Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie
Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109237] Sa, 25 Februarie 2006 11:50 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie, Knersus en Katryn,

Hoe meer ek oor my gesprek met Jim Again nadink, hoe meer begin ek verstaan
waarom Hessie aanvanklik agterdogtig was dat ek en Jim dalk dieselfde
persoon is. Miskien omdat sy vér buite die gesprek gestaan en daarom meer
objektief gekyk het as ek, het sy iets aangevoel - al kon sy dit nie
heeltemal onder woorde bring nie - wat ek maar so bietjie stadig was om raak
te sien. Sy anderster hantering van Dom, dink ek, is verdere aanduiding van
die persoon met wie ons hier te doen het....

Jim is ook 'n opgeleide teoloog! - een wat sy eersgeboortereg vir 'n pot
lensiesop verkoop het!!! Ek dink hy het waarskynlik aan 'n kweekskool van
'n Calvinistiese kerk gestudeer en het hoogs waarskynlik ten minste vir 'n
tyd lank in die bediening gestaan.

Kom ek vertel julle waarom ek so dink:

- Hessie het opgemerk dat hy skielik goed begin spel het. Toe dink sy hy's
ek. Ek dink die antwoord was dat hy, toe hy met iemand met gelykwaardige
opleiding te doen kry, onwillekeurig teruggeval het in keuriger taalgebruik.
- Hy het dadelik my skuilnaam ontleed en teruggevoer na die oorspronklike
stam van die woord. Dit is omdat hy gewoond is daaraan om woorde so te
ontleed.
- Hy was vinnig om vir my reg te help oor die spelling van Hermeneutiek,
maar verseg om te sê wat die woord beteken. Nie omdat hy nie geweet het,
soos ek gedink het nie, maar omdat hy ons nie wil laat agterkom dat hy weet
nie. Tog gebruik hy later die Griekse woorde "eksegese" ("uitlegkunde") en
"eisegese" ("inlegkunde") en dis duidelik dat hy weet wat dit beteken en dat
hy weet ek sal weet wat dit beteken.
- Hy is telkens reg met 'n stortvloed van woorde. Die man is gewoon daaraan
om toesprake/preke te skryf. Dit rol uit sy pen uit. Julle weet moontlik
waar die bynaam "tokkelok" vir 'n teologiese student vandaan kom. Indien
nie, dit kom van "talk a lot" af. Die neiging behoort ook duidelik by my
waarneembaar te wees.
- Hy het erken dat hy ingelig is oor wat die kerk en teoloë leer. Dit is
waarskynlik 'n "under statement"!
- Sy opvallende haat vir teoloë!!! Hy het hom waarskynlik deeglik vasgeloop
in die kerk waar hy opgelei is. Miskien het hy die bediening onder 'n wolk
verlaat. Nou's hy bitter teenoor sy eertydse kollegas en hy soek hulle uit
om mee skoor te soek, te vervloek en te beledig. Die makste hond byt die
seerste! Dit was nie 'n buitestaander wat Jesus verraai het nie, maar een
van sy twaalf apostels nadat die man 3 jaar dag en nag by Jesus was en
onderrig ontvang het.
- Hy het vinnig uit die pad gespring toe ek hom vra of Eva se sonde ook deur
Christus versoen is sodat sy in die nuwe bedeling weer vrye toegang het.
Die man het gesien waarheen ek met hom pad is en dat ek hom binne nog 2 of 3
skuiwe gaan skaakmat sit. Toe los hy die skaakbord net so en ignoreer dit.

En JW12 dan. Netso min 'n leek as Jim Again. Dis een en dieselfde persoon.
J staan vir Jim, W waarskynlik vir sy 2e naam of vir "Wit" en "12" hou
waarskynlik verband met die 12 stamme van Israel - die Israel-ideologie!!!

Torreke
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109239 is 'n antwoord op boodskap #109237] Sa, 25 Februarie 2006 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke wrote:

> Hessie, Knersus en Katryn,
>
> Hoe meer ek oor my gesprek met Jim Again nadink, hoe meer begin ek verstaan
> waarom Hessie aanvanklik agterdogtig was dat ek en Jim dalk dieselfde
> persoon is. > Jim is ook 'n opgeleide teoloog!
-

The plot thickens, my dear Watson.

Inspector Clousseau
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109241 is 'n antwoord op boodskap #109239] Sa, 25 Februarie 2006 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message news:1140870525.773694.22480@i39g2000cwa.googlegroups.com...
>
> Torreke wrote:
>
>> Hessie, Knersus en Katryn,

>> Hoe meer ek oor my gesprek met Jim Again nadink, hoe meer begin ek
>> verstaan
>> waarom Hessie aanvanklik agterdogtig was dat ek en Jim dalk dieselfde
>> persoon is. > Jim is ook 'n opgeleide teoloog!
> -
>
> The plot thickens, my dear Watson.
>
> Inspector Clousseau

Elementary, my dear Watson, elementary!
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109254 is 'n antwoord op boodskap #109241] Sa, 25 Februarie 2006 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Regtig interessant

Gelukkig kan ek eerstehands vir die lesers
inlig dat die spul Kerke inderdaad reeds al
vir jare vir die samelewing lieg. En ek kan
dit bewys ook. Die Kerke en die bybel
vertel twee verskillende verhale.

"Hoe se u dan nou?"

Ek se: Ja, hulle LIEG.
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109259 is 'n antwoord op boodskap #109237] Sa, 25 Februarie 2006 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

Julle weet moontlik
> waar die bynaam "tokkelok" vir 'n teologiese student vandaan kom. Indien
> nie, dit kom van "talk a lot" af.

Snaaks genoeg, alhoewel ek as Matie daagliks
met daardie woord in aanraking gekom het, kan
ek nie sê dat ek ooit vertel is wat die oorsprong
van die woord is nie. Is dit werklik waar dat
dit van "talk a lot" afkom, of is dit ook maar 'n
storie?

Gloudina
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109260 is 'n antwoord op boodskap #109237] Sa, 25 Februarie 2006 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> - Hy het vinnig uit die pad gespring toe ek hom vra of Eva se sonde ook deur
> Christus versoen is sodat sy in die nuwe bedeling weer vrye toegang het.
> Die man het gesien waarheen ek met hom pad is en dat ek hom binne nog 2 of 3
> skuiwe gaan skaakmat sit. Toe los hy die skaakbord net so en ignoreer dit.
>
> En JW12 dan. Netso min 'n leek as Jim Again. Dis een en dieselfde persoon.
> J staan vir Jim, W waarskynlik vir sy 2e naam of vir "Wit" en "12" hou
> waarskynlik verband met die 12 stamme van Israel - die Israel-ideologie!!!

Wel, ek kan tog nie die gevoel van my afskud dat
jy en Jim Again iets in gemeen het nie. Julle het
dieselfde skryfstyl, beide vertoon dieselfde dinamiek
emosioneel, en ek is ook nie so seker dat "Dom"
nie ook êrens in die mengsel uitgebroei het nie.
In alle geval, dit maak die nuusgroep vir die oomblik
baie interessant en lewendig en die kwaliteit
Afrikaans waarin die drama hom afspeel, laat
mens se hart warm word.

Gloudina
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109262 is 'n antwoord op boodskap #109260] Sa, 25 Februarie 2006 22:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Glou-sniffing Dina

Wel, ten minste is jou boude, stoel, vingers
en jou hart, darem almal tesame nou warm.

Jim
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109266 is 'n antwoord op boodskap #109262] So, 26 Februarie 2006 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jim Again skryf

> Glou-sniffing Dina
>
> Wel, ten minste is jou boude, stoel, vingers
> en jou hart, darem almal tesame nou warm.

Is jou naam nie miskien Leendert
nie?

Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109330 is 'n antwoord op boodskap #109266] Di, 28 Februarie 2006 14:05 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie, het ek iets gemis? Dit lyk of jy op pos van Jim reageer, maar sy
pos is nie op my rekenaar gelys nie.

In elk geval vind ek dit interessant dat Jim vloekende rassis nie ontken dat
my afleidings oor hom korrek is nie. Wonder presies hoe naby is ek an die
kol.

Torreke

"Hessie" [/color]
> Jim Again skryf
>
>> Glou-sniffing Dina

>> Wel, ten minste is jou boude, stoel, vingers
>> en jou hart, darem almal tesame nou warm.
>
> Is jou naam nie miskien Leendert
> nie?
>
> Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
>
Vorige onderwerp: Blair by Hammanskraal
Volgende onderwerp: Verhouding 'mohammedanen - linkse' soortgelijk 'kamphond - eigenaar'?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:33:25 MGT 2024