Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat van hierdie?
Wat van hierdie? [boodskap #112666] |
Vr., 02 Februarie 2007 12:12  |
Dave Jones
Boodskappe: 11 Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Natuurlik praat FW de Klerk k@k, die ou egbreker en uitverkoper.
Toe hy moes onderhandel, toe vry hy eerder.
--
|
|
|
|
Wat van hierdie? [boodskap #112685 is 'n antwoord op boodskap #112666] |
Vr., 02 Februarie 2007 21:36   |
Dave Jones
Boodskappe: 11 Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Skool wen in hof vir Afrikaans
Alet Rademeyer
'n Slag is gister in die Pretoriase hooggeregshof geslaan vir
moedertaalonderrig in Afrikaans.
Dié hof het 'n tussentydse bevel toegestaan wat verbied dat die
Hoërskool Ermelo in Mpumalanga se taalbeleid van enkelmedium Afrikaans
na parallelmedium verander word.
Dit kom nadat die beheerliggaam van dié skool hom vandeesweek tot die
hof gewend het om te vra dat 'n besluit van 'n komitee, wat deur die
provinsiale onderwysdepartement aangestel is om die skool se taalbeleid
te wysig, tersyde gestel word.
Mnr. Johan Ernst, voorsitter van die beheerliggaam, het gesê hy is
verlig oor die uitspraak. "Ons is bly dat die tradisies van die skool
bevestig is en beskou hierdie as 'n sterk uitspraak vir die reg wat
Afrikaans het."
Regter Bill Prinsloo het in die guns van die beheerliggaam beslis. Hy
het gelas dat die taalbeleid waarop die komitee besluit het, onmiddellik
opgeskort word hangende die finale beregting van 'n substantiewe
hofaansoek.
Prinsloo het na Ermelo verwys as 'n "ou, bekende skool wat oor dekades
sy leerlinge in Afrikaans opgevoed het en landwyd 'n baie goeie
reputasie het rakende akademiese uitnemendheid, sport en kulturele
prestasies".
Hy het beslis die skool moet met sy taalbeleid van Afrikaans voortgaan
soos wat dit was voor die aanstelling van die komitee.
Hy het voorts gelas dat die skoolhoof verbied word om uitvoering aan die
komitee se taalbeleid te gee wanneer leerlinge toegelaat word.
Hy het in sy uitspraak gesê dat daar prima facie bewys vir 'n
hersieningsaansoek is dat die onderwyshoof oorhaastig en onbillik
opgetree het en byna sonder kennisgewing en konsultasie die bevoegdheid
om oor die taalbeleid te besluit uit die hande van die beheerliggaam
geneem en aan die komitee oorhandig het. Volgens hom blyk daar 'n
desperaatheid by die onderwyshoof te gewees het om die 113 leerlinge by
die skool ingeskryf te kry 15 dae nadat die nuwe skooljaar begin het.
Uiteindelik het net 13 leerlinge opgedaag.
Hy het gesê daar is ook prima facie bewys dat die onderwyshoof op 'n
"onbehoorlike wyse sy wil op die skool wou afdwing en daar is sterk
aanduidings dat die komitee nie onafhanklik gefunksioneer het nie, maar
in opdrag van die departementshoof. Dit dui op on-reëlmatigheid."
Terwyl die regspan van die onderwysdepartement aangevoer het dat die
onderwyshoof opgetree het soos hy het omdat ander omliggende skole vol
is en omdat daar leë klasse in Hoërskool Ermelo is, was Prinsloo oortuig
deur die argument van die aansoeker dat die skool "vanweë sy
veelsydigheid en spesiale kursusse al die klasse benut en moet benut".
In die uitspraak is ook verwys na korrespondensie wat geruime tyd tussen
die departement en skool gevoer is oor die onbevredigende situasie
rondom akkommodasie van leerlinge. Die departement is gemaan om vooruit
te beplan en om ouers en skoliere verleentheid en ongerief te spaar.
Daar is ook vroeër alternatiewe voorstelle aan die departement gemaak
oor lokale wat geskik is om as skole ingerig te word. Die departement
het egter geen rede aangevoer waarom dié lokale nie geskik is nie.
Hoërskool Ermelo was ook vyf jaar gelede in die nuus toe die skorsing
van die hoof en adjunkhoof en die ontbinding van die beheerliggaam in
die Pretoriase hooggeregshof tersyde gestel is.
Die departement moes die regskoste in dié saak betaal.
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 22 16:00:30 UTC 2025
|