Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Blood Diamond
Blood Diamond [boodskap #111701] So, 10 Desember 2006 12:39 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het toe gisteraand vir Leonardo di Caprio in Blood
Diamond gaan kyk. Bietjie baie geweld, maar dit was
die moeite werd, want daar is 'n paar asemberowende
gesigte van Kaapstad en omgewing. Leonardo speel
'n ou wat in die ou Rhodesië gebore is, waar sy ouers
albei vermoor is, maar wat in Suid-Afrika grootgeword
het en in Angola geveg het. Ek sou sê sy Afrikaanse
aksent is oortuigend genoeg. Daar word op een stadium
ook Afrikaans gepraat tussen 'n klomp karakters wat
lyk dit vir my huursoldate is in 'n taamlike georganiseerde
militêre kamp. Mens kry ook 'n glimpsie van Marius
Weyers ( is dit die naam van die ou wat die wit ou
in The Gods Must Be Crazy speel?) as De Kaap,
die eienaar van die maatskappy wat die bloed diamante
opkoop.
Daar is 'n bietjie baie toevalle wat die storie bietjie
ongeloofbaar maak, wanneer jy later daaraan sit en
dink, maar oor die algemeen is dit die moeite werd om
te sien, en ek dink Leonardo moet ten minste 'n
Oscar nominasie hiervoor kry.

Gloudina
Re: Blood Diamond [boodskap #111713 is 'n antwoord op boodskap #111701] Di, 12 Desember 2006 09:04 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Dec 2006 04:39:17 -0800, "Hessie" wrote:
> Mens kry ook 'n glimpsie van Marius
> Weyers ( is dit die naam van die ou wat die wit ou
> in The Gods Must Be Crazy speel?)

Ja.
Vorige onderwerp: Re: Ware Storie
Volgende onderwerp: Uitvindings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 07:22:38 MGT 2024