Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar 'n rokie is ...
Waar 'n rokie is ... [boodskap #11018] So, 12 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Vira het so tyd gelede geskryf hoe 'n dagga plantjie in haar tuin opgekom
het en die lesse wat haar kinders daaruit geleer het (kort gestel)

Jou wrintie. Ek staan so met die tuinslang (wie het hierdie woord
uitgevind?) vanoggend en water gee, toe Meneer pronkerig sy vyf grasgroen
blare hier voor my wuif. Nou waar sou jy vandaan kom?

Dit laat my toe dink aan jare gelede toe ek die platteland vaarwel geroep
het om 'n bestaan hier in die grote stad te kom maak. Ek het deur 'n
sameloop van omstandighede bevriend geraak met 'n algemene praktisyn en sy
vrou. Hy natuurlik, het weer ander vriende gehad en voor ek my oë behoorlik
kon
uitvee het die plaasjapie skielik in die hogere sirkels gekuier.

Ek stap toe een Saterdag aand weer by die enorme dubbeldeure in Sandton in
waar die swier geen einde het nie. En toe kon ek dit nie meer hou nie.
"Wat is hierdie blerrie wierook wat alewig hier brand? Die goed stink man.
Is jy 'n Hindoe of rook jy dagga?"
My onskuldige vraag tref (kom ons noem hom maar) Piet tussen die oë. Hy kyk
my vir 'n wyle aan en huiwerig antwoord hy: "Wel, aangesien jy so reguit
vra kan ek maar seker reguit antwoord. Ja. Ek rook dagga."
Nouja toe. Daai voorhamer bounce terug en tref my weer tussen die oë.

Sondag was 'n braai by Professor So-en-so. Alweer die bleddie wierook. Ek
kyk na Piet en hy knik sy kop. En so dartel die rokies van Sandton tot in
Waterkloof. En almal besing die deugde van die dampie, hierdie opvoeders en
geneeshere van ons volkie. Nou wonder ek nounet. Waar 'n rokie is ...

Alwyn Nel
Re: Waar 'n rokie is ... [boodskap #11025 is 'n antwoord op boodskap #11018] Ma, 13 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Herma  is tans af-lyn  Herma
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Alwyn Nel wrote in article ...

> Vira het so tyd gelede geskryf hoe 'n dagga plantjie in haar tuin opgekom
> het en die lesse wat haar kinders daaruit geleer het (kort gestel)
>
> Jou wrintie. Ek staan so met die tuinslang (wie het hierdie woord
> uitgevind?) vanoggend en water gee, toe Meneer pronkerig sy vyf grasgroen
> blare hier voor my wuif

Ek hoor daar is nou selfs kunsplante van die vyfblaar variëteit... jy weet,
daai "ek-kannie-glo-dis-nie-'n-plant-nie" potplante wat in air-conditioned
en kunsmatig beligte kantore floreer. Op my klein dorp pryk daar een in 'n
vooraanstaande advokaat se kantoor. G'n mens sal durf vra of dit doelbewus
of uit ignorance aangeskaf is nie....
Re: Waar 'n rokie is ... [boodskap #11033 is 'n antwoord op boodskap #11018] Di, 14 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sing almal saam (ou liedere uit die Kaap):

Bring die dagga, bring dit nou...
Bring die dagga bring dit gou...
maak 'n pyp en maak hom nou...

Of op 'n ander wysie:

Sakke, sakke vol da-ga
Kanne, kanne vol wyn...

NS: Ek is seker dis beter om soos die oumense blaartwak te rook
as om so baie tieners te he wat deesdae aan heroin oordosisse sterf.
Re: Waar 'n rokie is ... [boodskap #11034 is 'n antwoord op boodskap #11018] Di, 14 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Oct 1997 11:41:40 GMT, "Alwyn Nel" <ne...@global.co.za> wrote:
<<ira het so tyd gelede geskryf hoe 'n dagga plantjie in haar tuin opgekom
>het en die lesse wat haar kinders daaruit geleer het (kort gestel)
>
>Jou wrintie. Ek staan so met die tuinslang (wie het hierdie woord
>uitgevind?) vanoggend en water gee, toe Meneer pronkerig sy vyf grasgroen
>blare hier voor my wuif. Nou waar sou jy vandaan kom?>>>

As jy dink ons gaan jou glo.....!!!

(Nee, edelagbare, ek lieg rerig nie. Glo my tog. Toe ek so afkyk toe
sien ek die blaartjie daar. Toe wonder ek wat se blaartjie is die wat
so cute lyk. Toe tel ek dit op om te kyk en dis toe waar ek
gearresteer word. Rerig edelagbare...)

Anyway. Die odd keer wat ek dagga gerook het baie lank gelede het ek
my kak gelag. En die musiek was great. Rock is wonderlik. Maar dit het
nie op my gewerk vir klassieke musiek nie.

Miskien daarom dat mens nie rasta's by die simfonie-orkes sien nie.

Ek het dit nooit weer gedoen nie en het geen begeerte weer gehad nie.
Dis was in elk geval nie so lekker as die kere toe ek rerig lekker
ge-jog het nie.

Dis so f#kken lekker om lekker te jog as jy fiks is.

Hoe ouer ek raak hoe meer word ek in elk geval afgesit deur rook.
Vorige onderwerp: DAMES EN HERE, DIE NUWE KERSVADER !!!!!!
Volgende onderwerp: IETS ORDENTELIK OM TE DEEL?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 03:25:17 MGT 2024