|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Enige vinnige raaiskoot [boodskap #110219 is 'n antwoord op boodskap #110217] |
Mon, 15 May 2006 05:50  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Agge nee, Otterkop, nou't jy gepraat sonder om mooi die hele storie te lees.
Daar kan uit niks wat ek gesê het die afleiding gemaak word dat ek bly is
dat Jackob Zuma onskuldig bevind is nie.
Maar kom ek som vir jou op:
1. Weke terug het Annette die stelling gemaak dat ons moet dankbaar wees
vir Adv.Charin de Beer wat Zuma dan sou vasgetrek het.
2. Ek het geantwoord dat ek gladnie so seker as sy is dat Charin de Beer
hom vasgetrek het nie.
3. Annette het laat weet dat ons eers sal weet wanneer uitspraak gegee
word.
4. En ek het daarop geantwoord: Presies. Dis waarom sy nie kon sê Charin
de Beer het hom vasgetrek nie.
5. Die oggend voor die uitspraak het Annette hierdie draad begin met die
vraag oor 'n vinnige raaiskoot. Dis opvallend dat sy self nie 'n raaiskoot
wou waag nie.
6. Ek het geantwoord "Onskuldig. Daar's te veel twyfel"
7. Suidwester het gepos dat die uitspraak 'n tipiese Afrika sirkus
verteenwoordig.
8. Ek het hom geantwoord dat die uitspraak onaantasbaar is en dat
enigiemand wat so klein bietjie van die reg weet die uitspraak sou gesien
kom het.
9. Toe bly almal stil.
10. En toe koggel ek hulle so bietjie met die vraag waarom hulle almal stil
is.
11. Hessie het geantwoord dat hulle almal maar stil raak as iemand die
spyker op die kop slaan.
12. En ek het daarop bloot gereageer met dat sy seker die spot en lekkerkry
in my vraag kon hoor.
So my opmerking het niks te doen met blydskap omdat Zuma vrygespreek is nie.
Ek verheug my beslis nie daaroor nie. Ek het maar net so bietjie onheilige
plesier daaruit geput dat ek Annette en Suidwester se monde toegestop het.
Persoonlik dink ek wat gebeur het is 'n ramp vir die land. As die
vervolgingsgesag hulle werk behoorlik gedoen het, moes Zuma nooit aangekla
gewees het nie. Nou het hulle van hom 'n martelaar en 'n held gemaak. En
hy buit die situasie uit.
Kom ons hoop en bid dat daar genoeg verstand binne die ANC is om te keer dat
hy prez word.
Torreke
"Otterkop" skryf in boodskap news:9cCdndel9rp4l_XZnZ2dnUVZ_u-dnZ2d@is.co.za...
> Nou hoekom is jy bly hy is vry? Dink daaraan as hy dalk prez word
> hoeveel geld gaan wegraak
>
>
>
>
> "Torreke" wrote in message
> news:e3vrvn$llo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dankie, Hessie,
>> Jy het seker die bietjie spot en lekkerkry in my vraag gehoor.
>> Torreke
>>> "Hessie" wrote
>
>>> Torreke skryf
>
>>>> Nou hoe is julle dan nou so sonder antwoorde gelaat?
>
>>> Hulle antwoord gewoonlik nie as iemand die
>>> waarheid praat en die spyker op die kop
>>> slaan nie.
>
>>> Gloudina
>
>
|
|
|