Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!!
BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11093] |
Thu, 23 October 1997 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek lees Winnie Mandela seg:
"Crime is running rampant because criminals are saying they wont get
the death penalty....Dont we, as a democratic country, have an
obligation to take this to a referendum?"
Ek stem saam. So 'n bek moet jam kry! Winnie vir President !
Sy weet dat die meerderheid swartes (en blankes) ten gunste is van die
doodstraf, maar dat die ANC dit nie eers wil oorweeg nie. ANC skande!
Eers as sy die doodstraf her-ingestel het, dan laat ons haar onmiddelik
verhoor vir Stompie se dood.
Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
|
|
|
|
|
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11118 is 'n antwoord op boodskap #11093] |
Mon, 27 October 1997 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 27 Oct 1997 05:17:35 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:
Dis nou afgesien van die feit of die doodstraf goed of sleg is.>>[/color]
Oppas vir daai een. Daar le gate so diep soos donkies in die pad en jy
ry baie vinnig as jy daai argument gebruik.
Soos: n Referendum of die NP toegelaat moet word om te bestaan.
n Referendum om te bepaal of die vorige heersers gehang moet word.
n Referendum om te bepaal om al die boere se plase afgevat en
uitgedeel moet word onder die bevolking.
En so aan.
Die verskil tussen demokrasie en mob rule is dalk fyn, maar dis daar.
Dit setel daarin dat die regering keuses uitoefen wat in die eerste
plek verantwoordelik is in die breer goed van die samelewing en dat
hulle daardie keuses maak binne die raamwerk van die beginsels waarop
hulle gekies is.
In die oploop tot die verkiesing het ons toevallig n uitstekende
voorbeeld gesien van n party wat heeltemal te ver oorgehel het na die
kant van mindless demokrasie en die prys daarvoor betaal het. Dit was
die PAC.
Die fokkers kon geen besluit neem voor hulle nie die constituency
geraadpleeg het nie. En dan doen hulle wat die constituency wil he -
na n laaaang tyd.
In die proses het hulle swak gereageer en n ernstige gebrek aan visie
ontwikkel.
Die ding van die doodstraf begin by die Grondwet wat die reg tot lewe
en so aan erken. Die reg sprei wyd uit in alle rigtings en as jy
suiwer prinsipieel daaroor wil wees, moet jy waarskynlik die doodstraf
afskaf.
Die doodstraf in SA het in elk geval daardie soort teenwoordigheid in
die common mind dat denke daaroor fundamenteel is.
Dit was omdat daar onder apartheid n doodstraf was en omdat baie
"freedom fighter" gehang is - reg of verkeerd.
Die persepsie - reg of verkeerd - bestaan dat die doodstraf makliker
vir swartmense gegee is as vir blankes. In die proses is dit nou met
apartheid verbind.
Of dit nou regverdigbaar is of nie, dit is die persepsie in die
"common mind" in SA.
Ek is ook oortuig dat as n landwye referendum uitgeskryf word en die
ding word verpolitiseer, sal die bevolking daarteen stem want spoke
sal by die duisende uit die verlede aangejaag word oor elke verhoog.
Dan die praktiese aspek: Wat presies gaan dit help in terme van
misdaad om die doodstraf weer in te stel?
Dit is in die eerste plek net vir n paar misdade soos moord,
verkragting en hoogverraad.
En so "bad" soos dit is, is dit n baie klein persentasie van die
misdade wat SA so beduiwel.
En in die tweede plek, wat help die doodstraf as die fokkers nie
gevang word nie?
(Hoekom hulle nie gevang word nie het natuurlik talle redes, sommige
kom uit die verlede, sommige setel in die trauma van n oorgang, ander
het te doen met armoede en werkloosheid en sommige met kak
polisieering. Dan is daar natuurlik weer die swak betaling vir
polisiemanne en die gebrek aan polisiemanne en howe en aanklaers. Dit
impak weer op opleiding en uiteindelik op staatsuitgawes. En die SA
regering het - reg of verkeerd - besluit die wortel van herstel le in
n gesonde ekonomie en het dus as prioriteit die stryd teen inflasie.
Dus is daar nie juis staatsgeld om duisende polisiemanne te begin
oplei en betaal nie.)
As die doodstraf weer ingestel word, sal misdaad voortgaan maar n
klompie mense sal vir n paar weke emosionele bevrediging kry. En dan
wat?
|
|
|
|
|
|
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11149 is 'n antwoord op boodskap #11093] |
Fri, 31 October 1997 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 28 Oct 1997 08:53:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
En die SA
>> regering het - reg of verkeerd - besluit die wortel van herstel le in
>> n gesonde ekonomie en het dus as prioriteit die stryd teen inflasie.
>> Dus is daar nie juis staatsgeld om duisende polisiemanne te begin
>> oplei en betaal nie.)
>
> Dit is _juis_ die fout. Die fundamentele funksie van die staat is om die
> lewe en goed van sy burgers te beskerm teen misdadigers binne die samelewing
> en teen aanvalle van buite die staat. Daarsonder kan geen gesonde ekonomie
> tot stand kom nie.
>
> Ons moet dus aflei dat dit nie "reg of verkeerd" is nie, maar "verkeerd" :-) >>
OK. Staatsuitgawes vermeerder drasties om die misdaad so goed as
moontlik te bekamp.
Daarop moet nog howe gebou word, nog aanklaers en landroste en regters
aangestel word.
En dan natuurlik ook heelwat meer tronke om die stroom bandiete te
akkomodeer.
En bewaarders ook.
En al die ouens vereis dan meer opleidingskolleges.
En almal van hulle het pensioenskemas en mediese fondse. En, o ja, die
bandiete het ook hospitaalsorg en kos en so aan nodig.
En almal natuurlik ook water en elektrisiteit en so aan.
Die hele spulletjie skuif inflasie merkbaar op na n paar maande.
Dit veroorsaak dat mense wat tot dan toe bereid was om in in die land
te bele, nie meer wil nie.
Die staat gaan ook lenings aan om vir al die goed te betaal.
Later gaan n moerse klomp staatsinkomstes om die lenings af te betaal
en nog geld moet geleen word om al die projekte te voltooi......en so
aan.
Dit alles beteken skielik, Leendert, dat jou geld se waarde een dag
skielik drasties minder word en inflasie aan die paniek-persentasies
begin raak.
Dit alles lei binne so twee jaar tot n ekonomiese krisis waarin nog
meer mense werkloos word en .....misdaad weer begin toeneem.
Maar die keer gaan dit saam met 'n paniekerige ekonomie en
inflasiesyfers wat hand uit geruk het.
?
|
|
|
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11161 is 'n antwoord op boodskap #11093] |
Mon, 03 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote in article ...
> On Tue, 28 Oct 1997 08:53:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> Dit is _juis_ die fout. Die fundamentele funksie van die staat is om die
>> lewe en goed van sy burgers te beskerm teen misdadigers binne die samelewing
>> en teen aanvalle van buite die staat. Daarsonder kan geen gesonde ekonomie
>> tot stand kom nie.
>
Magtig Koos!
Jou argument hieronder kan gesien word as 'n pleidooi vir _meer_ misdaad om
die staat aan die gang te hou :-)
Jy het al tevore daarna verwys dat jy hierdie nuusgroep beskou as die
ekwivalent van 'n kroeggesprek. Ek lei af dat hierdie bydrae vergelyk moet
word meet 'n _laataand_ -kroeggesprek!
> OK. Staatsuitgawes vermeerder drasties om die misdaad so goed as
> moontlik te bekamp.
Nie noodwendig nie. Misdaadbekamping het ook 'n finansiële rendement:
a) 'n Groot deel van die midaad is korrupsie binne die staat - die
bekamping daarvan bespaar dus staatsuitgawes.
b) Misdaad is 'n onbelasbare deel van die ekonomie. Wanneer daardie
(massiewe groot) sektor kleiner word, sal ten minste 'n deel daarvan omgesit
word in belasbare ekonomiese bedryfwigheid, wat die belastingbasis
potensieel vergroot (as die ouens niebelasitng ontduik nie - maar, verstaan
ek, dis ook misdaad :-). Ten minste vir sover individue, maatskappy en
versekeraars kleiner verliese toon, sal hul belasbare inkomste groter wees.
Net uit die potensiële verliese wat motorversekeraars maak sal jy moontlik
'n tronk of wat kan bou en onderhou.
c) Misdaad het 'n dempende effek op die ekomie in die vorm van kleiner
beleggings, van buite en binne die land. Deur dit te bekamp, verwyder jy
hierdie effek, wat jou belastingbasis weereens vergroot.
d) Misdaad skep wel 'n legitieme ekonomiese sektor wat belastings
betaal - die sekuriteitswese. Maar dit is nie 'n produksiesektor nie. Dit is
hulpbronne wat potensieel gebruik kon word om produksie te vermeerder. In
die ekonomie as geheel moet jy die koste van sekuriteit _bytel_ by die
direkte koste van misdaad om sy effek op die ekonomie te bereken.
e) As die staan nie sy fundamentele funksie uitvoer nie (om die lewe,
liggaam en goed van sy inwoners teen mekaar en teen buitelandse aanvallers
te beskerm) gebruik die inwoners eiereg - weerwraak, boendoe-howe, ens. Elke
keer wat dit gebeur, skep jy 'n nuwe misdadiger - met die kostes daaraan
verbonde.
> Daarop moet nog howe gebou word, nog aanklaers en landroste en regters
> aangestel word.
> En dan natuurlik ook heelwat meer tronke om die stroom bandiete te
> akkomodeer.
> En bewaarders ook.
> En al die ouens vereis dan meer opleidingskolleges.
> En almal van hulle het pensioenskemas en mediese fondse. En, o ja, die
> bandiete het ook hospitaalsorg en kos en so aan nodig.
O ja? En wat van die hospitaalsorg vir die slagoffers van die misdaad?
Maar jy is reg. Bandiete is duur. Dis een argument wat vir die herinstelling
van die doodstraf aangevoer word :-)
Maar tronke, anders as misdaad, produseer wel iets - baie van die gevangenes
kry die geleentheid om kundighede en vaardighede te leer wat later tot die
ekonomie kan bydra.
> En almal natuurlik ook water en elektrisiteit en so aan.
>
> Die hele spulletjie skuif inflasie merkbaar op na n paar maande.
> Dit veroorsaak dat mense wat tot dan toe bereid was om in in die land
> te bele, nie meer wil nie.
>
> Die staat gaan ook lenings aan om vir al die goed te betaal.
> Later gaan n moerse klomp staatsinkomstes om die lenings af te betaal
> en nog geld moet geleen word om al die projekte te voltooi......en so
> aan.
>
> Dit alles beteken skielik, Leendert, dat jou geld se waarde een dag
> skielik drasties minder word en inflasie aan die paniek-persentasies
> begin raak.
>
> Dit alles lei binne so twee jaar tot n ekonomiese krisis waarin nog
> meer mense werkloos word en .....misdaad weer begin toeneem.
> Maar die keer gaan dit saam met 'n paniekerige ekonomie en
> inflasiesyfers wat hand uit geruk het.
Koos, my naiewe begrip van inflasie is dat dit die gevolg is van besteding
wat nie tot produksie lei nie. Ek weet van niks - selfs nie eens oorlog of
Curriebekerrugby nie - wat minder produseer as misdaad nie.
Jy het nou 'n mooi lysie gegee van die kostes verbonde aan misdaadbekamping.
Ek stel voor dat jy daardie kostes nou gaan kwantifiseer en dit vergelyk met
die reële koste van misdaad.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11248 is 'n antwoord op boodskap #11093] |
Sun, 09 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ai, Koos - jy kan darem so desperaat en onsamehangend raak as jou
plannetjies en lokvalletjies nie werk nie (tip, Koos: moenie 'n ander man se
taktiek teen homself probeer inspan nie - hy ken dit beter as jy :-)
Koos Skryf:
Ferdi Greyling heeft geschreven in bericht
...
> On Sat, 8 Nov 1997 22:26:13 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> > die toestemming van die speaker of die voorsitter van die betrokke kommitee.>>>
>
>
> Fokkit heh?
>
> Vra jou raad en alles?
>
> Jissie, huh?
>
> N.S. Vra hulle jou baie keer om raad, die ANC -heesers in die Kaap
> onder wie se beskermende gesag jy so in die Parlement praat?
Nie so dikwels nie, maar darem. Ook nie net die in die Kaap nie - sommige
provinsies kom ook agter hulle weet nie alles nie, en hul "capacity" groei
nie vanself nie.
Maar vir een wat spog dat hy in die persgallery gesit het, onderskei jy
moeilik tussen die "ANC-heersers" (soos jy hulle nou skielik noem) en die
parlement. As ek (of jy) in die parlement praat, doen ek dit onder gesag van
die parlement, nie van die regerende party nie. Dit behoort jy tog daar te
geleer het, Koos?
Of sukkel jy ook, soos die ANC om te onderskei tussen die ANC en die
parlement. Ek verstaan volgens Radiosondermense dat die ANC nou sy
partystukke op parlementêre (of was dit staatdiens- ?) papier druk - die DP
sê glo die ANC maak of die staatsdiens 'n arm van die party is.
>
> Leendert ek sit hier en lag my gat af en dan wonder ek of jy sal weet
> hoekom ek so lag. En dan lag ek nog meer!
Hmm... amper drie-uur Sondagoggend en jy is nog steeds besig met 'n
kroeggesprek (soos jy dit noem)? Ek kan raai hoekom jy so lag :-)
>
> OK ek sal sê: Dit moet vir jou n verskriklike dilemma wees. Eers
> spoeg jy oral sulke stukkies gif oor my "ANC-ledegeld" en oor my
> "..base wat die nuusgroep lees..." en "...politieke kommissarisse...."
> en so aan.
>
> Met ander woorde jy bou n subtiele verband tussen my en die ANC in jou
> antwoorde op my boodskappe waarin ek jou op jou leuns gewys het oor
> ander mense van wie se politiek jy klaarblyklik nie hou nie.
O? jy dag toe _dis_ die taktiek wat ek gebruik, en jy probeer dit op my
toepas? Met die sot ou storietjie oor sou ek saam met die studentetak van
die Vryheidsfront in die Kaap gewees het?
Nee wat. Jy verstaan nog nie wat dit is wat jou getref het nie. Jy moet nog
baie pap eet voor jy reseppies by my kan afkyk, Koos!
En nee, Koos. Dit was nie subtiel nie. Dit was eintlik heel blatant. Net so
blatant as jou onverdraagsaamheid teenoor enigiets wat ruik na kritiek op
die ANC - of enigiets wat nie voldoen aan jou eise vir politieke korrektheid
nie.
'n Paar maande gelede kon jy nie genoeg kry van lofsing oor die voortreflike
hoedanighede van ons heremeesters nie. Het dit nou verander? Honeymoon nou
verby? Nou dat die wierook van "legacies of apartheid" nie meer genoeg is om
al die stankies weg te steek nie?
En miskien moet jy nou iets doen om te sê watter leuens ek vertel het, Koos.
Jy pruttel aanmekaar oor "leuens", maar jy het nog nie op een gewys nie!
>
> Jy stel jou op dat jy eenkant staan - die "onafhanklike intellektueel"
> - en dan aan die ander kant is die van wie jy verskil en wie met jou
> verskil.
>
> En hulle maak jy herkenbaar aan hulle etiket - wat jy op hulle plak.
>
> In die geval n ANC-etiket.
Nee wat, Koos. Geen etiket is nodig nie. Dis jou onderrok wat so lank
uithang. Ek hoef maar net na die onderrok te wys.
> En dan, skielik, vra ek n vraag wat jou in staat sal stel om jouself
> op te hys op n voetstuk van marmer vanwaar jy kan aankondig dat jy
> (praat afgemete in 'n diep stem) "...ahem..... ah.... deur die
> Parlement in die Kaap uitgenooi word om aldaar te gaan praat...." en
> dit alles "...onder die beskerming van haar edele die speaker self en
> in die struktuur van 'n komitee ..."
Pragtige beeldspraak daardie, Koos - die "voetstuk van marmer" en so. Was
nogal effektief, ne :-)
Frustreer dit jou erg as ek munt slaan uit jou pogings om 'n etiket om _my_
ten hang, Koos?
Sorry you lost, old chap!
>
> Moerse dilemma want die mense met wie jy so hand om die blaas in die
> Kaap is en wie se beskerming vir jou so baie beteken is natuurlik die
> ANC/politieke kommisarisse/base!!!
>
> En watter een wen in jou gemoed?
>
> Bly jy Leendert die Onafhanklike?
>
> Of maak jy al jou gif van die afgelope twee weke sonder skop en
> probeer die aansien te wen van 'n man wat "...ahem....uh....deur die
> Parlement genooi word om aldaar te gaan praat voor n SPESIALE
> komitee...."
>
> Leendert, ek skud soos ek lag hier.
Hmmm... Soos die Prediker sê - "soos die gekraak van dorings onder 'n pot is
die gelag van 'n dwaas" (Nee, dis in Spreuke, dink ek).
Eintlik, Koos, volg ek maar net _jou_ oortuigings - ek verseker dat die
owerheid nie in 'n posisie kom om te kan sê "ons het nie geweet nie".
Wanneer ek op 'n punt kom dat ek die owerheid nie meer kan gehoorsaam nie,
word dit belangrik. Dit help as die rekords in Hansard is.
Jy behoort dit te weet, in die lig van die wyse waarop jy kan krakeel oor
mense wat sê: "ons het nie geweet nie".
(Miskien vergeet mens maar so bietjie tydens vroemorekroeggesprekke.)
Ongelukkig lyk dit asof jou heroes in die ANC (of is dit sedert onlangs
"voormalige heroes"?) die betekenis van die woord "konsekwent" nie beter
onder die knie het as jy nie :-(
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
Re: BEVEG MISDAAD: WINNIE MANDELA VIR PRESIDENT !!! [boodskap #11273 is 'n antwoord op boodskap #11093] |
Mon, 10 November 1997 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos wrote in article ...
> On Sun, 9 Nov 1997 18:38:04 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> >>>
>
> Ha,ha....
>
> Nou dink ek terug aan Leendert die Virtuele Prossedeerder was altyd op
> die groep so op sy perdjie spring en ".....I demand..!!!! ." ....vir
> reekse van apologiee" as hy reken mense verbind hom aan goed wat hy
> reken hy NIE gese het nie.....
>
> En ek vra aan Leendert: "Ek meen jy bedoel (gesien die konteks) die
> Parlement se persgallery hier? En wanneer en waar sou ek beweer het
> my reine voetjies was ooit op die persgallery van die Parlement?
> Hmmm?"
Hmm... Ek herinner my 'n beskrywing van Vorster (of was dit botha) wat jy
gegee het, soos jy hom uit die persgallery waargeneem het. Miskien het jy
toe gelieg, miskien het ek my misgis. Indien laasgenoemde, vra ek om
verskoning. Indien eersgenoemde, sal dit mettertyd wel hier aangehaal word -
vers en kapittel.
Maar net vir ingeval ek my misgis het: "Vir een wat nooit 'n reine voetjie
in die persgallery gesit het nie maak jy darem baie aannames oor die
strukture van daardie instelling, weet jy!" :-)
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:26 UTC 2025
|