Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld
" Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111222] |
Sat, 30 September 2006 13:10  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Afrikaans eintlik 'n 'gemorstaal'
Sep 29 2006 09:51:08:617PM - (SA)
Hilda Fourie
'In 1652 het die Nederlanders en Khoi 'n gemors van Nederlands
gemaak en daardie gemors se naam is Afrikaans."
Só het prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV-skryfskool van
die Noordwes-Universiteit, gister by 'n taalberaad by die
Voortrekkermonument in Pretoria gesê.
Dié beraad is deel van die Voortrekkers se 75-jarige feesvieringe.
"Baie mense dink Afrikaans het begin op 14 Augustus 1875 toe die
taalbeweging gestig is. Dis 'n fout. Afrikaans is gebore die oomblik
toe Jan van Riebeeck sy voet aan wal in Afrika gesit het.
"Jan van Riebeeck moes met die Khoi kontak maak. Die Khoi het probeer
Nederlands praat. Dit was die eerste gemors.
"Die tweede gemors was toe die slawe ook Nederlands probeer praat
het.
"Afrikaans het niks met wit te doen nie. Afrikaans behoort aan mense
wat dit praat en gebruik," het Du Plessis gesê.
Vir prof. Debra Meyer, professor in biochemie aan die Universiteit van
Johannesburg en weervoorspeller op SABC2, is dit een van die grootste
struikelblokke in haar lewe wanneer iemand haar vra waar sy so mooi
Afrikaans leer praat het.
"Ek is bruin van velkleur en lyk nie soos 'n tipiese kleurling nie,
maar dis lekker om Afrikaans te kan praat.
"Daar is niks fout met my Afrikaans nie. My mense verstaan my en my
mense is dié wat Afrikaans praat," het Meyer by die taalberaad gesê.
|
|
|
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111223 is 'n antwoord op boodskap #111222] |
Sun, 01 October 2006 11:37   |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Eintlik gee ek nie 'n hel om nie. Ek droom in Afrikaans, ek sing in
Afrikaans, ek dink in Afrikaans, ek maak liefde in Afrikaans, gemors of te
nie, ek kom heel goed oor die weg.
Hessie sorry vir die persoonlike antwoord, as jy dit gekry het, verkeerde
knoppie gekliek.
"Hessie" wrote in message
news:1159621801.583239.313530@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .
Afrikaans eintlik 'n 'gemorstaal'
Sep 29 2006 09:51:08:617PM - (SA)
Hilda Fourie
'In 1652 het die Nederlanders en Khoi 'n gemors van Nederlands
gemaak en daardie gemors se naam is Afrikaans."
Sê het prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV-skryfskool van
die Noordwes-Universiteit, gister by 'n taalberaad by die
Voortrekkermonument in Pretoria gesê.
Dié beraad is deel van die Voortrekkers se 75-jarige feesvieringe.
"Baie mense dink Afrikaans het begin op 14 Augustus 1875 toe die
taalbeweging gestig is. Dis 'n fout. Afrikaans is gebore die oomblik
toe Jan van Riebeeck sy voet aan wal in Afrika gesit het.
"Jan van Riebeeck moes met die Khoi kontak maak. Die Khoi het probeer
Nederlands praat. Dit was die eerste gemors.
"Die tweede gemors was toe die slawe ook Nederlands probeer praat
het.
"Afrikaans het niks met wit te doen nie. Afrikaans behoort aan mense
wat dit praat en gebruik," het Du Plessis gesê.
Vir prof. Debra Meyer, professor in biochemie aan die Universiteit van
Johannesburg en weervoorspeller op SABC2, is dit een van die grootste
struikelblokke in haar lewe wanneer iemand haar vra waar sy so mooi
Afrikaans leer praat het.
"Ek is bruin van velkleur en lyk nie soos 'n tipiese kleurling nie,
maar dis lekker om Afrikaans te kan praat.
"Daar is niks fout met my Afrikaans nie. My mense verstaan my en my
mense is dié wat Afrikaans praat," het Meyer by die taalberaad gesê.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111258 is 'n antwoord op boodskap #111237] |
Tue, 03 October 2006 17:24   |
Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 2 Oct 2006 05:18:29 -0700, "Hessie" wrote:
>
> Torreke skryf
>
> Afrikaans is besig om sy "taal van verdrukker"-status te
>> verloor. Met die regte bemarkinstrategie - En ek dink dis besig om vorm aan
>> te neem! - mag Afrikaans uiteindelik baie sterker staan as ooit te vore.
>
> Ek dink jy is reg. Ek dink binne 'n paar jaar sal die
> bruinmense van SA vir Afrikaans begin toe-eien as
> hulle eie, en dan daarvoor begin veg. Hoe meer hulle
> bruin kundige vakmanne Afrikaans hoor praat, hoe
> meer hulle aantreklike bruin mense op TV kanale
> Afrikaans hoor praat, hoe meer sal hulle daarmee
> identifiseer. Ons kyk nou gereeld vir "Kwela" op die
> Kudu Club, en ek hou soveel van die een vrou wat
> daar rapporteer. Sy lyk en klink net soos my jongste
> suster.
>
> Gloudina
Ek dink jy droom luidop, Gloudina! Jy is 'n swartmens geword! Jy veg
teen 'n vyand wat reeds meer as 200 jaar weg is uit jou land, net soos
die swartmense oorals in Afrika doen. Ons, Belge, het dit kan
ondervind in Kongo.
Jy raaskal as jy sê bruinmense gaan Afrikaans toe-eien as hulle eie
kultuurtaal! Dis nie waar nie! Waarom sou hulle? Afrikaans is 'n
taaltjie wat slegs deur 6,5 miljoen mense gepraat word. Belangrike
swartmense aarsel nou al of hulle gaan kies tussen Engels en Chinees.
Is jy dom of kranksinnig?
Die enigste moontlikheid vir Afrikaans om te oorlewe is teruggaan na
sy wortel: Nederlands. En dan nog sal dit vir altwee moeilik wees om
hulle te handhaaf in die toekomstige wêreldkultuur.
Jy was steeds teen Apartheid, maar die ergste Apartheid, dis die
Apartheid teen jou eie taalgenote, het jy steeds gehandhaaf en ek vind
dis die skandelikste een.
Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)
|
|
|
|
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111298 is 'n antwoord op boodskap #111258] |
Wed, 04 October 2006 20:48   |
Louisa ;-)
Boodskappe: 20 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Strandkruier wrote:
> Ek dink jy droom luidop, Gloudina! Jy is 'n swartmens geword! Jy veg
> teen 'n vyand wat reeds meer as 200 jaar weg is uit jou land, net soos
> die swartmense oorals in Afrika doen. Ons, Belge, het dit kan
> ondervind in Kongo.
> Jy raaskal as jy sê bruinmense gaan Afrikaans toe-eien as hulle eie
> kultuurtaal! Dis nie waar nie! Waarom sou hulle? Afrikaans is 'n
> taaltjie wat slegs deur 6,5 miljoen mense gepraat word. Belangrike
> swartmense aarsel nou al of hulle gaan kies tussen Engels en Chinees.
> Is jy dom of kranksinnig?
Bruin, wit of swart nou vir 'n oomblik buite rekening gelaat: Ons taal
is darem nie so kak dat buitelanders (soos jy) nie belangstel om dit te
leer nie? En is Afrikaanse forums en nuusgroepe aktief daarin deel te
neem nie? Gmf!
> Die enigste moontlikheid vir Afrikaans om te oorlewe is teruggaan na
> sy wortel: Nederlands. En dan nog sal dit vir altwee moeilik wees om
> hulle te handhaaf in die toekomstige wêreldkultuur.
> Jy was steeds teen Apartheid, maar die ergste Apartheid, dis die
> Apartheid teen jou eie taalgenote, het jy steeds gehandhaaf en ek vind
> dis die skandelikste een.
Nederlands gaan verseker niks vir Afrikaans se gewildheid beteken hier
in SA nie.
|
|
|
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111301 is 'n antwoord op boodskap #111298] |
Thu, 05 October 2006 01:11   |
Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 4 Oct 2006 13:48:49 -0700, "Louisa" wrote:
>
> Strandkruier wrote:
>> Ek dink jy droom luidop, Gloudina! Jy is 'n swartmens geword! Jy veg
>> teen 'n vyand wat reeds meer as 200 jaar weg is uit jou land, net soos
>> die swartmense oorals in Afrika doen. Ons, Belge, het dit kan
>> ondervind in Kongo.
>> Jy raaskal as jy sê bruinmense gaan Afrikaans toe-eien as hulle eie
>> kultuurtaal! Dis nie waar nie! Waarom sou hulle? Afrikaans is 'n
>> taaltjie wat slegs deur 6,5 miljoen mense gepraat word. Belangrike
>> swartmense aarsel nou al of hulle gaan kies tussen Engels en Chinees.
>> Is jy dom of kranksinnig?
>
> Bruin, wit of swart nou vir 'n oomblik buite rekening gelaat: Ons taal
> is darem nie so kak dat buitelanders (soos jy) nie belangstel om dit te
> leer nie? En is Afrikaanse forums en nuusgroepe aktief daarin deel te
> neem nie? Gmf!
Verskoning, Louisa, moet ek belangstelling hê vir Afrikaans? Toe ek
indertyd hier kom het ek begin met Nederlands. En na slegs 'n paar
weke het ek verder gedoen in Afrikaans. Hoekom ek leer so snel die
Afrikaans? Omdat prakties 90% van die woorde in Afrikaans dieselde is
en net klink as in my eie taal. En dan is die spraakkuns nog baie
eenvoudig vir ons ook.
>
>> Die enigste moontlikheid vir Afrikaans om te oorlewe is teruggaan na
>> sy wortel: Nederlands. En dan nog sal dit vir altwee moeilik wees om
>> hulle te handhaaf in die toekomstige wêreldkultuur.
>> Jy was steeds teen Apartheid, maar die ergste Apartheid, dis die
>> Apartheid teen jou eie taalgenote, het jy steeds gehandhaaf en ek vind
>> dis die skandelikste een.
>
> Nederlands gaan verseker niks vir Afrikaans se gewildheid beteken hier
> in SA nie.
Hierdie sou jy maar net dink. 'n Taal wat se eie verbind aan 'n ander
een word sterker en moet werkelik sy eie karakter nie verloor nie. Dit
het ons hier in ondervind in Vlaandere. Vlaams was bykans dood en toe
het ons Nederlands leer praat. Ons het nou 'n taalunie van bykans 20
miljoen mense en ons sien dat in Franstalige kontreie buite die
Vlaamse grens en selfs in Duitsland meer Nederlands gestudeer word.
Nietteenstaande ek offisieel Nederlands praat en skryf besig ek nog
steeds die dialek van my munisipaliteit. Jy moet ook weet dat ons 'n
"taalunie" het. Dit beteken ook dat die woordeskat van altwee die tale
saamgevoeg is en wedersydse erkenning kry. In 'n Nederlandse
woordeboek staan nà 'n Vlaamse woord geskryf: "Zuidnederlands", maar
dit beteken ook dat hierdie woord ook "offisieel" is in Nederland en
daar kan gebesig word. 'n Taalunie beteken, net soos 'n ekonomiese
unie vir geld, 'n verryking in woorde en spraakkuns.
Maar, ja, Afrikaners is nogal 'n "eiesoortig" volkjie, nè? Dis 'n
geesteskronkel wat reeds eeue in julle kop sit. 'n Mossie wat dink hy
is 'n spreeu.
Norbert die strandkruier
|
|
|
|
|
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111326 is 'n antwoord op boodskap #111324] |
Fri, 06 October 2006 07:30   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Strandkruier" < wrote
> On Thu, 5 Oct 2006 08:11:30 +0200, "Torreke" wrote:
>
>> En ek wat daagliks tussen swart mense beweeg, ervaar hoe die
>> antagonisme teen Afrikaans as "taal van die verdrukker" besig is om af te
>> neem.
>
> Is dit so? Nou, dit is baie mooi!
>
>> Dit sou goed wees vir Afrikaans om met Nederlands hande te vat en vas te
>> hou,
>> maar Afrikaans se toekoms lê in hande vat met die ander inheemse tale in
>> SA
>> wat eweveel onder bedreiging is as Afrikaans.
Ek het vanoggend gehoor dat verpligte moedertaal onderrig in die inheemse
tale van die eerste 3 na die eerste 6 skooljare verhoog is - Afrikaans is
spesifiek ingesluit!
>
> Ek verstaan waarom nie-Afrikaanstaliges van Suid-Afrika nou Afrikaans
> leer. Dis suiwer die ekonomiese motief wat hier 'n rol in speel.
Verkeerd! Engels was nog altyd de facto die ekonomiese voertaal in
Suid-Afrika. Ek herhaal: Bruinmense sal vir jou sê hulle taal IS Afrikaans.
Die uitdaging wat oorbrug moet word is dat Afrikaners die bruinmense in die
apartheidsjare uitgesluit het van die Afrikaanse kultuurliggame, ens. - ook
dat Kaaps (die bruin mense se Afrikaans) nie as suiwer Afrikaans erken is
nie. Die verdeeldheid is besig om te verdwyn en 'n gesamentlike lojaliteit,
opgewondenheid en handevat om die taal te bevorder besig om tot stand te
kom.
Netso is daar swartmense wie se enigste moedertaal Afrikaans is, spesifiek
in die Sotho-sprekende gedeeltes van die land. Ry deur die Vrystaat en gooi
brandstof by enige vulstasie in. As enige van die swart petroljoggies om 'n
hoek staan en Afrikaans praat, sal selfs 'n wit moedertaalspreker nie weet
dis 'n swart man wat Afrikaans praat nie. Ek het persoonlik ervaring dat
mense uit die Nguni-sprekende dele (Xhosa, Zoeloe en Swazi) met swartmense
uit die Sotho-sprekende dele (Noord-Sotho, Suid-Sotho en Tswana) hulle tot
Afrikaans wend omdat die één taal is wat albei verstaan! In Soweto is
Afrikaans springlewendig in die sjebeens! - nie dié Afrikaans wat in die
wit- en bruinmense se huise gepraat word nie! - 'n eiesoortige Afrikaans wat
gespesery is met Engelse, Afrika-woorde en eie skeppings! - maar Afrikaans
nietemin met 'n eiesoortige sjarme en bekoring
> Maar
> jy sal sien dat binne 1-2 generasies die jong nakomelinge van al die
> mense wat nou Afrikaans leer maar self geen Afrikaners is nie geen
> belangstelling meer sal hê vir Afrikaans nie. Dan sal hulle as tweede
> taal die belangrikste wêreldtaal verkies. Watter een dit sal wees kan
> ek nie voorspel nie. Miskien Engels, Chinees of selfs Indies.
> Ek weet nie of in Suid-Afrika reeds universiteite is wat suiwer en
> alleen 'n Suidafrikaanse inheemse taal (buite Afrikaans en Engels) as
> voertaal besig? Jy sal sien dat vanaf die oomblik dat 'n dusdanige
> universiteit verskyn die Afrikaans 'n volledige vermorste taal word en
> die Afrikaners ekonomies agteruit gaan. Ons het dit hier in België ook
> gesien toe die Vlaminge die Franstaliges uit die universiteite in
> Vlaandere verja het.
>
> Norbert die strandkruier
>
|
|
|
|
|
|
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111366 is 'n antwoord op boodskap #111342] |
Wed, 11 October 2006 00:14   |
Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 9 Oct 2006 09:04:07 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Strandkruier" > Ek moet sê dis interessant om dit te lees, Torreke.
>> Nietteenstaande jou goeie verdediging van Afrikaans bly ek standhou
>> dat Afrikaans en Nederlands nog steeds so gelykend is dat 'n
>> definitiewe skeiding van Nederlands en Afrikaans 'n verkeerde
>> beslissing is.
>
> 1. Ek het gesê dat ek saamstem dat Afrikaans ne Nederlands hande moet vat
> en hande moet hou.
> 2. Die vraag wat jy nie beantwoord het nie, is presies wat jy met
> "skeiding" tussen Afrikaans en Nederlands bedoel? Beteken dit dat jy
> Afrikaans bloot as dialek van Nederlands beskou en dat dit verkeerd is om
> Afrikaans met sy eie unieke grammatika en vorme te behou? Of beteken dit
> dat jy Afrikaans as volledige taal beskou waarvan die eenvoudige grammatika
> en besondere unieke vorme 'n bydrae kan lewer tot die modernisering en
> verryking van Nederlands?
>
> Jy moet onthou dat die beskuldiging van "kitchen Dutch" nog altyd in ons ore
> klink - dat ons nog dikwels te doen kry met mense uit die Dietse stamlande
> wat dink ons is agterlik, dom en ons taaltjie agterlik. Mon het ook alsulke
> geluide op hierdie ng gemaak.
>
Hallo, Torreke,
Ek sal antwoord gee op jou vraag. Ek beskou Afrikaans seker nie as 'n
dialek van Nederlands nie. Ek weet Afrikaans het sy eie spraakkuns en
vorme. Dit was geensins my bedoeling om Afrikaans te vernietig, soos
dit is. Ek vind Afrikaans 'n volledige taal en vir my mag Afrikaans sy
eenvoudige grammatika behou. Ek het self die uitdrukking van "kitchen
Dutch" nog nêrens gebruik nie. Jy moet weet ek is 'n taalliefhebber.
Vir my was dit baie interessant om te sien hoe Afrikaans uit
Nederlands kon afgelei word en met 'n bietjie mengeling van woorde uit
andere kulture was Afrikaans 'n feit. Ek moet onderskryf dat -in die
historiese konteks- 'n taal as Afrikaans, soos dit nou is, wel moes
ontstaan. En, neen, julle is geen agterlik volkjie nie.
Respek moet eerst kom. Maar die respek kom slegs as mense mekaar beter
leer ken en ook as hulle mekaar se taal bestudeer. Vroeër kon 'n mens
nog sê dis nutteloos want Nederland en Suid-Afrika lê duisende
kilometers van mekaar af. Inderdaad, in daardie konteks was dit
nutteloos. Maar die konteks het gewysig! Ons is nog steeds duisende
kilometers van mekaar af, maar virtueel staan ons in mekaar se
kombuis, deur die Internet, soos nou.
Ek vind daar moes 'n programma wees op die Nederlandse skole waarin
Afrikaans gegee word en omgekeerd moes daar 'n programma wees op die
Afrikaanse skole met Nederlands. Dit duur slegs 'n paar maande en
ieder Nederlander praat Afrikaans en die omgekeerde sal ook gaan.
Sodoende kan Afrikaners en Nederlander nog bietje kontak hou. Want ek
meen rêrig dat Nederlands en Afrikaans altwee in gevaar is. Jy sê nou
Afrikaans is steeds die ekonomiese taal van SA gewees en word deur
baie mense geleer, ook deur nie-blankes. Maar ons Waalse landgenote
het dit 50 jaar gelede ook gesê oor Frans, hulle eie taal. Toe was
Frans nog steeds die belangrikste taal van België. Wou jy 'n bietjie
vooruit in die lewe dan moes jy Frans praat in België en die Wale het
toe gesien hoe Vlaminge toe nog baie Frans geleer het in die skole.
Hulle was daarmee net so gelukkig as jy nou is oor Afrikaans in SA.
Maar nou is die situasie heeltemal anders hier in België! En hierdie
toestand is uiteindelik wat ek ook in Suid-Afrika verwag. 'n Mens
moenie tè selfgenoegsaam wees nie. Sake kan baie snel wysig.
Waarom kan ek nie loer na die Afrikaanse beeldradio nie? Daar is tog
satelliete?
Norbert die strandkruier
|
|
|
Re: " Afrikaans eintlik 'n gemorstaal" deur Hilda Fourie in Beeld [boodskap #111372 is 'n antwoord op boodskap #111366] |
Wed, 11 October 2006 09:03  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Strandkruier" <wrote
> On Mon, 9 Oct 2006 09:04:07 +0200, "Torreke" wrote:
>
>> Strandkruier" <wrote
>>> Ek moet sê dis interessant om dit te lees, Torreke.
>>> Nietteenstaande jou goeie verdediging van Afrikaans bly ek standhou
>>> dat Afrikaans en Nederlands nog steeds so gelykend is dat 'n
>>> definitiewe skeiding van Nederlands en Afrikaans 'n verkeerde
>>> beslissing is.
>> 1. Ek het gesê dat ek saamstem dat Afrikaans ne Nederlands hande moet vat
>> en hande moet hou.
>> 2. Die vraag wat jy nie beantwoord het nie, is presies wat jy met
>> "skeiding" tussen Afrikaans en Nederlands bedoel? Beteken dit dat jy
>> Afrikaans bloot as dialek van Nederlands beskou en dat dit verkeerd is om
>> Afrikaans met sy eie unieke grammatika en vorme te behou? Of beteken dit
>> dat jy Afrikaans as volledige taal beskou waarvan die eenvoudige
>> grammatika
>> en besondere unieke vorme 'n bydrae kan lewer tot die modernisering en
>> verryking van Nederlands?
>> Jy moet onthou dat die beskuldiging van "kitchen Dutch" nog altyd in ons
>> ore
>> klink - dat ons nog dikwels te doen kry met mense uit die Dietse stamlande
>> wat dink ons is agterlik, dom en ons taaltjie agterlik. Mon het ook
>> alsulke
>> geluide op hierdie ng gemaak.
>
> Hallo, Torreke,
>
> Ek sal antwoord gee op jou vraag. Ek beskou Afrikaans seker nie as 'n
> dialek van Nederlands nie. Ek weet Afrikaans het sy eie spraakkuns en
> vorme. Dit was geensins my bedoeling om Afrikaans te vernietig, soos
> dit is. Ek vind Afrikaans 'n volledige taal en vir my mag Afrikaans sy
> eenvoudige grammatika behou. Ek het self die uitdrukking van "kitchen
> Dutch" nog nêrens gebruik nie. Jy moet weet ek is 'n taalliefhebber.
> Vir my was dit baie interessant om te sien hoe Afrikaans uit
> Nederlands kon afgelei word en met 'n bietjie mengeling van woorde uit
> andere kulture was Afrikaans 'n feit. Ek moet onderskryf dat -in die
> historiese konteks- 'n taal as Afrikaans, soos dit nou is, wel moes
> ontstaan. En, neen, julle is geen agterlik volkjie nie.
> Respek moet eerst kom. Maar die respek kom slegs as mense mekaar beter
> leer ken en ook as hulle mekaar se taal bestudeer. Vroeër kon 'n mens
> nog sê dis nutteloos want Nederland en Suid-Afrika lê duisende
> kilometers van mekaar af. Inderdaad, in daardie konteks was dit
> nutteloos. Maar die konteks het gewysig! Ons is nog steeds duisende
> kilometers van mekaar af, maar virtueel staan ons in mekaar se
> kombuis, deur die Internet, soos nou.
> Ek vind daar moes 'n programma wees op die Nederlandse skole waarin
> Afrikaans gegee word en omgekeerd moes daar 'n programma wees op die
> Afrikaanse skole met Nederlands. Dit duur slegs 'n paar maande en
> ieder Nederlander praat Afrikaans en die omgekeerde sal ook gaan.
> Sodoende kan Afrikaners en Nederlander nog bietje kontak hou. Want ek
> meen rêrig dat Nederlands en Afrikaans altwee in gevaar is. Jy sê nou
> Afrikaans is steeds die ekonomiese taal van SA gewees en word deur
> baie mense geleer, ook deur nie-blankes. Maar ons Waalse landgenote
> het dit 50 jaar gelede ook gesê oor Frans, hulle eie taal. Toe was
> Frans nog steeds die belangrikste taal van België. Wou jy 'n bietjie
> vooruit in die lewe dan moes jy Frans praat in België en die Wale het
> toe gesien hoe Vlaminge toe nog baie Frans geleer het in die skole.
> Hulle was daarmee net so gelukkig as jy nou is oor Afrikaans in SA.
> Maar nou is die situasie heeltemal anders hier in België! En hierdie
> toestand is uiteindelik wat ek ook in Suid-Afrika verwag. 'n Mens
> moenie té selfgenoegsaam wees nie. Sake kan baie snel wysig.
> Waarom kan ek nie loer na die Afrikaanse beeldradio nie? Daar is tog
> satelliete?
>
> Norbert die strandkruier
Dankie. Ek dink ons dink baie eenders. Daar is 'n Afrikaanse kanaal
beskikbaar, "Kyknet", maar ek verstaan nie waarom jy dit nie by jou opvang
nie, aangesien ek hier Nederlandse kanale op my TV het.
Ek stem saam dat Afrikaanse bedreig is - baie erg bedreig is! Maar ek hou
daarvan om positief te dink - anders gaan mens nêrens kom nie.
Is effens haastig nou. Gesels graag later weer.
Groete
Torreke
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:59:37 UTC 2025
|