Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Het Afrikaansch""
"Het Afrikaansch"" [boodskap #111645] |
Fri, 01 December 2006 17:57  |
Michel Martens
Boodskappe: 126 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Op de DBNL (Digitale Bibliotheek der Nederlandse Letteren) werd zopas
weer een historisch boek on-line gezet, namelijk "Het Afrikaansch" van
D.C. Hesseling uit 1899. Het is dus meer dan een eeuw oud en het bevat
mogelijk en zelfs heel waarschijnlijk standpunten over het Afrikaans
die in deze moderne tijd helemaal achterhaald zijn. Maar voor wie iets
meer wil weten over het Afrikaans gezien door de bril van een
negentiende-eeuwse Nederlander kan dit een leuk boekje zijn. Het is
gesteld in een vandaag niet meer geldende spelling en na het lezen van
een paar zinnetjes zie je al dat de schrijfstijl ook gedateerd is.
Vanzelfsprekend zou ik zeggen.
Voor Afrikaners zal het niet altijd eenvoudig zijn dit Nederlands te
lezen maar voor de geïnteresseerden is het zeker het proberen waard.
--
Beste groeten,
Michel
|
|
|
|
|
|
|
Re: "Het Afrikaansch"" [boodskap #111669 is 'n antwoord op boodskap #111659] |
Tue, 05 December 2006 13:16   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Strandkruier skryf
> Dis moontlik, Gloudina, maar ek vra me eie af waarom dit nie meer in
> die Nederlands van die moderne tyd gebeur nie.
> Want hier in ons eie Vlaandere leef baie mense uit byvoorbeeld Turkye.
> Ek werk elke week saam met Turke en ek hoor steeds dat as hulle 'n
> werkwoord vervoeg
Jy vra 'n baie goeie vraag. Ek dink die antwoord
is dat daar sogenaamde "behoudende faktore"
is wat verhoed dat die aftakeling van die taal
deur "vreemdelinge" gebeur. Di? behoudende
faktore is naamlik die skool, kerk en koerante
en televisie en radio wat gedurig die "regte" vorm
van Nederlands onderrig en gebruik, en wat dus
vir die "vreemdelinge" aanhoudend wys hoe daar
gepraat moet word. Buitendien is die oorgrote
meerderheid van die bevolking nog steeds
van moedersknie af Nederlandssprekend. En
die vreemdelinge weet dat hulle nie die taal
moet aftakel nie, as hulle in aanmerking wil
kom vir poste binne die sosiale situasie.
Nou, in die sestiende en sewentiende
eeu het die mense veral in Maleisi? met
Nederlands in aanraking gekom toe die
HOIK daar begin handel dryf en selfs kolonies
gestig het. Hierdie mense het Nederlands net
gebruik wanneer dit hulle pas en hoe dit hulle
pas, en die behoudende faktore wat daar in
Nederland was, het nie daar gegeld nie. Toe
sommige mense uit die Verre Ooste nou as
slawe na die Kaap gebring is, oorwegend
Maleis-Portugees sprekend, toe moes hulle
nog meer intens Nederlands begin praat onder
die regime van Jan van Riebeeck. En dis hier
waar die aftakeling van Nederlands regtig
begin het. Tot so 'n mate dat die Nederlanders
van geboorte self begin aftakel het om hulleself
verstaanbaar te maak onder die nie-Nederlands
sprekers.
Dit is ook interessant om op te merk dat
daar wel "behoudende faktore" was wat verhoed
het dat Afrikaans heeltemaal verkreoliseer. Dit
was die feit dat daar tot in die twintigste eeu
gebruik gemaak is van die Nederlanse Bybel
en psalms en gesange in die kerke van die
Afrikaners. My oupa byvoorbeeld het gereeld
in sy soort gebroke Nederlands probeer bid
nadat hy die bybel in Nederlands by die "boekevat"
gebruik het. En hy is eers in die vytigerjare van
die vorige eeu dood.
Gloudina
|
|
|
Re: "Het Afrikaansch"" [boodskap #111676 is 'n antwoord op boodskap #111669] |
Tue, 05 December 2006 21:39  |
Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 5 Dec 2006 05:16:18 -0800, "Hessie" wrote:
> Tot so 'n mate dat die Nederlanders
> van geboorte self begin aftakel het om hulleself
> verstaanbaar te maak onder die nie-Nederlands
> sprekers.
Ek vind dit baie sinvol wat jy hier vertel, Gloudina. Êrens moet
inderdaad 'n aktiewe, daaglikse interaksie gewees hê tussen
Nederlandssprekendes en nie-Nederlandssprekendes! As daar geen
interaksie is met taalonkundiges verander tale nie so vinnig nie. Ons
het dit ook gesien met Duits, wat deur Kelte in sy uitspraak
gemodifiseer is. Êrens is 'n nuwe taal in sulke omstandighede steeds
'n kompromis tussen die tale van mense wat mekaar daagliks nodig het
maar in eienheid tog vreemd van mekaar is. Kan nie anders wees nie.
En die behoudende faktor is natuurlik die kultuur en die geskrewe
taal. Dis hoekom Grieks is vandag nog bykans net as 2000 jaar gelede!
Norbert die strandkruier
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 04:06:52 UTC 2025
|