Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » groete uit die kaap
groete uit die kaap [boodskap #109421] Sa, 04 Maart 2006 08:01 na volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
dis n pragtige saterdag oggend in die kaap,
nie n wolk of wind.

my man is oppad terug van kazakhstan vir
sy maand hitch by die huis.

hy keer terug van groot industriele gasvelde,
waar geen groen ding floreer en ys als toepak
en waar geel plat berge swael die horison in marsjeer

terug na die lushuf van sy groen tuin en die skadu
van die groot ou peperboom, waar hoenders
pik-pik en suikerbekkies baljaar in die tesomaria

ek het die meubels rondgeskuif en die gang begin verf
ek het sirkels om die bome gegrawe en diep natgelei
een boekkrak is al alfabeties en die dvdrak is uitgesorteer

ek het baie mooi glaskrale geryg en dit gehang op
xhosa draadwerk teen my studiemuur
ek het een mooi lampie oorgetrek
en n ander een met my onkunde verwoes
(koue lym bond net nie gou genoeg nie)

tron, my seun 13, gesels met sy niggie in cambridge op msn
terwyl hy downloads doen en met klanke eksperimenteer
die huis is anders stil, laika my siberiese husky hond lê
hier langs my en ella die kat slaap op die bank,
verder swem die visse, en die koketiele broei

nou wonder ek, wat maak julle als ?
liz
Re: groete uit die kaap [boodskap #109464 is 'n antwoord op boodskap #109421] Sa, 04 Maart 2006 22:00 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
liz die argoniese akkedis skryf

> nou wonder ek, wat maak julle als ?

Ag, tannie Lizzie, ek sit nou weer hier op die
walle van die Ottawa-rivier en kyk hoe 'n ou
op die bevrore rivier loop met sy hond. Oorkant
die rivier, op die Quebecse kant, probeer daar
mense deur die ys vis.
Vertel my, is 'n akkedis en 'n geitjie
dieselfde?

Hessie van die agterste van Helsdingens
Vorige onderwerp: Re: Is sy blank of nie-blank?
Volgende onderwerp: Islam: 'In their efforts to avoid war, Europeans are once again choosing dishonour'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 02:40:26 MGT 2024