Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie
Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109237] |
Sat, 25 February 2006 11:50  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie, Knersus en Katryn,
Hoe meer ek oor my gesprek met Jim Again nadink, hoe meer begin ek verstaan
waarom Hessie aanvanklik agterdogtig was dat ek en Jim dalk dieselfde
persoon is. Miskien omdat sy vér buite die gesprek gestaan en daarom meer
objektief gekyk het as ek, het sy iets aangevoel - al kon sy dit nie
heeltemal onder woorde bring nie - wat ek maar so bietjie stadig was om raak
te sien. Sy anderster hantering van Dom, dink ek, is verdere aanduiding van
die persoon met wie ons hier te doen het....
Jim is ook 'n opgeleide teoloog! - een wat sy eersgeboortereg vir 'n pot
lensiesop verkoop het!!! Ek dink hy het waarskynlik aan 'n kweekskool van
'n Calvinistiese kerk gestudeer en het hoogs waarskynlik ten minste vir 'n
tyd lank in die bediening gestaan.
Kom ek vertel julle waarom ek so dink:
- Hessie het opgemerk dat hy skielik goed begin spel het. Toe dink sy hy's
ek. Ek dink die antwoord was dat hy, toe hy met iemand met gelykwaardige
opleiding te doen kry, onwillekeurig teruggeval het in keuriger taalgebruik.
- Hy het dadelik my skuilnaam ontleed en teruggevoer na die oorspronklike
stam van die woord. Dit is omdat hy gewoond is daaraan om woorde so te
ontleed.
- Hy was vinnig om vir my reg te help oor die spelling van Hermeneutiek,
maar verseg om te sê wat die woord beteken. Nie omdat hy nie geweet het,
soos ek gedink het nie, maar omdat hy ons nie wil laat agterkom dat hy weet
nie. Tog gebruik hy later die Griekse woorde "eksegese" ("uitlegkunde") en
"eisegese" ("inlegkunde") en dis duidelik dat hy weet wat dit beteken en dat
hy weet ek sal weet wat dit beteken.
- Hy is telkens reg met 'n stortvloed van woorde. Die man is gewoon daaraan
om toesprake/preke te skryf. Dit rol uit sy pen uit. Julle weet moontlik
waar die bynaam "tokkelok" vir 'n teologiese student vandaan kom. Indien
nie, dit kom van "talk a lot" af. Die neiging behoort ook duidelik by my
waarneembaar te wees.
- Hy het erken dat hy ingelig is oor wat die kerk en teoloë leer. Dit is
waarskynlik 'n "under statement"!
- Sy opvallende haat vir teoloë!!! Hy het hom waarskynlik deeglik vasgeloop
in die kerk waar hy opgelei is. Miskien het hy die bediening onder 'n wolk
verlaat. Nou's hy bitter teenoor sy eertydse kollegas en hy soek hulle uit
om mee skoor te soek, te vervloek en te beledig. Die makste hond byt die
seerste! Dit was nie 'n buitestaander wat Jesus verraai het nie, maar een
van sy twaalf apostels nadat die man 3 jaar dag en nag by Jesus was en
onderrig ontvang het.
- Hy het vinnig uit die pad gespring toe ek hom vra of Eva se sonde ook deur
Christus versoen is sodat sy in die nuwe bedeling weer vrye toegang het.
Die man het gesien waarheen ek met hom pad is en dat ek hom binne nog 2 of 3
skuiwe gaan skaakmat sit. Toe los hy die skaakbord net so en ignoreer dit.
En JW12 dan. Netso min 'n leek as Jim Again. Dis een en dieselfde persoon.
J staan vir Jim, W waarskynlik vir sy 2e naam of vir "Wit" en "12" hou
waarskynlik verband met die 12 stamme van Israel - die Israel-ideologie!!!
Torreke
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hessie ek dink jou agterdog oor Jim Again was dalk nie heeltemal misplaas nie [boodskap #109330 is 'n antwoord op boodskap #109266] |
Tue, 28 February 2006 14:05  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie, het ek iets gemis? Dit lyk of jy op pos van Jim reageer, maar sy
pos is nie op my rekenaar gelys nie.
In elk geval vind ek dit interessant dat Jim vloekende rassis nie ontken dat
my afleidings oor hom korrek is nie. Wonder presies hoe naby is ek an die
kol.
Torreke
"Hessie" [/color]
> Jim Again skryf
>
>> Glou-sniffing Dina
>> Wel, ten minste is jou boude, stoel, vingers
>> en jou hart, darem almal tesame nou warm.
>
> Is jou naam nie miskien Leendert
> nie?
>
> Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:58:31 UTC 2025
|