Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oudsthoorn
Re: Eva [boodskap #112060 is 'n antwoord op boodskap #112033] Wo, 10 Januarie 2007 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke"
>
> In ieder geval sê ek nie dat my standpunt dat daar meer hominiede wesens as
> net Adam en Eva was, maar dat net lsg. ware "mense" is - na die beeld van
> God geskape! - die waarheid is nie! - ek weet nie! - dis gewoon een
> moontlike verklaring van hoe mens die eerste hoofstukke van Genesis kan
> interpreteer.

Torreke, diti word sò algemeen aanvaar dat Adam en Eva die eerste
mense was, dat mense al verstom was wanneer ek hul gevra het na
enige verwysing in die Bybel wat daarop dui. Feit is, dit staan nie so
geskryf nie. Kain het tog na 'n ander land gegaan en daar vrou geneem.

Ook moet in ag geneem word dat daar blykbaar 'n era (wat selfs
miljoene jare kon wees,) verstryk het tussen Gen 1: vers 1 & 2 want:

1. In die begin het God die hemel en aarde geskape.
2. En die aarde was woes en leeg.

Wat God skep is perfek, nie in chaos nie, maar perfek.
Erens was daar dinasauruse en mev Ples.
Dit dink ek was tussen daardie twee verse. Genesis vertel ons basies
die geskiedenis van nà die sondeval, terwyl Jesaja ons vertel van die
tyd voor die sondeval. Die tyd waarin Lucifer 'n Gerub was. Van die
tyd waarin hy 'n hoofengel was wat later 'n staatsgreep probeer toepas
het. Van die tyd toe hy en die gevalle engele uit Eden gedryf is.
En dan vertel Genisis ons verder.

Net net miskien was die sonvloed die tweede vloed. Dat die eerste
vloed was toe Lucifer se pogings misluk het. En dat die dinasaurusse
toe verdrink het - miskien die dame Ples en haar tydgenote ook.

En dat die Gees van God oor die waters gesweef het. En Hy op 'n
stadium besluit het om Sy oorspronklike werk in glorie te laat
herleef.

Hierdie siening maak geloof vir my oneindig makliker, want omdat ek 'n
praktiese mens is, soek ek 'n verstaanbare antwoord vir alles.
Waarom telekenesis moontlik is. Of levitasie kan wees.
Waarom die atome in wind nie deur 'n ruit kan beweeg nie
maar dié in sonlig wel.
Of daar meer dimensies bestaan as slegs die drie wat ons ken,
en ek glo dat daar meer is, en dat God aller dimensioneel is.

Ek glo dat die hemel 'n ster in die heelal is. Soos die aarde,
net baie groter. Jesaja sê selfs vir ons dat dit Noord van die aarde
geleë is. Ons weet dat ons op (saam met) hierdie aarde teen 'n
allemintige spoed beweeg, al voel dit of die aarde bewegingloos is.

Nou, lig beweeg teen 186,600 myl per sekonde of te wel 300 000 kms.
Teorie sê dat, as jy daardie spoed kan ewenaar, sal die tyd vir jou
stilstaan. Heelwaarskynlik nie slegs teorie nie maar prakties wel.

As die planeet Hemel dan, teen 'n spesifieke spoed in 'n spesifieke
rigtiing beweeg, kan mens vir ewig daarop leef.

Lees jou laaste sin hierbo - hierdie is die manier waarop die
antwoordsoeker in my, my vrae beantwoord. Miskien werk dinge
op heel ander basisse as dié antwworde aan myself. Maar
my manier van redeneer maak die Geloof vir my prakties.
As kind het die grootmense op my vrae gesê: Ons is te dom
om te verstaan. Dit was nie 'n antwoord nie. Nòu verstaan ek,
of ten minste weet ek hòe dit alles moontlik is, en dat dit
die waarheid is.

Eendag het ek dit so aan 'n kliënt van my, 'n afgetrede skoolhoof,
vertel. Oom Braam het nuuskierig geluister, en sy antwoord was slegs
dat dit wat ek glo, geensins aan die basis van die geloof wat die
Bybel ons leer, verander nie.

DD
Re: Eva [boodskap #112061 is 'n antwoord op boodskap #112033] Wo, 10 Januarie 2007 23:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Jy opereer vanuit die standpunt van die sg "neutrale wetenskap" en ek vanuit
> die standpunt van die "christelike wetenskap".

Ek is nie seker of ek met jou kan saamstem nie. Wetenskap is
wetenskap. :)
Maar op 'n meer ernstige noot - daar is selfs 'n algemeen aanvaarbare
woordeboek definisie beskikbaar vir hierdie vakrigting, en is een van
die eerste dinge wat eerstejaartjies onder die knie moet kry. Wat is
die definisie van "Wetenskap" en wat verstaan jy onder "wetenskaplike
metode", ens,.
Dit is nou die eerste keer wat ek hierdie term "christelike wetenskap"
raakloop. Oe, en waarom kry jou "christelike wetenskap"nie ook 'n sg
vooraan nie??? Gmmff... :)
As ek hierdie term van jou in Engels vertaal, dink ek aan die
"Christian Science" kerk gestig deur Mary Baker Eddy, maar ek reken
dit is nie wat jy bedoel het nie?
Verder klink dit dan vir my asof jy seker is dat God is 'n Christen?
Sien, Torreke, wetenskap is nie 'n godsdiens nie
- dit is slegs 'n vakrigting wat vrae probeer beantwoord oor die
fisiese en meetbare wereld/heelal.
'n Term soos "Christelike wetenskap" is ...wel...is weird. ;)

> Jou voorveronderstelling is
> dat wanneer ons met wetenskap besig is, God outomaties nie ter sprake is
> nie, en mens ander antwoorde moet vind. Ek gaan van die veronderstelling
> uit dat wanneer ek wetenskaplik besig is - met enigiets besig is - het ek
> altyd met God te doen en moet ek deurentyd met Hom rekening hou. Ek kan dus
> nie 'n ewolusie-teorie aanvaar wat ontken "God het gesê..." en daarom het
> dit gebeur! nie - volgens 'n plan en met 'n vooropgestelde einddoel in die
> oog.

Ek dink nou hieroor, maar dit maak vir my geensins sin nie.
As ek byvoorbeeld besig is met 'n studie oor sê nou maar DNA
metilerings verskille wat lei tot veranderings in generasies, waar pas
God in die saak?
'Skuus, ek is seker te onnosel, maar verstaan nie hierdie denkwyse
nie.
Wat ek kan verstaan en begryp is dat as 'n gelowige persoon, jy
daardie geloof in jou God uitlewe in alle fassette van jou lewe en
denke. Maar dit is dan tog beperkend en jy beperk beide jou God en
jouself met jou eie blinkers?

> Die stelling "evolution has no purpose and is not driven" is ook teorie! -
> 'n onbewysbare aksioma! - 'n veronderstelling dat "toeval",
> "omgewingsfaktore", etc. die veranderinge ingelui het.

Jy wil nie in HIERDIE argument betrokke raak nie, want jy is heel
verkeerd hier. Ewolusie geskied nog daagliks - dit gesê, moet ek gou
vir jou vra of volgens jou die Skepping nog aangaan en of dit alreeds
plaasgevind het?

> Waarom sou dié onbewysbare veronderstelling meer geldig wees as dat God dit
> beplan en bestuur het?

Dit is nie 'n onbewysbare stelling wat ek daar gemaak het nie. Dit is
slegs 'n TEORIE wat berus op alreeds gemete en aan steeds meetbare
FEITE.
Hoeveel verwysings, boeke, biblioteke het jy nodig? ;)
Vermoedelik is my definisie van wat 'n wetenskaplike teorie is, dalk
anders as joune.

> As Christen glo ek dat God alles met 'n doel geskape het en die
> geskiedenis - dus ook evolusie! - bestuur om sy doel te dien. Hy het die
> aarde plante laat gegenereer - "om as voedsel te dien vir diere sowel as
> mense" (Gen 1). Plante, veral hulle metodes van verspreiding, is duidelik
> gerig op hoër lewensvorme, soos die dier en die mens.

Ek verstaan en begryp jou siening en geloof, maar kan nie daarmee
saamstem nie, want dit maak nie vir my wetenskaplik sin nie. Ek
probeer nie sê jy is verkeerd om te glo soos jy glo nie, want dit is
een metode om die fisiese wereld om jou te verklaar en probeer
verstaan. Mense doen dit al vir eeue en eeue, maar vir my persoonlik,
maak dit net nie veel sin nie. Veral nie in hierdie eeu waar
tegnologie dmv wetenskaplike ontdekkings al so vêr gevorder het nie.

> Die geskiedenis loop van punt A na punt B -

Hmmm....en dalk ook nie...maar ek is nou nie 'n fisikus nie. Daardie
ouens sal darem vir jou 'n ding of 2 kan vertel oor hierdie stelling
van jou. :)
Re: Oudsthoorn [boodskap #112064 is 'n antwoord op boodskap #112029] Do, 11 Januarie 2007 05:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > Duidelik soek jy steeds en nog meer krag om hierdie argument vol te hou![/color]
>> - en hierdie keer BAIE krag!
> ----Enige mens wat oor en oor dieselfde ding praat, raak moedeloos.

Ja, want jy "herhaal en herhaal en h.e.r.h.a.a.l."! - dieselfde
strooi-stellings oor en oor! - sonder om enige argument aan te voer.

>> Man, jy kan Eva vloek as jy wil - onthou net dat jy jou eie ma vloek!
> ----Jammer vir jou, maar sy's g'n my ma nie.

Jammer, vir jou maar sy IS! - die wetenskaplikes sê so!

> -----Jy praat tog twak man! As jy dus 'n Toyota vloek, mag jy dit nie
> doen nie oor dit miljoene mense se kar is?

Nee, dis jy wat die pruimpie spoeg.

Jy kan tog nie 'n Toyota met iemand se ouer vergelyk nie. Jy was baie
vinnig om my aan te vat oor "Annette se Ma se Gat". Nou kom jy en jy laster
my Vader - my Skepper! - my God! - en jy wil dit met 'n Toyota vergelyk! -
ek mag nie aanstoot neem nie. Vir ingeval dit nog nog nie tot jou
deurgedring het nie: Die verhouding tussen 'n gelowige en God is primêr dié
van Vader-en-kind! - daarom spreek ons Hom ook aan as "ons Vader". Ek glo
nie in God vir ingeval Hy dalk is nie, Ek glo in God omdat ek wéét Hy is -
omdat ek my Vader se versorgende hand in my hele lewe lewe kan sien en in
alles rondom my. Ek dien nie God omdat ek vir Hom bang is nie en bang is
vir 'n helse vuur nie, Ek dien Hom omdat ek Hom liefhet! - omdat ek alles
wat ek is en het aan Hom te danke het! Ek staan nie op vir sy eer omdat ek
gesien wil wees nie, ek staan op vir sy eer omdat Hy my Pa is! - as jy aan
Hom vat, vat jy aan wat vir my die kosbaarste is in my lewe - kosbaarder as
die lewe self!

Jy glo nie in Hom nie - so, los sy Naam uit!


>> Jy het nogal gesê dat selfs jy weet mens spot nie met mense se geloof
>> nie - nou probeer jy die misbruik van 'n Naam wat vir jou géén betekenis
>> inhou nie, maar vir my ALLES is, verdedig en goedpraat.
> ----Nou het jy dit reg, as ek praat is dit met my eie bek en nie namens
> jou nie. Ek voel vere wat jy oor my sê. Hoekom sal jy nou konstipasie
> kry oor Eva?

Begin jy nou alweer na die ekskresie-vlak daal?

Dit gaan nie oor Eva se naam nie. As jy mooi gelees het, sou jy wel gesien
het dat "Naam" met 'n hoofletter gespel is. Dit gaan oor my Here en my God
se Naam wat jy vir jou doeleindes inspan.

>> Nietszche wat soos jy en Annette God se bestaan ontken het, het
>> gefilosofeer dat die mens God geskep het uit 'n diep behoefte aan 'n
>> vaderfiguur, iemand groter en sterker na wie hy hom kon wend om hulp.
>> Dié teorie het ten minste een element van waarheid - die mens se behoefte
>> na iemand groter en sterker as hy.

>> Net Suidwester het nie dié behoefte nie!
> ----As ek nou eerlik moet wees, dan het ek nie so 'n behoefte nie!
> Hoekom moet enige mens dit hê? Dis hoekom die wêreld in so 'n gemors is
> want almal skuif die verantwoordelikheid af op iets of iemand anders.

In watter posisie slaap jy? Opgekrul of pennetjie-reguit? 'n Eerlike
antwoord?
Re: Vir Torreke [boodskap #112070 is 'n antwoord op boodskap #112055] Do, 11 Januarie 2007 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:c37aq2dm6289hrl7v8dvkhsve8hj6sak2l@4ax.com...
> "Torreke" skryf:
>
>> Daar's jy my vér voor. Ek beweeg nie in daardie kringe nie, en jy laat my
>> voel dat ek dalk hier met iemand gesels wat vér my meerdere is wat
>> geleerdheid betref. My stelling oor die "would" is dus gebore uit
>> aanvoeling oor wat wetenskaplik aanvaarbaar sou wees, nie uit jou soort
>> kennis en ervaring nie.
>
> Torreke, net so vinnige antwoord, want my tyd raak so effe beperk.
> Gaan later probeer verder antwoord, maar ek het iets hier gedoen wat
> ek gewoonlik verpes wanneer ander dit doen. Deur my persoonlike
> kwalifikasies en akademiese agtergrond daar te stel as 'n soortvan "ek
> weet beter as jy, want..." tipe van ding. :( Ek vra onvoorwaardelik
> verskoning daarvoor.
> Katryn is 'n "niks" soos Patrick dit so mooi gestel het toe ek hom
> gevra het oor sy persoonlike geloof. So, ek is jou geensins "vér
> voor" of enige iets in daardie lyn nie.
>
> Op 'n ander groep skryf 'n wyse plaasvark, wat voorheen hier
> deelgeneem het die volgende:
>
> "Ek het dit al voorheen gesê en herhaal dat ek persoonlik e-pos sien
> as dié groot gelykmaker wat verskille in ouderdom, geslag, ens nietig
> maak en almal op gelyke voet stel, waar beroep, status, rykdom,
> kwalifikasie en dies meer nie n blou duit tel nie. Dit gee jong mense
> n unieke geleentheid om met oueres (en vice versa) gedagtes te ruil op
> n manier wat elders in ons samelewing deur ons konvensies en gebrek
> aan toegang gestrem word. Dis iets wat myns insiens gekoester moet
> word.
>
> My respek vir mense soos bv en volg uit hulle bydraes op
> die lys en nie uit hulle ouderdom of ondervinding nie - as dit nie wys
> in wat hulle skryf nie, tel dit nie. En dit geld vir almal wat hier
> skryf."
>
> DIT is presies hoe ek dinge sien. En beter kon ek dit nie stel nie.
>
> Later meer - moet nou eers hardloop. :)
>

Self ook in die hardloop: Ek het myself al deeglik verwens dat ek te veel
van my kwalifikasies hier uitgestal het.
Re: Eva [boodskap #112072 is 'n antwoord op boodskap #112061] Do, 11 Januarie 2007 09:48 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Later vollediger antwoord; nou net gou in die hardloop: Het verwag dat jy
nie gaan weet waarvan ek praat as ek na "christelike wetenskap" praat nie.

Die sg. wetenskaplike standpunt is ("neutral wetenskap") is soos jy sê: Jy
hou jou net met die sigbare, tasbare werklikheid op - God en geloof is vir
Sondag en die kerk en het niks met die wetenskap te doen nie. Dis op
sigself 'n voorwetenskaplike geloofsuitgangpunt.

Die "Christelike wetenskap" benadering sê: Alle wetenskap begin met
voorwetenskaplike geloofsuitgangspunte. Die Christen kan nie Maandag in die
wetenskapslaboratorium vergeet dat hy Sondag in die kerk God as Skepper bely
het nie. Wanneer hy Maandag in die laboratorium besig is, gaan hy uit van
die veronderstelling dat alles wat hy daar sien, die handewerk van God is.

"Katryn" skryf in boodskap news:k6oaq2ptoc5crp6k7612cr74mmhfthp48d@4ax.com...
> "Torreke" skryf:
>
>> Jy opereer vanuit die standpunt van die sg "neutrale wetenskap" en ek
>> vanuit
>> die standpunt van die "christelike wetenskap".
>
> Ek is nie seker of ek met jou kan saamstem nie. Wetenskap is
> wetenskap. :)
> Maar op 'n meer ernstige noot - daar is selfs 'n algemeen aanvaarbare
> woordeboek definisie beskikbaar vir hierdie vakrigting, en is een van
> die eerste dinge wat eerstejaartjies onder die knie moet kry. Wat is
> die definisie van "Wetenskap" en wat verstaan jy onder "wetenskaplike
> metode", ens,.
> Dit is nou die eerste keer wat ek hierdie term "christelike wetenskap"
> raakloop. Oe, en waarom kry jou "christelike wetenskap"nie ook 'n sg
> vooraan nie??? Gmmff... :)
> As ek hierdie term van jou in Engels vertaal, dink ek aan die
> "Christian Science" kerk gestig deur Mary Baker Eddy, maar ek reken
> dit is nie wat jy bedoel het nie?
> Verder klink dit dan vir my asof jy seker is dat God is 'n Christen?
> Sien, Torreke, wetenskap is nie 'n godsdiens nie
> - dit is slegs 'n vakrigting wat vrae probeer beantwoord oor die
> fisiese en meetbare wereld/heelal.
> 'n Term soos "Christelike wetenskap" is ...wel...is weird. ;)
>
>> Jou voorveronderstelling is
>> dat wanneer ons met wetenskap besig is, God outomaties nie ter sprake is
>> nie, en mens ander antwoorde moet vind. Ek gaan van die veronderstelling
>> uit dat wanneer ek wetenskaplik besig is - met enigiets besig is - het ek
>> altyd met God te doen en moet ek deurentyd met Hom rekening hou. Ek kan
>> dus
>> nie 'n ewolusie-teorie aanvaar wat ontken "God het gesê..." en daarom het
>> dit gebeur! nie - volgens 'n plan en met 'n vooropgestelde einddoel in die
>> oog.
>
> Ek dink nou hieroor, maar dit maak vir my geensins sin nie.
> As ek byvoorbeeld besig is met 'n studie oor sê nou maar DNA
> metilerings verskille wat lei tot veranderings in generasies, waar pas
> God in die saak?
> 'Skuus, ek is seker te onnosel, maar verstaan nie hierdie denkwyse
> nie.
> Wat ek kan verstaan en begryp is dat as 'n gelowige persoon, jy
> daardie geloof in jou God uitlewe in alle fassette van jou lewe en
> denke. Maar dit is dan tog beperkend en jy beperk beide jou God en
> jouself met jou eie blinkers?
>
>
>> Die stelling "evolution has no purpose and is not driven" is ook teorie! -
>> 'n onbewysbare aksioma! - 'n veronderstelling dat "toeval",
>> "omgewingsfaktore", etc. die veranderinge ingelui het.
>
> Jy wil nie in HIERDIE argument betrokke raak nie, want jy is heel
> verkeerd hier. Ewolusie geskied nog daagliks - dit gesê, moet ek gou
> vir jou vra of volgens jou die Skepping nog aangaan en of dit alreeds
> plaasgevind het?
>
>> Waarom sou dié onbewysbare veronderstelling meer geldig wees as dat God
>> dit
>> beplan en bestuur het?
>
> Dit is nie 'n onbewysbare stelling wat ek daar gemaak het nie. Dit is
> slegs 'n TEORIE wat berus op alreeds gemete en aan steeds meetbare
> FEITE.
> Hoeveel verwysings, boeke, biblioteke het jy nodig? ;)
> Vermoedelik is my definisie van wat 'n wetenskaplike teorie is, dalk
> anders as joune.
>
>> As Christen glo ek dat God alles met 'n doel geskape het en die
>> geskiedenis - dus ook evolusie! - bestuur om sy doel te dien. Hy het die
>> aarde plante laat gegenereer - "om as voedsel te dien vir diere sowel as
>> mense" (Gen 1). Plante, veral hulle metodes van verspreiding, is duidelik
>> gerig op hoër lewensvorme, soos die dier en die mens.
>
> Ek verstaan en begryp jou siening en geloof, maar kan nie daarmee
> saamstem nie, want dit maak nie vir my wetenskaplik sin nie. Ek
> probeer nie sê jy is verkeerd om te glo soos jy glo nie, want dit is
> een metode om die fisiese wereld om jou te verklaar en probeer
> verstaan. Mense doen dit al vir eeue en eeue, maar vir my persoonlik,
> maak dit net nie veel sin nie. Veral nie in hierdie eeu waar
> tegnologie dmv wetenskaplike ontdekkings al so vér gevorder het nie.
>
>> Die geskiedenis loop van punt A na punt B -
>
> Hmmm....en dalk ook nie...maar ek is nou nie 'n fisikus nie. Daardie
> ouens sal darem vir jou 'n ding of 2 kan vertel oor hierdie stelling
> van jou. :)
>
Vorige onderwerp: A good boER?
Volgende onderwerp: RE: sex en christene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 22:20:15 MGT 2024