Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hulp met spinnekoppe?
Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10840] |
Sun, 21 September 1997 00:00  |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wonder of iemand weet wat die swart weduwee spinnekoppe (met die rooi
uurglas onder) sal weghou. Ek het van die plastiese tuinmeubels wat ge"mould"
is, met baie holtetjies onder. Toe ek dit oor die naweek skoonmaak, reg vir die
somer, sien ek nou al talle nessies binne-in die holtes.
Insekdoder help nie juis nie. Voor jy weet is hulle almal weer terug. Ek maak
hulle nie graag dood nie, maar ek's bang iemand word gebyt.
Is daar iets wat mens daar kan insit/insmeer wat hulle sal weghou? Die eiers
is in 'n wit, harde-skil, prikelrige boletjie, en ek moet dit gewoontlik
uitkrap en stukkend trap.
Ek sal dankbaar wees vir enige advies. Die kinders hou more partytjie, en ek
moet dit beter nou veilig maak. Miskien as ek swembadsuur daaroor gooi - dit
sal seker niks aan die stoele maak nie, of hoe?
Dankie,
Vira.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10891 is 'n antwoord op boodskap #10840] |
Fri, 26 September 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/22/97 1:00PM, in message , "Leendert van Oostrum" wrote:
>
>
> Oor jou spinnekoppe, my dogter beveel aan: Bel die
> plantbeskermingsnavorsingseeheideenheid by die Rietondale Proefplaas van
> die
> Departement van Landbou. Dr Ansie Dippenaar by hulle het internasionale
> status as spinnekopkenner. Tel (012) 329 3270/3/4/5/6/7/8.
>
> (Afrikaans vir "Black widow spider" is "knopiespinnekop").
>
> Groete, Leendert
>
Hi Leendert
Baie dankie vir die inligting. Ek sal gedurende volgende week bel. Ek kon net
nie my draaie kry nie. As iemand anders ook wil weet, sal ek die informasie
pos.
Knopiespinnekop - is dit nie die Engelse Button Spider nie? Ek raak nou
verward, maar ek het 'n idee dis nie dieselfde nie. Ek dink 'n button spider
is net swart, sonder die rooi uurglas. Maar ook giftig. Soos gesê, skielik is
ek nie seker nie.
Cheers,
Vira.
|
|
|
|
|
|
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10948 is 'n antwoord op boodskap #10840] |
Fri, 03 October 1997 00:00   |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos, jy is beter as ek, want ek is kort van draad wat spinnekoppe betref.
As hul in die veld of tuin is los ek hul uit, maar as hul in die huis of
naby 'n deur is - trap ek hulle. Ek het op 'n tyd die goed ewe versigtig uitgedra
buitentoe, tot ek gebyt is deur een wat in ons bed beland het.
Ek het 'n moerse blou,seer kol gekry en my vleis het later groen geword.
Nou vat ek nie meer kak nie. Veral nie noudat ek twee klein kinders het
nie. Wes Australie WEMEL van knopiespinnekoppe, hier noem hul dit
"REDBACKs". Dit is heelwaarskynlik (soos baie ander dinge) hier aangebring
deur skepe wat voorrade om die kaap opgetel het op pad hiernatoe.
Terloops, ek het eenkeer gelees dat spinnekoppe van nature AGRESSIEWE diertjies is,
en nie die vriendelike knapies is wat party mense hul wil uitmaak nie.
Die wyfieknopiespinnekop eet haar man op nadat hul gepaar het, vir die van julle
wat dit nie weet nie. (Darem bly ek is nie 'n spinnekop nie)
Vriendelike groete.
|
|
|
|
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #10970 is 'n antwoord op boodskap #10840] |
Mon, 06 October 1997 00:00   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nie die begin van hierdie storie gekry nie, kla iemand van las van
spinnekoppe? Daar is in Suid-Afrika eintlik net 4 spinnekoppe waarvoor jy
bang hoef te wees:
1) Sakspinnekop: aggressief, wydverspreid, weefsel vernietigende gif - jy
kry so 'n groot gangreen kol waar hy jou byt. Is ook verantwoordelik vir
die meeste byte.
2) Vioolspinnekop: baie aggressief, kom hoofsaaklik vanaf Pta noordwaarts
voor, ook 'n (hoofsaaklik) weefselvernietigende gif. Meeste mense wat in
die nag terwyl hulle slaap gebyt word, word deur hierdie knaap gebyt. Hy
is so 'n roomkleurige kêrel en kom baie in die voue van gordyne voor, hy
spin so 'n sy-sakkie waarin hy bly, vandaar die naam. Nogal redelik groot
en kan dus diep byt en baie gif inspuit.
3) Swart knopiespinnekop (Black Widow): Senu-gif, nie baie aggressief nie,
inteendeel hy sal eers byt as jy hom regtig vasdruk of vaskeer. Daar is 'n
teengif beskikbaar. Sover ek weet word die giftigheid van hierdie
spinnekop totaal oordryf, ek dink nie enigiemand is al dood as gevolg van
sy byt nie. Hierdie spinnekop kom meer dikwels buite as binnenshuis voor.
Let op dat daar meer as een soort "knopies" is, die een wat ons meesal in
die huis kry is die sg. bruin knopie (alhoewel hy waarskynlik swart
vertoon!), hy spin so 'n eierbal met sulke baie punte aan, en is nie
eintlik gevaarlik nie. Die swart knopie spin 'n perfekte, gladde eierbal.
Die uurglasmerke is nie betroubare maniere om die verkillende spesies
uitmekaar te ken nie.
4) Ses-oog krapspinnekop: Na bewering uiters giftig, maar kom gelukkig net
in die droë dele voor, so hy kan amper heeltemal buite rekening gelaat
word.
ALLE SPINNEKOPPE VERRIG NUTTIGE TAKE VIR DIE MENS MOENIE HULLE DOODMAAK
NIE! As een jou pla, vang hom in 'n bottel en gaan sit hom buite. In ons
huise veral kry ons baie nuttige spinnekoppe wat vlieë, kakkerlakke,
krieke, myte, muskiete, muggies ens in toom hou: "daddy long-legs",
springspinnekoppies (ek dink hulle is sg. wolfspinnekoppe), en hierdie ou
groot, plattes teen die muur ("flatties")
As jy verder probleme het, kontak Ansie Dippenaar by Tukkies, sy's ons
voorste spinnekopkenner.
Groete,
Dries
Koos wrote in article
...
> On 3 Oct 1997 07:52:30 GMT, gal...@ozemail.com.au wrote:
>
> > en nie die vriendelike knapies is wat party mense hul wil uitmaak nie.
>> Die wyfieknopiespinnekop eet haar man op nadat hul gepaar het, vir die van julle
>> wat dit nie weet nie. (Darem bly ek is nie 'n spinnekop nie)>>>
>
> Ja hulle is glo baie soos hakers.
> Hulle sy is glo sterker as staal en wonderlike materiaal.
> Ek het op 'n tyd 'n artikel gelees van 'n Franse ou wat met hulle wou
> boer en die sy oes.
> Hy het glo 'n vertrek vol knopiespinnekoppe gemaak en na 'n week
> teruggekom. Toe tref hy nie baie webbe aan nie maar net 'n paar
> spinnekoppe - soveel as wat die ruimte kan dra.
> Die ander was opgeet deur die spinnekoppe wat oorgebly het.
>
> Maar fokkit, hulle kan nie slegter as mense wees nie.
>
> En die Window by die voordeur het ons nie gepla nie en niemand bedreig
> nie.
>
|
|
|
|
Re: Hulp met spinnekoppe? [boodskap #11023 is 'n antwoord op boodskap #10840] |
Sun, 12 October 1997 00:00  |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>
> Ek weet, maar ek hou nou maar net nie van hulle gesigte nie. Daar was so 'n
> groot mollige nommer wat in my roosmarynbos in die tuin geboer het -- elke
> keer wat ek per ongeluk teen die bos raak, het hy uitgestorm om te kom kyk
> wat aangaan. Ek weet nie of hy giftig was nie, maar hy het intimiderend
> genoeg gelyk. Ek het hom darem nie doodgemaak nie -- was te bang om naby hom
> te kom. Die kanse dat ek aan 'n spinnekopbyt kan doodgaan is skraal, maar 'n
> hartaanval van skok is 'n ander saak... :-)
>
Wel, jy het betreklik lig daarvan afgekom. Hy kon net sowel 'n kamer in jou
huis demand het, en begin toi-toi het toe jy sou weier.
Alwyn
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:59 UTC 2025
|