Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Patetiese nuusgroepgebruikers
Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11096] |
Fri, 24 October 1997 00:00  |
Abraham Louw
Boodskappe: 1 Geregistreer: October 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek is 'n student van die Potchefstroomse Universiteit.
Ek was half verbaas toe ek sien dat hierdie nuusgroep
bestaan en het toe besluit om maar te kyk wat hier
aangaan. Na ek 'n paar briewe gelees het, was ek reg-
tig geskok om te sien hoe mense vuil taal in hulle
briewe gebruik. Ek dink regtig hierdie nuusgroep se
gebruikers wat sulke vuil taal gebruik sleep Afrikaners
se naam deur die modder, nie eens ons Universiteitsnuus-
groepe gebruik sulke swak taal nie en glo my studente
kan bar wees...
Abraham
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11130 is 'n antwoord op boodskap #11096] |
Wed, 29 October 1997 00:00   |
Jacques Strydom
Boodskappe: 5 Geregistreer: October 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
: Die punt van vryheid van spraak is dat almal, jy ingesluit, kan sê wat
: hulle wil. Dit beteken nie almal moet saamstem nie, indien soos die
: gesprekkie bewuis stem mense nie saam nie. Maar dit is nie die punt
: nie.
So wat is die punt? Die punt is dat party mense dit regkry om iets in afrikaans
te se wat semantiese waarde het en dat ander dit skynbaar nie kan doen nie.
: Wat vit my pynig is die superior houding wat deur 'n snotkop gewys
: was.
Ek kon nie eintlik bepaal wie die 'snotkop' is waarna jy verwys nie.
Knormoer-hulle klink nie vir my meer redelik oud...
Dit is nou maar 'n feit dat alles in die lewe relatief is. So as jy
jouself wil verlaag deur jou optrede en onsmaaklike taalgebruik, dan kan
ek nie anders as om vir jou superieur voor te kom nie. En wie se skuld is
dit dan? Jy erken self (later in die artikel) dat vloek op onverfyndheid dui.
. Sover my aangaan kan niemand superior voel oor iemand
: anders nie, die taal wat jy praat en skryf is mos ook 'n aanduiding
: van jou agtergrond en jou agtergrond is 'n ongeluk van jou geboorte.
Dit is tragies (en ek is nie nou sarkasties nie) dat sommige mense se
agtergronde verongluk het tydens hulle geboorte. Maar dan kry jy ook 'n persoon
wat nieteenstaande daarvan uitstyg bo die res wat redeneer dat omdat
hulle in 'n swak agtergrond gearriveer het, hulle maar net sowel daar kan
bly sit. Dit is te veel moeite om iets te probeer doen vir jouself.
Of dit nou op finansiele, kulturele of sosiale gebied is.
: Jy kan die naturrlik sê maar moet reg wees vir 'n antwoord.
Ek snap nie wat jy hier probeer se nie. Se eers wat jy bedoel voor
jy 'n antwoord gee... Want dit klink of jy lus het om iets te se.
: Mense wie skeltaal gebruik voel gemaklik daarmee;
Dit moet lekker wees as 'n mens al jou swak eienskappe teen gemaklikheid kan
afskryf. Weereens te veel moeite om te probeer styg na 'n meer beskaafde
trappie so dan aanvaar ons maar liewers ons omstandighede gelate....
: jy wegloop, hier kan jy na die volgende boodskap toe blaai, die
: enigste verskil is dat die gebruiker van skeltaal nie weet van die rug
: draai op die net nie.
Hoekom nie? Omdat dit 'n eienskap is wat net by gekunstelde mense voorkom?
Hoe meer volwasse kinders raak hoe meer sal hulle bereid wees om stil te
bly en sodoende 'n argument te stop.
: Ek het vir die eerste keer in Afrikaans leer vloek in die leer
Indrukwekkend. In watter ander tale kan jy nog vloek? Of sal ek
liewer se in watter taal het jy gevloek voor jy leer toe is.
Julle moes seker 'n briljante korporaal of sersant gehad het, want ek
ken baie mense wat nooit die kon leer vloek in die leer nie...
(nie my
: eie keuse nie) maar ek het my verbaas van hoe goed Afrikaans vloek.
Jy klink vir my na 'n deskunige op die gebied van vloektaalevaluasie.
Word daar iewers 'n kursus aangebied daaroor?
: Miskien moet die een van die dinge wees waaroor mense trots kan wees.
Jy moet regtig desperaat weet om iets te kry om op trots te wees as jy
dit oorweeg om op vloek trots te wees.
: Ek stem saam, vloek wys onvervyntheid,
"I rest my case....."
maar wie de joos is jy (en ou
: Abrahampie) om vir iemand te sê hulle is onvervynd?
Jy sal maar vir Abrahampie self moet vra wie hy is. Wat myself betref,
'n volledige Curriculum vitae is op aanvraag beskikbaar. Maar net in
gewone afrikaans, so dit sal dalk moelik leesbaar wees.
: Ja, ek is ook nie lus vie 'n spel oorlog nie, ek het nie 'n Afrikaanse
: woordeboek nie
Ek is seker jy het nie daarvoor lus nie, jou skryfstyl en onsamehangende
redenasies is daarvan 'n "bewuis".
:en die goed word nie hier verkoop nie.
In geval het 'n mens nie 'n woordeboek nodig om die woorde wat jy verkeerd spel
reg te spel nie. Standerd 6 behoort genoeg te wees.
: Miskien is die poephol 'n aanduiding (?)
Ek snap nie, kan jy dit vir my verduidelik asseblief? Al is dit in jou
dialek?
En as jy nog nie besluit het om "die rug te draai nie" los maar stukkies
van my teks in en dan kan jy op 'n gestruktueerde manier komentaar lewer
daarop. Dit is baie beter as om alles uit te vee en dan net met jou
verbale gastro-enteritis voort te gaan.
Groete
|
|
|
|
|
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11358 is 'n antwoord op boodskap #11096] |
Sat, 15 November 1997 00:00  |
Olympus
Boodskappe: 22 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Swak taal is gewoon swak opvoeding en dit bewys niks anders as dat die
gebruiker
daarvan wanaangepas en verstandelik hulpbehoewend is nie.
Colin wrote in article
...
> On 26 Oct 1997 12:47:46 GMT, Jacques Strydom
> wrote:
>
>>
>> : Ag shamepies boetie. Gaan huil en vertel dominee van die slegte mense.
>> > om te se hulle hulle is Afrikaanssprekend. Netnou word hulle dalk met julle
>> brandewyn-en-coke-suipende barbare geassosieer.
>>
>
> Amper niks van jou kak uitgevee nie...
>
> Luister poephol, ek is ek en nie "julle" nie; ek kan aan baie dinge
> dink oor wat Afrikaaners trots op kan wees; jy is nie een van hulle
> nie. Ongelukkig is snobisme maar kak waar ookal jy dit kry.
>
> As jy en jou pel, ou Abrahampie gepla is oor mense wat vloek gaan kyk
> maar op 'n ander plek. Gelukkig is hier vryheid van spraak, miskien
> het jy van so 'n begunsel vergeet deur al die jare van beskerming.
>
> "Knormoer" het 'n goeie antwoord vir jou geskryf hieronder. Gaan lees
> dit gerus.
>
> Gaan vlieg jy maar ook in jou moer in.
>
> Vriendelike Groete
> Colin
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:13 UTC 2025
|