Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Duifnes
Die Duifnes [boodskap #11012] So, 12 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Arnold Graaff  is tans af-lyn  Arnold Graaff
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die Duifnes.

Tussen bome en struike op die erf,
is daar 'n stil plekkie op die werf.
Slegs 'n tuintafel en 'n stoel
Waar ek kan afsluit van die stadsgewoel.
Vier betonmure rondom
Help my om van alles te ontkom.
Vanmôre lê 'n eierdoppie op die gras,
Wat verseker nie gister daar was.
Dit beteken nuwe lewe daarbo op 'n tak
In 'n nes van stokkies gepak.
'n Ruk gelede het ek hulle dopgehou
En gesien hoe hulle saam nesbou.
Pa duif vlieg af na die grond,
Kyk dan goed daar rond.
Hy tel 'n takkie versigtig op
En skud dit bokant sy kop.
Hy laat dit net daar los
Want daar lê 'n beter een mos.
Dié een bevind hy reg,
En vlieg daarmee weg
Na ma-duif op die gekose tak,
Waar sy hulle een vir een oppak
Sodat sy die nes gereed sal hê
Om die eiers daarin te kan lê.
Vandag is nou die groot dag
Waarop hulle al lankal wag.
Beurtelings het hul op die eiers gewaak,
Dit was 'n ernstige saak.
Nou die oomblik van groot vreugde,
Met die aankoms van die twee ondeugde.
Kaal en nog sonder 'n veredos
Stel hulle net belang in mamma se kos.
Hoewel beide die ouers die kleintjies voer,
Kry pa tog sy kans om eenkant te koer.
Die verhouding by die nes is inning
En die kleingoed se voorkoms verander vinnig.
Hulle word 'n valerige grys
Namate die veertjies begin wys.
Hulle word sommer gou-gou sterk
En voel al dat die nes hul inperk.
Sy kan nie nou nalaat
Om ernstig met hul te praat
En wonder of hulle sal luister
As sy dringend in hul ore fluister
Om nie hulle self te bedrieg
Deur te gou-gou te probeer vlieg.
Hul beland dalk op die grond
En daar loop honde en katte rond.
Ek sluit my oë weer 'n keer
Om 'n wyle verder te mediteer.
Dankie o Heer, vir die stukkie natuur
Al is ek hier met beton ommuur
Terwyl hier naby die stadsgeluide druis
En nywerhede veraf pols en bruis,
'n Duiwenessie op 'n tak ...
Die son wat in die weste sak..

Skuldgevoel:

Die duifies word gou sterk
Dansky die ouers se harde werk
Om gereeld kos aan te dra
Terwyl hulle met rukkende vlerkies meer vra.
Hulle gaan al uit die nes
Maar bly nog in die gewes
Net om seker te maak
Dat hulle nie sommer kan wegraak
Dan is hulle ook nog op hulle pos
Vir ma se aankoms met die kos.
Ek sit weer rustig onder die boom
Besig om oor die verlede te droom
Hoe het ek na skool op die plaas
My smiddae bome-toe gehaas
En telkens vir die soveelste keer
Met voëlrek of windgeweer
Probeer om al wat voël is
Met vere en al uit te wis.
Koelbloedig en meedoënloos is alles uitgeroei
Tot selfs 'n duif wat op haar nes broei
Kan 'n mens 'n uitleg vind
Vir so 'n onbesonne kind.
Al wat ek daarvan kan oorhou
Is skuldgevoel en naberou.
In my wese voel ek oor alles baie spyt
En sit ek hier met vretende selfverwyt.
Ek sou wat wou gee
Om weer die ou Populierbos te betree.
Net om die rustigheid te geniet
Sonder om 'n enkele skoot te skiet.
Slegs om te luister en rond te loer
Hoe die voëls sing en tortelduiwe koer.
Onbewus oor wandade van die verlede
In onbesonnenheid gepleeg, jare gelede.
Ek sou wou stap tot by die ou rietbos
Die boerplek van vinke met veelkleurige dos.
Om te sien of hulle nog nessies vleg
En met groot lawaai onder mekaar veg.
Bleshoenders wat tussen die riete kloek
Waar hulle langs die water na kossies soek.
Ek word skielik na die hede teruggevoer
Toe 'n tortel bokant my begin koer.
Het hulle dalk tog met my versoen..
Hy is tog onbewus van my verkeerde doen
Aan sy oorgroot voorgeslagte
Of kry hy dalk tog hondsgedagte?
Ek worstel steeds met die skande
Van die duiwebloed aan my hande...

--
Groete,
Arnold Graaff
Re: Die Duifnes [boodskap #11027 is 'n antwoord op boodskap #11012] Di, 14 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wilrie Bester  is tans af-lyn  Wilrie Bester
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
HOU JU VAN GEDIGTE SKRYF?? EK OOK.....

Arnold Graaff wrote in article
...
> Die Duifnes.
>
> Tussen bome en struike op die erf,
> is daar 'n stil plekkie op die werf.
Re: Die Duifnes [boodskap #11060 is 'n antwoord op boodskap #11012] So, 19 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arnold Graaff  is tans af-lyn  Arnold Graaff
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Wilrie Bester wrote in message
...
> HOU JU VAN GEDIGTE SKRYF?? EK OOK.....
>
> Arnold Graaff wrote in article
> ...
>> Die Duifnes.
>>
>> Tussen bome en struike op die erf,
>> is daar 'n stil plekkie op die werf.
>
Gedig is deur my pa geskryf: A.P Graaff
Wil iemand nog hoor?
Re: Die Duifnes [boodskap #11073 is 'n antwoord op boodskap #11012] Di, 21 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arnold Graaff" writes: >
> Wilrie Bester wrote in message
> ...
>> HOU JU VAN GEDIGTE SKRYF?? EK OOK.....
>>
>> Arnold Graaff wrote in article
>> ...
>>> Die Duifnes.
>>>
>>> Tussen bome en struike op die erf,
>>> is daar 'n stil plekkie op die werf.
>>
> Gedig is deur my pa geskryf: A.P Graaff
> Wil iemand nog hoor?
>
>

Ja, asseblief. Meer as een.
Gloudina
Vorige onderwerp: kry nie al die nuus
Volgende onderwerp: Re: Waarop kan afrikaners trots wees?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 10:39:14 MGT 2024