Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuusbrief: Die geheime van 1994
Nuusbrief: Die geheime van 1994 [boodskap #110520] So, 11 Junie 2006 20:51
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nuusbrief: Die geheime van 1994

Inleiding

Soveel interessante dinge het sedert die laaste uitgawe gebeur. Daar was
ongelukkig soveel materiaal dat ons sekere items vir die volgende uitgawe
moes laat oorstaan.

Ons moes in hierdie uitgawe ons gedagtes oor die afdanking van die hoof van
Nasionale Intelligensie uitlaat. Weereens lyk dit asof Jacob Zuma se
afdanking ander probleme skep wat nog gaan terugkom om nog lank by Pres.
Mbeki te spook. Die byna gelyktydige afdanking van die hoof van Nasionale
Intelligensie is 'n gebeurtenis wat byna so groot soos die oorspronklike
afdanking van Vise-President Jacob Zuma was, maar hulle het tog probeer om
dit so spoedig moontlik in die media dood te smoor. Die vorige hoof van
Nasionale Intelligensie het geen kans gehad om homself te verdedig nie, en
aan sy houding te oordeel, dink ek gaan hy heelwat mense skok. Soos ons
verlede keer gesê het, is daar ongetwyfeld 'n komplot teen Zuma, net soos
daar 'n komplot teen P.W. Botha was. Die enigste verskil is dat die vorige
hoof van Intelligensie besig was om dit te ondersoek en tot die besef gekom
dat dit werklik was. En dit is om daardie rede dat Pres. Mbeki hom
onmiddellik afgedank het. Ons sal in die volgende uitgawe na die getuienis
kyk.

Ons het verlede keer na verskeie onderwerpe gekyk en baie neigings waarvan
ons melding gemaak het is nou sterker as tevore. Olie oorskry alle rekords,
en goud is blykbaar besig om geskiedenis te maak terwyl dit na byna
onmoontlike hoogtes styg. Ons sal dus so 'n bietjie beleggingsadvies in
hierdie uitgawe gee. Ons sal ook in toekomstige uitgawes van hierdie
onderwerpe bespreek wat jou sak sal raak.

Daar was nog 'n belangrike gebeurtenis toe die Zimbabwiese regering
aangekondig het dat hulle 'n wapen opslagplek ontdek het. As gevolg van
hierdie beskuldigings van verraad en die moontlikheid dat Mugabe omver
gegooi kan word, het 'n L.V. van die Beweging vir Demokratiese Verandering
na Suid Afrika gevlug om politieke asiel aansoek te doen. Die Suid
Afrikaanse regering is verbasend stil hieroor.

Afgetrede Pres. P.W. Botha het onlangs 'n onderhoud toegestaan - die eerste
insiggewende een sedert hy in 1989 uit die politiek getree het, maar dié is
ook spoedig doodgesmoor. Nie 'n enkele TV kanaal het dit durf uitsaai nie.
Ons glo in Vry Spraak en ons sal jou laat weet hoe om 'n kopie hiervan op
DVD te bekom.

Ons het in die vorige uitgawe die feitlik onbekende geskiedenis van die CIA
se inmenging in Suid Afrikaanse politiek melding gemaak. Ons sal in hierdie
uitgawe met die storie voortgaan. 'n Baie interessante artikel het in 1995
in die "International Journal of Intelligence and Counterintelligence"
verskyn. Dit het vir die eerste keer in die openbaar die CIA se rol in die
gebeure tot en met die verkiesing in Suid Afrika in 1994 oopgevlek. Sover
ek bewus is, het niemand ooit hierdie inligting voorheen gepubliseer nie.
Die tweede paragraaf in die artikel lees as volg: "Maar diegene met mag, of
wat iets daarmee te doen het, wil nie die feite van die befondsing van die
verkiesing bekend maak nie, want dit sal 'n patroon van bedrog en beheer
bekend maak om die uitslag van die ANC te beïnvloed en dit te temper. En
die radikale linksgesindes wil dit nie laat bekend word dat die ANC homself
gekompromiteer het deur by die lys van organisasies aan te sluit wat geld
van die VSA ontvang het nie omdat hulle dink dat dit die saak van die
rewolusie sal benadeel. Almal van oor die politieke spektrum wat daarin
betrokke was het dus by 'n soort speletjie aangesluit om die gedagtes van
buitestaanders te benewel."

Ten tye van hierdie skrywe is gebeure besig om in die Midde-Ooste op te
warm. Spanning tussen die VSA, Israel en Iran is op die hoogste vlak ooit.
Dus, hoe mens ookal daarna kyk, lê daar interessante tye voor - nie net in
Suid Afrika nie, maar ook wêreldwyd, en ons sal in opvolg uitgawes die
vinger op die pols hou.

In hierdie Uitgawe:-
· Die geskiedenis van CIA se inmenging in Suid Afrikaanse politiek
· Vuurwapen Eienaars Vereniging van Suid Afrika gestig
· Die Wêreld se Beste Beleggings Geleentheid
· Vorige President Botha se onderdrukte TV Onderhoud
· Zimbabwe: Ontdekking van Wapen Opslag Plek en Blanke LV vra Asiel in S.Afrika
· Onderhoud met Senior CIA Amptenaar in die Midde-Ooste
· Sjinese blokkeer radio uitsendings na Zimbabwe
· Die Prins van Duisternis (Spotprent)
· Roberta Mugabe - Koningin van Tirannie (Foto)
· Politieke Spotprente
· Humor
· Suid Afrikaanse Boere Beskerm Hulleself

Die webwerf vir die nuusbrief is: www.StraightTalk.co.za
Vorige onderwerp: wie dit leest heeft stroom of een generator :)
Volgende onderwerp: Rassisties - Nou nog meer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 05:50:43 MGT 2024