Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie kan my vertel van Hannes Dreyer?
Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111573] |
Tue, 21 November 2006 03:54 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
hans.m...
Boodskappe: 7 Geregistreer: November 2006
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Goeiemôre almal,
Ek soek 'n bietjie onafhanklike inligting oor 'n sekere Dr. Hannes
Dreyer wat onder andere "The Amazing Formula For Wealth Creation"
verkoop. Al wat ek sover kon kry is van mense soos Tony Deetlefs
(tony.d...@bmw.co.za) wat self Hannes Dreyer se materiaal verkoop.
Die kursusse is redelik duur so 'n mens probeer eers bietjie uitvind
voor jy jou beursie oopvlek en begin skil.
Daar is bitter min op sy advertensie materiaal wat onafhanklik
verifiëerbaar is. Die enigste wat ek kon raaksien is sy akademiese
kwalifikasies.
Van sy webwerf (www.hannesdreyer.co.za) blyk dit dat hy 'n
M.Sc.(Ekonomie) en 'n Ph.D. graad behaal het. Daar is 'n indrukwekkende
lys van ander drie-letter woorde maar ek sal bly by wat ek verstaan.
Dit het my aandag getrek dat biede grade gespesifiseer word. Ek het ook
opgemerk dat die tesisse geslote is. Watter universiteit sal 'n Ph.D.
toeken en nie die tesis publiseer nie? Stel jy jou nie bloot aan 'n
prioriteitsdebat nie? Is die doel van 'n Ph.D. nie om die mens se
kennis uit te bou nie?
Ek het 'n vraag gestuur aan In...@HannesDreyer.co.za om uit te vind
watter universiteite die grade toegeken het. Netta Ellis het geantwoord
en bekend gemaak dat die "Commonwealth Open University (UK)" beide
grade toegeken het. Sy kon nie 'n webadres gee nie.
Ek soek toe self die plek en kom af op www.commonwealth.org. Hulle vra
3800 USD vir 'n Ph.D. en 3650 USD vir 'n M.Sc.
Hierdie inrigting het gladnie 'n goeie reputasie nie. Dit blyk uit
plasings van mense soos Dr. John Bear (www.degree.net) in
alt.distance.learning (http://tinyurl.com/yxusqj). Die plek is
waarskynlik 'n "degree mill".
In sommige state in die VSA is dit selfs onwettig om die inrigting se
kwalifikasies te gebruik (http://tinyurl.com/yyhfoe).
Ek het vir Netta 'n mening gevra maar nog niks gehoor nie.
Had Hannes 'n geakkrediteerde Ph.D. sou dit heelwat integriteit verleen
aan sy bemarkingsmateriaal. Hoë vlakke van tersiêre opleiding en
bedrog meng nie lekker nie.
Ek besef dat dit kan beteken dat Mnr. Dreyer nie eers 'n B-graad het
nie.
Op hierdie stadium bly my beursie veilig in my sak, maar die ou is baie
oortuigend en ek hoor graag van ander perspektiewe.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wie kan my vertel van Hannes Dreyer? [boodskap #111624 is 'n antwoord op boodskap #111619] |
Wed, 29 November 2006 19:33 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 28 Nov 2006 09:21:22 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:
>
> Dave skryf:
>> On 23 Nov 2006 08:56:04 -0800, hans.m...@gmail.com wrote:
>> hele wêreld, want dit word nooit winter hier nie. Jy kan die hadedas
>> en ape met die hand voer, want al wat regtig wild is hier, is die taxi
>> drywers.
>
> Miskien raak ek net gewoond, maar ek dink ons taxi bestuurders in die
> Rand het mak geraak. Hulle kort net 'n paar spoedwalle in die
> geelstreep!
Soos ek gesê het, woon ek in 'n bosveld dorp.
Jy het nie gereageer asof jy weet waar in die bosveld my dorp is nie,
en jy gee toe dat jy 'miskien aan die taxi's gewoond raak."
Miskien raak jy daaraan gewoond soos Melky De Daiser se seun gewoond
geraak het aan miergif. As jy dit elke dag gevoer word, begin dit
alledaags raak.
D@D
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 00:16:29 UTC 2025
|