Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Die lied van jonk Suid-Afrika
Die lied van jonk Suid-Afrika [boodskap #111168] |
Thu, 21 September 2006 16:36  |
P & L
Boodskappe: 46 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
En hoor jy die magtige dreuning
Oor die veld kom dit wyd gesweef;
Van Kaapstad tot bo in die Noorde,
Rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jonk Suid Afrika,
Die lied van 'n volk se ontwakening,
Wat harte laat sidder en beef.
Die klop van ons ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het in klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
Die bome het bewenend gefluister:
Dit is die KOMS van jonk Suid Afrika!
Waar glorie van songloed die berge
Oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
Met grassaad kejakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van jonk Suid Afrika
Die golwende veld is ons woning,
En ons dak is die hemelblou;
Die Vryheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: "Handhaaf en BOU"
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het:
Dit is die EED van jonk Suid Afrika
|
|
|
|
|
|
Re: Die lied van jonk Suid-Afrika [boodskap #111173 is 'n antwoord op boodskap #111172] |
Fri, 22 September 2006 23:23  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
camerama skryf
> Ek het dit gekry uit die boedel van my oorlede ouma, sy het dit wwatskynlik
> oorgeskryf want dis in haar eie handskrift geskryf.
Tik "Die Lied van Jong Suid-Afrika" op Google,
en as jy dit nie onmiddellik kry nie, die woord
"Eitemal" daarnaas, en dan sal jy die woorde
kry.
Interessant dat jou ouma die woorde uitgeskryf
het. Weet jy omtrent watter jaar sy dit gedoen
het?
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:59:38 UTC 2025
|