Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » E-Mail Help
E-Mail Help [boodskap #10877] Do, 25 September 1997 00:00 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Goeiedag....
Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan hanteer.
Ek sal dit waardeer indien iemand my kan sê waar ek so `n program in die
hande kan kry.

Baie Groete
Frikkie

pot...@global.co.za
Re: E-Mail Help [boodskap #10915 is 'n antwoord op boodskap #10877] Di, 30 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sybrand Burger  is tans af-lyn  Sybrand Burger
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Frikkie Potgieter skryf:

> Goeiedag....
> Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan
> hanteer.
> Ek sal dit waardeer indien iemand my kan sê waar ek so `n program in
> die
> hande kan kry.
>
> Baie Groete
> Frikkie

Frikkie,
Dis nie duidelik wat jy bedoel nie. Wil jy aan meer as een adres kan
stuur of namens meer as een adres ontvang? Verskeie posstelsels,
waaronder Windows(95/NT) Messaging en Novell se Groupwise, laat jou toe
om pos aan meerdere adresse te rig, deur die adresse met kommas of
kommapunte (afhangende van die skei-simbool wat vir Windows
gespesifiseer is) te skei.
Igv van Groupwise: indien jy pos namens ander persone wil ontvang, moet
hulle jou volmag na hul posbusse gee. Dit stel jou dan in staat om hul
pos te hanteer.
Groupwise laat jou ook toe om gebruikersgroepe te definieer aan wie
massapos gestuur kan word. Verskeie posstelsels soos die van
mailcity.com (www.mailcity.com) en Windows Messaging het adresboeke wat
die seleksie van adresse maklik maak.
Re: E-Mail Help [boodskap #10916 is 'n antwoord op boodskap #10877] Di, 30 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
>

Daar is sagteware wat 1 of meer epos rekeninge gelyk kan monitor.
Dit wil se, as enige van jou epos rekenings nuwe epos kry, stel jou
sagteware
jou daarvan in kennis.
Kyk bietjie by www.tucows.com
Internet solutions het 'n mirror site vir tucows, en die aflaai spoed is
baie vinnig.
Kyk by email clients
Groetnis
Len

> Frikkie Potgieter skryf:
>
>> Goeiedag....
>> Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan
>> hanteer.
>> Ek sal dit waardeer indien iemand my kan sê waar ek so `n program in
>> die
>> hande kan kry.
>>
>> Baie Groete
>> Frikkie
Re: E-Mail Help [boodskap #10940 is 'n antwoord op boodskap #10877] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe Car  is tans af-lyn  Joe Car
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Wat se nonsens praat jy?
Kry jou feite reg.

Die SMTP bediener is SELDE dieselfde as die DHCP behalwe by *baie* klein
ISP's. Jy kan met 'n enkele IP adres veelvuldige verbindings maak, 'n proxy
kan bv. met een IP namens 'n hele netwerk verbind.

1. Jou sagteware sal meer as een adres moet kan hanteer, meeste kan. MS
Exchange kan dit doen deur profiles. Min sagteware kan twee adresse
gelyktydig monitor.
2. Jy sal by jou ISP 'n tweede adres moet kry.
3. Met sekere sagteware kan jy meer as een sessie oopmaak. Deur die een
sessie vir die een adres op te stel en die ander sessie vir die ander
adres, kan jy albei gelyktydig monitor.

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com
Fix the above email address.

Please note that ANY COMMERCIAL email
will result in a bill for $20 for proofreading.
By sending email to the adress above (after
removing the spam protection) you agree to
these terms

Wen wrote in article
...
|
|
| Frikkie Potgieter wrote in article
| ...
|
| > Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan
| hanteer.
| > Baie Groete
| > Frikkie
|
| Daar is nie so 'n program nie en vir goeie rede: jou SMTP bediener is
| gewoonlik dieselfde as die DNS (Domain Name Server) en dus MOET jy 'n nuwe
| TCP/IP konneksie kry vir elke E-pos addres. Jammer.
|
|
|
Re: E-Mail Help [boodskap #10941 is 'n antwoord op boodskap #10877] Vr, 03 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wen  is tans af-lyn  Wen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Frikkie Potgieter wrote in article
...

> Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan hanteer.
> Baie Groete
> Frikkie

Daar is nie so 'n program nie en vir goeie rede: jou SMTP bediener is
gewoonlik dieselfde as die DNS (Domain Name Server) en dus MOET jy 'n nuwe
TCP/IP konneksie kry vir elke E-pos addres. Jammer.
Re: E-Mail Help [boodskap #10980 is 'n antwoord op boodskap #10877] Di, 07 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
Herma  is tans af-lyn  Herma
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
>> Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan hanteer.
>> Baie Groete
>> Frikkie

Microsoft Outlook Express, wat saam met Internet Explorer 4 kom, hanteer my
twee email adresse op verskillende servers heel goed. Heel vriendelike
programmetjie op die koop toe.
Vorige onderwerp: Op soek na 'n Afrikaanse Website
Volgende onderwerp: Re:Afrikaans op PC
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 12:07:00 MGT 2024