Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ou Doring
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112658 is 'n antwoord op boodskap #112637] Vr, 02 Februarie 2007 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
>
> Ek sou graag wou sien dat jy die sprong
> maak en deelneem. Ek kan jou wed dat
> as jy ernstig en oortuigend oor jou eie
> geloof praat, jy ernstige en respekvolle
> antwoorde en vrae kry.
>
> Gloudina

Goed, ek sal probeer. Ek is net nog besig om die ramifikasies van my
besluite te bereken. Dis vir my 'n baie interessante tyd, want ek moet
dinge soos moraliteit, spiritualiteit en werklikheid herdink. Veral
moraliteit. O ja, en spiritualiteit - as mens spiritualiteit ontken,
hoe verklaar jy jou eie ek-wees? Is jy net 'nou'? Hoekom nou?
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112659 is 'n antwoord op boodskap #112641] Vr, 02 Februarie 2007 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
> Ek sou nogal graag byvoorbeeld meer wil gesels oor Calvinism met mense
> soos jy en Torreke en Francois en Riaan, ens,. want ek reken dat my
> eie misnoeë daaroor is weens gebrek aan kennis - is alle vorme van
> intoleransie nie maar juis ook net 'n gebrek aan kennis/verstaan nie?
> Ek wonder maar net...;)

Ek formuleer elke keer 'n vreeslike elegante respons, en elke keer
sluk die internet my brose pogings in. Dit laat 'n mens dink...

Ek sou ook bitter graag meer wou gesels, maar ek dink ons behoeftes
verskil. Ek was voorheen aktief en hartstogtelik 'binne die kring',
maar is nie meer nie. Ek wil niemand met my menings besoedel nie, want
ek dink die kerk het 'n baie heilsame en noodsaaklike rol en ek wil
nie die afmaak wat dit in stand hou nie.
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112660 is 'n antwoord op boodskap #112640] Vr, 02 Februarie 2007 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" < wrote
> So baie van ons voel presies dieselfde, en dit is so tragies eintlik,
> want 'n oop forum soos hierdie bied net soveel geleenthede om van
> mekaar te leer, en gedagtes en idees uit te ruil. Ek wil self so
> graag meer met Koot en Riaan en andere hier gesels, maar elke keer
> stop ek myself, of delete die boodskap voor ek dit stuur. Selfs met
> dié ene...weet nie of ek dit gaan stuur of nie. ;)

Ek is bly jy het dit afgestuur.

Ek sou ook graag vir Koot beter wou leer ken - ek kry die gevoel: Daar's 'n
ou met diepte!
Dieselfde geld van Riaan (al verskil ek en hy polities sterk van mekaar) en
Soois Human.
En ek mis vir Otterkop!

> Dit gesê - glo my, ek is geen engeltjie nie. My naels is ook maar
> soms lekker skerp! Soos jy heel waarskynlik al kon sien in die
> argiewe waar my spore oop en bloot lê vir ewig en altyd tot my
> skaamte.

Ja. (Ek sluit myself by die "ja" in!!!)

> Steur jou nie aan daardie barbaarse semi-literate troglodyte, nie.

(Nog nooit die woord "troglodyte" gehoor nie - maar dit klink "gedrogtelik"
genoeg.)
(Wat my herinner aan onlangse huisgodsdiens waar my seun [tale is nie sy
sterk punt nie] vir ons van Simson gelees het - ons kon nie die lag
onderdruk vir "Dagon" wat "dragon" geword het nie - en "Filistyne" wat
"Filipstyne" (klink soos Philip Steyn) geword het!)

Ek wou die Namibiese Groot Gat lankal "killfile"! - dalk doen ek dit nog!

'n Mens behoort hom seker jammer te kry
- maar ek twyfel of hy selfs dié emosie werd is!
- die groot man wat net 'n seuntjie gebly het!
- wat met sy baie geld, 4x4s, kameras, en vermeende prestasies nog steeds in
die sandput speel...
- wat verlang na die dae toe hy met sy haasbek "thulke bethonderthe ethe"
kon sê -
- en swakker kinders ongestraf kon afknou.

> Jy het alreeds heeltemal teveel van jou eie kosbare tyd gemors op
> daardie vent.

Dis gewis!!!

> Dit sal 'n groot verlies vir die groep wees as jy nie meer hier
> deelneem nie.

Baie dankie, Katryn.

> Hier was al soveel pragtige mense, en elke dag hoop ek dat een van
> hulle weer hulle gesigte sal wys. Ek wens jy kon mense soos Lorinda
> en Royleen en Eugene, as voorbeeld ontmoet. Daar was vele ander ook.
> Teveel om op te noem.
> Elke dag hoop ek... elke dag....helaas...:(

Miskien moet ons elkeen maar homself behoorlik onder die vergrootglas plaas
oor hoe aantreklik ons dit vir ander deelnemers maak.
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112664 is 'n antwoord op boodskap #112639] Vr, 02 Februarie 2007 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" Spesiaal vir Gloudina:[/color]

> Wat jou opmerking betref dat ek by 'n paar wyse ouens moet gaan kers
> opsteek
> oor hoe om mense sagkens te benader: Ek hoor wat jy sê en ek weet waarom Ek kan net bid dat iets soortgelyks uit my
> onbeholpe stormloop van Annette mag kom.

> Ek sou nie my asem ophou nie.

Ek bid vir haar! - en ek hoop!
Maar ek dink dit sou onbehoorlik van my wees om Annette verder hier te
bespreek.
Ek respekteer haar gevoelens en wense!

> Jy
> behoort teen hierdie tyd te besef dat
> as iemand vir jou sê hy "glo nie in
> God nie" daardie persoon 'n proses
> deurgegaan het en miskien beter
> as jy sy standpunt kan verdedig.

Ek sal my weerhou van kommentaar in die lig van wat ek hierbo gesê het.

> Dus, as jy die gesprek wil voortsit,
> help trompop loop nie. Dink maar
> aan Jesus aan die Kruis, wat vir die
> persoon langs hom sê "vandag nog
> sal jy saam met my in die paradys
> wees." Dink jy Christus het allerlei
> argumente gehad oor hoe daardie
> man moes "glo"? ( Terloops, 'n
> Buddhis het nou die dag daardie
> scenario gebruik as die beste
> voorbeeld wat hy ken van "Ch�d"
> ( die visualisasie wat Mahayana-
> Buddhiste gebruik om hulle voor
> te berei vir die dood.)
> My beste raad vir jou is om
> taamlik wyd moderne Christelike
> teologie te bestudeer, en op te
> merk hoe baie sommige van hierdie
> teoloë die ou denkwyses bevraag-
> teken.

Daar is niks nuuts in die dogmatiek en dogmatiese verskille nie! Dié soort
teoloë was daar van alle tye af.

Russell (Jehovas) se verwerping van die drie-eenheid in die 19e eeu,
byvoorbeeld, is geen nuutjie nie - hy het dit by Arius (2e eeu) gekry.

Of die pad wat die GKN met manne soos HermanWiersenga ("Verzoening als
Verandering") en homofilie ingeslaan het.

Of die sg. "nuwe reformatore" se verwerping/bevraagtekening van die
maagdelike geboorte, die opstanding uit die dood, ens. Die
"onwetenskaplike" manier waarop dié mense met die Bybel en geskiedenis
omgaan is skrikwekkend. (Bv. Hulle aanvaar 'n 2e eeuse Joodse [let wel]
tradisie wat leer dat Jesus die buite-egtelike kind van 'n Romeinse soldaat
by Maria sou wees, en verwerp die 1e eeuse maagdelike geboorte tradisie van
die 4 evangelies omdat die evangelies jonger as die Pauliniese briewe is
waarin dié maagdelike geboorte nie genoem word nie.)

Dié sg. "nuwe insigte" is so oud soos die Christelike geloof self. Daar
was van altyd af ketters en daar sal altyd wees!!!

> Soos jy weet, is ekself iemand
> wat nie in alle eerlikheid kan sê dat
> ek "in God glo" nie, want as ek dít
> sê, word daar onmiddellik daaronder
> verstaan 'n sekere konsep waarmee
> ek my nie meer kan vereenselwig nie.
> Totdat "Christene" ( veral Protestante)
> van hulle ou-Testamentiese bagasie
> ontslae raak, kan ek nie myself
> as Christen brandmerk nie. Alhoewel
> ek my graag as 'n navolger van Christus
> wil verklaar. Ironies genoeg, voel ek,
> as navolger van die Bergpredikasie,
> meer tuis by die Buddhis se sangha
> as by die Christelike gemeente.

Ek en jy sal nie saamstem oor die OT nie.

Ek wil nie soos 'n grammofoonplaat klink wat vasgehaak het deur weer en
weer te sê die NT het geen bestaansreg sonder die Oue nie! - en Jesus
is ondenkbaar sonder Abraham!
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112667 is 'n antwoord op boodskap #112655] Vr, 02 Februarie 2007 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 2 Feb 2007 10:36:21 +0200, "Annette" wrote:

> DD, wat gaan aan? Hoekom die drie boodskappe oor dieselfde ding, een
> opvolgend op die ander?
> Word jy dan nou ook oud?:))
>
> Annette
>
>
> "Dave" wrote in message
> news:nfk5s25ovllm5ofr9fqdgltvqicn7eb4sn@4ax.com...
>> On Fri, 02 Feb 2007 07:51:22 +0200, Dave wrote:


>>>> *en jy, met jou skrywes oor budhisme,
>>>> wat op aarde het dìt met Afrikaans of die kultuur van SA te doen?
>>>> Miskien verstaan jy ook nie die eerste sin in die laaste paragraaf
>>>> nie?*
>>
>




>> http://www.africa.upenn.edu/Listserv/afk_nsg.html
>

nee Annette, ek word nie OOK oud nie, maar,
soos voorheen genoem, lees ek gewoonlik nie wat ek geskryf het,
tot na die koerant gedruk is nie. (Somtyds de amptelike uitgawe ook
heelwat later:-)

Anyway, elke keer wanneer die publikasie reeds op die rakke was,
het ek gesien dat daar nog iets was wat ek wou byvoeg, die
laaste keer was dit die URL. Kan nie onthou wat dit die 2de keer was
nie, en ek is nie nuuskierig genoeg om te gaan kyk nie:-)
O ja, die 2de keer het ek 'n verwysing verduidelik, die een oor die
flames en beledigings. Die 3de keer die URL.

Maar ek het ook by elke nuwe uitgawe die deel soos hierbo bygevoeg,
omdat daar stadige mense ook in die ng is, wat dit 'n paar keer moet
sien eer dit insink.

DD
Grotbewoners [boodskap #112682 is 'n antwoord op boodskap #112660] Vr, 02 Februarie 2007 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> (Nog nooit die woord "troglodyte" gehoor nie - maar dit klink "gedrogtelik"
> genoeg.)

Giegiegie....dis maar eintlik net 'n "caveman" :) In die bybel - toe
Dawid in die grot van Adullam gaan wegkruip het, was daar verwys na
hierdie gedroggies - 'n hele kolonie van hulle. ;)

> (Wat my herinner aan onlangse huisgodsdiens waar my seun [tale is nie sy
> sterk punt nie] vir ons van Simson gelees het - ons kon nie die lag
> onderdruk vir "Dagon" wat "dragon" geword het nie - en "Filistyne" wat
> "Filipstyne" (klink soos Philip Steyn) geword het!)

Giegigie - jou seun klink baie oulik. Ek ken 'n paar Philip Steyn's
en een kan definitief as 'n Filistyn beskryf word....:))))
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112683 is 'n antwoord op boodskap #112659] Vr, 02 Februarie 2007 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf:

> Ek formuleer elke keer 'n vreeslike elegante respons, en elke keer
> sluk die internet my brose pogings in. Dit laat 'n mens dink...

So 'n wurm!!! ;)
Ai, maar ek wens ek kon een van daardie elegante pogings gelees het -
alhoewel dié ene wat toe nie ingesluk was nie was sommer heel verfynd
en delikaat ook - te elegant vir die ongesofistikeerde Katryn in
elkgeval. ;))

> Ek sou ook bitter graag meer wou gesels, maar ek dink ons behoeftes
> verskil. Ek was voorheen aktief en hartstogtelik 'binne die kring',
> maar is nie meer nie. Ek wil niemand met my menings besoedel nie, want
> ek dink die kerk het 'n baie heilsame en noodsaaklike rol en ek wil
> nie die afmaak wat dit in stand hou nie.

Ek dink ek verstaan, Koot. En dit is goed. Eendag sal daar dalk 'n
geleentheid wees vir ons om gedagtes te deel.
Kyk hoe mooi sit ek nou op my hande hier?
;))
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112706 is 'n antwoord op boodskap #112664] So, 04 Februarie 2007 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Ek wil nie soos 'n grammofoonplaat klink wat vasgehaak het deur weer en
> weer te sê die NT het geen bestaansreg sonder die Oue nie! - en Jesus
> is ondenkbaar sonder Abraham!-

Eintlik is daar niks "verkeerd" in jou
standpunt oor die plek wat die Ou
Testamentiese scene in die meeste
moderne Christelike standpunte het
nie. Dis nie die Judaistiese deel van
die teologiese gesprek wat die moeilik-
heid veroorsaak nie. Dis die Griekse
erfenis wat daarop staan dat daar 'n
"God" is.

Gloudina
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112707 is 'n antwoord op boodskap #112659] So, 04 Februarie 2007 00:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

> Ek sou ook bitter graag meer wou gesels, maar ek dink ons behoeftes
> verskil. Ek was voorheen aktief en hartstogtelik 'binne die kring',
> maar is nie meer nie. Ek wil niemand met my menings besoedel nie, want
> ek dink die kerk het 'n baie heilsame en noodsaaklike rol en ek wil
> nie die afmaak wat dit in stand hou nie.

Ek dink dis juis mense soos jy
wat moet deelneem aan hierdie
soort gesprekke. Dis wanneer
mense soos jy nie deelneem aan
die gesprek nie, dat dit ontaard in
wilde wragtige argumente voor en
teen dinge wat eintlik nie in die
gesprek hoort nie.

Gloudina
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112708 is 'n antwoord op boodskap #112631] So, 04 Februarie 2007 00:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> En kan sy venynig raak?
> - soos toe sy my onlangs "'n Christelike chauvinistiese vark" genoem het.
> Ek wag nou nog dat sy die bewyse verskaf van dit wat sy my van beskuldig
> het.

Wel, Torreke. Jy ken die uitdrukking
male chauvinist pig. Nouja, jy het so
wild tekere gegaan en vir Suidwester
op 'n baie onchristelike manier begin
uitjou ( gaan lees maar weer jou
poste) dat ek net daar en dan besluit
het om jou bietjie van jou eie medisyne
te gee. Dis daarom dat ek jou 'n
Christelike chauvinist pig genoem het.
Eintlik moes ek nie die woord Christelik
gebruik het nie, want daardie woord het
vir my persoonlik positiewe konnotasies.
Eintlik moes ek vir jou "judeo-greek
cult chauvinist pig" genoem het. Ek
het begin glo dat jy meer skade aan
die Christelike leer doen op die manier
waarop jy teen Suidwester te velde
getrek het, en ek wou jou in die bek
ruk.
Ek sou graag baie meer van jou
hoor oor teologiese sake. Maar moet
dit nou altyd gepaard gaan met so
'n chauvinistiese gestorm oor die
totale regheid van jou eie opvattings,
en so neerhalend oor enigiemand wat
met jou verskil? Is dit wat hulle vir
jou in die kweekskool leer?

Gloudina
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112722 is 'n antwoord op boodskap #112708] Ma, 05 Februarie 2007 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" <wrote
> "Torreke" skryf
> Maar moet
> dit nou altyd gepaard gaan met so
> 'n chauvinistiese gestorm oor die
> totale regheid van jou eie opvattings,
> en so neerhalend oor enigiemand wat
> met jou verskil?

Kan jy bekostig om vingers te wys?
Re: Proselitisme - was Re: Die ou Doring [boodskap #112723 is 'n antwoord op boodskap #112706] Ma, 05 Februarie 2007 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" <wrote
"Torreke" skryf

> Ek wil nie soos 'n grammofoonplaat klink wat vasgehaak het deur weer en
> weer te sê die NT het geen bestaansreg sonder die Oue nie! - en Jesus
> is ondenkbaar sonder Abraham!-

Eintlik is daar niks "verkeerd" in jou
standpunt oor die plek wat die Ou
Testamentiese scene in die meeste
moderne Christelike standpunte het
nie. Dis nie die Judaistiese deel van
die teologiese gesprek wat die moeilik-
heid veroorsaak nie. Dis die Griekse
erfenis wat daarop staan dat daar 'n
"God" is.

Ek sal beslis ook nie saamstem met enige stelling dat die bestaan van God
relatief is nie. God is of Hy is nie - daar's nie "in between nie"
Re: Grotbewoners [boodskap #112724 is 'n antwoord op boodskap #112682] Ma, 05 Februarie 2007 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" < wrote

> Giegiegie....dis maar eintlik net 'n "caveman" :) In die bybel - toe
> Dawid in die grot van Adullam gaan wegkruip het, was daar verwys na
> hierdie gedroggies - 'n hele kolonie van hulle. ;)

Hier's ook 'n hele kolonie van hulle!

> Giegigie - jou seun klink baie oulik. Ek ken 'n paar Philip Steyn's
> en een kan definitief as 'n Filistyn beskryf word....:))))

Hy is 'n oulike seun! Stiefseun, eintlik, maar ons verhouding is so heg
pa-seun dat daar niks stiefs in is nie. In baie opsigte is ons so eenders
dat hy my biologiese seun kon gewees het!
Re: Grotbewoners [boodskap #112725 is 'n antwoord op boodskap #112682] Ma, 05 Februarie 2007 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:ugp6s2l3fni170ge6drp661u90t9olichp@4ax.com...
> "Torreke" skryf:
>
>> (Nog nooit die woord "troglodyte" gehoor nie - maar dit klink
>> "gedrogtelik"
>> genoeg.)
>
> Giegiegie....dis maar eintlik net 'n "caveman" :) In die bybel - toe
> Dawid in die grot van Adullam gaan wegkruip het, was daar verwys na
> hierdie gedroggies - 'n hele kolonie van hulle. ;)
>
>> (Wat my herinner aan onlangse huisgodsdiens waar my seun [tale is nie sy
>> sterk punt nie] vir ons van Simson gelees het - ons kon nie die lag
>> onderdruk vir "Dagon" wat "dragon" geword het nie - en "Filistyne" wat
>> "Filipstyne" (klink soos Philip Steyn) geword het!)
>
> Giegigie - jou seun klink baie oulik. Ek ken 'n paar Philip Steyn's
> en een kan definitief as 'n Filistyn beskryf word....:))))
>
Wil dalk tog [boodskap #112748 is 'n antwoord op boodskap #112707] Di, 06 Februarie 2007 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nuut bemoedig, Tant Hessie, dink ek nou weer ek sal tog gesels.

Dis net, ek sien nie veel nut in 'n gesprek nie. Ek wil niemand na my
mening omhaal nie. Ek wil nie die die hoop in my eie dogter se o? blus
as sy kom s? sy't Jesus gevind nie. Ek wil nie h? die kerk moet ophou
bestaan as hulle kennelik soveel goeie werk doen nie. Ek wil nie mense
hooploos laat as hulle op sterwe l?, of 'n kind verloor het nie.

Wat ek wel sou wou doen, is om met iemand wat min of meer soos ek
voel, die fassinerende implikasies te deurpraat van dinge soos: wat is
die bepalers van moraliteit as dit dan nie Bybelse norme is nie; is
daar werklik iets soos spiritualiteit; waarom is religiositeit so 'n
basiese menslike behoefte; die middele (vrees?) wat mense soms gebruik
(en ek self gebruik het in my stormende bekeringsjare) om ander na
hulle oortuigings om te haal..

Die lastigheid is ook dat ek nie kan redeneer met mense wat die Bybel
as basis van argumente gebruik nie. Dis dan so goed of ek stel my eie
lys wette op en gaan pas dit op ander toe. Ek ken ook die bybelse
argumente - ek het hulle jare lank self gebruik. Die lastigheid en
eindelose frustrasie daar is dat verskillende mense ook verskillende
beklemtonings en interpretasies plaas op verskillende tekste.

Katryn, as jy bereid is om so te gesels, kan jy gerus na my e-pos
skryf. Ek sal bevoorreg voel.
Re: Wil dalk tog [boodskap #112775 is 'n antwoord op boodskap #112748] Di, 06 Februarie 2007 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

> Wat ek wel sou wou doen, is om met iemand wat min of meer soos ek
> voel, die fassinerende implikasies te deurpraat van dinge soos: wat is
> die bepalers van moraliteit as dit dan nie Bybelse norme is nie

'Baie goeie onderwerp om te bespreek.
Om te verhoed dat ek nou die Buddhiste
ramkie teveel tokkel, sal ek praat oor die
Eerste Nasies van Kanada se opvattings
oor wat "reg" en "moreel" is. Een van
hulle groot riglyne is dat hulle glo dat
alle dade wat mens doen, so gemik word
dat dit vir sewe generasies niks skade
doen aan mense of die omgewing nie.
Ek weet dat hulle glo aan die "Groot
Gees" maar ek dink nie hulle sien dit as
iets soos die "God" van die Christene nie.

Gloudina
Re: Wil dalk tog [boodskap #112777 is 'n antwoord op boodskap #112775] Wo, 07 Februarie 2007 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Een van
> hulle groot riglyne is dat hulle glo dat
> alle dade wat mens doen, so gemik word
> dat dit vir sewe generasies niks skade
> doen aan mense of die omgewing nie.
>
> Gloudina

Dis lekker breed maar tog streng. "Skade aan mense" sluit dan meer as
fisieke skade in.

Ek skat die lastigheid kom in waar mense konflikterende belange het en
albei moet beskerm word. So wil gay mense graag die regte h? wat 'n
huwelik hulle sou gee, maar vir streng interpreteerders van die Bybel
is dit 'n gruwel. Tradisionele afrikane martel 'n bees voor hulle hom
doodmaak sodat hy kan bulk om die voorvadergeeste te roep, maar die
SPCA wil prosedeer.

In 'n kerkstaat is dit eenvoudig watter keuse om te maak, maar in 'n
plek soos SA, waar verskillende gelowe en oortuigings verhelp moet
word, raak dit 'n morele mynveld. Die ANC moes sy lede dwing om 'n
blokstem uit te bring oor die gay-huwelikstorie en nie almal was
gelukkig daarmee nie.

Die "sewe generasies"-faktor is ook interessant. Dit sou beteken dat
'n mens twee keer moet dink voor jy 'n woud uitkap vir 'n
parkeerterrein, omdat dit op die lang duur nadelige gevolge kan h?.
Re: Wil dalk tog [boodskap #112785 is 'n antwoord op boodskap #112777] Wo, 07 Februarie 2007 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

> Die "sewe generasies"-faktor is ook interessant. Dit sou beteken dat
> 'n mens twee keer moet dink voor jy 'n woud uitkap vir 'n
> parkeerterrein, omdat dit op die lang duur nadelige gevolge kan hê.

Ja. Om intiem aandag te gee aan
die "filosofie" en sosiale stelsels
van die Eerste Nasies is uiters
interessant. Hulle staan ook daarop
dat alle besluite geneem moet word
deur die hele groep na intense
konsultasie. Dit beteken dat
diktatorskappe eenvoudig nie kan
bestaan nie.
Sommige stamme het ook
'n uiters demokratiese sisteem gehad,
waar die fundamentele besluite geneem
word deur die ou vroue van die stam,
wat dan die manlike lede van die stam
bemagtig om uit te gaan en sekere
dinge te doen.

Gloudina
Re: Wil dalk tog [boodskap #112787 is 'n antwoord op boodskap #112775] Wo, 07 Februarie 2007 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" skryf:

> "Koot" skryf
>
>> Wat ek wel sou wou doen, is om met iemand wat min of meer soos ek
>> voel, die fassinerende implikasies te deurpraat van dinge soos: wat is
>> die bepalers van moraliteit as dit dan nie Bybelse norme is nie

Mosterd na die maal - maar my "take" hierop is so effe anders as
Hessie s'n.
Ek reken as mens regtig wil kyk na die bepalers van moraliteit, moet
mens dalk eers tot 'n ooreenkoms kom van wat jy verstaan met die
begrip "moraliteit". Soos jy seker al agtergekom het uit my vorige
boodskappe, voel ek dat meeste konsepte, soos moraliteit as voorbeeld,
is kultuurgebonde.
Moraliteit en etiek is 2 konsepte o.a, wat die heeltyd deur
verskillende kulture en invloede van samelewings op mekaar, ewolueer -
groei en verander tot meerdere en mindere mates.

Volgens die Stanford Encyclopedia of Philosophy:
"The term 'morality' can be used either
1. descriptively to refer to a code of conduct put forward by a
society or,
1. some other group, such as a religion, or
2. accepted by an individual for her own behavior or
2. normatively to refer to a code of conduct that, given specified
conditions, would be put forward by all rational persons."

Dus, sou ek graag wou weet watter een van die bogenoemde 2 definisies
vir jou meer sin maak?

Ek dwaal af, maar neem byvoorbeeld die konsep van blydskap
(happiness). In verskillende kulture, het die konsep verskillende
betekenisse. Dus 'n sosiale konstruksie. Socrates was byvoorbeeld
bly (happy) om die dood te verkies. Wie van ons sou vandag bly wees
oor so iets/keuse?
Ek noem bogenoemde, want ek het eenkeer 'n boek gelees oor die
'Morality of Happiness" , maar kan nou om die dood nie onthou deur wie
dit geskryf was nie. Elkgeval...
Dan is daar die studieveld van Deontologie - kortliks 'n studie van
morele imperatiewe. Wat dit behels en hoe ons dit interpreteer. Dit
is ook hier waar baie mense die "god" konsep en gelowe inbring, en
reken dat hierdie imperatiewe deur die Republikeine, of God of 'n
liggaam van wetgewers uitgereik word. Is dit die geval? Ek reken
nee.
Re: Wil dalk tog [boodskap #112792 is 'n antwoord op boodskap #112785] Do, 08 Februarie 2007 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
Hulle staan ook daarop
> dat alle besluite geneem moet word
> deur die hele groep na intense
> konsultasie. Dit beteken dat
> diktatorskappe eenvoudig nie kan
> bestaan nie.

Ek begin wonder of 'n diktatorskap nie soms 'n geldige opsie is nie,
mits 'n mens kon verseker (ha ha) dat so 'n persoon die land se
belange sou dien, pleks van sy eie.

In verskeie regeringsdepartementehier het 'n mens die situasie dat 'n
besluit smeek om geneem te word, maar al die 'stakeholders' moet eers
geraadpleeg word. Natuurlik sal elkeen verskillende belange hê en 'n
mens het nodig dat iemand sy voet neersit en sê dêmmit! Dis soveel
erger as die saak hoegenaamd sensitiewe politieke konnotasies het.
Re: Wil dalk tog [boodskap #112793 is 'n antwoord op boodskap #112787] Do, 08 Februarie 2007 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:
> Ek reken as mens regtig wil kyk na die bepalers van moraliteit, moet
> mens dalk eers tot 'n ooreenkoms kom van wat jy verstaan met die
> begrip "moraliteit". Soos jy seker al agtergekom het uit my vorige
> boodskappe, voel ek dat meeste konsepte, soos moraliteit as voorbeeld,
> is kultuurgebonde.
> Moraliteit en etiek is 2 konsepte o.a, wat die heeltyd deur
> verskillende kulture en invloede van samelewings op mekaar, ewolueer -
> groei en verander tot meerdere en mindere mates.
>

Ek stem saam, en dit maak dit 'n bogger om vas te vat.

As 'n mens Bybelse norme sou prysgee, is jy min of meer in vryval want
enige ander opsie kan dan vir jou geldig wees. Wat ek van Gloudina s'n
hou, is dat die gemeenskaplike belang as norm geneem word. Ek skat dis
wat ons SA Grondwet probeer wees. Natuurlik gaan jy faksies affronteer
- hier by ons is seksionele belange 'n groot twispunt. Soms moet die
gemeenskaplike belang gekomprommiteer word om sommige seksionele
belange te dien - ons wil bv. graag Afrikaans as taal behou deur te
probeer verseker dat Afrikaanse tersi?re studies moontlik bly.

> Volgens die Stanford Encyclopedia of Philosophy:
> "The term 'morality' can be used either
> 1. descriptively to refer to a code of conduct put forward by a
> society or,
> 1. some other group, such as a religion, or
> 2. accepted by an individual for her own behavior or
> 2. normatively to refer to a code of conduct that, given specified
> conditions, would be put forward by all rational persons."
>
> Dus, sou ek graag wou weet watter een van die bogenoemde 2 definisies
> vir jou meer sin maak?
>

Beide. Altwee lyk vir my na die gevolg van een of ander oorsaak of
situasie. As ons met 'n ruimteskip op Mars gestrand sou word, sou ons
gou tot 'n gemeenskaplike besluit moet kom oor korrekte gedrag (Bly
die groep bymekaar? Wie gaan ons eerste opeet?).

So, lyk my ek behoort eerder te wonder wat die dryfvere is, en vir my
lyk dit asof dit die gegewe situasie is. Wat reg was in die ou SA is
dalk sleg in die nuwe. Moraliteit het beslis hier 'n grondverskuiwing
ondergaan.

> Dan is daar die studieveld van Deontologie - kortliks 'n studie van
> morele imperatiewe. Wat dit behels en hoe ons dit interpreteer. Dit
> is ook hier waar baie mense die "god" konsep en gelowe inbring, en
> reken dat hierdie imperatiewe deur die Republikeine, of God of 'n
> liggaam van wetgewers uitgereik word. Is dit die geval? Ek reken
> nee.

Klink my ek sal graag meer daaroor wil lees. Dis dalk presies wat ek
lig oor soek!
Re: Wil dalk tog [boodskap #112799 is 'n antwoord op boodskap #112793] Do, 08 Februarie 2007 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

> As 'n mens Bybelse norme sou prysgee, is jy min of meer in vryval

Koot, ek wil nou nie weer 'n
argument oor "Christianity"
( wat is die Afrikaans daarvoor)
ontketen nie. Maar wat bedoel
jy deur "Bybelse norme."

Gloudina
Re: Wil dalk tog - Gloudina [boodskap #112800 is 'n antwoord op boodskap #112799] Do, 08 Februarie 2007 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&amp;patrick  is tans af-lyn  loes&amp;patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kristelikheid
patrick

> argument oor "Christianity"
> ( wat is die Afrikaans daarvoor)
Re: Wil dalk tog [boodskap #112801 is 'n antwoord op boodskap #112799] Do, 08 Februarie 2007 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
>
> Koot, ek wil nou nie weer 'n
> argument oor "Christianity"
> ( wat is die Afrikaans daarvoor)
> ontketen nie. Maar wat bedoel
> jy deur "Bybelse norme."
>
> Gloudina

Goeie punt. Daar is Ou-Testamentiese wette en Nuwe-Testamentiese
riglyne, soos naasteliefde en vergiffenis.

Juis hierdie verskil lei tot hengse meningsverskille tussen
fundamentaliste en die res. Ek wil nie in hierdie futiele debat
betrokke raak nie, maar jy is reg om so te vra. Ek dink ek verwys,
argumentshalwe, na altwee benaderings as bepalers van norme.

Jy's vroeg aan die gang!
Re: Wil dalk tog - Gloudina [boodskap #112802 is 'n antwoord op boodskap #112800] Do, 08 Februarie 2007 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
camerama wrote:
> Kristelikheid
> patrick

Kan 'n mens dit nou so spel? Dit sal gaaf wees.
Re: Wil dalk tog [boodskap #112806 is 'n antwoord op boodskap #112793] Do, 08 Februarie 2007 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf:

> As 'n mens Bybelse norme sou prysgee, is jy min of meer in vryval want
> enige ander opsie kan dan vir jou geldig wees. Wat ek van Gloudina s'n
> hou, is dat die gemeenskaplike belang as norm geneem word.

Ek gorrel nou maar net - maar is norme nie maar altyd iets wat
gemeenskaplike belang vooropstel nie? Die blanke Suid Afrikaanse
kultuur en as sulks norme, het hoofsaaklik op die Christelike leer
gerus en is daardeur gevorm. Maar as mens begin kyk na daardie norme
- neem byvoorbeeld die 10 gebooie waarop ons regstelsel vandag nog tot
'n groot mate rus. Waar kom dit vandaan? Van Moses af? Nee - dit
kom van Hammurabi af. Met sy bekende 'oog vir 'n oog' gesegde.
Daardie amper 4 millenia oer-oue IRAKEES!! :) Vandag sou hy dalk 'n
Moslem gewees het. So, kan jy deur die bank na al die sogenaamde
waarde oordele kyk wat gewoonlik as bybels of Christelik beskou word,
en jy sal agterkom dat dit eintlik maar net geleende konsepte van
vroeë/ou kulture is. Die geloof aspek daarvan is iets anders, maar ek
verwys nou suiwer net na die waarde-oordele of norme.
Punt is, wat vir een kultuur werk, sal nie noodwendig geldig wees vir
'n ander kultuur nie. En dit is dalk ook julle probleem in Suid
Afrika? Julle gaan heelwaarskynlik nog lang kraampyne moet verduur,
voordat die babatjie (nuwe kultuur) sy verskyning gaan maak.
Interessante tye.
Re: Wil dalk tog [boodskap #112809 is 'n antwoord op boodskap #112793] Do, 08 Februarie 2007 20:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf:

>> Dan is daar die studieveld van Deontologie -
>
> Klink my ek sal graag meer daaroor wil lees. Dis dalk presies wat ek
> lig oor soek!

As jy belangstel, die Duitse filosoof, Immanuel Kant het 'n groot
invloed op hierdie vakgebied. Ekself is 'n redelike groot aanhanger
van Kant se filosofiese wyshede. :) Andere soos die Engelse
filosoof, John Locke se sienswyses is ook deksels interessant, en val
in dieselfde kategorie.
Doen gerus 'n google op hulle, en lees.
Hulle staan natuurlik direk in konflik met meer "aanvaarbare" filosowe
in die Westerse wereld, soos Aristotle. Interessant ook om van die
critiques bewus te wees. Die groep gekant teen deontologiese etiek,
beskou Kant se sieninge as hoofsaaklik subjektief en meer emosioneel
as sulks. Elkgeval...
Re: Wil dalk tog [boodskap #112817 is 'n antwoord op boodskap #112806] Vr, 09 Februarie 2007 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:

> Ek gorrel nou maar net - maar is norme nie maar altyd iets wat
> gemeenskaplike belang vooropstel nie?

Ek dink so, ja, maar die gevaar is dat, as 'n bepaalde groep die mag
het, hy sy seksionele belange op die gemeenskap afdwing, soos met
sharia-wette in moslemlande. Of, ja, soos apartheid.

> Punt is, wat vir een kultuur werk, sal nie noodwendig geldig wees vir
> 'n ander kultuur nie. En dit is dalk ook julle probleem in Suid
> Afrika? Julle gaan heelwaarskynlik nog lang kraampyne moet verduur,
> voordat die babatjie (nuwe kultuur) sy verskyning gaan maak.
> Interessante tye.

Nes jy sê, juis.Die ander probleem is as daar groot verskille is in
hierdie groepe se seksionele belange. Ons sou graag op 'n referendum
wou aandring vir die doodstraf, maar ons sou graag 'n referendum oor
die verspreiding van rykdom vermy.
Re: Wil dalk tog - Gloudina [boodskap #112839 is 'n antwoord op boodskap #112800] Vr, 09 Februarie 2007 13:28 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
camerama skryf

> Kristelikheid

"Christianity"
>> ( wat is die Afrikaans daarvoor

Nee, Christelikheid is nie die
regte woord vir "Christianity"
wanneer jy die hele teologiese
persuasie en sy geskiedkundige
implikasies wil beskryf nie.
Christelikheid is nie dit wat
opgemarsjeer het teen die
Middel Ooste gedurende die
Kruistogte nie. Ek dink mens
behoort dit miskien te beskryf
as "Christendom". Christelikheid
is wat in die Bergpredikasie
beskryf word.

Gloudina
Vorige onderwerp: Vrye meselaars
Volgende onderwerp: Beeld--- Opname van Mbeki se beloftes en hoe afrikaners voel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 17:05:08 MGT 2024