Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Lente in Johannesburg " deur FERDI GREYLING
" Lente in Johannesburg " deur FERDI GREYLING [boodskap #111390] Do, 12 Oktober 2006 23:27
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lente in Johannesburg
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die wit oggend
om die groen boom.
Die voëltjies sing gaatjies in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.
Vorige onderwerp: " Welkom in my kasteel" deur H.J. PIETERSE
Volgende onderwerp: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 12:34:08 MGT 2024