseer.
> Julle het geen besef van wat julle donker broers
> vir eeue moes deurmaak nie. Hulle struikel en
> hul val, maar hulle is nog nie van die misgrype
> skuldig wat in die apartheidsjare gedoen is nie.
So tit for tat ne?
> Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke
> papgeslaan is, net omdat hulle iets kritiseer,
> sal ek begin opgewonde raak.
Huh? Ons het nie voorheen gekritiseer nie, (dis nou diee wat wou) want
hulle is papgeslaan in die tronke. Vra vir Carl Niehaus en sy wit anc
maters oor hul tronk ondervindinge. Opgewonde soos in lekker kry oor die
'wit seuns' nou hul verdiende loon kry?
> Ons het sopas 'n
> besoekster van Suid-Afrika hier gehad, 'n
> Afrikaner. Sy is nie so negatief oor Suid-Afrika
> soos sommige van julle nie. Wie moet ek nou glo?
>
> Gloudina Bouwer
By the way - hoe het jou besoekster se onderhoude toe gegaan - het sy
die werk gekry?
Cheers
Lou
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11302 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Thu, 13 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
> Al wat ek weet is dat dit te maklik vir julle
> wit ouens is om alles en nog wat te kritiseer.
Dit is inderdaad maklik om te kritiseer, Gloudina. Veel makliker as om te
doen. Die ANC kom dit nou agter. En dis wat so lekker is van die NSA!
> Julle het geen besef van wat julle donker broers
> vir eeue moes deurmaak nie.
Suggereer jy dat jy weet wat ons nie weet nie, Gloudina? Ramkat!
> Hulle struikel en
> hul val, maar hulle is nog nie van die misgrype
> skuldig wat in die apartheidsjare gedoen is nie.
Nie? Hoe sal jy weet, Gloudina?
> Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke
> papgeslaan is, net omdat hulle iets kritiseer,
> sal ek begin opgewonde raak.
En as dit dan uitkom dat dit oor jare/dekades gebeur het, sal jy dan sê "ek
het nie geweet nie"?
Intussen verklaar die minister van justisie in die Vrystaat dat die moorde -
dikwels gepaard met urelange marteling en verkagting - op boere, hul vroue
en kinders die regmatige gevolg is van die apartheidsverlede.
Gestel dit is inderdaad die regmatige gevolg van "die apartheidsverlede".
Dit sou beteken dat die ANC-regering dit by wyse van 'n verantwoordelike
ampsdraer goedkeur dat mense eiereg gebruik, en vermeende
apartheismisdadigers (wat tans kinders is ???) sonder verhoor die doodstraf
oplê, martel en verkrag.
Nee wat, Gloudina, wit seuns word, so ver ons weet, nie tans in die tronke
papgeslaan nie. Dit gebeur met hulle, met wit dogters, oumans en ouvrouens
sommer buite die tronke, met die medewete en uitgesproke goedkeuring van die
demokraties verkose regering, onder 'n handves van menseregte wat in sy
geskrewe vorm die aklamasie van die beskaafde wêreld kry.
Wat wet ek jou, Gloudina, dit gaan nie so lank wees voordat jy presies dit
hoor wat jy stel as kriterium vir opgewondenheid nie.
Slaap rustig, hoor!
Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11329 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Fri, 14 November 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> Lou writes:
>
>>> Ons het sopas 'n
>>> besoekster van Suid-Afrika hier gehad, 'n
>>> Afrikaner. Sy is nie so negatief oor Suid-Afrika
>>> soos sommige van julle nie. Wie moet ek nou glo?
>>>
>>> Gloudina Bouwer
>>
>> By the way - hoe het jou besoekster se onderhoude toe gegaan - het sy
>> die werk gekry?
>>
>> Cheers
>> Lou
>
> Arme ou Lou. Hy dink enigiemand wat die
> buiteland besoek, gaan vir 'n onderhoud.
> Die gras is mos altyd groener oorsee as
> in SA (vir wit seuns wat in die dae van
> melk en heuning-vir-die-wittes groot
> geword het.) Nee, ou Lou, sy het 'n goeie
> werk in SA. Haar man is 'n internasionaal-
> erkende fisikus, wat orals in universiteite
> in die buiteland maklik werk kan vind, maar
> verkies om in SA te bly. Hy het nie die
> Broederbond nodig gehad om met die leer op
> te klim nie.
>
> Gloudina
>
Grappie - maar dan is jou humorsin dalk al bietjie kanadees geword ( ter
verduideliking - 'n kanadees wat saam met my werk verstaan ook nie my
humorsin nie, eintlik het sy glad nie een nie en sy skryf dit aan haar
kanadese agtergrond toe). Anyway - so jou vriendin het 'n goeie werk,
en haar man het 'n goeie werk, het haar kinders goeie werk? Ek het 'n
goeie werk, my vrou het 'n goeie werk maar my kind ... die sondes van
die vaders ens. So gepraat van die melk en heuning - wat het jou familie
laat kwalifiseer om oorsee te gaan bly - bantoe onderwys? Ek glo van nee
maar jy is vry om met my te verskil. Van die broederbond gepraat, ek ken
niemand wat aan die broederbond of die rapportryers of klu klux klan
behoort nie, ( seker is my hare te krullerig) maar by implikasie het wit
en afrikaans by die broederbond se wheeling en dealing gebaat; ek, JY en
jou vriendin se man inkluis.
Ter afsluiting, hoe smaak die ou lekker groen grassies daar by jou
Gloudina? Lekker soet vir die 'wit seuns wat in die dae van melk en
heuning-vir-die-wittes grootgeword het' ne'!
Cheers
Lou
PS: Het jy nie so tyd gelede so gekla oor al die wittes wat so baie geld
het vir oorsese reise nie. As die nie jy was nie - my verskoning
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11332 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Fri, 14 November 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote:
>
> On Wed, 12 Nov 1997 10:58:45 +0200, Lou wrote:
>
> Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke
>>> papgeslaan is, net omdat hulle iets kritiseer,
>>> sal ek begin opgewonde raak.
>>
>> Huh? Ons het nie voorheen gekritiseer nie, (dis nou diee wat wou) want
>> hulle is papgeslaan in die tronke. Vra vir Carl Niehaus en sy wit anc
>> maters oor hul tronk ondervindinge. Opgewonde soos in lekker kry oor die
>> 'wit seuns' nou hul verdiende loon kry?>>
>
> Lou, moet jy nie miskien weer lees wat Gloudina se nie?
Nee ek het al te veel kere gehoor van gloudina se anti wit-afrikaner
standpunte. Sy het geen gevoel vir die tipe van samehorigheid (noem dit
Ubuntu as jy wil)wat ons in die land nodig het nie. Om die waarheid te
sê sy wil die witte sien ondergaan sodat sy haar handjies vryf, tong
klik en meewaring sê: "dit was hul verdiende loon". Papslaan, wit
seuns, kritiseer - dan sal sy opgewonde raak? Lees dit soos jy wil, ek
sien dit beslis nie as positief nie!
Miskien moet sy bietjie oorvlieg en vor die TRC kom getuig van hoe sleg
ons werklik was en hoe veel sy dit verafsku het. En die vlamme van rasse
haat 'n ekstra boost gee.
Cheers
Lou
|
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11380 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 17 November 1997 00:00   |
lo...
Boodskappe: 124 Geregistreer: December 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> Lou writes:
>
>>
>> Nee ek het al te veel kere gehoor van gloudina se anti wit-afrikaner
>> standpunte. Sy het geen gevoel vir die tipe van samehorigheid (noem dit
>> Ubuntu as jy wil)wat ons in die land nodig het nie. Om die waarheid te
>> sê sy wil die witte sien ondergaan sodat sy haar handjies vryf, tong
>> klik en meewaring sê: "dit was hul verdiende loon".
>
> Ag, ou Lou, jy het nog soveel om te leer.
Ja Antie - ek weet antie, sorry antie. Miskien is ek nog nie bitterbek
genoeg nie antie.
> Net soos sommige Afrikaners wat 'n paar
> jaar gelede allerhande negatiewe opmerkings
> oor "unbuntu" gemaak het, en dit nou begin
> gebruik asof hulle dit self uitgevind het.
> En dis jy wat dink ek wil "die witte sien
> ondergaan." Jy dink nog in rassistiese
> either/or terme. Ek dink aan my land en
> sy inwoners en bid dat die beker hulle sal
> verbygaan. Maar ons almal weet dat daar
> vele dinge is wat nog sal moet verander.
> Soos dat die rykdom van die land (grond,
> opvoeding, kanse) eweredig versprei oor die
> hele bevolking, sodat almal dieselfde kans
> het om rustig en vooruitstrewend te lewe.
>
> Gloudina
Wel Gloudina miskien moet jy jou posts bietjie lees - jy kraak die wit
afrikaans sprekende af so ver as jy gaan - maar jy is self onskuldig ne.
Vryf jou handjie behaaglik saam ... maar onthou voor jy bid moet jy eers
kan vergewe.
Aangaande die verspreidig van rykdom - jammer nie in die kapitalisties
model nie (ook nie die sosialisties, kommunisties of afrikanistiese nie)
- is dit hoe dinge werk nie, die mens is elk een vir homself en is altyd
bereid om te help - dis nou as ons voordeel daaruit kan kry.
>
>> Miskien moet sy bietjie oorvlieg en vor die TRC kom getuig van hoe sleg
>> ons werklik was en hoe veel sy dit verafsku het. En die vlamme van rasse
>> haat 'n ekstra boost gee.
>
> Wel ou Lou, so op 'n aweregse manier het dit
> wel al gebeur. Vier voormalige prokureurs-
> generaal (waaronder 'n neef van my) het 'n
> submissie gemaak voor die Waarheidskommissie,
> soos manne erken dat hulle ook deel aan die
> onregverdige ou bedeling gehad het, en toe
> vergifnis ontvang. Nie vergifnis van aardse
> mense nie, maar vergifnis omdat hulle bereid
> was om hulle sondes te bely, te erken dat
> hulle nie perfek is nie, en hulle geloof
> uitgespreek het in die helende funksie
> van belyding van sondes en vergifnis daarna.
> Wat 'n wonderlike platform vir sulke heling
> het Suid-Afrika nie.
>
> Gloudina
>
Wel ek het nou nie te veel vertroe in die TRC nie. Die spul wat getuig
sit net en lieg en bedrieg want daar is nie werklik 'n manier om die
getuienis te toets nie. Nog iets wat 'n gal bitter smaak in die mond
laat is al die wat nou spring om skielik te getuig - maar hulle is meer
bekommerd oor hulle eie sakke as oor die 'Reconciliation'. Daar het
bitter min daarvan nog uit die TRC gekom. Dis maklik om te gaan sê ek
het dit en dat verkeerd gedoen en ek is tog so jammer daaroor en vegewe
my asseblief dat ek kan huistoe gaan in my blink duitse vuurwa.
Onthou van die witgepleistede grafte of fariseers in die Bybelse tyd.
Nou ja meeste van die ou spul voor die TRC is daar uit bekommernis oor
hulle gatte en nie vir vergewing nie. As die regering weer verander -
sal hulle weer daar wees - in die voorste gestoeltes. En sa hul weer om
vergifnis vra ...
Ten laaste die TRC het ons nie nader aan mekaar gebring nie in teen deel
ek dink dit dryf die rasse in die land net verder uitmekaar uit. Wat
help dit iemand sê hy het jou man/kind doodgemartel, en uitgebrand en
hy is tog sooo jammer maar dit was 'n opdrag van bo - ja dit is altyd
iemand anders se skuld. (Sal jy hom kan vergewe?) Of ek was of is die
Prokureur Generaal en ek was nie bewus van alles wat gebeur het nie of
ek was bewus maar het niks daaraan gedoen nie. So abstrakte pleidooi om
vergewing help in elk geval niemand nie, dis net nog iets om op jou CV
te sit. (en te keer dat ek 'n een of ander siviele geding betrek
word).'n Spul politieke 'geposeerdery' wat niks beteken nie.
Dit moet ek jou darem ter ere gee Gloudina - jy het gewaai toe dinge nie
vir jou reg gegaan het nie, of dit nou was uit geloofs oortuiging of om
'n ander rede sal net jy self weet.
Lou
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11382 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 17 November 1997 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 17 Nov 1997 14:29:31 GMT, "AM de Lange" wrote:
[/color]
>>>> >Nie in die provinsiale onderwysdepartemente van toe nie.>>>>
>>>>
>>>> In die onderwysdepartemente van toe. Die wittes, en die bruines en die
>>>> Indiers s'n en die swartes s'n.
>>>
>>> Koos, deur "wittes" in jou lysie by te voeg, skryf jy
>>> snert. Vermoedelik probeer jy daarmee mense se menings
>>> vorm.>
>>
>> So, stel jy voor ons ignoreer die feit dat daar verskillende
>> departemente was?
>
> Koos, daar was inderdaad verskillende onderwysdepartemente.
>
> Boonop was hulle van vier verskillende soorte: nasionaal (1),
> provinsiaal (4), bantoe(1), onafhanklike state4).
>
>> Argumenteer asof apartheid nie rerig bestaan het nie?
>
> Jy argumenteer met 'n gebrek aan begripvorming wanneer jy
> iets lees. Met ander woorde, jy lees jou eie gedagtes in ander
> se woorde en probeer dan 'n argument uitlok.>>>
Jy's nogal snaaks partykeer At.
1. Ek se wat van die verskillende O-departemente?
2. Jy se ek moet dit nie vra want dit meningsvorming.
3. Ek se moet ons dan argumenteer asof dit nie so was nie?
4. Jy se nee hulle was inderdaad so verskillend.
...en voeg dan by hoe vrot ek argumenteer en hoe mense my gaan leer
ken vir hoe ek dink ens.
Ek sukkel rerig om jou te verstaan.
Jy is weird.
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11384 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 17 November 1997 00:00   |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos skryf:
>>>> Nie in die provinsiale onderwysdepartemente van toe nie.>>>>
>>>
>>> In die onderwysdepartemente van toe. Die wittes, en die bruines en die
>>> Indiers s'n en die swartes s'n.
>>
>> Koos, deur "wittes" in jou lysie by te voeg, skryf jy
>> snert. Vermoedelik probeer jy daarmee mense se menings
>> vorm.>
>
> So, stel jy voor ons ignoreer die feit dat daar verskillende
> departemente was?
Koos, daar was inderdaad verskillende onderwysdepartemente.
Boonop was hulle van vier verskillende soorte: nasionaal (1),
provinsiaal (4), bantoe(1), onafhanklike state4).
> Argumenteer asof apartheid nie rerig bestaan het nie?
Jy argumenteer met 'n gebrek aan begripvorming wanneer jy
iets lees. Met ander woorde, jy lees jou eie gedagtes in ander
se woorde en probeer dan 'n argument uitlok.
Doen so voort. Hoe meer jy dit doen, hoe meer kry die mense
op die nuusgroep kans om presies te verstaan hoe jy te werk
gaan.
> Dis n verwerplike persepsie wat jy probeer skep met jou opmerking.
En sommer net vir die wis en onwis, gee jy jouself
volpunte vir jou taktiek.
Ek dink dat die verwerping wat jy ervaar, kom van die
gesonde deel van jou verstand. Miskien moet jy probeer
wasstel wat dit eintlik wil verwerp.
Aangesien jy al te maklik iets anders lees as wat daar
staan, twyfel ek of jy die volgende sal verstaan:
*Dit is nie, was nie en sal ook nooit deel van my agenda
wees om persepsies te skep nie.
*Dis ook nie my begeerte om soos baie joernaliste te dink
nie - dat hulle almal 'n rat voor die o"e kan draai.
Maar hier op Internet sal hulle 'n nuwe manier van lieg moet
ontwikkel. Hulle ou maniere misluk pateties - die mense
kom dit te gou agter as 'n Halloween truuk..
Beste wense,
At de lange
|
|
|
|
Re: Herfs en Halloween [boodskap #11388 is 'n antwoord op boodskap #11141] |
Mon, 17 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lou wrote in article ...
> @igs.net wrote:
>> Wel ou Lou, so op 'n aweregse manier het dit
>> wel al gebeur. Vier voormalige prokureurs-
>> generaal (waaronder 'n neef van my) het 'n
>> submissie gemaak voor die Waarheidskommissie,
>> soos manne erken dat hulle ook deel aan die
>> onregverdige ou bedeling gehad het, en toe
>> vergifnis ontvang. Nie vergifnis van aardse
>> mense nie, maar vergifnis omdat hulle bereid
>> was om hulle sondes te bely, te erken dat
>> hulle nie perfek is nie, en hulle geloof
>> uitgespreek het in die helende funksie
>> van belyding van sondes en vergifnis daarna.
>> Wat 'n wonderlike platform vir sulke heling
>> het Suid-Afrika nie.
>>
>> Gloudina
>>
> Nog iets wat 'n gal bitter smaak in die mond
> laat is al die wat nou spring om skielik te getuig - maar hulle is meer
> bekommerd oor hulle eie sakke
Jy's reg, Lou. 'n Troppie angsvallige skurke wat voorsorg tref dat iemand
nie dalk 'n siviele eis teen hulle kan aanhangig maak nie.
Al "vergifnis" wat ter sprake is is 'n vrywaring teen vervolging, en al
"heling" is aan hul gemoedsrus dat hul bates veilig is.
Intussen word geen woord voor die TRC gesprak om die agtergeblewenes te
"heel" van die 400 slagoffers van halsnoermoorde nie. Kerkstraatbom? Wat was
dit?
Maar as dit sentimentele ou tantes in die buiteland laat lekker voel om te
snot en te traan met die Biskop saam, sal hulle hulle nie deur die
werklikheid laat nie verhinder nie. Otjies het maar kort gedagtes, vertel
hulle my.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:16 UTC 2025
|