Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE WERELD IS MAL, MAL, MAL !!!!!!!!!!!!
DIE WERELD IS MAL, MAL, MAL !!!!!!!!!!!! [boodskap #10999] Wo, 08 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Soos julle dalk weet, as jy malkoeisiekte het, raak jou brein soos
'n spons en raak jy mal terwyl jy doodgaan. Daar is geen kuur nie.
"Mad cow disease" of malkoeisiekte het begin
deurdat Britse boere skape se harsings aan beeste gevoer het.
Hul het dit gedoen omdat dit baie proteine het en hulle dan 'n
vet wins maak deurdat beeste vinnig groei en baie melk kry.

Vir enige normale mens is dit heeltemal bedonnerd as 'n grasetende
dier soos 'n koei die breins van 'n ander dier gevoer word!
Ek kan nie verstaan dat intelligente mense sulke kak kan aanvang nie,
wat het hulle gedink !

Die beste van alles is bv. die reaksie van bv. 'n Australiese landbou
segsman, wat erken het dat hulle dieselfde praktyk volg (skaapbreins
aan beeste), maar dat ons nie hoef te worry nie, want daar is nog nie
gevalle van malkoeisiekte hier nie. [!!!]. Julle weet ook seker dat
die britse landbou vir lank ontken het dat daar 'n verbintenis is.

Nou het wetenskaplikes egter bewys dat die siekte oorgedra word deur
besmette vleis te eet, en wat meer is, daar is 'n nuwe generasie van
die siekte wat vinniger en dodeliker is. Die britte volg nou bloed-
oortappings wat deur besmette persone gemaak is. Hulle wil seker maak...
In Australie is 'n vrou opgeneem wat vermoedelik die siekte het...

Die Nobelprys vir biologie is pas toegeken aan 'n wetenskaplike wat
Prione ontdek het. Prione is die nuwe agent wat verantwoordelik is vir
die oordraging van siekte (malkoeisiekte). Daar is nou 3 agente:
Kieme, virusse, prione.

Mense moet om godswil ophou om met die natuur te peuter !!!
Wat volgende: Leeus wat wortels eet ?
Bioloe en genetiese ingenieurs is besig om allerhande kak aan te vang
met diere en plaasprodukte a.g.v. winsbejag en verbruikersdruk.
Ek dink met heimwee terug aan my kinderdae, toe bv. plaashoenders nog
na hoender gesmaak het, toe eiers nog allerhande skakerings van bruin was.
Gee my eerder bv. 'n eier wat nog 'n stukkie hoender-drol aan het
as vandag se gemors.

Ek gaan NOU vir my 'n wilde kangeroe skiet vir aandete...

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: DIE WERELD IS MAL, MAL, MAL !!!!!!!!!!!! [boodskap #11000 is 'n antwoord op boodskap #10999] Wo, 08 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Oct 1997 12:26:25 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:

>>

Ek het n hond wat natjies eet.
Maar sy is seker maar so asgevolg van die "mix" . Ek herken worshond,
Staffie, Rotweiler/Dobermann en Alsation in haar.
Re: DIE WERELD IS MAL, MAL, MAL !!!!!!!!!!!! [boodskap #11004 is 'n antwoord op boodskap #10999] Do, 09 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Joe Car wrote in article
...
>
>
> gal...@ozemail.com.au wrote in article
> ...

> | Vir enige normale mens is dit heeltemal bedonnerd as 'n grasetende
> | dier soos 'n koei die breins van 'n ander dier gevoer word!

> onder die "klip" [aarde]) Die een episode het hulle beeste met alien DNA
> ingespuit sodat die goed vinniger groei en meer melk gee (is hier 'n eggo

> | Gee my eerder bv. 'n eier wat nog 'n stukkie hoender-drol aan het
> | as vandag se gemors.


Ummm...Jy weet seker dat:

a) Hulle beeste met steroiedes voer op voerkrale sodat hulle meer
spiermassa (=steaks) vinniger aansit. Ditto braaikuikens.
b) Hulle hoendermis in die beeste se voer meng omdat daar besonder baie
proteine in is
c) Dooie hoenders op hoenderplase dikwels aan die ander hoenders gevoer
word (natuurlik gemaal ens) of op dieselfde wyse as hierbo aan beeste
gevoer word
d) ALLE sg grasvreters 'n mate van vleisetery openbaar as hulle die kans
kry omdat vleis een van die beste bronne van gekonsentreerde proteine is,
wat nodig is vir spierbou.

Ek het net gedog ek sal jou so 'n bietjie opbeur...

Dries
Re: DIE WERELD IS MAL, MAL, MAL !!!!!!!!!!!! [boodskap #11006 is 'n antwoord op boodskap #10999] Vr, 10 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Oct 1997 18:59:35 GMT, "Dries Venter"
wrote:
Re: DIE WERELD IS MAL, MAL, MAL !!!!!!!!!!!! [boodskap #11021 is 'n antwoord op boodskap #10999] So, 12 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ozemail.com.au wrote in article
...
>
> Ek gaan NOU vir my 'n wilde kangeroe skiet vir aandete...

RUN, Skippy, RUN !!!

Alwyn
Vorige onderwerp: Is julle nou moeg ?
Volgende onderwerp: Re: US Dollars($) waarde in Afrikaanse Rand &sent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 01:15:12 MGT 2024