Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oeps! - Gewone Woorde
Oeps! - Gewone Woorde [boodskap #11249] |
Sun, 09 November 1997 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum heeft geschreven in bericht
...
>
> Ferdi Greyling heeft geschreven in bericht
> ...
>> On Fri, 7 Nov 1997 12:46:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>> >>
>>> Met die regering wat ons het, is ons veiliger sonder die doodstraf as
>>> daarmee!>>
>>
>> Leendert, was jy ook saam met daai groep Parlement toe om te gaan
>> rassistiese aanmerkings van die gallery af te skreeu nou die dag?
>
>
> Het hulle rassistiese opmerkings geskreeu?
>
> Wat was die opmerkings?
>
> Ek het wel die uitsendings op Monitor gehoor waar die ANC kabinetsminister
> skatalogiese opmerkings skreeu.
Skuus Alwyn! "Ta skata" = "kak" - Griekse woord wat ons nog in sy
werkwoordvorm in Afrikaans kry as "skyt". Miskien 'n oerwoord van die
Indo-Germaanse tale as hy nog so sy vorm behou het in sulke uiteenlopende
tale as Grieks en Afrikaans. (Seker die derde woord wat kinders leer saam
met "Ma" en "Pa" :-)
"Kak!" was die woord wat die ANC-minister aanmekaar (op Afrikaans) geskree
het in so 'n hoë piepstemmetjie - heel uit sy kassie van woede. Tot iemand
ewe bedaard (op Afrikaans) vir hom sê "Gedra jou soos 'n minister, man!"
Wonderlike materiaal vir die radio-hoorbeeld wat twee keer op Monitor
uitgesaai is. Mens kon jou voorstel hoe die agbare ANC minister 'n driftige
voetjie stamp op die sagte mat elke keer as hy skree "Kak!"
Ja, Koos - ek wil graag hoor van die "rassistiese opmerkings" waarvan jy
beweer. Selfs in die poef-en-paaimedia het ek niks opgetel van rassistiese
opmerkings nie, en jy kan seker wees die poefters en paaiers sou dit in
kleur en geur vertel. So ek verneem graag jou bron ook.
Seker die meeste Afrikaans wat daar die afgelope ses maande in die parlement
gepraat is, daardie dag. (Die studente het glo die "verrigtinge van die
parlement vir 'n halfuur tot stilstand gebring". Overgeset synde, die agbare
lede se slaap is vir 'n halfuur onderbreek tydens die debat oor die
wetsontwerp wat die minister van onderwys die mag gee om te besluit wat die
voertaal van enige universiteit sal wees.)
Groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Oeps! - Gewone Woorde [boodskap #11251 is 'n antwoord op boodskap #11249] |
Sun, 09 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos vertel hierdie keer die _hele_ storie. Ek merk op:
1 Rassistiese opmerkings is deur albei partye geskree, nie net deur een
groep nie, soos Koos gesuggereer het.
2 Die rassistiese opmerkings is "in die portaal voor die raadsaal
geskree" - dus nie uit die openbare galery, soos Koos beweer het nie.
3 Ja, dit was Palo Jordan wie se skatologie so mooi deur Monitor opgevang
is.
4 Met al die respek wat ek vir die DP het, heg ek nie veel gewig aan sy
uitsprake waar dit Afrikaans aangaan nie - daardie party het nog ver om te
gaan voor hy indruk sal maak met uitsprake oor enige kultuuraangeleenthede
(behalwe waar dit die kultuur van die Sandton-Seepunt aksis aangaan).
Dankie vir 'n "volle openbaring", Koos :-)
Groete, Leendert
Ferdi Greyling heeft geschreven in bericht
...
> Uit Die Burger
>
> KAAPSTAD. 'n Betoging oor Afrikaans het gister binne en buite die
> Parlement ontaard in 'n uitbarsting van rassisme tussen lede van die
> VF se jeugvleuel en ANC LP's.
>
> Skelname soos ``wit honde'' en ``kaffers'' is oor en weer geslinger
> nadat lede van die VF Jeug van die openbare galery van die Nasionale
> Vergadering eers met plakkate betoog en toe met 'n gesing losgetrek
> het.
> Die betoging was teen beoogde wetgewing waarkragtens die Regering
> universiteite se taalbeleid kan bepaal.
> Die voorvalle in en om die Parlement is, toe die raad sy sitting n�
> 'n oponthoud van sowat 45 minute hervat het, gevolg deur 'n vuurwarm
> debat oor die betoging. Sprekers van die NP en die VF het die ANC
> gewaarsku dat Afrikaans sprekendes oor die miskenning van hul taal
> in opstand kan kom.
> Die ANC leier in die Nasionale Vergadering, mnr. Steve Tshwete, het
> later gesê die ANC gaan daarop aandring dat die studente in hegtenis
> geneem word.
> Die moleste het begin kort nadat dr. Sibusiso Bengu, Minister van
> Onderwys, gistermiddag met sy toespraak in die debat oor die
> Wetsontwerp op Hoër Onderwys, begin het. Lede van die VF Jeug op
> die openbare galery het 'n wit banier oor die reling gehang met die
> woorde: ``VF Jeug eis Afr. Univ.''
> Dr. Frene Ginwala, Speaker, het gesê: ``Lede van die openbare
> galery sal hul weerhou van enige soort betogings.''
> Toe sy geen reaksie kry nie, het sy die ampswagte gevra om ``die
> betoging uit die openbare galery te verwyder''.
> Die betogers het oranje plakkate omhoog gehou met slagspreuke vir
> Afrikaans en teen Bengu.
> Toe Ginwala die raad verdaag, het die betogers Die Stem en ander
> Afrikaanse volksliedere begin sing. ANC LP's het in reaksie daarop
> opmerkings van die raad se vloer af geskreeu.
> Sommige VF LP's en ANC LP's het na die openbare galery gegaan en 'n
> woordewisseling het ont staan.
> Polisiebeamptes het LP's en joernaliste ná 'n ruk gevra om die
> openbare galery te verlaat.
> Ná onderhandelings van sowat twinting minute het die betogers ook
> die galery verlaat.
> Terwyl hulle na buite op pad was, is rassistiese aanmerkings oor
> en weer in die portaal voor die raadsaal geskree.
> Hewige woordewisselings het op die trappe van die Nasionale
> Vergadering gevolg. Van die betogers en onder andere mnr. Essop
> Pahad, Adjunk-minister in die Kan toor van die Adjunk-president,
> dr. Pallo Jordan, Minister van Omgewingsake en Toerisme, en mnre.
> Ben van der Walt, VF LP, Pieter Grobbelaar, VF LP, en Andrew
> Feinstein, ANC LP, was hierby betrokke.
> Onder die betogers by die Parlement was mnre. Stephan Maninger, VF
> Jeug woordvoerder, en Christiaan van der Merwe, leier van die VF
> Jeug in die Noord-Kaap en seun van die gewese KP LP mnr. Daan van
> der Merwe.
> Die ANC het later gesê party-politieke byeenkomste kan nie in die
> Parlement toegelaat word nie.
> Die NP, IVP en Vryheidsfront het die voorval vergelyk met voriges
> toe ANC ondersteuners in die galery geskreeu en getoi-toi het. Die
> DP het gesê die betoging is 'n kwade dag vir Afrikaans en vir die
> demokrasie.
> VF se inval in Parlement benadeel Afrikaans, sê DP bl.2.
>
|
|
|
|
|
Re: Oeps! - Gewone Woorde [boodskap #11362 is 'n antwoord op boodskap #11249] |
Sat, 15 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Alwyn Nel heeft geschreven in bericht
...
> Jy praat so van kinders wat woorde aanleer. Vriende van ons se driejarige
> kind woon 'n bewaarskool bedags by omdat altwee die ouers werk. Nou kyk,
> die woorde wat hulle dáár leer laat jou somtyds steier.
>
> Hulle kom toe vanmiddag oor om te swem en die kind hardloop swembad toe. My
> hond (Pablo) dink hier kom 'n spelery en sit hom agterna en die volgende
> oomblik sloeg die twee. Sonder trane en heel opgewonde storm hy na sy ma en
> sê: Mamma, Mamma, Pablo duik my en toe val ek myself fuckt-up!
Man, baie mense is bekommerd oor wat die kinders in die bewaarskole en skole
leer - onder andere negatiewe sosialisering en dinge soos hierdie. Een Graad
2 onderwyseres verklaar dat sy ten minste eenmaal per week harde pornografie
in haar klas kry - sy kan daar niks aan doen nie.
Maar wat my meer bekommer, is al die dinge wat hulle daar _nie_ leer nie.
Daar was onlangs 'n navorsingsverslag in die VSA wat bevind het dat, mits
mens een van die min regtig goeie bewaar/kleuterskole gebruik, die kinders
nie daaronder lei, vergeleke by die aandag van die ma en gesin nie. Hulle
bly tjoepstil oor die effek van die meerderheid, gewone tot swak
instellings.
Oor daardie kategorie, is daar egter al 'n groot getal ondersoeke oor etlike
dekades gedoen - die gevolgtrekking is amper deurlopend dieselfde - ma's
gebruik meer komplekse taal met hul kinders, kinders tuis vra meer vrae as
kinders in die kleuterskole, die vrae wat kinders in kleuterskole vra is
feitlik uitsluitlik prosedurevrae, onderwyseresse gebruik minder komplekse
taal met werkersklaskinders as met kinders uit die middelklas, ens. Die
gevolgtrekkind waartoe een navorser kom is "Children soon learn that, at
school, their role is to answer questions, not to ask them."
In elk geval, so lank ek kan sal ek my kinders tuis hou. Nie dat hulle nie
vloekwoorde leer nie - hulle leer egter ook waar en wanneer om dit nie te
gebruik nie :-)
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oeps! [boodskap #20944 is 'n antwoord op boodskap #11249] |
Wed, 10 February 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 10 Feb 1999 10:15:19 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|En jy sou my dalk kon korrigeer -
Nee wat - ek sien jy is groot genoeg om dit self te doen.
|Die vallei waarna ek moes verwys het is
|natuurlik die Hinnom, en nie die Kedron nie. Die Hinnomvallei was nie net
|vir eeue (millennia?) die vullisgat van Jerusalem nie - in die tyd van die
|profete was dit ook 'n plek waar die Molog-offerandes gedoen is - waar
|kinders aan die afgod ge-offer is.
|
Ons is nou nog nie weg van obskuur af nie, maar toemaar.....
Dalk kan ek nog leesstof voorstel?
'n Redelik moderne woordeboek of verwysingswerk op die Internet.
dis nou vir :
""hegemony" (wat dit ookal beteken)"
Kom ek help:
Gaan kyk by
http://www.m-w.com/cgi-bin/dictionary
Main Entry: he�ge�mo�ny
Function: noun
Etymology: Greek hEgemonia, from hEgemOn leader, from hEgeisthai to lead
Date: 1567
: preponderant influence or authority over others : DOMINATION
- heg�e�mon�ic /"he-j&-'m�-nik, "he-g&-/ adjective
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:38 UTC 2025
|