Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ou Doring
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112660 is 'n antwoord op boodskap #112640] |
Fri, 02 February 2007 10:43   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" < wrote
> So baie van ons voel presies dieselfde, en dit is so tragies eintlik,
> want 'n oop forum soos hierdie bied net soveel geleenthede om van
> mekaar te leer, en gedagtes en idees uit te ruil. Ek wil self so
> graag meer met Koot en Riaan en andere hier gesels, maar elke keer
> stop ek myself, of delete die boodskap voor ek dit stuur. Selfs met
> dié ene...weet nie of ek dit gaan stuur of nie. ;)
Ek is bly jy het dit afgestuur.
Ek sou ook graag vir Koot beter wou leer ken - ek kry die gevoel: Daar's 'n
ou met diepte!
Dieselfde geld van Riaan (al verskil ek en hy polities sterk van mekaar) en
Soois Human.
En ek mis vir Otterkop!
> Dit gesê - glo my, ek is geen engeltjie nie. My naels is ook maar
> soms lekker skerp! Soos jy heel waarskynlik al kon sien in die
> argiewe waar my spore oop en bloot lê vir ewig en altyd tot my
> skaamte.
Ja. (Ek sluit myself by die "ja" in!!!)
> Steur jou nie aan daardie barbaarse semi-literate troglodyte, nie.
(Nog nooit die woord "troglodyte" gehoor nie - maar dit klink "gedrogtelik"
genoeg.)
(Wat my herinner aan onlangse huisgodsdiens waar my seun [tale is nie sy
sterk punt nie] vir ons van Simson gelees het - ons kon nie die lag
onderdruk vir "Dagon" wat "dragon" geword het nie - en "Filistyne" wat
"Filipstyne" (klink soos Philip Steyn) geword het!)
Ek wou die Namibiese Groot Gat lankal "killfile"! - dalk doen ek dit nog!
'n Mens behoort hom seker jammer te kry
- maar ek twyfel of hy selfs dié emosie werd is!
- die groot man wat net 'n seuntjie gebly het!
- wat met sy baie geld, 4x4s, kameras, en vermeende prestasies nog steeds in
die sandput speel...
- wat verlang na die dae toe hy met sy haasbek "thulke bethonderthe ethe"
kon sê -
- en swakker kinders ongestraf kon afknou.
> Jy het alreeds heeltemal teveel van jou eie kosbare tyd gemors op
> daardie vent.
Dis gewis!!!
> Dit sal 'n groot verlies vir die groep wees as jy nie meer hier
> deelneem nie.
Baie dankie, Katryn.
> Hier was al soveel pragtige mense, en elke dag hoop ek dat een van
> hulle weer hulle gesigte sal wys. Ek wens jy kon mense soos Lorinda
> en Royleen en Eugene, as voorbeeld ontmoet. Daar was vele ander ook.
> Teveel om op te noem.
> Elke dag hoop ek... elke dag....helaas...:(
Miskien moet ons elkeen maar homself behoorlik onder die vergrootglas plaas
oor hoe aantreklik ons dit vir ander deelnemers maak.
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112664 is 'n antwoord op boodskap #112639] |
Fri, 02 February 2007 11:30   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" Spesiaal vir Gloudina:[/color]
> Wat jou opmerking betref dat ek by 'n paar wyse ouens moet gaan kers
> opsteek
> oor hoe om mense sagkens te benader: Ek hoor wat jy sê en ek weet waarom Ek kan net bid dat iets soortgelyks uit my
> onbeholpe stormloop van Annette mag kom.
> Ek sou nie my asem ophou nie.
Ek bid vir haar! - en ek hoop!
Maar ek dink dit sou onbehoorlik van my wees om Annette verder hier te
bespreek.
Ek respekteer haar gevoelens en wense!
> Jy
> behoort teen hierdie tyd te besef dat
> as iemand vir jou sê hy "glo nie in
> God nie" daardie persoon 'n proses
> deurgegaan het en miskien beter
> as jy sy standpunt kan verdedig.
Ek sal my weerhou van kommentaar in die lig van wat ek hierbo gesê het.
> Dus, as jy die gesprek wil voortsit,
> help trompop loop nie. Dink maar
> aan Jesus aan die Kruis, wat vir die
> persoon langs hom sê "vandag nog
> sal jy saam met my in die paradys
> wees." Dink jy Christus het allerlei
> argumente gehad oor hoe daardie
> man moes "glo"? ( Terloops, 'n
> Buddhis het nou die dag daardie
> scenario gebruik as die beste
> voorbeeld wat hy ken van "Ch�d"
> ( die visualisasie wat Mahayana-
> Buddhiste gebruik om hulle voor
> te berei vir die dood.)
> My beste raad vir jou is om
> taamlik wyd moderne Christelike
> teologie te bestudeer, en op te
> merk hoe baie sommige van hierdie
> teoloë die ou denkwyses bevraag-
> teken.
Daar is niks nuuts in die dogmatiek en dogmatiese verskille nie! Dié soort
teoloë was daar van alle tye af.
Russell (Jehovas) se verwerping van die drie-eenheid in die 19e eeu,
byvoorbeeld, is geen nuutjie nie - hy het dit by Arius (2e eeu) gekry.
Of die pad wat die GKN met manne soos HermanWiersenga ("Verzoening als
Verandering") en homofilie ingeslaan het.
Of die sg. "nuwe reformatore" se verwerping/bevraagtekening van die
maagdelike geboorte, die opstanding uit die dood, ens. Die
"onwetenskaplike" manier waarop dié mense met die Bybel en geskiedenis
omgaan is skrikwekkend. (Bv. Hulle aanvaar 'n 2e eeuse Joodse [let wel]
tradisie wat leer dat Jesus die buite-egtelike kind van 'n Romeinse soldaat
by Maria sou wees, en verwerp die 1e eeuse maagdelike geboorte tradisie van
die 4 evangelies omdat die evangelies jonger as die Pauliniese briewe is
waarin dié maagdelike geboorte nie genoem word nie.)
Dié sg. "nuwe insigte" is so oud soos die Christelike geloof self. Daar
was van altyd af ketters en daar sal altyd wees!!!
> Soos jy weet, is ekself iemand
> wat nie in alle eerlikheid kan sê dat
> ek "in God glo" nie, want as ek dít
> sê, word daar onmiddellik daaronder
> verstaan 'n sekere konsep waarmee
> ek my nie meer kan vereenselwig nie.
> Totdat "Christene" ( veral Protestante)
> van hulle ou-Testamentiese bagasie
> ontslae raak, kan ek nie myself
> as Christen brandmerk nie. Alhoewel
> ek my graag as 'n navolger van Christus
> wil verklaar. Ironies genoeg, voel ek,
> as navolger van die Bergpredikasie,
> meer tuis by die Buddhis se sangha
> as by die Christelike gemeente.
Ek en jy sal nie saamstem oor die OT nie.
Ek wil nie soos 'n grammofoonplaat klink wat vasgehaak het deur weer en
weer te sê die NT het geen bestaansreg sonder die Oue nie! - en Jesus
is ondenkbaar sonder Abraham!
|
|
|
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112667 is 'n antwoord op boodskap #112655] |
Fri, 02 February 2007 12:16   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 2 Feb 2007 10:36:21 +0200, "Annette" wrote:
> DD, wat gaan aan? Hoekom die drie boodskappe oor dieselfde ding, een
> opvolgend op die ander?
> Word jy dan nou ook oud?:))
>
> Annette
>
>
> "Dave" wrote in message
> news:nfk5s25ovllm5ofr9fqdgltvqicn7eb4sn@4ax.com...
>> On Fri, 02 Feb 2007 07:51:22 +0200, Dave wrote:
>>>> *en jy, met jou skrywes oor budhisme,
>>>> wat op aarde het dìt met Afrikaans of die kultuur van SA te doen?
>>>> Miskien verstaan jy ook nie die eerste sin in die laaste paragraaf
>>>> nie?*
>>
>
>> http://www.africa.upenn.edu/Listserv/afk_nsg.html
>
nee Annette, ek word nie OOK oud nie, maar,
soos voorheen genoem, lees ek gewoonlik nie wat ek geskryf het,
tot na die koerant gedruk is nie. (Somtyds de amptelike uitgawe ook
heelwat later:-)
Anyway, elke keer wanneer die publikasie reeds op die rakke was,
het ek gesien dat daar nog iets was wat ek wou byvoeg, die
laaste keer was dit die URL. Kan nie onthou wat dit die 2de keer was
nie, en ek is nie nuuskierig genoeg om te gaan kyk nie:-)
O ja, die 2de keer het ek 'n verwysing verduidelik, die een oor die
flames en beledigings. Die 3de keer die URL.
Maar ek het ook by elke nuwe uitgawe die deel soos hierbo bygevoeg,
omdat daar stadige mense ook in die ng is, wat dit 'n paar keer moet
sien eer dit insink.
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wil dalk tog [boodskap #112787 is 'n antwoord op boodskap #112775] |
Wed, 07 February 2007 18:08   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" skryf:
> "Koot" skryf
>
>> Wat ek wel sou wou doen, is om met iemand wat min of meer soos ek
>> voel, die fassinerende implikasies te deurpraat van dinge soos: wat is
>> die bepalers van moraliteit as dit dan nie Bybelse norme is nie
Mosterd na die maal - maar my "take" hierop is so effe anders as
Hessie s'n.
Ek reken as mens regtig wil kyk na die bepalers van moraliteit, moet
mens dalk eers tot 'n ooreenkoms kom van wat jy verstaan met die
begrip "moraliteit". Soos jy seker al agtergekom het uit my vorige
boodskappe, voel ek dat meeste konsepte, soos moraliteit as voorbeeld,
is kultuurgebonde.
Moraliteit en etiek is 2 konsepte o.a, wat die heeltyd deur
verskillende kulture en invloede van samelewings op mekaar, ewolueer -
groei en verander tot meerdere en mindere mates.
Volgens die Stanford Encyclopedia of Philosophy:
"The term 'morality' can be used either
1. descriptively to refer to a code of conduct put forward by a
society or,
1. some other group, such as a religion, or
2. accepted by an individual for her own behavior or
2. normatively to refer to a code of conduct that, given specified
conditions, would be put forward by all rational persons."
Dus, sou ek graag wou weet watter een van die bogenoemde 2 definisies
vir jou meer sin maak?
Ek dwaal af, maar neem byvoorbeeld die konsep van blydskap
(happiness). In verskillende kulture, het die konsep verskillende
betekenisse. Dus 'n sosiale konstruksie. Socrates was byvoorbeeld
bly (happy) om die dood te verkies. Wie van ons sou vandag bly wees
oor so iets/keuse?
Ek noem bogenoemde, want ek het eenkeer 'n boek gelees oor die
'Morality of Happiness" , maar kan nou om die dood nie onthou deur wie
dit geskryf was nie. Elkgeval...
Dan is daar die studieveld van Deontologie - kortliks 'n studie van
morele imperatiewe. Wat dit behels en hoe ons dit interpreteer. Dit
is ook hier waar baie mense die "god" konsep en gelowe inbring, en
reken dat hierdie imperatiewe deur die Republikeine, of God of 'n
liggaam van wetgewers uitgereik word. Is dit die geval? Ek reken
nee.
|
|
|
|
Re: Wil dalk tog [boodskap #112793 is 'n antwoord op boodskap #112787] |
Thu, 08 February 2007 07:23   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn wrote:
> Ek reken as mens regtig wil kyk na die bepalers van moraliteit, moet
> mens dalk eers tot 'n ooreenkoms kom van wat jy verstaan met die
> begrip "moraliteit". Soos jy seker al agtergekom het uit my vorige
> boodskappe, voel ek dat meeste konsepte, soos moraliteit as voorbeeld,
> is kultuurgebonde.
> Moraliteit en etiek is 2 konsepte o.a, wat die heeltyd deur
> verskillende kulture en invloede van samelewings op mekaar, ewolueer -
> groei en verander tot meerdere en mindere mates.
>
Ek stem saam, en dit maak dit 'n bogger om vas te vat.
As 'n mens Bybelse norme sou prysgee, is jy min of meer in vryval want
enige ander opsie kan dan vir jou geldig wees. Wat ek van Gloudina s'n
hou, is dat die gemeenskaplike belang as norm geneem word. Ek skat dis
wat ons SA Grondwet probeer wees. Natuurlik gaan jy faksies affronteer
- hier by ons is seksionele belange 'n groot twispunt. Soms moet die
gemeenskaplike belang gekomprommiteer word om sommige seksionele
belange te dien - ons wil bv. graag Afrikaans as taal behou deur te
probeer verseker dat Afrikaanse tersi?re studies moontlik bly.
> Volgens die Stanford Encyclopedia of Philosophy:
> "The term 'morality' can be used either
> 1. descriptively to refer to a code of conduct put forward by a
> society or,
> 1. some other group, such as a religion, or
> 2. accepted by an individual for her own behavior or
> 2. normatively to refer to a code of conduct that, given specified
> conditions, would be put forward by all rational persons."
>
> Dus, sou ek graag wou weet watter een van die bogenoemde 2 definisies
> vir jou meer sin maak?
>
Beide. Altwee lyk vir my na die gevolg van een of ander oorsaak of
situasie. As ons met 'n ruimteskip op Mars gestrand sou word, sou ons
gou tot 'n gemeenskaplike besluit moet kom oor korrekte gedrag (Bly
die groep bymekaar? Wie gaan ons eerste opeet?).
So, lyk my ek behoort eerder te wonder wat die dryfvere is, en vir my
lyk dit asof dit die gegewe situasie is. Wat reg was in die ou SA is
dalk sleg in die nuwe. Moraliteit het beslis hier 'n grondverskuiwing
ondergaan.
> Dan is daar die studieveld van Deontologie - kortliks 'n studie van
> morele imperatiewe. Wat dit behels en hoe ons dit interpreteer. Dit
> is ook hier waar baie mense die "god" konsep en gelowe inbring, en
> reken dat hierdie imperatiewe deur die Republikeine, of God of 'n
> liggaam van wetgewers uitgereik word. Is dit die geval? Ek reken
> nee.
Klink my ek sal graag meer daaroor wil lees. Dis dalk presies wat ek
lig oor soek!
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wil dalk tog [boodskap #112806 is 'n antwoord op boodskap #112793] |
Thu, 08 February 2007 19:05   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Koot" skryf:
> As 'n mens Bybelse norme sou prysgee, is jy min of meer in vryval want
> enige ander opsie kan dan vir jou geldig wees. Wat ek van Gloudina s'n
> hou, is dat die gemeenskaplike belang as norm geneem word.
Ek gorrel nou maar net - maar is norme nie maar altyd iets wat
gemeenskaplike belang vooropstel nie? Die blanke Suid Afrikaanse
kultuur en as sulks norme, het hoofsaaklik op die Christelike leer
gerus en is daardeur gevorm. Maar as mens begin kyk na daardie norme
- neem byvoorbeeld die 10 gebooie waarop ons regstelsel vandag nog tot
'n groot mate rus. Waar kom dit vandaan? Van Moses af? Nee - dit
kom van Hammurabi af. Met sy bekende 'oog vir 'n oog' gesegde.
Daardie amper 4 millenia oer-oue IRAKEES!! :) Vandag sou hy dalk 'n
Moslem gewees het. So, kan jy deur die bank na al die sogenaamde
waarde oordele kyk wat gewoonlik as bybels of Christelik beskou word,
en jy sal agterkom dat dit eintlik maar net geleende konsepte van
vroeë/ou kulture is. Die geloof aspek daarvan is iets anders, maar ek
verwys nou suiwer net na die waarde-oordele of norme.
Punt is, wat vir een kultuur werk, sal nie noodwendig geldig wees vir
'n ander kultuur nie. En dit is dalk ook julle probleem in Suid
Afrika? Julle gaan heelwaarskynlik nog lang kraampyne moet verduur,
voordat die babatjie (nuwe kultuur) sy verskyning gaan maak.
Interessante tye.
|
|
|
|
Re: Wil dalk tog [boodskap #112817 is 'n antwoord op boodskap #112806] |
Fri, 09 February 2007 08:45   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn wrote:
> Ek gorrel nou maar net - maar is norme nie maar altyd iets wat
> gemeenskaplike belang vooropstel nie?
Ek dink so, ja, maar die gevaar is dat, as 'n bepaalde groep die mag
het, hy sy seksionele belange op die gemeenskap afdwing, soos met
sharia-wette in moslemlande. Of, ja, soos apartheid.
> Punt is, wat vir een kultuur werk, sal nie noodwendig geldig wees vir
> 'n ander kultuur nie. En dit is dalk ook julle probleem in Suid
> Afrika? Julle gaan heelwaarskynlik nog lang kraampyne moet verduur,
> voordat die babatjie (nuwe kultuur) sy verskyning gaan maak.
> Interessante tye.
Nes jy sê, juis.Die ander probleem is as daar groot verskille is in
hierdie groepe se seksionele belange. Ons sou graag op 'n referendum
wou aandring vir die doodstraf, maar ons sou graag 'n referendum oor
die verspreiding van rykdom vermy.
|
|
|
Re: Wil dalk tog - Gloudina [boodskap #112839 is 'n antwoord op boodskap #112800] |
Fri, 09 February 2007 13:28  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
camerama skryf
> Kristelikheid
"Christianity"
>> ( wat is die Afrikaans daarvoor
Nee, Christelikheid is nie die
regte woord vir "Christianity"
wanneer jy die hele teologiese
persuasie en sy geskiedkundige
implikasies wil beskryf nie.
Christelikheid is nie dit wat
opgemarsjeer het teen die
Middel Ooste gedurende die
Kruistogte nie. Ek dink mens
behoort dit miskien te beskryf
as "Christendom". Christelikheid
is wat in die Bergpredikasie
beskryf word.
Gloudina
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 05:04:33 UTC 2025
|